ABN en Dinokeng

Daar is ‘groot’ multi-kultuur organisasies en groepe waarna verwys word, wat ook in 1994 betrokke was by Dakar, Idasa en Kodesa en die opstel van ‘n grondwet (1996 – wat ooreenstem met die 1955 manifes van die anc)?   Hulle staan NIE vir enige volk as hul multi-kultureel is nie, wel vir hul eie multi-kultuur rlede.   Multi-kultuurlede is nie ‘n volk nie, dis ‘n klub of organisasie of groepe.   Die waarna verwys word is almal multi-kultureel en daar word alewig voorgehou hulle praat ook namens konserwatiewe Afrikaners en Boere.  Hulle doen nie.

ABN soros en ander

*

Daar is op internet aan ons voorgehou dat die ABN is 20 Oktober 2011 bekendgestel is, terwyl die netwerk reeds in 2009-8 agter die skerms (geheim) beplannings gedoen is wat ons as volk direk raak.   Die ABN was laaste nog onder voorsitterskap van Flip Buys.   Die ABN het  uit die Dinokeng proses ontstaan en is deur dr Mamphela Ramphele ge-inisieer.   Sy is deel van die OSF-SA van George Soros wat ons parlement beheer saam met Black Sash, waaraan sy ook gekoppel is.  Zille is ook saam OSFSA.   OSF.SA is deel van Cato Instituut – groot Liberale dinkskrum in Amerika.

Read – lees

Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Wetgewings B-BBEE-EE legislations

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989

*

Behoort al die lesers of lede van die volk, aan hierdie liberale – klassieke liberale groepe?     Nee, beslis nie.   Soros het nie net EEN stoel waarop hy sit in Suid-Afrika om mense om die bos te lei nie, maar baie meer as een organisasie en netwerke wat bedrywig hier maar ook in die res van Afrika en ander kontinente.    “Open Society Foundation SA” en “Cato Instituut” is maar twee daarvan.   Monsanto was ook deel van  sy netwerk.

Die ABN groepies is nes FW de Klerk, multi-kultuur en gefokus op ‘n “EEN reenboognasie” wat al sedert 1994 misluk het – ‘n afgebrande land wat waardeloos voor ons is, behalwe vir minerale en magsbeheptheid.

Wie is die ABN en op wie se “aandrang” geskied” hierdie tipe van verrigtinge, maar dan bloots gery word dat hulle sommer namens “minderheidsvolke” praat?    En die vraag is watter minderheidsvolke is dan hier sodanig betrokke as dit privaat lede is wat aan die onderskeie groepe behoort.    Daar is selfs kerk groep en ander organisasies betrokke en een kan tog nie namens alle kerke of gelowiges praat of standpunte inneem nie.

Vind meer uit oor wie en wat die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) is en waar pas Dinokeng in die prentjie.   Dit word beklemtoon, ons as Blanke minderheidsvolk (Afrikaner en Boere) behoort beslis nie aan hierdie oorkoepelende groep of het enige mandaat hiervoor gegee om namens ons minderheidsvolk standpunte in te neem en dit nogal vir iemand soos George Soros wat rooi gevaarligte uitsein sedert sy betrokkenheid voor 1980 reeds.

Die organisasie OSF.SA wat deel vorm van een van die donateurs van die Wetgewings, soos swart bemagtiging, onteiening, die Grondwet word ook deur hom gefinansier.   Deel van Cato Instituut van George Soros.

*

Prof. André Duvenhage van die PUK-kampus van die UNW is reeds in 2009 deur die ABN gekontrakteer om ʼn scenario-raamwerk vir die Afrikaner as volk uit te werk.   Prof. Duvenhage het daarop die betrokke scenario’s met die medewerking en skriftelike insette van sowat een-en-veertig ander vooraanstaande Afrikaner wetenskaplikes en -kundiges saamgestel.     

Waar is hulle mandaat om dit te gedoen het?   Doen hulle nie presies wat FW de Klerk ook gedoen het met ons volk nie?    Waar is daardie mandaat waar daar oor ‘n volk se toekoms besin word?   Die Multi-kultuur organisasies het nie bevoegdhede nie en kan slegs namens hul lede besluite maak en nie namens enige volk nie.

*

Dit is betreurenswaardig en onaanvaarbaar dat sekere liberaal- of klassiek denkende groepe, wat multi-kultureel funksioneer, reeds gesprekvoeringe lank voor 1994 gehad het en na 17 jaar  steeds daarmee volhou dat hul namens konserwatiewe Afrikaners en Boere (whites) praat.  Dis ietwat verregaande.  Soros is nie op dieselfde blad as die Konserwatiewe volk nie en was nog nooit nie.

Om nou te verwag dat Konserwatiewe Volk na die liberaal verligte blankes of Idasa-Kodesa (Soros) of kommunistiese se pype moet dans om die grondwet wat hulle met Kodesa daargestel het, te eerbiedig, verdien geen respek nie.   Hul praat nie namens die Konserwatiewe volkslede nie, maar namens hul eie liberale / klassieke liberale lede.

Miljoene swartes / khoisan en tradisionele leiers het hul eie aparte gebiede vanaf 1994 en stem ook nie altyd saam nie, maar was vinnig om swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening in te stel. Nie een van hulle is grondloos nie.   Verwys na grondeise en trustgebiede.

_

It is unacceptable that certain liberal or classical-thinking groups had their opportunities of discussions before 1994 and after 17 years continued to speak on behalf of Conservative Afrikaners and Boers  (whites).

To expect Conservative people to dance with them to honor the constitution, deserves no respect. They are not speaking on  behalf of the Conservative people, but on behalf of their own members.  Millions of blacks / khoisan and traditional leaders have their own territories and do not always agree with the political parties.

Millions of blacks / khoisan and traditional leaders have their own separate territories from 1994 and also do not always agree, but have been quick to introduce black empowerment, affirmative action and expropriation. None of them are landless. Refer to land claims and trustlands.

*

Die volgende organisasies is by die ABN betrokke en ironies genoeg was heelwat betrokke gewees tydens die Kodesa / Idasa onderhandelings in Dakar en Suid-Afrika (1983-1994).  Heelwat van hierdie samesprekings het in geheimsinnige plekkies plaasgevind in “REëNBOOGLAND”, sonder mandaat en medewete van die res van ons.   Vervolgens het hulle ‘n “grondwet” onderhandel wat hulle pas en na jare word daar gepoog om hulle grondwet met respek te behandel / onderhou.

*

“In die ABN word studies en indiepte-ontledings oor Suid-Afrika gedoen vir aksieplanne. “Ons is in gesprekke met verskillende groepe en organisasies om vas te stel of dit moontlik is om, met ’n gemene deler soos die Grondwet en wat dit omvat, saam te werk.”

Dit moet gesien word in konteks saam met die reeds gepubliseerde verslag van die Afrikaner Burgerlike Netwerk wat saamgestel is deur proff Andre Duvenhage en Jaap Steyn en wat reeds tot die beskikking van alle organisasies gestel is:    “Die kommer oor die toekoms het die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) gemotiveer om scenario’s te laat ontwikkel vir die Afrikaners op pad na 2020.

Die volgende organisasies is by die ABN betrokke: AfriForum, Afrikanerbond, Agri-SA, ATKV, Dames Aktueel, Die Dameskring, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (in waarnemende hoedanigheid), Die Voortrekkers, Erfenisstigting, FAK, Fedsas, Helpende Hand, Jong Dames Dinamiek, Oraniabeweging, Rapportryerbeweging, SA Onderwysunie, Solidariteit, Solidariteit-Navorsingsinstituut, die Transvaalse Landbou-unie, Voortrekkermonument en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans.”

Ons indruk is nog steeds dat Agri SA deel is van die proses en in die lig daarvan is die steling in die onderhoud gemaak. Daarom is dit in Agri SA se hande indien u so voel om hom te distansieer van die ABN proses en uitkomste. Dit kan gedoen word na die ABN, waarvan Solidariteit die sameroeper is en die AB slegs _ deelnemer. Agri SA sal sy afstand dan teenoor die twintigtal organisasies moet stel.

Die volgende aanhaling wat in die onderhoud gebruik is “Ons meen daar is plek vir ’n burgerlike organisasie oor kulturele grense heen wat Suid-Afrika eerste sal stel, die Grondwet in stand sal hou en grondwetlike waardes sal bevorder.

ABN werksaamhede na 17 jaar gestig sluit nie alle Afrikaners of Boere (blankes) in

Blanke vroue organisasies en kerkverenigings het by die ANC se vroueliga aangesluit – oor die 32000 blanke lede.

Oor die FW de Klerk stigting wat hand op die blaas is met kommuniste uit veral Oosblok lande en hul verdediging van die huidige “sogenaamde demokratiese” Grondwet.

Wat verder opvallend is, is Orania betrokkenheid en is dat daar die laaste paar jaar so aangedring op “Orania” as ‘n “volkstaat”, wat ook tydens die ondersoeke van die Volkstaatraad aan die lig gekom het, maar min van ons volkslede is te vinde vir so ‘n klein plekkie sonder dienste en infrastrukture, wat weer van die grondaf gebou moet word.

Wanneer daar na ons geskiedenis gekyk word, is daar ‘n duidelike streep teen al hierdie geheimsinnige organisasies en beplannings agter die ander se rug.  Dakar en Idasa is maar een so ‘n voorbeeld waar daar besluite geneem is wat ons almal raak, sonder enige mandaat.  En dit was om die land, die vorige regering, ons volk op ‘n skinkbord te oorhandig en na 1994 kan gesien word hoe word die land letterlik afgebreek tot op die grond.

*

Reddingsdaadbond van 1939

Wedersydse vertroue om so ‘n geheime organisasie te skep bestaan glad nie en word daar groot ogig gekyk na die dade van die Broederbond lede, veral na die Reddingsdaadbond van 1939 wat met honderde duisende blanke armoede geld geskep was.  Vandag is al hierdie maatskappye Swart bemagtiging en trek niemand van ons voordeel daaruit nie.   Die Reddingsdaadbond is juis begin om armoede onder ons mense hok te slaan om vir onsself verantwoordelikheid te neem en werksgeleenthede te skep, maar as daar op hierdie spoor teruggegaan word, is dit allesbehalwe die geval.  Ons voorouers het heelwat tot hierdie fonds bygedra maar slegs sekere elite groepies is hierdeur bevoordeel.  Meer inligting volg later. …

*

Lees gerus meer in opvolg artikel …

AFRIKANERBOND – besprekingsdokument

27 gedagtes oor “ABN en Dinokeng”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s