AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

*

AAI staan vir Afrikaner-Afrika inisiatief.  Net soos in die jare 1980’s het liberale blanke groepe buite die land vergader om die land te oorhandig aan die huidige kommunistiese stelsel.   Hoe het AAI ontstaan en waar is die mandaat wat hierdie organisasies wat bydraes lewer , regs en links uitspreek.  Dieselfde tipe van gesprekke het in 1982 tot 1994 plaasgevind, alles agter die verskillende volke se rue.  Nie een van hierdie organisasies is volksgerig nie, maar multi-kultuur en kan dus net namens hul gemengde lede praat en mandaat uitoefen, nie namens enige minderheidsvolke nie.    Nog minder kan Thabo Mbeki namens enige volk praat, hy bly lid van die ANC.  Kyk wie is die vennote, dit spreek vanself wie hul leiers is en hulle ‘gekies’ het.

Thabo Mbeki meets with the president of Orania

*

Dus matig hierdie organisasies en hul bewegings hulself daardie regte toe wat nie bestaan nie.  Kyk uit hiervoor en in watter gemors is ons volk sedert Kodesa en 1994 geplaas, dieselfde tipe organisasies wat in 2022 skielik tot ‘n minderheidsvolk verbind.   Daar is geen mandaat nie.   Nie een van die ondergenoemde Vennote is verbind tot enige minderheidsvolk nie, want hulle bly steeds multi-kultuur.   Al die punte van bespreking gaan oor hul eie voorstelle en het niks te doen met enige volk nie.

Wie is Opperman in elk geval?  Waar en wanneer is hul mandate verkry?  En dit geld vir elke ander vennootskap wat kuier om die tafels met die ANC.   Niks noemenswaardig is regtig bespreek nie, behalwe die verknorsing van die Landbank, armoede vraagstukke wat al langer as 30 jaar duur sowel as beveiliging en misdaadsituasie in die land.

O R A N I A  EN ANDER

*

Gesamentlike verklaring is uitgereik op 21 Februarie 2021

AFRIKANER- Africa Initiative

JOINT DECLARATION

Outcome of the Afrikaner Africa Conference

Cape Town

27 February 2021

(Official signed copy attached)

JOINT DECLARATION

Outcome of the Afrikaner Africa Conference

*

*

2022

Goeie vraag is – wie het hierdie sogenaamde ‘Afrikaanssprekende leiers’ gekies?  Aangesien hulle almal multi-kultureel is, dus kan hulle nie aan enige volk gekoppel word nie.

Deur sy stigting werk Mbeki ook op ‘n afstand aan verhoudings met die breër samelewing, insluitend met ontevrede Afrikaanssprekende leiers. Op ‘n privaat vergadering in Januarie tussen die stigting en vooraanstaande Afrikaner figure onder die sambreel van die Afrikaner Afrika-inisiatief (AAI) in Gauteng, het die groepe beide die Voortrekkermonument en Vryheidspark buite Tshwane besoek.

Eweneens het Mbeki die intellektuele diepte om Afrikaners in konstruktiewe gesprekke oor die toekoms van die land te kan intrek. Nasionaliste erken mekaar, en SA gaan nie sonder Afrikanersteun gered word nie. Die AAI het min steun van groot Afrikaner hoofstad, die sogenaamde “Stellenbosch Mafia” gehad.

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/columnists/2022-02-23-peter-bruce-thabo-mbeki-is-back-and-it-could-be-a-good-thing/

*

Afrikanerbond

Die media het wyd gerapporteer oor die gesprek wat 26-27 Februarie 2021 in Kaapstad tussen verskeie Afrikaner organisasies en individue en die Thabo Mbeki Stigting plaasgevind het. Verskeie sake is tydens die belangwekkende gesprek hanteer waaronder moedertaalonderwys, ekonomiese samewerking en ʼn gemeenskaplike raamwerk vir ekonomiese groei en vooruitgang. Voorstelle vir ʼn ekonomiese omkeerstrategie is ter tafel gelê met ʼn sterk klem op landbou en landbouontwikkeling. Die regte van tradisionele en kultuurgemeenskappe is bespreek en voorstelle is gemaak oor die versterking en uitbouing van die regte. Die vervreemding en die groter wordende kloof tussen die regering en Afrikaners is ook bespreek. Die gesprekke het as uitkoms  gelei tot die ondertekening van ʼn ooreenkoms wat sekere gemeenskaplikhede uitstippel en ook sekere praktiese voorstelle vir gemeenskaplike samewerking.

Tydens die gesprekke oor die twee dae is die Afrikanerbond verteenwoordig deur Pieter Vorster, Ondervoorsitter van die Nasionale Raad en Jan Bosman, Hoofsekretaris van die Afrikanerbond. Ander organisasies het ingesluit die Solidariteit beweging met ʼn aantal van die organisasies in die Solidariteitbeweging wat insluit AfriForum, Sakeliga en Saai. Ander organisasies sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Vryheidstigting en individue soos Proff Koos Malan en Pierre du Toit, Schalk Burger en andere.

Na die ondertekening het Pieter Vorster gesê: “Die beraad het positiewe elemente na vore gebring, wat verder ontgin moet word. Ons sal onder andere die gedagtes en voorstelle in lyn moet bring met byvoorbeeld die verskillende scenario’s wat deur die Instituut vir Rasseverhoudinge ontwikkel is en deur Dr Frans Cronje tydens ‘n Afrikanerbond in dialoog webinaar aan ons voorgehou is. Moontlik bring dit ons nader aan die “RISE”-scenario soos voorgehou.”

https://www.afrikanerbond.co.za/mbeki-stigting–gesprek-met-afrikaners—maart-21

5 gedagtes oor “AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s