Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word

Die vraag is – hoe ontbloot mens enige Wit nasionalisme, en van wanneer af mag dit nie saamstaan as ‘n eenheid nie.   Dit bestaan al sedert 1652 in suidelike Afrika.  Niemand van ons het Wit nasionalisme al ooit in die geheim bespreek of weggesteek nie?   Daar is egter ‘n groot verskil, skielik is sommige klassieke liberales bang om WIT genoem te word.    Konserwatiewe Wit volkslede wat tot die Afrikaner en Boer volk behoort, wat glo in ons eie volk se identiteit en kultuur, patriotisme en ons wortels, is nie geheime organisasies met geheime agenda’s soos wat die Broederbond en ander organisasies vir jare was nie.  Het ook niks om skaam te wees nie.  Armoede soos deur swart bemagtiging veroorsaak, kom ook uit liberale blanke en klassieke liberale kringe uit.

Related image


*

Dis eintlik skokkend ..

*

Wanneer ‘n klassieke blanke opstaan in parlement en sy grondwet probeer regverdig, maar in dieselfde asem hul uitspreek teen wit nasionalisme, terwyl elke wetgewing en grondwet geskoei is teen die BLANKE RAS teen ons ondergang – nerens sien mens enige tekens dat dit afgekeur of in ‘n internasionale hof betwis word nie.  Dit staan al vir 26 jaar en selfs langer.

DIE SOGENAAMDE GRONDWET VAN DIE LIBERALE, KLASSIEKE LIBERALE EN KOMMUNIS

9.  Gelykheid

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

30  Taal en kultuur

Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen mag dit doen op ʼn wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

31.  Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe
(1) Persone wat aan ʼn kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die
reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap–
(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en
(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike
gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
(2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat met enige
bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

10.  Menswaardigheid
Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word. 

11.  Lewe
Elkeen het die reg op lewe

Net soos die Zoeloe in Ingonyama Trust saamkoek al sedert 1816, het die konserwatiewe Afrikaner uit die Boere republieke wat onafhanklik was, dieselfde regte, en selfs meer.  Ironies was die spul wat Dakar toe is in 1986 ook in geheim gedoen of daar in Mellspark huis waar gekoukus is om die land te oorhandig.

Niemand is verbaas oor Afriforum se uitspraak en veral halwe dreigemente wat teenoor wit nasionalisme gemaak word wat ontbloot en teengestaan moet word nie.   Dit word ook hieronder geplaas.   Wie dreig wie en in terme van hulle grondwet wat hulle ondersteun is dit ook vryheid van spraak dat ons Afrikaners en Boere wat nie saam die regering koekies en tee geniet nie, ons eie gebiede soek?

Inteendeel, is dit die huidige ANC-DA-EFF- en ander op die groen banke, wat ‘n heksejag voer teenoor Wit nasionalisme met SWART bemagtigings- en regstellende aksie wetgewings teenoor ‘n handjievol blankes.   En natuurlik is daar die klassieke liberale en liberaal verligte blankes wat saam in die kooi is met George Soros – OSF.SA en Cato Instituut.  Ons as volk het nie voorkeur aan multi-kulturele organisasies gegee nie en is ‘n volk in eie reg.

Dus hoekom moet enige Wit nasionalisme teengestaan word, om by wie aan te pas of word daar ‘n vrees ervaar uit daardie kringe uit?

Ons het al van voor 1994 versoek ons soek ons eie onafhanklike gebiede, en dit is geen sonde om deur jou eie leiers regeer te word in jou eie gebied(e) nie.    Dis hoekom dit ‘n amptelike pad gevolg is wat amptelik deur die ANC erken is.

Suid-Sudanese minderhede het dit ook in 2011 gekry waar hul van Sudan afgestig het.  Dis nie ‘n misdaad nie.  Ons wil nie by FW de Klerk of by Afriforum se multi-kulturele beleid of bandjies aanpas nie – of is dit nou by die groter prentjie van FW de klerk stigting en Afrikanerbond wat ‘n gemengde gefaalde reënboognasie vooropstel en dit nog nooit gewerk het nie?   Dis nie die nasionale party wat die mag in die land het nie en dis nog minder Afriforum wat ons kan afdreig hiermee.

As daar na die “multi-kulturele reënboognasie” rondom ons gekyk word, word daar daagliks sowat 50+ moorde gepleeg, waarvan Wit Afrikaners en Boere ook stelselmatig uitgeroei word, nie net met Swart bemagtiging nie.   Nie net word ons wit volk aan erge martelings geplaas nie, maar ons vroue word voor kinders verkrag.    Ons het ‘n reg tot ons eie volksvryheid.  En namens wie word boeke geskryf of flieks van gemaak waar Wit boere vermink en vermoor word.

Hierdie uitspraak van Afriforum was al lankal te wagte, spesifiek van enige multi-kultuur organisasie net soos die van Malema en is niks meer snaaks nie.
Ironies – ons voorouers het identies dieselfde tipe pyne deurgemaak gedurende die Anglo Boere Oorlog en die voorafbeplande aanslae, spesifiek teen die handjievol trekkers wat later onafhanklike Boere republieke gekry het deur liberale blankes of verligte blankes.  Meeste Britte wat ons hier kom aanval het, was WIT en liberaliste.

Daarteenoor,  is ‘n hele paar wat saam met Afriforum op dieselfde bootjie is en gaan mens terug op al hierdie organisasies se voetspore, lede wat saam De Klerk wandel en toesprake wat gemaak word op sy stigting, spesifiek oor kwansuis multi-kultuur of “minderheidsvolke” se menseregte.   FW stigting se vele bydraers spreek boekdele hoe daar swart bemagtiging ondersteun word.  (KAS) (duits)

Hoe meer mens alles volg, hoe meer weet mens waar hulle staan saam met George Soros en sy CATO Instituut finansier saam die Kogh broers.

Dit is so eenvouudig, dit sluit eintlik aan by Julius Malema se uitsprake oor blankes wat beveg moet word waar hulle uitsprake al in die hof gaan draai het en daar niks van gekom het om ‘n rassistiese Malema te vervolg nie.   Nou verstaan mens hoekom Malema nooit vervolg is nie.    Bootjie na kammaland volg dieselfde roete.

Dit is nog meer eenvoudiger as die voorlegging, waarvan baie min kennis dra of eerder wegkyk toe daar in 2003 ‘n voorlegging in parlement gemaak is deur Dirk Hermann, oor hoe om van 750 000 blankes ontslae te raak met behulp van Swart bemagtiging en Regstellende aksie.

Dit sluit sommer regstreeks aan by Dr Rina Venter se video waarin sy dit openlik erken.   Dieselfde bootjie, net ‘n ander stuurman en albei saam die ANC, EFF en DA, en almal wat wit nasionalisme haat met hul B-BBEE wetgewings en rassisme bevorder om ons nie net ekonomies nie, maar met misdaad uit te wis.

Wit volke het dieselfde regte as die wat swart bemagtiging uitoefen.

Die harde werklikheid is al vir jare te bespeur maar die dreigemente rondom hierdie uitspraak spreek die binnehof van Afriforum en hul ander “familie organisasies” aan.   Dit opsigself maak van Afriforum sowel die lede wat deel van hulle vorm, rassisiste teenoor elkeen wat wit is in Suid-Afrika.  Dit is RASSISME EN DISKRIMINASIE.

Swart etniese volke vorm al sedert 1994 ‘n eie vlak “interne” selfregering, waar daar reeds 8840 tradisionele leiers is na 1994.   Dit is nou al die ou Tuislande, wat of oorgeskakel het na die Trustgebiede en wetgewing, of andersind na die Grondeise, waar ‘n CPA geregistreer is.  Al hierdie tradisionele leiers, die CPA gebiede sowel trustgebiede, word onderhou deur belastinginkomstes, wie is die grootste bydraers hiertoe?  Net vir hulle alleen.

Etniese volke, wat ook die Bruin en Khoisan insluit,  is nie deel van die reënboognasie wat vervlak en vervalle is nie.

Gerieflik groei misdaad daagliks ‘n drastiese tempo?  Daarteenoor, het misdaad ‘n 15% VAT inkomste vir die regering.  Ons sit met al die immigrante rondom ons wat ons nie net aanval nie, maar ook uitwis.

Moenie verbaas wees as al hierdie aanvalle veral deesdae, heel beplan is om besighede, veral al die Afrika immigrante tot as te verbrand nie.   Hulle is almal binnegenooi, Binnelandse sake het selfs pryse verskaf om te hervestig.   Dus dan  Doelbewustelik is daar ‘n duidelik patroon wat al vir 25 jaar gevolg word.  Want as die immigrante vlug wie bly oor?

Hoe meer besighede vernietig word, hoe groter die inkomste , veral aan versekering en sekuriteitsagentskappe wat lekker geld maak uit ons uit.

Dit is al genoem. deur verskeie sprekers dat ons Wittes aangeval moet word, en nie net deur Zuma, Mandela, Malema en Ace Magashule nie, maar ook blanke liberaliste of klassieke liberaliste soos Afriforum wat ons wil teenstaan.  Om wat mee te maak ons te dwing in die George Soros kommunistiese stelsel?

En dit is so – die gevoel is wederkerig wat die verwerping van multi-kultuur hierby insluit.   Dit wil sê die man, Ernst van Afriforum, maak ‘n bekentenis dat hy staan vir minderheidsregte, maar as blankes ‘n samehorigheid , eenheid of selfs wit nasionalisme het, is dit nou ‘n misdaad en moet dit ontbloot en teengestaan word.

Hoekom word die ander lede in sy eie “multi-kultuur organisasie”  beskerm? en swart bemagtiging is rassisme en diskriminasie mag plaasvind en dit is wettig.

***

Deur Ernst Roets

Die ideologie van wit nasionalisme is een wat ontbloot en teengestaan moet word. Wit nasionalisme is al op baie verskillende maniere beskryf, maar dit kom neer op die bevordering van die belange van wit mense omdat hulle wit is. Swart nasionalisme kan natuurlik ewe problematies wees, maar dit is nie waaroor hierdie artikel handel nie.

AfriForum is al as baie dinge beskryf, sommige daarvan met reg. In sy wese is AfriForum ’n burgerregte-organisasie wat hom op die beskerming van minderheidsregte toespits. Omdat AfriForum vanuit die Afrikanergemeenskap ontstaan het, het die organisasie wel ’n klem op die belange van daardie bepaalde gemeenskap. Hierdie klem is onderhewig aan die streng voorwaarde dat die belange van een gemeenskap nie ten koste van ’n ander gemeenskap bevoordeel of bevorder mag word nie.

AfriForum is gevestig op die beginsels van vreedsame naasbestaan en ook van wedersydse erkenning en respek tussen verskillende gemeenskappe. Die bevordering van die belange van lede van ’n bepaalde rassegroep – bloot omdat hulle tot daardie groep behoort – staan vierkantig in die pad van juis dit wat AfriForum wil bereik.

AfriForum volg ’n gemeenskapsbenadering. Ons erken die onbetwisbare waarheid dat mense vryelik met bepaalde gemeenskappe assosieer en dat mense graag wil sien dat hulle gemeenskappe floreer. Sulke gemeenskappe kom op natuurlike wyse tot stand, gewoonlik op grond van kultuur, taal of godsdiens. Mense kan ook verskeie identiteite hê. So byvoorbeeld beskou ek myself as deel van die Christelike godsdiensgemeenskap, maar ook van die Afrikanerkultuurgemeenskap, maar ook van die Afrikaanse taalgemeenskap, maar ook van die gemeenskap van mense wat woon in die territoriale staat wat vandag as Suid-Afrika bekend staan. Hierdie gemeenskappe oorvleuel, maar elkeen van hulle is anders en elk van hierdie gemeenskappe bestaan uit mense wat vryelik met daardie gemeenskap assosieer maar wat ook nie noodwendig deel wil wees nie van die ander gemeenskappe waarvan ek deel uitmaak. AfriForum fokus nie op die regte van die “wit gemeenskap” nie en verwerp so ’n beskrywing, onder andere op grond van die feit dat lidmaatskap nie tot enige bepaalde rassegroep beperk is nie – en dat AfriForum baie lede het wat nie wit is nie, byvoorbeeld.

Beskerming van die belange van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe en aanmoediging van wedersydse erkenning en respek tussen sodanige gemeenskappe is in die algemene belang. Dit stem ook ooreen met beste praktyke wat deur die Verenigde Nasies en baie ander internasionale liggame voorgestaan word. Organisering op grond van velkleur is egter vernietigend vir maatskaplike samehorigheid.

Om AfriForum as ’n konserwatiewe organisasie te bestempel, sal nie onakkuraat wees nie. Ons beskou onsself egter as konserwatief in die ware betekenis van die woord, en ons vereenselwig nie met die stigma wat deesdae aan konserwatisme geheg word as synde ‘n ideologie wat na die verlede hunker, of wat teen verandering gekant is bloot omdat hy verandering nie kan hanteer nie, of wat tradisie ten koste van vooruitgang wil bewaar. AfriForum is niks hiervan nie. AfriForum kan as konserwatief beskou word in die sin dat ons gemeenskap, kultuur, tradisie, erfenis en gewoonte koester. Ons heg groot waarde aan hierdie dinge in ons eie gemeenskappe, maar ons wil graag sien dat alle gemeenskappe dinge wat hulle na aan die hart lê, sal beskerm en bevorder.

Ons erken dat daar ontasbare dinge is wat mense as deel van hulle identiteit koester en dat hulle dit wil bewaar. Ons is egter oortuig dat die bevordering van hierdie dinge volhoubaar verwesenlik kan word slegs as ander kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe ook die reg kry om hulle lewe in te rig soos hulle dit goedvind – selfs al stem jy nie met hulle oortuigings saam nie.

Rasgegronde nasionalisme staan in die pad van juis hierdie dinge wat AfriForum wil bereik. Dit is in die nastrewing van hierdie dinge wat AfriForum koester, en ook in sy teenkanting teen ’n eendimensionele rasgegronde benadering, dat AfriForum al herhaaldelik stappe gedoen het vir die beskerming van die regte van ander gemeenskappe.

Voorbeelde hiervan sluit in AfriForum se veroordeling van wit nasionalistiese groepe en rassistiese kommentaar deur wit nasionaliste.

Ander voorbeelde sluit in AfriForum se regstryd met die Suid-Afrikaanse regering om ’n skool vir die Zoeloe-gemeenskap van Nkandla te bou, die bystand wat aan die Wallmansthal Communal Property Association en die Ndebele Vaaltyn-stam gelewer is, en talle ander.

AfriForum huiwer nie om ferm standpunt in die openbare diskoers in te neem nie. Soos enige organisasie of beweging wat bereid is om standpunt in te neem oor eietydse kwessies, kry AfriForum ook te kampe met die uitdaging van kwaadwillige kommentators wat poog om die organisasie uit te beeld as iets wat hy nie is nie. Dit is ’n lui manier om die organisasie te diskrediteer deur valse stigmatisering en stereotipering sonder om te reageer op die werklike standpunte wat AfriForum inneem.

AfriForum het die ideologie van wit nasionalisme nog altyd verwerp en sal voortgaan om dit te doen.

AfriForum se verwerping van wit nasionalisme

*

HIERBO:

Ander voorbeelde sluit in AfriForum se regstryd met die Suid-Afrikaanse regering om ’n skool vir die Zoeloe-gemeenskap van Nkandla te bou, die bystand wat aan die Wallmansthal Communal Property Association en die Ndebele Vaaltyn-stam gelewer is, en talle ander.

Dus mag die Ndebele en Zoeloe gemeenskappe afsonderlik gebou en ondersteun word.   Afrikaners en Boere het ‘n reg tot alles , ook ‘n eie onafhanklike gebied, eie skole, eie regering, identiteit en kultuur.   Daar is na 1994 reeds duisende aparte grondgebiede en toepaslike wetgewing, ooreenstemmend met die 1996 grondwet vir afsonderlike ontwikkelings en volke, maar daar word oordeel gevel omdat ons ‘n blanke volk is met dieselfde regte as swart volke.

*

MULTI-KULTURALISME WORD VERWERP EN SAL DIT ALTYD TEENSTAAN

Ironies is die Zoeloevolk in hul Ingonyama Trust al sedert 1994…

Verskillende stukke inligting beskikbaar geplaas …

“Zulu kingdom” Ingonyama Trust

Richtersveld – Diamonds

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Die 7.6 miljoen swart titelakte houers

Agreements and Traditional leaderships

B-BBEE – violation of white people’s human rights – sport quotas

State-owned land – 25 years later

Skending van Afrikaner/Boer menseregte

“Kill the boer” song

Begroting – tradisionele leiers 2019

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

Traditional leaders South Africa: 8840

Rina Venter – Legkaarte – die leuens

Dr Venter – NP previous government

Estimated 500 000 plus murdered since 1994

SA is a failed country (since 1994)

>

DISKRIMINASIE EN RASSISME – SWART BEMAGTIGING

Die skema is swart bemagtiging en heet Koöperatiewe aansporingskema (KAS) – ”  The scheme referred to as the Co-operative Incentive Scheme” (CIS) and a B-BBEE scheme.

AfriForum, Pioneer, Saai, Agri All Africa (AaA), Purposely Ignited, Boschveld Free Range Chickens, Agrico and Laeveld Agrochem took hands with the Boiphitlhelelo Co-operative to tackle a joint agricultural development project at Noga’s Post village of Thaba ’Nchu…  Daar word ook van ander plekke melding gemaak in die artikel.

KAS – CIS -Afriforum-Pioneer-Saai-AaA- Agrico-Boiphitlhelelo – Noga’s Post village

6 gedagtes oor “Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word”

  1. Wat in die land aangaan is nie toevallig nie. Dit is n wel deurdink te plan om stadig oor te hel ten gunste van kommunisme waar almal gelyk is en sommiges baie meer “gelyk”. Daar is geen Afrika land waar daardie reëls nie geld nie. Melk die koei tot hy droog is.

    Liked by 1 person

  2. […] B-BBEE – BEE – AA – – Scorecards – Swart bemagtigingB-BBEE – swart bemagtiging – Motsepe*Die vraag is – hoe ontbloot mens enige Wit nasionalisme, en van wanneer af mag dit nie saamstaan as ‘n eenheid nie.   Dit bestaan al sedert 1652 in suidelike Afrika.  Niemand van ons het Wit nasionalisme al ooit in die geheim bespreek of weggesteek nie?   Die regering maak ‘n groot ophef daarvan om SWART bemagtiging in te stel teenoor elke BLANKE in die land. Moet swart bemagtiging nie met wortel en tak uitgeroei word nie, want wie word daardeur bevoordeel en ryker gemaak met aandele en besighede? Heelwat besighede was ons volk sin.Die Zoeloes staan ook saam en hulle is swart – Ingonyama Trust sedert 1994 en voor dit was dit die Zoeloe tuisland.Elke grondeis is apart van mekaar en CPA’s is geregistreer en elkeen wat daarop bly, staan saam met hul eie volkslede, slegs hulle gebied en hulle mag voordeel trek.Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s