Veelparty koalisie skemas

*

Multi-kultuur organisasies, bewegings en selfs koalisies het reeds sedert Kodesa en 1994 ontstaan.   Almal van hulle dra by tot die vernietiging van volke.   Dis niks vreemds rakende koalisie vormings nie.    Die DA se  ‘maanskoot’ ideologie klink soos iemand wat net te gereeld vir die maan loer en dan verwag dat dit die son is wat ‘n ander baadjie aangetrek het.     Die leier wat hul vir die liberale maanskoot ideologie benoem het, word voorgestel om hierdie veelparty maanskoot ideologie bestuur.  Dis niks anders as om al die ander se menseregte te skend nie.

Voting_1907_DV

*

Daar is slegs EEN oplossing vir ons probleem in Suid-Afrika.   

Alle wetgewings wat teenoor ander volke diskrimineer moet geskrap word, want daar is nie demokrasie nie.    Politieke partye maak wetgewing om slegs teen blankes te diskrimineer.

Dit is:

Selfbeskikking en onafhanklike gebiede

Daar is slegs een oplossing en dit is dat al die verskillende volke hulself moet regeer, wegkom onder die britse statebond en so hul eie volksmense beheer in gebiede wat aan hulle behoort.    Daar kan steeds verskillende ooreenkomste aangegaan word tussen die verskillende volke in Suid-Afrika en ook buite ons landsgrense.

As Boere het ons gebiede, soos die ou Republieke wat herstel moet word soos in 1902, asook die Retief traktaat en ander Republieke wat nie onafhanklikheid geniet het nie.

*

Hoe dit sal wees na 2024, sou hierdie plan van die DA werk – niks gaan verander nie, slegs ‘n ander politieke party sal alles beheer en manipuleer.

Beheer en kontrole

Dink die ander partye wat hul vereenselwig met die DA ideologie en die taai toffie, regtig hul het ‘n nuwe rigting of ideologieë beet,  wat nes 1994 eenvoudig herhaal word.      Alles ‘n slim set van die DA om alle ander partye, wat hul vereenselwig met die ideologie, van die boonste rakke te manipuleer en te bestuur.   Manipulasie onder een sambreel.

Hul gaan beslis nie die EFF en ANC ondersteuners van die aardbol afvee nie al dink hul so.  Om ontslae te raak van die ANC radikale liberale beweging en in dieselfde tyd met verkiesings die vloer te vee met die vernietigende EFF is nie net wensdenkery onder die kommunistiese aanslag van veral die NWO nie.

Daar gaan nie oornag van Suid-Afrika se liberale en kommunistiese leierkorps se bose planne ontslae geraak word nie.   Wat ook in aanmerking geneem behoort te word is al daardie finansiële steun (finansiers) om Suid-Afrika se ekonomie te vernietig.

VERAL NIE ONDER DIE HUIDIGE ‘BRITS BEHEERDE STELSEL’ NIE.   (BRITSE STATEBOND)

Responsibilities of Parliament

South Africa –  elites of parliament

Suid-Afrika onderstebo – failed

Soros bedrywig in Suid-Afrika

*

Gedaanteverwisseling

De Klerk en sy Broederbond het dit in 1994 ook probeer doen en is hierdie slegs net ‘n ander taktiek of plan om by die boonste trapleer te kom om Suid-Afrika verder af te breek.   Dis waar ons is vandag, na 30 jaar se afbreek.

Hierdie ideologie, net in ‘n ander formaat,  is steeds deel van die huidige parlement wat al hul wetgewings wat korrupsie, sabotasie, geweld, misdaad, omkoopgeld en onwettige immigrante toelaat.

Sou die ‘nuwe ideologie’ moontlik kon gewerk het, waarom het hierdie party wat maanskoot ideologieë aanhang, nie alles in hul vermoë gedoen om al die huidige wetgewings wat byvoorbeeld teen blankes diskrimineer of die ekonomie skend, van die wetboeke te laat skrap nie.   Daar word al vir 30 jaar met baie, veral blanke menselewens gespeel om die misdaadvlakke hoog te hou sodat die ekonomie vernietig kan word.  Met misdaad ontvang die regering van die dag meer as 15% BTW rakende alles wat vernietig word.    Die DA is onomwonde deel hiervan en het selfs al verskeie wetgewing voorgestel, wat aanvaar is en op die boeke verskyn het.     Dink nou spesifiek aan die gevangenisse en hul menseregte.   Sommige dink hul kan voetspore uitwis, maar Hansards en wetgewings word onthou.

Die huidige opset en veral wetgewing in parlement van 400 lede, is heel gemaklik en is saam die DA, EFF, VF+ en vele ander gemaak.   Die DA woon ook alle adhoc en subkomitees by, sowel al die ander 400 lede het dieselfde toegang daartoe.     Hulle almal laat swart bemagtiging toe wat slegs teen blankes diskrimineer en tog het geen een vele stene verwyder om dit ongedaan te maak nie.   Hulle weet is net die bevoordeeldes wat baat vind uit die swart bemagtiging.   As voorbeeld word al die staatsentiteite geneem wat totaal en al verswak het en ander vernietig is.  Eskom is op reeds al vir langer as 15 jaar op daardie vernietigende pad.

B-BBEE Shanduka black umbrellas

Cyril Ramaphosa  Shanduka

Politieke partye (400 lede)  in die parlement het dus almal toegang tot Hansards en wetgewing en woon adhoc en subkomitee vergaderings by en is saam die ander verantwoordelik vir hul dade wat menseregte skend en hulle verarm.    Niemand van hierdie partye kan hul hande in onskuld was nie.  Al notuleer hul hul stemme teen wetgewings, wat het hulle gedoen om dit te verander?   Niks.

*

Politieke partye in die parlement leef saam al die leuens oor die afbreek van afsonderlike gebiede en dra kennis en keur dit goed dat daar daar onder andere duisende afsonderlike Trustgebiede en GEA’s (CPAs) met al die meer as 8840 tradisionele leiers vir slegs khoi san, griekwas en swartes toegelaat word.    Hulle laat toe dat al hierdie afsonderlike tradisionele leiers vergoedingspakkette ontvang waar daar selfs afsonderlike HUISE bestaan sowel wetgewings vir elkeen.

Miljoene (40 miljoen +) is nie grondloos nie, inteendeel, hul bly al daar sedert 1815 ongeveer.        Dus kan hul aanspraak maak op afsonderlike gebiede, wat slegs vir hulle is, maar indien die Boere dieselfde verlang, is dit kwansuis APARTHATE.

Die feit dat aparte gebiede steeds bestaan en daar tans ‘n dubbel stelsel onderhou word, moet eerder verder gaan en elke volk moet vir hulself besluite maak en hulself regeer.   Daar is reeds, selfs met die DA in dieselfde sub- en adhoc-komitees, aparte gebiede met oor die 8840 tradisionele khoi san, griekwa en swart leiers wat hul eie gebiede opgeëis het.

Richtersveld  KHOISAN AND CPA

Gold and diamonds -1886 –  Griqualand West

CPAs in SA  2021

Ingonyama Trustland (Zulu people)

2022 Salaries of Traditional leaders

Traditional and Khoi-San Leadership Bill

Hierdie GEA’s (CPA) en Trustgebiede is ook met die goedkeuring van die DA (DP en NP) en al die ander politieke partye bewerkstellig en goedgekeur.   Almal in parlement word ingesweer onder die 1996 grondwet.

Demokratiese rewolusie in SA na 1994

ANC Freedom charter 1955

1955 ANC Freedom Charter

Grondwet SA Constitution

Al hierdie multi-kultuur partye is juis deel van die NWO planne en agente was nie om dowe neute gewerf nie.    Die vraag is hoeveel agente in die DA werk ook vir die NWO oftewel die WEF – Zille haarself was daar teenwoordig.   Zille werk ook saam OSF.SA (George Soros), wat deel vorm van die meesterplan wat die hele parlement finansier saam ander.  Terwyl daar steeds wegbeweeg word om nie korrupsie, misdaad, geldwassery en skelmstreke vas te vat en te oorkom nie, sal niks op politieke vlak gebeur nie.

Hoeveel van die topstruktuur maatskappye kry almal tenders, veral sonkrag en in dieselfde asem is hul direkteure deel van WEF.   Heelwat van die topstrukture is en was gemoeid met die wapenskandaal maar is of word selde vervolg en kom weg met korrupsie, wanadministrasie, omkoopgelde, tenderkorrupsie, ens.

15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC

Wapenskandaal – Arms deals

Phala Phala Ramaphosa en Hazim Mustafa

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

ABN en Dinokeng

Veelrassige organisasies – ABN

Witkruis monument 2021 White farmers killed in South Africa

*

Met liberale woorde word daar ontslae geraak spesifieke volkere soos die Boere, hul kultuur, tradisies en selfs iets soos die Anglo-Boere oorloë te verander in ander termes.

Shepstone and ABW

Anglo Boere oorloë – Shepstone

Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

*

Koalisies en ander ideologieë

Die DA doen presies dieselfde as wat die ou NP Broederbond alliansies gedoen het sedert die 1980’s.  Om voort te ploeter op die vals fronte van liberaal kommunistiese demokrasie van 1994 sal beslis nie slaag nie.  Om nog meer geleenthede onder die huidige stelsel te skep, waar politici steeds aangaan met misdade, korrupsie en  Suid-Afrika se burgers is die slaansakke van hierdie vals fronte wat geskep word om almal te melk en voos te staan met misdaad, korrupsie, verkragtings en moorde.  In die huidige stelsel kom hierdie spul almal weg omdat hul hul eie regters aanstel en so hulself aanhoor, verhoor en uitsprake maak met vonnisopleggings.

Hoe verskil die plan van die DA regtig met dit wat op die Kodesa tafels was?

Hier word die vals front van ‘n veelparty plan voorgehou as die oplossing vir Suid-Afrika se probleme.   Dis ‘n identiese herhaling van 1994 se veelparty vals front van ‘n reënboognasie demokrasie wat nog nooit bestaan het nie.   Sover het niks positiefs opgelewer nie.

Koalisies werk nie en het nog nooit gewerk nie en om voorskriftelik te wees in ‘n kommunistiese en sogenaamde demokratiese stelsel, sal nog minder gehoor gegee word.  Hoekom sal ander partye inval by ‘n party wat hul gewetens wil sus met ‘n veelparty stelsel.

Al staan al hierdie ander partye saam beteken en waarborg dit niks dat die anc of eff onttroon sal word nie.      Nie op plaaslike of enige ander vlak nie.   Nog minder op vlak een regering  in die huidige parlement wat deur kommuniste gefinansier word.

*

https://www.da.org.za/2023/04/the-moonshot-pact-is-getting-ready-for-lift-off

Veelkleurig en multi-kultuur bewegings in een groot kommunistiese pot saam.    Inteendeel, dinge gaan nie onder die huidige stelsel ooit uitwerk nie.  Dit het in bykans 30 jaar nie gewerk nie, hoekom sal dit nou werk?

In die informele nedersettings sal staatstoelaes ‘n groot deel van stemgeregtigde kiesers aanmoedig om op stemdag die moeite te doen om deel te neem en omdat daar al vir 30 jaar vir hulle gesorg is deur die huidige party, sal dit steeds voortgaan.

M & G

In die berig vergelyk Steenhuizen homself met J F Kennedy, terwyl dit allesbehalwe die geval is.   Dis dieselfde wat die oud NP en Broederbond gedoen het rondom die kodesa  vals front en heelwat van die lede is deur die DP en later DA ingesluk.

Die term ‘maanskoot’ volgens die berig beteken oorspronklik lang skoot en word dit toenemend gebruik om ‘n monumentale poging en ‘n verhewe doelwit te beskryf – met ander woorde, ‘n reusesprong vorentoe. ‘n Sprong soos om te verseker dat die DA die nasionale regering lei in 2024.  Nog ‘n vals beeld wat geskep word, is die oorspronklike missie om mense na die maan te neem, neem ons hierdie skoot om die ANC te verslaan en die EFF uit te hou, nie omdat dit maklik is nie, maar omdat dit is moeilik, het Steenhuisen gesê terwyl hy speel op die woorde wat die voormalige Amerikaanse president John F Kennedy in sy beroemde “maantoespraak” gebruik het.   Hiermee wil hy sy sjarme kraan oopgedraai om ander partye oor te haal in die verwoestende kommunistiese greep van onderdrukking, korrupsie, misdaad en moorde.   Dit is presies wat die oud NP gedoen het en dit was voorafgegaan deur al die gebeure in Dakar, Zambië, Mellsparkhuis en vele andder plekke.

*

Die Demokratiese Alliansie het aangekondig dat vyf politieke partye gehoor gegee het aan sy oproep en sal vergader om saam te werk namate die 2024-verkiesing nader kom. Partyleier, John Steenhuisen, sê die DA sal saam met die IVP, ActionSA, NFP, VF Plus en die United Independent Movement middel-jaar ‘n nasionale konvensie vir die Moonshot-pakt hou om ‘n pad vorentoe uit te stryk in ‘n strewe om saam te werk.

Die pakt is die amptelike opposisieparty se poging om te verhoed wat Steenhuisen ‘n “oordeelsdagkoalisie” tussen die ANC en die EFF genoem het ná die nasionale verkiesing volgende jaar.

DA

*

Bronne

The method behind the madness of the DA’s Moonshot Pact

*

Deel van die parlement en wat hul toelaat

VERWANTE ARTIKELS

The Bridge – Die Brug

Vicki Momberg back in prison

Prisoners and their human rights

Number Gangsters (mafias) of SA Prison – 26, 27, 28

Unconstitutional rights of prisoners –  Breytenbach (DA)

Illegal Immigrant workers (WC) at Mpekweni Resort –  R1.56 million and Fish River resorts (EC)

Farm Killers in South Africa

Kroondal –  Rustenburg  besettings (Aug 2020) – Illegal landgrabs

Millions of illegals in South Africa

Noga’s Post village – CIS -Afriforum-Pioneer-Saai-AaA- Agrico-Boiphitlhelelo

Richtersveld – Diamonds

CPA landclaims and study Northern Province

CPAs in SA –  2021

Richtersveld  KHOISAN AND CPA

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Zoeloes – Ingonyama Trust and land reform

Damage state capture

Damage control and load shedding

Guptas – Suid-Afrika  – KORRUPSIE

ANC corruption

Korrupsie vergaderings – Corruption – meetings

Corruption – Eskom – Parliament

ANC – Lethuli-house can of worms – “Nyani skeletons” – so-called “apartheid” (segregation) and ‘white privileges”

Corruption under ANC sky high – Korrupsie hemelhoog onder ANC

Eskom – “Sabotage – corruption”

State capture – Ramaphosa

“the Kingmaker” – SA State capture

Damage state capture

State capture – Zondo commission – Molefe – Gigaga – Guptas

Sabotage at Eskom – terrorism

Eskom – “Sabotage – corruption”

Paul Holden SWI at Zondo Commission on Guptas

Ramaphosa – Corruption – Zondo

Corruption 2018 Korrupsie

Corruption of ANC – Thabo Mbeki

“Capture of the State pensionfunds” – ANC-Ramaphosa

Corruption: Bosasa – Gavin Watson – Papa Leshabane

Eskom dienste 2023

Waarheid rondom Eskom sedert 1990  Dezz

Capture of people –  Black Empowerment –  Zondo

Eskom  – Koeberg

Glencore

Eskom –  Koketso Choma  – Matshela Koko

Eskom –  housing –  Hostelle

Eskom : corruption (executives)

OSF-SA (George Soros)

Nigel Farage exposes George Soros – OSF

Africa Check and funding – South Africa – Africa – OSF.SA George Soros and others

Cato Institute and Koch Brothers (Muckety)

Ooreenkomste – Agreements

OPEN SOCIETY: SOROS FUNDING

Anarchy in South Africa

Soros and Ramaphosa

George Soros  –  OSF.SA   –  FW stigting  – Grondeise: 1994

Soros and revolution –  Schwartz György

Eskom  –  Soweto (outstanding)

Eskom  – Soweto –  onwettige elektrisiteit

Prasa  scandal

Black Pimpernel

Lock down food parcel corruption South Africa

Concerns over corruption in vaccines’ procurement

Corruption – ANC regime  – Covid-19

Kodesa – “liberale en kommunistiese grondwet skrywers”

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Kodesa leuens – Lies of Codesa

Codesa – Kodesa … failed

Dakar 1986-.. – Notes of H Giliomee

Afrikanerbond : Afrikaner-Broederbond in SA

Mandela (Mells Park House)

ANC and its revolution

Vriende van die ANC : operasies

Lewer kommentaar