VSSA (1993) – (Verenigde State van Suider Afrika)




Insiggewende artikel van Koos Reyneke wat die volgende meld.   Dit gaan oor gebeure in ons verlede en wat ons toekoms raak, veral noudat ons onderdruk word en ons menseregte onmenslik geskend word.    Dis net regverdig dat hierdie rassisme, diskriminasie, korrupsie, misdaad, moorde en onderdrukking moet endkry.   Ons word van alles daagliks beroof.    Maar hoekom moet ons weghol of nog meer verloor.   Dit is tyd dat almal die realiteite sien wat gebeur het wat al langer as ‘n eeu oud is.

May be an image of map and text that says 'MESSA (Majuba Exit States of Southern Africa) MSSA (Majuba States of Southern Africa) MISSA (Majuba Independent States of Southern Africa) MKBSSA (Majuba Koloniale Bevryde State van Suider Afrika) Griekwa- Boesmanland (KoiSanland) 2 Tswanaland Boere Afrikaner Volkstaat Swaziland (vergroot) Zululand 6 Sotholand (vergroot) Remainder South Africa Tswaraand Boesmaniand (KoiSanand Zutuland (vergroo) Remainder RemanderofSouthAfica South SouthAfrica +'


*

(Die aangehegde simboliese kaart is net wat dit is: Simbolies ‘n samekoms van ses of sewe verskillende volke boöp Majuba, om sóós wat die Boerevolk in 1881 gedoen het, gesamentlik die koloniale grense van ons af te gooi en daarna as Onafhanklike vry Volke, vorentoe kan gaan met die hand van vriendskap na mekaar sodat geen nuwe koloniale of nuwe wêreldorde ooit weer een van ons sou onderdruk nie… Slegs ondergeskik aan die Almagtige God die Vader en Sy Seun Jesus Christus…


*


Koos Reyneke skryf oor sy onlangse en wedervarings:

Dit was my aanvanklike voorspelling in September 1993, aan Thabo Mbeki, tydens die Afrikaner Volksfront se tweede kopstampvergadering met die ANC se NEC.

Op 27 Februarie 2020, 27-jaar later) was ek alleen op Majuba, in uiters digte mis en aanhoudende reën, wat die berg “verbode terrein” gemaak het… Ek het egter min tyd gehad en het terwyl die perde vlagparade nog aan was, ongesiens die berg begin gly-gly klim, heeltemal omsingel en verberg deur die digte mis… waar ek ‘n beter idee boöp die berg gekry het… 

(Heel eerste, sal die idee getoets moet word met mense soos Herman Smith , wat al dertig jaar, ononderbroke, Majuba in stand hou en vir die nageslag, vertroetel…)

*

Om Internasionale erkenning te kry, kort ‘n wegbreekstaat, die erkenning van een of twee Onafhanklike State (verkieslik lede van die VN). Daarom is die heel eenvoudigste Internasionale oplossing, dat twee buurlande, wat óók onder die Koloniale juk gely en verneuk is, iets terugkry wat hulle gehad of belowe is voordat Britanje hulle verneuk het!     

Swaziland sou grond kry “van waar die water vloei in die rigting van sonop” maw: vanav die waterskeiding, naby Ermelo, ooswaarts, see se kant toe! Die Swazies het gedink hulle gaan selfs aan die see grens.   

Potgieter, het ‘n ooreenkoms met die Swazies gehad, nog lank voordat die Britse Koloniale mag, hulle totaal verneuk het. Sommige Swazies praat steeds van hulle ooreenkoms met die Boere…

Soortgelyk, is die Sothos óók verneuk en in ‘n eiland (die enigste volledige land en Staat, wat honderd % omring is deur ‘n ander land) ingedruk met báie Sothos steeds buite Lesotho.   

Deur met die Sothos ‘n ooreenkoms te bereik wat baie groot dele van die Sothos, tans in die Vrystaat, deel te maak van ‘n vergrote Sotholand, kan beide die Sothos en die Swazies, albei lid van die Verenigde Nasies, se instemming en ondersteuning verkry word, vir ‘n “wegbreek van die Koloniale grense” op hulle afgedwing…

Toe ek in September 1993, dit vir Thabo Mbeki en sy ANC/NEC sê, het hy báie groot geskrik!


“Koos, please let us don’t go there and not open thát can of worms! Les us rather solve the problem of the Volkstaat!”

Die sterkste wat die Selfbeskikkingsgesinde Boer Afrikaner nog gestaan het na die Engelse oorlog of 2e Vryheidsoorlog, was in Cosag of die Freedom Alliance, saam met die selfbeskikkingsgesinde Tswanas en Zoeloes, voor en tydens die gebeure by Kodesa.

Saam kon die Afrikaner Volksfront, die Tswanas en die Zoeloes, teen die gesamentlike NP/ANC “konkoksie” (connivance, soos beide Buthelezi en Mangope gesê het) suksesvol weerstand bied, met die sterkste en hoof weerstand, die saamstaan op afsonderlike State, en nié Provinsies vir die uiteindelike Nuwe Suid-Afrika, na April 1994 nie!   

Met gesamentlike druk is die Zoeloe én Tswana State se grense korrek afgebaken soos wat die Freedom Alliance dit deurgedruk het en kon in Desember 93, ook die Afrikaner Volkstaat deurgedruk gewees het, as prof Carel Boshoff nie tydens ons gesamentlike finale vergadering in Boputhatswana se ambassade, vroeg in Desember ‘93, beswaar gemaak het nie, want die Tswanas Boere en Zoeloes, het in die Freedom Alliance, saamgestaan en saamgestem dat ons drie gebiede aangrensend en aaneelopend moes wees vanaf die see (Indiese oseaan) in KZN, tussendeur Swaziland en Lesotho, verby Pretoria, tot teen Botswana, met die hoof doel, naamlik die res van Suid-Afrika, in twee te verdeel, naamlike ‘n Noordelike ANC/NP beheerde gebied en in die suide, ‘n NP/ANC-beheerde gebied.   

(Die drie State, Tswana, Afrikaner en Zoeloe, kon dan twee bykomende vennote skep, deur die Sothos in ‘n vergrote Sotho-staat en soortgelyk, die Swazies, in ‘n vergrote Swaziland, saam in ‘n blok te groepeer, as die Verenigde State van Suider Afrika, VSSA), was my gedagte 27-jaar gelede.

Op Majuba, Majubadag 2020, kon die mis al die ou gedagtes van die vorige sewe en twintig jaar, in my kop bietjie skoonwas en is nuwe gedagtes ingeplant soos nog nooit tevore in die sewe en veertig jaar (47) wat ek geworstel het met Selfbeskikking vir die Boere en Afrikaner volk nie (eerste publikasie “Vry Staat” 1973).

Nadat ek stoksielalleen in uiters digte mis, verby die Engelse grafte boöp Majuba gestap het, om te gaan kyk waar die Koloniale magte van Britanje, halsoorkop die berg en kranse afgevlug en geduik het om weg te kom van die dodelike geweervuur van die dapper jong Boere, oorval die volgende gedagte my:



Soos wat die Boere daardie dag hulle vryheid en onafhanklikheid teruggewen het deur die Koloniale juk af te gooi, só moet ons nou die ander volke wat óók vir jare gely het onder die Koloniale juk, naamlik die Zoeloes, Swazies, Sothos, Tswanas, Griekwas en Boesmans, kry om sáám met die Boere en Afrikanervolk wat Selfbeskikking verlang, gesámentlik in ‘n daad van protes, ses massiewe jukke, bo van Majuba af te gooi in die rigting van die see… die rigting waarheen die Engelse, halsoorkop en gatoorkop gevlug en na benede gestort het op 27 Februarie 1881!


Deur sáám met die Swazies, Sothos, Zoeloes, Tswanas, Griekwas, Boesmans of KoiSan daadwerklik so’n simboliese protesaksie uit te voer in die teenwoordigheid van die Internasionale media, sal ‘n kettingreaksie in Afrika volg, baie groter as die UHURU-beweging, sestig jaar gelede!

Thabo Mbeki en die ANC se vrees van September 1993, kan hierdeur bewaarheid word, want dit sal die einde beteken van die Westminister Parlement onder die wakende oog van Koningin Victoria en die Britse Ambassade in Kaapstad!


Daar is net één belangrike voorbehoud!:

Géén, nie ‘n enkele een van die Afrikaner beroepspolitici, wat die afgelope sewe en twintig jaar nét na hulle eie sakke se belange in daardie Parlement voor gesit het óf beroepspolitici wat selfs vóór hulle in daardie Parlement óf op ander plekke, téén Boere- en Afrikaner Selfbeskikking geveg het, mag teenwoordig wees of betrokke raak wanneer hierdie Selfbeskikkingsplanne uitgevoer word nie!

Beroepspolitici sal en mag nie toegelaat word in hierdie Selfbeskikkingsaksies nie!

Slegs Volksverteenwoordigers benoem deur die verskillende volke wat baie duidelike voorstaanders is van Selfregering, Selfbeskikking en Vryheid van die onderskeie volke!   
Geen rassehaters wat ten koste van ander volke, eiebelang propageer óf rassehaat aanvuur of uitlatings daaroor maak nie.   

Sáám met hierdie ander volke, kan die Boere-Afrikanervolk daardie groot dag, as ‘n dankdag, aan die Almagtige Hemelse God en Vader opdra en dank betuig aan Sy Seun Jesus Christus, wat vir almal wat in Hom glo, gesterf en vir ons sondes betaal het… Saam kan ons ‘n groot kruis daar oprig om vir die wêreld te wys dat ons uiteindelik vry is én lankal Bevry is…   


(Daarom is die benaming VSSA, van 27-jaar gelede nie meer paslik nie. Nuwe gesamentlike aksienaam moet saam met die ander volke bedink word)

Vroukiedoukie se opmerkings oor my “drome” is meestal “Ja, Josef”…   (Belangrike historiese plekke in die Boere-Afrikaner gebied, is Vegkop,   Bloedrivier, Majuba, Rustenburg, dele van Marico en veral Afrikaner Meerderheidsgebiede weerskante van Pretoria.

*

Bakgatland – A H Potgieter

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s