Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)


Beide Selfbeskikking en Volkstaat was in 1994 Akkoord vermeld wat onderteken is, spesifiek vir Afrikaners en Boere,  voor die 1994 verkiesing.  Hierdie Akkoord was amptelik onderteken ter erkenning deur die ANC, die ou NP lede wat teenwoordig was asook diegene wat die Akkoord onderhandel het.   Omdat daar ‘n mandaat was, het die Volkstaatraad amptelik hieruit voortgespruit en ‘n wettige Raad geword wat ondersoeke gelei het.    Hierdie Akkoord kon nie voortbestaan het sonder ‘n mandaat nie, want dan sou die ANC parlement die ondersoeke ook nie amptelik goedgekeur het nie, dit was ook een van die voorwaardes.   


selfbeskikking


Violations – Menseregteskendings – Akkoord/Accord of 1994

*

Daar was duidelike bepalings wat in die Akkoord vervat is, wat voorafbepaal was tussen die 3 partye wat teenwoordig was.   DUS, daar was ‘n mandaat in hierdie Akkoord en die bewyse was die konserwatiewe Afrikaner en Boere se kruisies en amptelike uitslag tydens die 1994 verkiesing.    Later na 1994 is heelwat ondersoeke gedoen en aanbevelings gemaak, maar die politieke drywer het in 25 jaar nog nooit dit vorentoe geneem nie.

*

Hoekom was al hierdie inligting weggehou van ons af?  en gaan lees maar wie het die ontvangs erkenning deurgegee – nie een van ons nie, maar iemand “bekend” aan ons almal in parlement.  Dus weet baie meer van ons Akkoord en onderhandelinge, as ons eie mense.  Die aanbevelings was baie duidelik, daar waar ons in die meerderheid is in gebiede, om ‘n provinsie te verkry met die oog op selfbeskikking.

Geen wet is nodig om selfbeskikking te verkry nie.  Dit is ook bekragtig in die 1996 grondwet.   Die ooreenkoms is lank voor 1996 onderhandel, akkoord onderteken.  Dit is in lyn met internasionale reg, dat elke volk ‘n selfbeskikkingsreg het.

Selfbeskikking – Afrikaner voorgestelde wet 1998

*

Op 16 Desember 1838 het die Boervolk saam gestaan – Ons, die Boervolk, die Afrikanervolk en die wat hul assosieer met die van Europese afkoms sal dit weer doen.   Jou stem bepaal jou toekoms en die van jou kinders.
Am 16. Dezember 1838 standen die Buren zusammen – wir, die Buren, die Afrikaner und diejenigen, die sie mit europäischer Abstammung in Verbindung bringen, werden dies wieder tun.   Ihre Stimme bestimmt Ihre Zukunft und die Ihrer Kinder.
Selfbeskikking – Self-determination

***

(Akkoord – Accord) –

Right to Self-determination – Independence of people
AFRIKANER – SELFBESKIKKING EN VOLKSTAAT 

Die Akkoord van 1994 wat onderteken is,  is deel van ons bestaansreg en dit bly steeds pogings wat aangewend is om ons volk se vryheid te verkry om selfbeskikking te verkry, en neem dit hoegenaamd nie ons regte weg om onsself te regeer nie.

Hierdie Akkoord van 1994 is ‘n 100% bewys, dat dit moontlik gemaak is om voluit te ondersoek en waarop ons ‘n internasionale reg het.

Dis egter ons as volk wat dit moet verkry en voortgaan om onsself onafhanklik te regeer.   Mits natuurlik as ons na 1995-8 behoorlik ingelig was en voorsien was van alle notules en artikels oor die Volkstaatraad.  Nie alles is beskikbaar op internet en in Hansards nie.

Wat beslissend is.  Ander volke het geen reg om oor ons volk te besluit nie – die regering ook nie.  Ons as Afrikaner en Boere, kan ook nie oor Khoi San, Zoeloes of Xhosas besluite maak nie.  Ons moet wel die regering inlig en dis hoekom die Volkstaat aangegaan het met hulle navorsing.

Die politieke party destyds (VF)  van 1994 was die drywer hiervan en het juis as gevolg van die Akkoord ontstaan.   Dis hoe ons verteenwoordiging in die parlement begin is.  Vandag is daardie politieke party ‘n multi-kulturele party en nie ‘n volksparty nie – en hul rug op ons volk se vryheid gekeer.   Dus al 25 jaar later en steeds niks.

Ons kan nie sit, hoop en “bid” dat ‘n multi-kultuur party vir ons gaan opstaan om ons saak te beveg nie.  Dit is sleg vir almal van ons, want dit benadeel ons as volk, maar ons het nie beheer daaroor dat “bestuur” wat eers vir ons was, nou skielik nie volksverbintenisse het nie.   Maak vrede daarmee en steun politieke partye en groepe wat uit en uit ons vryheid wil bewerkstellig.  Ons veiligheid is belangriker op die stadium, maar werk ook aan “selfbeskikking” om dit sterker te maak.

Anders kan ons dan netsowel op ons agterstoepies sit en koffie drink of verwag die ANC moet dit namens ons doen.  Dit gaan nie gebeur nie, want hulle soek een groot land met alles daarin.

VEILIGHEID

Bid alleen gaan nie help nie, gebed is goed vir diegene wat glo.  Maar bid alleen gaan nie jou veiligheid waarborg nie.  Bid alleen gaan nie selfbeskikking uit die hemel op ons laat neerdaal nie.   Om ‘n boom te plant gaan nie help as daar nie nasorg is nie, maak nat die boom en gee ekstra aandag, anders vrek die boom.   Help nie om skape en beeste aan te hou as daar nie behoorlik na hulle omgesien kan word nie en ook as daar nie genoegsame kennis oor boerdery is nie – en dit geld vir enige beroep onder ons mense.

ONS individuele volkslede moet ons eie beveiligingsmaatreëls in plek kry – dis krities dat ons tyd en energie, asook die wat finansies het om opleiding te kry indien dit ontbreek en voorsorgmaatreëls te tref dat dit meer as voldoende kan wees.  Sluit aan by Burgerlike Beskerming (Front Nasionaal).   Raak betrokke by jou volkseie omgewingsgroepe vir bystand en hulp andersinds visa versa.  Raak betrokke by Volksteun vir armoede en maatskaplike dienste.   Stig ‘n tak vir Front Nasionaal vir beter kommunikasie tussen ons buite sosiale media.

Na 25 jaar is daar steeds ‘n leë lang “tonnel” met niks binne-in nie.   Die “tonnel” sien ek as geleenthede wat Volkstaatraadslede gebruik het om ondersoeke te doen, hoe en waar ons selfbeskikking kan kry.   En ja, die verkiesinguitslae was ‘n deurslaggewende faktor, en daarom het dit voortbestaan en daar is amptelik rekord daarvan.  Dis ons volk se inligting – nie ander sin nie, maar ons volk se inligting, wat in 1994 besluit het GENOEG IS GENOEG.

Verbasend maar te wagte en na 25 jaar stem heelwat van ons Afrikaners steeds vir ‘n multi-kultuur party wat vir ons niks beteken of kan doen nie, behalwe as hulle saamstaan met die sogenaamde “reënboogland”.

Daar is in 25 jaar geen poging aangewend om ons volk se vryheid te verkry nie, hoekom sal ‘n multi-kultuur party wat basies niks in 25 jaar gedoen het nie, dit nou wil of kan doen?  Dit gaan nie gebeur nie.

Die feit dat die Bestuur van die politieke party, destyds al die aanbevelings van die Volkstaatraad ge-ignoreer het, beteken nie ons as volk het ons regte verloor tot volwaardige onafhanklike gebied(e) nie.

Selfbeskikking word in internasionale reg uitgespel.

Die Afrikaner en Boere  volk het nie van standpunt oor vryheid (selfbeskikking) verander nie, die politieke party van destyds, se bestuur, het heelwat later eers besluit hulle wil eerder multi-kultureel (soos fw de klerk) wees en dis hulle wat nie hul weg oopgesien het daarvoor nie.   Dis nie die volk se skuld nie.  Daar was regtig baie min inligting wat deurgekom het daarna.

Dit is en bly ‘n internasionale reg wat ons as volk geregtig is om te verkry.

Regerings, volke en organisasies soos ANC gaan dit nie vir ons “skenk” nie.

Omdat ons volk juis uit alles uitgesluit word, is dit geloofwaardig dat ons steeds voluit wil gaan hiervoor.  Ons ontken ook nie enige ander volke se regte tot hul eie bestaan of onafhanklikheid nie.  Nog minder meng ons in met hul “trustgebiede” of tradisionele leiers wat hulle verkies om te hê sedert 1994.  Hulle het daardie bed gekies om op te slaap, hulle moet rustig daarin slaap.  Ons menseregte word geskend en GENOEG IS GENOEG as ons mense so uitvermoor word.

Terloops – daar is in Desember 2018 reeds melding gemaak dat daar 8840 tradisionele leiers is (bruin en swart) – almal in afsonderlike gebiede – Trustgebiede en CPA (grondeise), maar ons, waar is ons?  ons word stelselmatig met hulle wetgewings (B-BBEE) uitgewis of met moorde.

***

 

Selfbeskikking – Self-determination

1994 Agreement were signed by Freedom Front (Viljoen),  National Party (Meyer) and the ANC (Thabo Mbeki)

Image result for signed accord afrikaner self-determination

**

***

The Constitution was certified in 1996, which stated by Constitutional judges that self-determination  is an international right for each people to rule themselves in terms of international laws:
BUT THE AFRIKANER ACCORD WAS ALREADY  SIGNED IN 1994 under the interim Constitution.

 

***

Self-determination of people

***

SELF-DETERMINATION

18 gedagtes oor “Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)”

  1. Een van die redes hoekom ons nog nie in n gebied waar ons die meerderheid is, selfbeskikking grkry het nie, is omdat hul(die huidige regering) hul mense en buitelanders(volksvreemdes) regoor die land versprei het die afgelope 25 jaar, sodat wanneer hul rég is, gaan hul begin met onderhandelings en net eenvoudig sê dat ons oral in die minderheid is.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s