Waarheid rondom Eskom sedert 1990 – Dezz



*

Dis absoluut die waarheid wat in die beeldmateriaal bekendgemaak is.   Eskom was die beste vir etlike dekades, ‘n eerste wêreldland staatsentiteit wat met ‘n minderheid se belastinggeld opgebou is.  Kennis en ervaring kan nie gekoop word nie, nog minder kan so iets vervang word deur swart bemagtigers of regstellende aksies.   Baie ander staatsentiteite het dieselfde roete gevolg.   Dit was die beste maatskappye in Afrika.   Die ANC, liberale blankes en hul gierige base het egter anders besluit nadat die land aan die kommuniste oorhandig is in 1994.   Dit is tyd dat die ANC en Eskom bestuur eerlik is met die land en sy mense wat hierdie reus help bou het.  Waarskynlik weet hulle ook nie wat dit beteken nie.   Dis te lekker om te dans na ander lande se pype en vergrype soos die NWO.

Experts Predict Dark YEARS Ahead for South Africa with Eskom Failing -  SAPeople - Worldwide South African News

 

*

Hoekom moet ons skaam wees oor wat ons opgebou het?    Niemand van ons is nie.    Ons blankes is kwaad oor al die skade wat die ANC ons aandoen en hulle bou steeds voort op hul vernietigingswerk vir hul geheime agendas, swart ekonomiese bemagtiging en regstelaksies.   

Die ANC met hul ondersteuners en swart bemagtigers, wat Eskom monopolie beheer het na 28 jaar,  alles in sak en as omgetower.   Kragstasies is totaal vernietig en geplunder, wat ‘n skande.   Hulle moet regtig trots voel daarmee wat hul uitgerig het.   Hulle het al ons en besighede se menseregte in die hele proses geskend.      Dit gaan uiteindelik veroorsaak dat alles uiteindelik breek.   Daar is geen nut daarin nie om so iets te bou terwyl ander dit net afbreek nie.     Hulle kon na 1994 nie wag om te plunder en te breek nie, maar soos in Zimbabwe, gaan niemand tot hulle of ons redding kom nie.   Al kom hierdie groot base van die ANC aan bewind, gaan hulle nie veilig wees in die land nie, dis iets wat hulle geskep het.

*



*

Besighede, maatskappye en selfs voedselvoorsieners, winkels en boerderye, sal totaal in duie stort.  Dis die werklikheid.    Hongersnood en peste sal uitbreek.   

Die beste is in die verlede gebruik om Eskom te bou en goedkoop elektrisiteit te voorsien vir almal.   Nou word die beste steenkool na lande soos Duitsland, China, Indië en ander EU lande uitgevoer om hulle steenkookragstasies te voorsien.   Trokke ry oral die land vol, swaar gelaai met steenkool en ander minerale.    

Ironies, die EU lande se eie ervarings is dat son en windkrag nie hul lande kan dra nie.  Waarom sal so iets ons land dra?  Dit gaan nie.   

Die ANC maak of elektrisiteit slegs bevoorreg was vir blankes, dis ook leuens.  Baie blankes op plase het ook nie elektrisiteit gehad nie.   Buitendien, groot grensnywerhede is in byboorbeeld al die tuislande gebou met belastinginkomstes en elektrisiteit is ook daar voorsien sodat daardie miljoene kon werk om kos op hul tafels te kry.   Vandag, 2022 is betreurenswaardig.    Dit hang alles van die huidige kommunistiese en liberale netwerke af wat swart bemagtiging en regstelaksies in plek geplaas het om ons almal te laat ondergaan. 

Swart bemagtigers, familielede en boesemvriende word in maatskappye  aangestel in die sisteme van energie en minerale, sowel om Eskom tenders te verkry.  Dan word byvoorbeeld verkeerde parte bestel of rotse in steenkool geplaas, sodat nog meer skade aangerig kan word.   Dit is absoluut moedswilligheid, kwaadwillig en sabotasie.   Dit het presies met al die ander staatsentiteite ook gebeur.


*

Dis nie net die ANC wat die SEB wetgewings geskryf of uitgedink het nie.  Liberale blankes het saam kommuniste om tafels gesit na 1986 om so iets te implementeer om ons uit te wis.   Liberale blankes dink hulle is so slim, hulle is nie.  Hul fokus is net op hul eie bankrekenings, groot huise, minerale rykdom en mag om alles te beheer. 

Liberale blanke organisasies  het selfs in parlement, die wetgewings SEB gesteun in 2003 (Solidariteit).   Dis in notules vervat.     Nou baklei hul kwansuis daarteen.   Dit is niks anders dan vals propaganda nie, hulle was in 2016 ook oorsee oor dieselfde, maar niks het daarna gebeur nie.  Hulle sit ook op meer as een stoel, aangesien hul multi-kultureel is en nie namens enige volk kan praat nie.     Swart bemagtiging wetgewing is slegs teenoor blankes en nie teenoor ander kleuriges nie.

*


Dit word ook genoem dat die data toon dat die ouderdom van Eskom se steenkoolkragstasies nie die hoofoorsaak van onbetroubaarheid is nie.   Swart bemagtiging en regstelaksies, waar slegs die swart en blanke bevoorregtes die room afskep.  Dit is die swak geskoolde personeel, ‘n gebrek aan opleiding, korrupsie, en om nie die regte mense in diens te neem as gevolg van regstellende aksie nie. Die data staaf terugvoer van Eskom se binnekring wat aan die lig gebring het dat swak opgeleide werknemers en ‘n gebrek aan vaardighede op alle vlakke agter die meeste van die swak instandhouding is. 

Persone wat aangestel word wat niks weet hoe ‘n kragstasie werk nie.   Alles wat hulle aanraak, word met opset gebreek, daarom word swart bemagtigers en regstelaksies aangestel sodat alles moet inmekaarstort.  Hoeveel aksies is al teen diegene geneem wat nie weet wat hulle doen nie, want bestuur trek net hul skouers op, maar steeds word swart bemagtigers bevoordeel ten koste van die hele land, besighede en alle burgers.

Die nuwe Eskom-raadslid Mteto Nyati, ‘n voormalige uitvoerende hoof, het hierdie probleme in ‘n onlangse verslag uitgelig.     Hy het aan die Sunday Times uitgewys dat bemagtigingsreëls sal moet geld as daar enige kans is om Suid-Afrika se toenemende elektrisiteitskrisis te beëindig.   Grootskaalse korrupsie wat plaasvind om die kleiner swart bemagtigingsbesighede te bevorder asook regstellende aksie vanaf Eskom verhoed dat vaardige mense in diens te neem wat die maatskappy kan regruk.   Die wetgewings en manipulasie kom van regeringskant af.   Tans is dit nie die beste persone vir die werk nie, maar almal dring aan op ‘n massiewe salaris en byvoordele.

https://businesstech.co.za/news/energy/640791/the-truth-behind-eskoms-big-power-station-lie/

*

*

LEES GERUS

15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC

Sabotage inside Eskom 2020 report

4 gedagtes oor “Waarheid rondom Eskom sedert 1990 – Dezz”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s