Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

*

Ons voorgeslagte het durf en deursettingsvermoë gehad om weg te beweeg van Engelse oorheersing vir hul vryheid in twee onafhanklike Boere republieke.  Voorwaar baie groter as legendes en hartseerverhale, maar deel van ons trotse Boere en Boere republieke se geskiedenis.   Diegene wat in die twee onafhanklike Boere republieke, asook ander Republieke wat gestig was, grootgeword het, kan nie anders om trots te wees nie.   Dit is puik foto’s en beeldmateriaal.   Watter invloede het dit op ons lewens vandag – heelwat.

Kapenaar se fotografie-stokperdjie lei tot 'n merkwaardige boek oor die  Anglo-Boereoorlog | Sarie


*

Al was die tydperk met groot armoede gevul, veral nadat die Britse regering die lae vlak van onmenslike konsentrasiekampe ingestel het teenoor die weerlose vroue, kinders en ou mense;  hul voedsel vernietig het met die verbrande aarde beleid op meer as 30000 plase.  Hulle het niks gevoel om weerlose vrouens, dogters, seuns en ou mense op oop beestrokke sonder toiletgeriewe te vervoer nie.  Ander is aangejaag om te stap tot by hul bestemmings.

Ons voorgeslagte het nie baie besittings gehad nie, want dit was knaend verwoes.   Die uittog uit die Kaapkolonie was groot, maar skamele besittings op ‘n ossewa,  plus al hul voedsel en ander ware.  Maar hoe wreed en vrot was hierdie Engelse nie van binne nie?  Myns insiens was die Boere, hul vroue en kinders, ons voorsate, voorslag-helde om op trots te wees.   Die wat hul geskiedenis ken, weet hoe naby ons voorgeslagte was aan algehele uitwissing, nie net van Engelse kant nie, maar van liberale blanke sowel ander volke, in suidelike Afrika maar ook ander wat Engeland kom help en bygestaan het om ons volk totaal en al te vernietig.   Hoe wreed was dinge nie uitgevoer nie, veral die vernietiging van huise, voorrade en voedsel?

Om voor die Anglo-Boere oorloë uitgebreek het in die Boere republieke, is eers die ander volkere se grondgebiede afgevat en geannekseer (as kommunale regte).    Gerieflik om die Boere vir heel laaste te los.  Dit is as reservate en kroongebiede gedoop.  Nie net in suidelike Afrika nie, maar ook op elke ander kontinent was Brittanje bedryf.

Na die Anglo-Boere oorloë is al die minerale regte in 1902 geannekseer.  En dan word vertel of die opinies is gevorm,  dat die twee onafhanklike Republieke eintlik bankrot was, wat meer as stapelgek was.  Daar was hordes mynmagnate in die Boere republieke geplaas sodat hulle hul en hul lande kon verryk met die goud, diamante en ander minerale.  Waar het hulle rykdom dan vandaan gekom om ons voorgeslagte en selfs ander volke te beroof.    Dus, hoe kon ons voorgeslagte arm gewees het?  Hulle doen dit vandag steeds onder die Britse statebond – beheer en kontrole.

*
*

In die Anglo-Boereoorlog of Vryheidsoorloë het die twee Boererepublieke van Transvaal (ZAR) en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorloë sou vir dekades lank nog ’n uitwerking op die suidelike Afrika se politieke, ekonomiese en sosiale landskap hê.

Volume 1 handel oor die konvensionele fase van die Tweede Anglo-Boere oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto’s wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.

Wie is Tinus le Roux en wat doen hy?

Dit is sy passie – die Anglo-Boere oorloë word gekleurd aan ons voorgehou.  Welgedaan.

Tinus le Roux is ’n militêre geskiedenis-entoesiasies wat al sedert 2014 Anglo-Boereoorlogfoto’s inkleur. Hy kleur ook foto’s uit die Tweede Wêreldoorlog in, spesifiek dié wat met die Suid-Afrikaanse Lugmag verband hou. Etlike van sy foto’s is al in boeke gepubliseer en sy Facebook-bladsy, Boer War Colourised Photographs, het duisende lojale volgelinge. Wanneer hy nie foto’s inkleur of op sy bergfiets rondry nie, besit en bestuur Tinus ’n koringmeule in Kaapstad. Hy het vroeër jare as ’n ontwerps-ingenieur by Denel gewerk.

Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux is nou beskikbaar! Plus,  sien foto's wat nog nooit tevore gepubliseer is nie | The Reading List

*

Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux is nou beskikbaar! Plus, sien foto’s wat nog nooit tevore gepubliseer is nie

*

Hiermee pragtige beeldmateriaal,  deur Tinus le Roux gedoen.   Dis hoendervleis mooi.   Ongelooflike tonele en gesigsuitdrukkings van oud en jong.  Dit is wie ons voorgeslagte was.      Jong kinders het nie geskroom om die wapen op te neem teen die magtige ou Britse regering nie.   En dan was daar Amerika wat die Engelse van meer as 250000 perde voorsien het, en hulle was nie die enigste land wat hulp aan Engeland verleen het nie.

VEG VIR VRYHEID EN BEHOUD VAN DIE BOERE REPUBLIEKE IN KLEUR DEUR TINUS

Ons is dit steeds vandag, want hulle bloed en uithouvermoeë vloei deur ons are.  Ons moet net ‘n slag baie nader aan mekaar beweeg, mekaar 100% ondersteun, ons volkseie besighede bemark en produkte verkoop aan mekaar.   Sodoende kan ons mekaar beter en self beveilig met ons eie sisteme.  Ons moenie skroom om ontslae te raak van hulle wat ons moordadig aanval nie.   Hierdie spul terroriste, maak nie saak watter kleure hul is nie, kom met haat en uitwissing in ons huise en besighede om ons te vermink en te vermoor.

KYK HOE MOOI IS DIT WAT ONS SIN IS:

*

Herleef nog meer kleur van ons voorgeslagte – Respek.

Jong Krygsgevangenes – hartseer

undefined

De la Rey

undefined

Die mooi en trotse vlag wat wapper.

undefined

https://www.bat-distel.co.za/war-in-colour/

*

Iemand anders ….

Anglo-Boere oorloë

*

Gierige hande uitgestrek Na die Boere republieke.   Aangedryf deur hebsug Goud gaan vir ‘n menselewe en onder valse voorwendsels Oranje-Vrystaat en Transvaal is deur ‘n aggressor Engeland geannekseer.   Die boere oorloë gedwing om te veg vir lewe en bestaansreg, vrywillige leërs het die veld ingegaan om elkeen te beskerm.

Ten spyte van die enorme kans was op oorgawe nooit voorgestel nie ‘n Groot leër het ineengestort.   Op ‘n klein maar dapper volk die Britte het keer op keer misluk.   Teen die boer Mauser-geweer en in Britse konsentrasiekampe is vroue, kinders in beestrokke aangery, in tente of ope veld gehuisves.   Of het na hul dood gemarsjeer Een uit elke vier het daar gebly.

Deur Roberts en Kitchener vermoor om die boerehart te breek, vernietig sy nageslag Die kinders rus nou in die Boere republieke se aarde. Hulle het die hoogste offer gebring vir vryheid.  Omdat sy in die pad van Britse belang gestaan ​​het, die monopolie van ‘n wêreldmoondheid,  ‘n Land geslaan en deurdrenk in bloed,  ‘n Volk onderdruk en behoeftig, armoede en nie ryk nie.   2007

>>

Gierige handen strekten zich uit Naar de boerenrepubliek Door hebzucht voortgedreven Goud gaat voor een mensenleven Onder valse voorwendselen Werd Oranje-Vrijstaat en Transvaal Door een agressor geannexeerd De boerenoorlog geforceerd Strijdend voor het recht om te bestaan trokken vrijwillige legers te veld Ondanks de enorme overmacht Werd aan overgave nooit gedacht Een enorm leger liep zich kapot.

Op een klein maar dapper volk Brittania faalde keer op keer Tegen het boeren Mauser geweer In Britse concentratiekampen Werden vrouwen, kinderen ondergebracht Met veewagons getransporteerd Of naar hun dood afgemarcheerd Een op de vier is daar gebleven Door Roberts en Kitchener omgebracht Om zo het boerenhart te breken Het uitroeien van diens nageslacht De kinderen rusten nu in Afrikaner aarde Zij hebben het hoogste offer gebracht Omdat zij het Britse belang in de weg stond Het monopolie van een wereldmacht Een land geslagen en met bloed doordrenkt Een volk onderdrukt en berooid Omdat ze zich niet zomaar schikten Maar sommige dingen veranderen nooit… Standrecht 2007

*
*
*
*

Volkstaatraad 1994 en Selfbeskikking

Hierdie gebiede was deur die Volkstaatraad ondersoek na 1994, waarop ons ‘n reg het om onsself te regeer.   Dankie vir wat ons voorgeslagte gedoen het – ons elkeen moet dit met respek en dankbaarheid hanteer.  Ook hierdie gebiede behoort aan ons en ons nageslagte.  Dis al sedert 1815 dat die verskillende swart en khoi san / griekwa volke aandring om hul gebiede te bewoon en te bewerk.  Hulle almal kla oor die kastige diefstal en apartheid, maar hulle lewe steeds in hul gebiede na 1994 en sedert kodesa.

Hul APARTE gebiede bestaan steeds en het verander van reservate en tuislande, asook kroongebiede na CPA en Trustgebiede, alles onder ANC bewind, wetgewing en grondwet.  Hulle het miljoene rande en ander byvoordele gekry met al die grondeise wat toegeken is na 1994.    Swart en Khoi San het reg om dit te doen en selfs om volle onafhanklikheid te verkry.  Ons as volk het dieselfde regte wat ons misgun word.   Dis in Hansards en wetgewings vervat.

Selfbeskikking (publikasie 1995)

Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)

Richtersveld –  KHOISAN AND CPA

Ingonyama Trustland (Zulu people)

CPA’s in SA  – 2021

Indigenous land (old homelands) – Trustland  –  CPA  –  landclaims

Traditional leaders South Africa: 8840

2022 Salaries of Traditional leaders

*
*

Anglo Boere oorloë –  Shepstone

Verskroeide aarde – Scorched earth

British concentration camps –  ABW (Rudie Rousseau)

Commonwealth and suppression by British Colonialism

British Empire and their colonial rules/flags

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s