‘Afrikaner’ verklaring 2024

*

Dit is alombekend wie die ‘Afrikaner’ organisasies, hul leiers en selfs hul onderskeie netwerke is.    Die spesifieke organisasies wat verklaar is, is nie slegs Afrikaners nie, maar hul roem daarop dat hul multi-kultuur (gemengde) organisasies is wat soms ook Afrikaanses genoem word.  Dus word aangeneem die ‘gemengde reënboognasie’ van FW de Klerk.   Hul sogenaamde vals front geskiedenis is oortrek met Boere republieke, leiers en geskiedenis, tog word die betaan van die Boere volk eenkant geplaas asof hulle nooit bestaan het nie.  Hul skors selfs ‘n raadslid wat ‘n vlag van die Boere republiek vertoon tydens hofsaak.

A Symbol of Afrikaner Nationalism: The Monolithic Voortrekker Monument | by  AlibsWrites | Globetrotters | Medium

*

Dit word al 30 jaar gepreek maar die land is steeds waar ons is.

Multi-kulturele organisasies
Multi-kulturele Afrikaner organisasies

*

VF PLUS teken verklaring – corne mulder

*

Corne Mulder van die VF plus het ook die Afrikaner verklaring onderteken.    VF plus is ook ‘n multi-kulturele politieke party.

Mulder was by baie dinge betrokke die afgelope 30 jaar, onder andere die opstel van die Grondwet, saam Pieter Groenewald asook artikel 235.  Hulle word elke keer onder die 1996 grondwet ingesweer.

Dis nie die eerste keer nie, maar in 2024, na 30 jaar teken hy die Afrikaner verklaring en samewerking met die ANC.    Daarteenoor, sluit hulle ook koalisies in die politiek met wie ookal hulle ‘vind’ by hulle multi-kultuur pas.

*

Dus verteenwoordig hulle nie slegs Afrikaners nie, maar spreek vir Afrikaners, al bestaan hul organisasies uit multi-kultuur lede.

Die verklaring word egter uitgereik as ‘n ‘Afrikaner verklaring’.   Die getalle van 2 miljoen word genoem, dit opsigself verbloem  die werklike Afrikaner getalle en inderwaarheid is dit multi-kultuur reënboognasie getalle wat die organisasies steun en lidmate is.   Dit is van toepassing op al hierdie organisasies se ledetal.

Daar moet kennis geneem word dat ABN alreeds voor 2009 gestig is en gepraat word met Ramaphela (Blacksash), terwyl die AAI vergaderings al ‘n paar jaar oud is.   Dit is ook verskeie ‘projekte’.

Vroeër was dit meestal dieselfde organisasies wat deel gevorm het met mekaar en Afrikaner organisasies het tydens die kommunistiese en liberaal verligte Kodesa onderhandelinge en selfs hul besoeke aan Zambië en Dakar, met vele ander plekke onderhandel vir ‘n kommunistiese regering wat alles vernietig.

Dakar 1986 –  Notes of H Giliomee

Mandela (Mells Park House)

Regstellende aksie – Affirmative Action  – Dakar 1989

*

Hulle was en is selfs deel van die 1996 Grondwet wat niks anders is as die 1955 ANC-PAC-SAKP manifes vir kommunistiese oorname.

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

1955 ANC Freedom Charter

ANC – Freedom charter 19550

Daar is verskeie vergaderings agter geslote deure of tydens grendeltydperk vir jare gehou.    Hulle is oral in die land waar daar gedurig vergaderings gehou word met ABN – Me Ramaphela en AAI – Thabo Mbeki stigting.  Niks word vermeld dat hul organisasies multi-kultureel is nie, maar die bewyse is op hul webtuistes beskikbaar.

ABN en Dinokeng

Veelrassige organisasies –  ABN

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

Nou voor die 2024 verkiesing,  word verklarings deur die liberale media huise uitgereik as die goedgelowige ‘Afrikaners’ en hul netelige posisie met hul Afrikaner verklaring.   Inderwaarheid geen Afrikaner verklaring nie, maar eerder ‘n multi-kultuur reënboognasie verklaring.

Die Boere is nie deel van die Afrikaner of hul Afrikaner verklarings nie.   Boere van die Boere republieke wat wel deel vorm, weet nie wat om hul aangaan  nie, is oningelig en hardloop saam die ANC en politiek in parlement.

‘Ons is hier om te bly,’ verklaar Afrikaners

*

*

VOLKSTAATRAAD EN AKKOORD 1994

Dit word nêrens genoem dat die 1994 Akkoord vir ons as Boere volk se Selfbeskikking, die Volkstaatraad wat amptelik ondersoek het waar ons gebiede is, nooit deurgevoer is nie.

Daar is verskeie aanbevelings waar ons gebiede is en waar ons in 1995 in die meerderheid is.     Volledige verslae is ingedien en dit is selfs internasionaal gepubliseer.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

Die ANC in hul wysheid het sonder die ander partye dit eensydig verbreek en alles van die Volkstaatraad uit die Parlement verban.   Daar is dan ‘n party wat kwansuis roem hul dra die belange van selfbeskikking op die hart (VF+)    Was die ANC dus alleen in hierdie besluit gewees om dit onwettig op ys te plaas?

Of het hulle gerieflik en eerder gewag om nog meer miljoene onwettige immigrante in hierdie gebiede uit Afrika en elders in te voer vir onwettige plakkers.

Waarom is hierdie Akkoord nie uitgevoer om veral die Boere en konserwatiewe Afrikaners te stop om landuit te vlug of die duisende Boere wat gemartel, vermink en vermoor is?    Diegene wat nie kon werk kry as gevolg van swart bemagtiging en regstelaksies.    Die honderde duisende arm blankes in plakkerskampe wat sit sonder heenkome as gevolg van hoogmoed en rassistiese wetgewings omdat hul blank is.

Hierdie Akkoord was in 1994 onderteken, dit was reeds voor die verkiesing onderhandel en onder die interim regering se grondwet, nie artikel 235 van 1996 grondwet nie.

VSSA (1993)(Verenigde State van Suider Afrika)

*

KULTUUR-VERDRAG 2024

Presies wat behels die kultuur?    Hul kultuurverdrag sluit nie selfbeskikking in nie.

Daar word namens al die Afrikaner organisasies en spesifiek multi-kultuur lede gepraat en verklarings onderteken en nie namens enige konserwatiewe Afrikaner of Boere volke nie.    Die Boere volk is hoegenaamd nie betrokke by enige Afrikaner organisasie nie.  Dit sal interessant wees om te weet watse tipe kultuur het daar in die 30 jaar gevorm uit al hierdie multi-kultuur organisasies en vals reênboognasie wat geskep is vir ‘n kultuurverdrag?

Goedertrou bestaan nie in Suid-Afrika se 30 jaar van vals demokrasie en dekmantel nie.   Skielik het hulle nou ‘n kultuurverdrag nodig, maar in die 30 jaar is niks gedoen om die uittog van derduisende Afrikaners en Boere te stop om die kultuur van die Afrikaner te ‘beskerm’, nie of die moorde, aanvalle en martelings te stop op plase en dorpe nie.    Het dit hoegenaamd hierdie multi-kultuurgroepe ooit gepla?

Die verklaring wat vanoggend onderteken is fokus op 12 kernpunte:

1. Afrikaners is ’n inheemse kultuurgemeenskap verbind aan Afrika.
2. Ons wil hier bly en tot die welstand van die land en al sy mense bydra.
3. Samewerking is in die belang van almal se vryheid, veiligheid en voorspoed.
4. Ons bou om in Suid-Afrika te bly.
5. Kulturele vryheid is ’n voorwaarde vir demokratiese vryheid.
6. Ons onderskryf die gelykwaardigheid van alle gemeenskappe.
7. Die verlede moenie ons almal se toekoms vernietig nie.
8. Die Grondwet erken die strewe na grondgebied.
9. Ons onderskryf eenheid in verskeidenheid.
10. Dit is vir ons nodig om inspraak by die owerheid te kry.
11. Ons wil bydra tot die ekonomiese bemagtiging van alle Suid-Afrikaners.
12. Ons wil ’n kultuurverdrag met die regering sluit om hierdie sake vas te maak.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys het tydens die ondertekening gesê dat Afrikaners in Suid-Afrika wil bly, maar dat hulle nie gaan stilbly nie. Na afloop van die verrigtinge is ‘n video gespeel waarin jongmense verduidelik waarom hulle in die land wil bly.

Afrikanerorganisasies onderteken ‘n verklaring om hulle plek in die land te eis

*

Die  ZAR se President Paul Kruger se doen en late het in werklikheid niks te doen gehad met Afrikaners nie.   Beide die ZAR en Vrystaat was onafhanklike Boere republieke.      Hierdie republieke en selfs ander wat gestig is, is Boere republieke, nie Afrikaner gebiede nie.   Maar soos ons ken, word alles van die Boere ingepalm vir die ‘Afrikanersaak’.   Daar moenie na strooihalms gegryp word en maak of Boere of selfs hul geskiedenis skielik Afrikaner of hul geskiedenis is nie.   Die liberaal verligte blanke Afrikaners probeer baie hard om nog meer te kaap.

*

RETIEF TRAKTAAT IS ‘N BOERE OOREENKOMS MET ZOELOES NET SOOS DIE VRYHEID BOERE REPUBLIEK   –

Dit was nooit ‘n Afrikaner ooreenkoms nie.

Die Retief ooreenkoms was tussen Boere en Zoeloes.  Dit het niks met multi-kulture of Afrikaners te doen gehad nie.  Afrikaners en hul multi-kultuur organisasies moet ophou gryp na wat Boere bereik het en hul geskiedenis ‘n slag uitlos en fokus om hul eie geskiedenis en identiteit te skep.

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)  –  ABO

*

BOERE REPUBLIEKE

Die burgers van die Boere republieke  is almal Boere genoem.  Let wel, nie almal is landbouers nie, maar hulle is Boere gedoop as burgers , nie Afrikaners nie.   Dit was Anglo-BOERE oorloë en nie Afrikaner oorloë nie.

Diegene wat by Kodesa se ANC-NP tafels was, is nou weer te sien in die sogenaamde ‘Afrikaner’ verklaring om nou sommer namens die hele Afrikaner volk te praat en inderwaarheid ‘n eie multi-kulturele reënboognasie is.

*

Selfbeskikking en onafhanklikheid – opinie en menseregte (skendings)

Geen politieke party of regering van enige land, het die reg om oor etniese volke se strewes om oor hulself te regeer te stop nie.  Nog minder is daar enige wetgewing nodig vir selfbeskikking soos wat daar in artikel 235 vereis word.   Dit is en bly ‘n internasionale reg om dit uit te voer en is dit dus teenstrydig en diskrimineer dit teen volke wat wel selfbeskikking verlang. 


Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)

Montevideo 1933 requirements for self-determination

UN Resolution 1514 Self-determination for people

Selfbeskikking en onafhanklikheid is ‘n internasionale reg.  Suid-Sudan het in 2011 onafhanklik geword omdat hulle onderdruk word as minderheidsvolk.   Grondgebiede is waarskynlik steeds nie afgehandel nie, omrede daar verskille was en die olie in Sudan is ook ‘n vraagstuk.

Own country – eie land

*

Grondwet en Selfbeskikking

Die huidige grondwet sowel die interim grondwet van 1993, maak wel voorsiening vir onafhanklike gebiede vir volke.   Daarom was die Akkoord in 1994 onder die 1993 grondwet onderteken en mandaat verkry.   Daarom het die vorige regering voortgegaan met die Tuislande, omrede hierdie volke en stamme hulself wou regeer.  Amptelike stemreg is uitgeoefen in al hierdie Tuislande na 1961 vir onafhanklikheid.   Dit is NIE apartheid nie, dit is ‘n mensereg dat volke daardie reg mag uitoefen.  Die Boere ook.   Dit is ‘n internasionale reg wat volke het om hulself te regeer.

Dit is kommerwekkend dat artikel 235 herbewoord is deur liberaal verligte Afrikaner wat lid is van ‘n politieke party.  Sy weergawe beperk volke meestal slegs tot interne selfbeskikking en dat wetgewing benodig word.    Wie se opdrag het hy uitgevoer?   Dit is ‘n euwel, dit skend menseregte en voldoen nie aan internasionale vereistes nie.

Grondwetregters het dit self in hul uitspraak genoem, maar die artikel 235 is netso aanvaar, wat kommerwekkend en teenstrydig met internasionale reg is.   Dit is kommerwekkend dat die Akkoord reeds in 1994 onderteken is, maar word dan onder 1996 Grondwet hanteer, wat onbillik is en menseregte skend.

Dit was die verklaring van grondwetregters in 1996 toe die grondwet aanvaar is.   Geen politieke party kan in die pad staan vir onafhanklikheid nie, nog minder is daar wetgewing nodig daarvoor.  Waarom is dit dan so verander, aanvaar en uitgevoer deur die parlement van SA?   Dit is al so sedert 1996 en al hierdie sogenaamde Afrikaner organisasies het niks daaroor te sê nie.

Grondwethof-constitutional court/

*

Dit is baie duidelik wie hierdie multi-kultuur organisasies is en dat hulle slegs vir en namens hul multi-kultuurlede kan ooreenkomste aangaan of onderteken, nie namens ander volke nie.  Al hierdie organisasies is en bly multi-kultureel en is nie volksverwant nie.      Volke het ‘n internasionale reg, al is hul blank, swart of bruin.

Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word

Van die organisasies wat reeds in 1980 begin ontstaan het, het toe al probeer om namens die res van ander volke te probeer praat.  Nou, na 30 jaar probeer hulle weer dieselfde taktiek volg – kyk hoe lyk die land.

Vir hoe lank word welstand en projekte ‘gebou’ aan die vals vooruitstrewende land Suid-Afrika, terwyl die res van die land net afbreek en afbrand soos en wanneer hulle dit behaag.   Dieselfde beloftes en versoeke was in 1993 ook gerig.  Dieselfde gaan voor die deur van misdaad, korrupsie en vernietiging van infrastrukture en staatsentiteite wat tot op die grond of leeggesteel of eenvoudig nooit onderhou word nie, omrede daar rassistiese en diskriminerende wetgewings geïmplementeer is, naamlik swart bemagtiging en regstelaksies al vir 30 jaar plaasvind.  Hierdie wetgewings is slegs teenoor blankes van toepassing.

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Multi-kulturele organisasies en -partye

Kulturele vryheid of normale outonomie of federasies en konfederasies beteken absoluut niks nie.  Dit hou geen waarborge in nie.  Ander volke kan ook daarvan getuig nadat hul grondeise afgehandel is en daar niks van die eens pragtige land met sy pragplase oorgebly het nie.  Hulle bly in gebiede wat hulle sin is sedert hulle dit voor 1900 beset het, maar hul het slegs lewensreg op die CPA en Trustgebiede.

Gold and diamonds -1886 –  Griqualand West

CPAs in SA   2021

Richtersveld  – KHOISAN AND CPA

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Diamonds/Diamante –  Gold/Goud -MINERALS

MINERALE RYKDOM – deur wie word dit beheer?

Minerale en mynhuise dobbel grond maar veral landbougebiede wat nooit herstel, reggemaak of ge-rehabiliteer word nie.  Mynbase en direkteure stap met die rykdom landuit en ploeg niks terug nie, behalwe die ‘elites’ wat voordeel trek daaruit.    Wat waar is, is dat elke ander volk na 1994 reeds en steeds oor hul eie kultuurstrukture beskik wat deur belastingbetalers onderhou word.

Etniese volke / Ethnic people (SA)

Is slegs die Boere volk wat niks mag hê nie, want die Afrikaner probeer dan alles van die Boere volk toe-eien.  Uitsluiting van Afrikaner volk, maar ook die Boere volk, is uit en uit te danke aan al hierdie liberaal verligte Afrikaners wat sedert Kodesa namens ons almal besluite probeer maak.  Dit moet stopgesit word en dis onnodig dat ons as Boere volk nie dieselfde regte het as enige ander volk op alle kontinente nie.     Die Afrikaner volk moet ophou maak of die Boere volk deel van hulle is.    Die regsbank konsep is ook deur die Afrikanerbond se jeugbrigade en liberaal verligte Afrikaners destyds in 1993 aan die ANC voorgehou om te volg – daarmee word baie geld gemaak met en tydens elke regsaak wat aanhoudend uitgestel word.   So word elke Boer en konserwatiewe gemelk in hofsake.

The Bridge –  Die Brug

Die Brug / The Bridge

*

VERSKEIE OPINIES 

Elke land in Europa en selfs op die Afrika kontinent het verskillende blanke of anderkleurige volke, naamlik Italianers, Franse, Nederlanders, Spanjaarde, Grieke, Nigeriërs, Somaliërs, maar so is daar verskillende volke in die midde ooste ook.   In elke Afrika land is daar verskillende etniese volke, en is Suid-Afrika dus nie anders nie.  Hierdie volke het almal elkeen ‘n internasionale reg om or hulself op alle gebiede te regeer in gebiede wat aan hulle behoort.  Heelwat word onderdruk     Die Boere volk is en was nooit deel van die Afrikaners nie, alhoewel sprekers van die liberale Afrikaner groepe, die indruk wek en skep dat Boere wel deel is van die Afrikaners.

Daar is nie verdeeldheid soos sommige wil te kenne gee nie of dat daar slegs een hoofgroep Afrikaners bestaan nie.   Dit gaan daaroor dat daar twee blanke volke in Suid-Afrika is, naamlik die Boere volk en Afrikaner volk.

AFRIKANER VOLK EN BOERE VOLK

Die Afrikaner volk is heelwat liberaal, liberaal verlig gesind en sommige lede mag dalk konserwatief wees.  Die Afrikaners het bly vasklou aan hul verknogtheid aan die Engelse in die Kaapkolonie sowel ander plekke.

Dis die liberaal verligte Afrikaners wat voor 1990 begin het om te onderhandel buite ons landsgrense om die land te oorhandig sonder om die Boere in die saak te ken.  Hulle doen dit vandag steeds sonder dat daar enige verskil is in ons lewens vandag.   Verklarings wat deur hierdie multi-kultuur organisasies uitgereik word, word onder hulself verklaar.  Vir die multi-kultuur lede.   Boere is nie deel daarvan nie.  Met multi-kultuur lidmaatskap na 1994, sal hulle outomaties in die algemeen ‘n groter groep van lede – getalle wees, maar dit beteken nie die Afrikaner in daardie multi-kultuur groep organisasies is die meerderheid nie.

Indien daar Boere is in daardie groepe, wat eintlik eerder ‘n lid van die Boere volk is, dan is hulle ook verantwoordelik vir wat in die land aangaan en niks anders as verraaiers nie.    Geen persoon kan lid wees van twee volke nie, mens is of ‘n Boer of ‘n Afrikaner, maar nie albei nie.

Hierin het die Afrikaner en al hul multi-kultuur organisasies (soos nou gesien kan word met die ondertekening van die sogenaamde Afrikaner verklaring), liederlik misluk.    Die Boer bly heeltemal buite die Afrikaner se sfeer, maar Afrikaners probeer hard oes aan die geskiedenis, kultuur en identiteit van die Boere volk.

Sedert 1994, probeer die Afrikaners hard om die geskiedenis van die Boere in te palm in hul monumente, kuns en kultuur, wat eie is aan die Boere republieke.   Dit het inderdaad reeds voor 1900 begin aanvang neem.    Inderwaarheid is dit wat eie is aan die Boere, niks van die Afrikaner volk nie.  Selfs die vlae van die Boere republieke word misbruik in hul pogings om die Boere eerder onder die vaandel van die Afrikaner volk te probeer plaas.    Die bywoon van hofsake met ‘n Boere republiek vlag beteken minagting, omrede ander op daardie vlag trap en beweer dit is ‘n apartheidsvlag.

Die Boere daarteenoor, het vaste beginsels, veral in hul geloof en tradisies, glo om in hul eie land om hulself op alle terreine te regeer.   Die Boere het ook ‘n geskiedenis in suidelike Afrika gehad om op te staan vir hul vryheid as volk, om eie Boere republieke te stig en onafhanklikheid te verkry, iets wat die Afrikaner nie gedoen het nie.

*

NA 1994 – ANDER VOLKE, APARTE GEBIEDE, TRADISIONELE GEBIEDE EN LEIERS

Dit word toevallig steeds gedoen, dat ook in ander volke steeds onderskei word, apart van mekaar en elkeen in hul eie gebiede.   Die ANC het hieraan erkenning gegee maar so het die vorige regering dit ook gedoen, dat daar aparte volke is.

Die Khoi san volke is nie dieselfde as die Griekwas,  Zoeloe, Xhosa, Ndebele of Sotho volke is nie.  Swart volke verskil van mekaar, maar daar is wel ooreenkomste maar dit verskil met kultuur, geskiedenis, tradisies en identiteit. Hulle bly steeds apart van mekaar en daar is in die huidige sogenaamde demokrasie bedeling, steeds aparte wetgewings wat al hierdie ander volke akkommodeer.

Grondeise is totaal en al bewys hiervan dat hulle steeds apart is van mekaar en dit steeds verkies.  Ingonyama Trust is slegs vir die Zoeloe volk en het ander volke geen belange of voordele daarin.  So is dit ook met ander Trust en CPA, soos Richtersveld, wat slegs vir Khoi san volke is.

ANC presidente was by hierdie toedeling van grondgebiede betrokke.   CPA en Trustgebiede het eenvoudig al die ou Tuislande (reservate) of Kroongebiede vervang en het niemand in die gebiede getrek nie.   Niemand se grond is gesteel soos beweer word nie, want hulle bly steeds afsonderlik van mekaar op dieselfde gebiede.  Moenie van die Zoeloe persoon ‘n Xhosa probeer maak nie, maar moet ook nie van die Boer ‘n Afrikaner probeer maak nie of andersom.

*

GRONDEISE

Is waar grondeiseers apart bly van mekaar, met toepaslike wetgewings onder die ANC bewind.   Hul kies almal hul eie tradisionele leiers wat deur staatskas onderhou word.   Hulle meng nie in met mekaar se gebiede nie.   Grondeise word met finansiële steun, bates, trekkers en toebehore selfs van saad voorsien.   Meer as tydens Tuislande.

Traditional land and leaders –  landclaims

Indigenous land (old homelands)  – Trustland – CPA  – landclaims

2022 Salaries of Traditional leaders

*

DIE KAPING WAT PLAASVIND IS AFRIKANERS –

WIE EN WAT WORD GEKAAP ? DIE VOORTREKKERS WAS NOOIT AFRIKANERS NIE, MAAR BOERE VAN DIE ONAFHANKLLIKE BOERE REPUBLIEKE.

Interessant dat alles van die Boere en Boere republieke as agtergrondsinligting gewys word.   Niks is van die Afrikaners nie, want die Boere word mos al vir jare nie erken as ‘n volk nie.

Die ‘Afrikaner verklaring’

Multi-kultuur organisasies

*

Die BOERE volk is nie deel van die multi-kulturele Afrikaner organisasies en nasie nie.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

35 gedagtes oor “‘Afrikaner’ verklaring 2024”

  1. […] volk nie, want hulle is en bly multi-kulturele organisasies.AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)Afrikaner – verklaring 2024Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysAfrikaner stigting Solidariteit Julie […]

    Like

  2. […] Die Boere is ‘n volk in eie reg, die Afrikaners het erken hulle is ‘n veelvolkige NASIE en met hul dade en optredes word dit verder bewys hulle het veelvolkige lede wat aan hulle behoort.   Hulle kan nooit een nasie wees nie.  Hier is ook Duitsers, Portugese en Jode, wat eie is met hul geskiedenis, tradisies, kultuur en is ook nie Afrikaner nasie of Boere nie.   Die Zoeloes, Khoi san en Xhosas is ook verskillende volke / nasies.Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024Afrikaners Afriforum Ernst van ZylAfrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysOrania, selfbeskikking Afrikaner verklaringAfrikaner – verklaring 2024 […]

    Like

Lewer kommentaar