*
Op 26 Junie 2025 was daar ‘n geleentheid by Freedom Park, Salvokop in Pretoria, wat aangebied is deur die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (DoJ&CD), gesamentlik met die Nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur ter viering van hul 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes 1955 te herdenk. Die geleentheid se tema was: “Van Handves tot Grondwet – Oorbrugging van Generasies,”
%7D=)
*
Wanneer ‘n burger van Suid-Afrika twee dokumente het, een hand die 1996 Grondwet en in die ander hand die 1955 Manifes van die ANC en bondgenote, dit vergelyk, is daar nie veel verskille nie. Voor die 1994 was daar ‘n magdom vals beloftes aan die Boere volk en ander wat nooit gerealiseer het nie. Dan wonder mens wat het Idasa en Kodesa, die Grondwetskrywers voor 1996 regtig gedoen in al hierdie jare en soveel waarheid weggesteek vir elke kieser.
Die Groen banke van parlement word al sedert 1994 vodde gesit deur slapendes en dromers van die 1955 manifes in hul eie demokratiese ringnetwerke. Hulle doen dit steeds met elke verkiesing op alle vlakke van regering en elke wetgewing wat opgestel en deurgevoer word.
Daar word gereeld vergaderings gehou met die kommuniste, lees die artikels oor ABN en AAI. Kyk hoe lyk die land na 1994, daar is niks meer oor nie. Afrikaners is en bly veelvolkig, die Boere volk is nie deel van hulle gemengde reënboognasie nie.
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Veelrassige organisasies – ABN
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Boere volk
Dit is die realiteite waarin die Boere volk lewe as ‘n minderheidsvolk, word in die 1955 manifes dokument uitgebeeld waarvan die inhoud in die grondwet vasgekap is met ‘n kommunistiese sekel.
![]()
Dit is bloot ‘n ander tipe herhaling wat met die 1910 Unie regering grondwet gebeur het.
Elke politieke party lid word deur hierdie dokument ingesweer in die Suid-Afrikaanse parlement. Hopenlik geniet hul die groen gemakstoele terdeë saam al hul byvoordele uit die belastingkas.
*
Dit raak nie die Boere volk as sulks nie, want hulle is nie verteenwoordig in die drama wat as demokrasie asfspeel in Suid-Afrika. Indirek het dit tog ‘n groter invloed in ons volk se lewens in Suid-Afrika sowel diegene wat na ander lande ge-emigreer het. Aangesien swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening deel vorm van die ‘grondwet’ van 1996 kan dit verder terug weerspieël word in diie 1955 manifes van die anc. Die in beheer soek gedurig redes om fees te vier en “apartheid” wat deur hulself geskep word, voor die Boere volk se deure te plaas.
Ter agtergrond word genoem dat die Vryheidsmanifes, aangeneem is op 26 Junie 1955 tydens die historiese Kongres van die Volk in Kliptown, Soweto. Volgens hulle is dit een van die ANC bondgenote se belangrike mylpale in Suid-Afrika se demokratiese reis van vernietiging. Die vernietiging van die land se ekonomie en burgers word rondom elkeen waargeneem.
Volgens die artikel het die dokument ‘n aanloop gevorm deur een van die mees uitgebreide openbare raadplegingsprosesse in die land se geskiedenis. Die Handves het die kollektiewe visie en aspirasies van Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die lewe vasgevang gedurende een van die donkerste en mees onderdrukkende periodes van wat hulle apartheid noem.
Inderwaarheid is dit ‘n apartheid wat hul voorgangers in samewerking met die Britse ryk en haar bondgenote voor 1900 begin is. Wetgewing is in London uitgevaardig. Daardie aparte gebiede van reservate, lokasies, kroongebiede en tuislande duur steeds voort onder verskillende “nuwe” wetgewings onder die hand van die ANC regering, wat Trust en KEV heet. Grondeise het na 1994 in werking getree wat aangevul is met ruim kompensasies vir die verskillende Khoi san, Bruin en Swart stamme.
Gedurende 1993 was daar ooreenkomste aangegaan dat die Zoeloes hul tuisland sou behou het wat in Ingonyama Trust, met toepaslike wetgewing verander is. Meeste tuislande, voor 1961 reservate en kroongebiede is weer eens opge-eis, terwyl miljoene groepe volks- en stam groepe, wat steeds daarop woonagtig is en selfs werksaam is. Kompensasie en selfs produktiewe plase is uitgedeel, wat miljoene hektaar grond beloop – daar is weinig oor van enige produktiewe plaas.
Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
*
Die Kongres van die Volk, wat destyds onder die vaandel van die Kongres-alliansie byeengeroep is, het meer as 3 000 afgevaardigdes van verskeie politieke formasies bymekaargebring, wat slegs sekere diverse bevolkingsgroepe in Suid-Afrika verteenwoordig het. Volgens hulle was dit glo oomblikke wat gekenmerk is deur eenheid, moed en ‘n dapper toewyding aan die ideale van geregtigheid, gelykheid, waardigheid en insluiting. Hul woordeskat en die uitvoering na 1994 is twee verskillende aspekte.
Die feit dat swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening direk hieruit voortspruit, is volgens hulle nie rassisties of word daar nie gediskrimineer teen enige ander volk nie. Die Handves se kernverklaring dat “Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon” het die grondslag gelê vir Suid-Afrika se toekomstige grondwetlike demokrasie. Die gesprekke oor rassisme en diskriminasie is tydens sekere inklusiewe vergaderings gedurende 1987 in Dakar in Afrika voortgesit waar besluite gemaak is.
Hulle plaas “apartheid” wat deur hulleself geskep is, voor die deur van die Boerevolk as sogenaamde koloniseerders. Terwyl dit nie die geval is nie en openlik lieg daaroor. Die Boere-republieke is ook gekoloniseer en geannekseer deur die Britte en hul bondgenote (1880-1902). Die Britse bondgenote was van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Skandinawiese lande, maar het Afrikaners, bruin en swart stamme ingesluit wat teen die Boere-republieke geveg het.
Verskroeide aarde – Scorched earth
Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied
Teenstrydighede en stellings van “Maak die BOER dood” word nie as dagdrome beskou nie, maar is realiteite en direkte aanhitsing tot geweld en die reg op lewe vir elkeen in die land word ‘n volksmoord vir die Boere volk, wat ontken word. Baie van hierdie beginsels is vasgelê in die Grondwet en Handves van Regte van 1996, wat die land se vordering na ‘n vrye en regverdige samelewing lei.
Volksmoord en etniese uitwissing
SA – Missionary report on Genocide (Volksmoord)
*

There was an event on 26 June 2025 at Freedom Park, Salvokop in Pretoria, hosted by the Department of Justice and Constitutional Development (DoJ&CD), jointly with the National Department of Sport, Arts and Culture to commemorate their 70th anniversary of the Freedom Charter 1955. The event’s theme was: “From Charter to Constitution – Bridging Generations,”
These are the realities in which we live as a minority people are depicted in this 1955 and this is enshrined in the constitution. Every political party member is sworn into the South African parliament by this document. Hopefully they thoroughly enjoy their cozy green chairs.
This does not affect the Boer people as such, because they are not represented in the drama that is being played out as democracy in South Africa. Indirectly, it has a great influence on the lives of our Boer people in South Africa as well as those who have emigrated to other countries. Since black empowerment, affirmative action and dispossession form part of the ‘constitution’ of 1996, this can be further traced and reflected back in the 1955 manifesto of the ANC. During their Dakar meetings in 1987 racism and discrimination of B-BBEE were still an ongoing process. They were not alone during those meetings.
Those in power are constantly looking for reasons to celebrate. They place “apartheid” created by themselves at the doors of the Boer people as so-called colonizers. While it is not the case and lies, because the Boer republics were also colonized and annexed by the British and their allies (1880-1902). The British allies were from America, Canada, Australia, New Zealand, Scandinavian countries, but also included Afrikaners, brown and black tribes that fought against the Boer republics.
A background statement was mentioned that the Freedom Manifesto was adopted on 26 June 1955 during the historic Congress of the People in Kliptown , Soweto. According to them, this is one of the ANC allies’ important milestones in South Africa’s democratic journey of destruction. There is no democracy in South Africa. The destruction of the country’s economy and citizens is observed around every body.
According to the article, the document formed the beginning of one of the most extensive public consultation processes in the country’s history. The Charter captured the collective vision and aspirations of certain groups of South Africans from all walks of life during one of the darkest and most oppressive periods of what they call apartheid.
In reality, it is an apartheid that their predecessors were involved to occupy land in southern Africa, in collaboration with the British Empire and its allies began started after 1815. Those separate areas that were called reserves, locations, crown territories and homelands still continue under various “new” legislations under the ANC government, called Trust and KEV. Land claims came into effect after 1994, supplemented by generous compensation for the various Khoi San, Brown and Black tribes.
During 1955, the Congress of the People, convened under the banner of the Congress Alliance, brought together more than 3 000 delegates from various political formations, representing certain diverse population groups in South Africa. According to them, these were moments marked by unity, courage and a courageous commitment to the ideals of justice, equality, dignity and inclusion.
According to them, the fact that black empowerment, affirmative action and dispossession directly stem from this is not racist or discriminates against any other people. The Charter’s core statement that “South Africa belongs to all who live therein” laid the foundation for South Africa’s future constitutional democracy.
Contradictions and statements of “Kill the BOER” are not considered as daydreams, but are realities and direct incitement to violence and the right to life for each and every one in the country. Many of these principles are enshrined in the Constitution and Bill of Rights of 1996, which guide the country’s progress towards a free and just society.
Compared the following documents of the Freedom Charter of 1955 with the 1996 Constitution.
Are there any differences?
https://www.anc1912.org.za/the-freedom-charter-2/
https://mediadon.co.za/wp-content/uploads/2018/03/The_Freedom_Charter.pdf
*
RELATED INFORMATION
VERWANTE INLIGTING
BEELDMATERIAAL
2018
https://www.youtube.com/watch?v=LBcj8zmWcK4
ARTIKELS
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Codesa (writers) Kodesa (skrywers)
Kodesa leuens – Lies of Codesa
Kodesa liberaal kommunistiese grondwet skrywers
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*