*
Die werkloosheid in Suid-Afrika is groter as wat enige persoon besef, want soms word net die burgers in ag geneem wat werkloos is. Die ander persone, immigrante, hetsy wettig of onwettig, is meestal ook hier omdat hulle soms ‘uitgenooi’ word, soos hulle verstaan, is meestal werkloos. Die persentasie is dus baie groter, want die onwettiges/wettige immigrante, maak ook gebruik van hospitale, infrastrukture, munisipaliteite en baie ontvang selfs toelaes wat ongehoord is en elkeen besoek winkels vir voedsel en ander huishoudelike ware.

*
Hoeveel korrupsie gaan aan onder ons neuse want aan watter ongedokumenteerdes word daar HOP huise toegeken of toelaes ontvang. Suid-Afrikaners pak nie op ander lande onwettig af en eis alles gratis van daardie regerings nie. Hoe lank moet dit nog voor die deure van die vorige bedeling geplaas word en die blaam daarvoor gekry word. Daar was heelwat geleenthede en fondse, waar daar reeds ekstra uitgawes voor die sogenaamde agtergeblewenes betaal is.
Grondeise is deel daarvan, want al daardie inwoners word vir die hoeveelste keer vergoed. Die Waarheids en Versoeningskommissie is nog een waar finansies, selfs uit die buiteland, verkry en uitbetaal is.
landclaims grondeise
Waarheids en versoeningskommissie TRC
Oral staan hulle en adverteer vir werk, soms daag hulle by besighede en plase op soek na werk. Identiteite is belangrik, maar soms is dit ‘n waagstuk om iemand so van straat af in diens te neem en gevaarlik met gevolge.
Omdat die regering nie werklik weet hoe groot die persentasie immigrante in die land is nie, kan hierdie spesifieke persentasie nooit wettig bepaal word nie. Geen land kan dit bepaal indien daar geen behoorlike rekordhouding is van plaaslike of onwettige immigrante nie. Getalle kan ook nie in een mandjie geplaas word nie.
Suid-Afrika is ‘n groot land en die landsgrense is wyd oop. Meer as 90% immigrante stap deur sonder enige dokumente en gaan plak of beset gebiede waar hulle lus het. Dit help geen regering indien daar op webtuistes adverteer word wat die voorvereistes of voorwaardes is vir immigrante, terwyl hulle daardie wettige voorwaardes nie self nagekom word deur die onderskeie departemente nie.
SA Parliament Informal settlements June 2020
Ramaphosa : Immigrants/Immigrante
Onwettige immigrante in SA
Die onderskeie departemente kan dit nooit bepaal hoe groot hierdie aantal immigrante is nie, dit beloop miljoene, net soos waargeneem word in die EU lande, Amerika’s, Kanada en Australië/N. Tot tyd en wyl die grense nie behoorlik funksioneer nie, sal dit vir altyd so bly. Misdaad en veral sindikaatgroepe, rondom elke burger en besigheid, neem ook met die gevolg toe, weens werkloosheid en kwaadwillige infiltrasie uit ander lande. Die burgers word sedert 1994 eenvoudig verswelg deur hierdie groeiende geskepte omstandighede.
*
Daarom die stelling: werkloosheid in Suid-Afrika is grotendeels deur die Afrikanerbond, Afrikaner organisasies wat swart bemagtiging in die eerste plek begin ondersteun het tydens IDASA en KODESA en daarna , is deur swak grense veroorsaak.
Het werkloosheid onder die 1994 interim regering begin of daarna of selfs die huidige RNE ? Daar is vandag heelwat politieke partye wat deel uitmaak van RNE-GNU – die ANC-SAKP-PAC-EEF-DA-VF-ACDP wat hul verantwoordelikhede ontwyk en maak of dit steeds een of ander tyd begin het in hul ‘klein apartheid sones?
Alles word vandag deur die GNU en ANC en hul kaders onder die grondwet 1996 aka 1955 manifes, deurgevoer.
ANC charter 1955
1955 ANC Freedom Charter
ANC “Freedom charter 1955”
ANC SAKP PAC Manifes 1955 en Grondwet 1996
Xenofobia begin by regerings
*
Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers staan tans op sowat 33% Dit word beraam dat daar oor die 8,1 miljoen Suid-Afrikaners is wat amptelik sonder werk sit. Wie almal deel is van hierdie miljoene, is ‘n ope vraag – daar word nie onderskeid gemaak tussen die Suid-Afrikaner wat al vir geslagte in die land is nie, nog minder diegene wat hierheen gekom het om alle werksgeleenthede op te raap, hetsy in die myne, straathoeke en handeldryf in onwettige ware. Daar word wel vermeld na Suid-Afrikaners, maar daar is soms immigrante wat nie eers 5 jaar in die land is en hulle as Suid-Afrikaners deurgee.
Die jeugdiges in Suid-Afrika wat werkloos is, is sowat 60%. Dit wil së, hulle is almal afhanklik van die regering se staatstoelaes wat soos gelukspakkies uit die hemel neerdaal. Oral is grypende hande wat hulself help met aalmoese uit die lug afkomstig van belastingbetalers. Dit moet endkry, want daar is heelwat buitelanders wat die situasie uitbuit. Weer eens is dit ‘n kwelvraag hoeveel uit die miljoene is inderwaarheid eg Suid-Afrikaners?
Ironies betaal die regering miljarde rande uit aan maandelikse toelaes aan behoeftiges via die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA). Die bedrae sluit in R2 400 vir oumense (Ouderdomstoelae) en R370 vir werkloses deur die COVID-19-Maatskaplike Verligting van Noodtoelae (SRD-toelae). Daar is geen manier dat ‘n pensioenaris kan lewe uit sulke bedrae nie, want geen minister, nie eers hul huishulpe verdien baie meer as dit.
SASSA swangerskappe – pregnancies
Sassa
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) betaal maandeliks maatskaplike toelaes aan miljoene behoeftige Suid-Afrikaners. Toelaes is gemik op bejaardes, kinders, en persone met gestremdhede. Aansoeke is gratis en kan aanlyn of by jou naaste SASSA-kantoor gedoen word.
Persone wat werkloos is, val grotendeels in die ouderdomsgroepe van 18 tot 40 jaar – volgens statistieke kom dit voor as Suid-Afrikaners. In die bykans 35 jaar (sedert 1990), wat swart bemagtiging of regstellende aksie die land se ekonomie beheer, het hierdie wetgewings op verskillende vlakke van regering, nog nooit daarin geslaag om die huidige werkloosheid hok te slaan nie.

The Social Relief of Distress Grant (SRD Grant) is meant for South African Citizens, Refugees, Asylum Seekers and Special Permit Holders who are between the ages of 18 and 60 years, who have insufficient means, who do not receive social grants on behalf of herself/ himself or who are not contributing to or eligible for UIF payment, and have no financial support from any other source.
https://srd.sassa.gov.za/
SASSA Fraud
*
SWART BEMAGTIGING, REGESTELLENDE AKSIE EN ONTEIENING
TWEE OF MEER GESLAGTE
Dit word steeds na bykans 35 jaar geredeneer dat daar steeds ongelykhede bestaan oor die sogenaamde apartheid, terwyl die regerings werkloosheid, veral onder die jeug, nog nooit kon doen met hul diskriminerende en rassistiese wetgewings nie. Persone gebore in 1994 of daarna, behoort self te sorg vandag en hulle doen nie – die groot persentasie werkloosheid getuig daarvan.
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Werkloosheid
Indien die wetgewings geslaagd was, sou dit lankal die sogenaamde wanpersepsie van agterstand uitgewis het. Wetgewings soos hierdie is slegs vir die ryk bevoorregtes geskep, nie vir die massas uit Afrika (bewoners van Suid-Afrika ingesluit). Persone en instansies of organisasies is of sionisties of liberaal verlig, wat reeds tydens Idasa en Kodesa teenwoordig was om hierdie wetgewings deur te voer.
Hierdie beraamde getalle en persentasies van werkloosheid, sluit nie die meer as 60-80 miljoen immigrante en ongedokumenteerdes hierby in nie. Daar mag moontlik ‘n groot persentasie “NUWE geslag” bewoners en selfs vermenging uit ander lande, wees wat na 1994 skielik BURGERS geword het, wat ook werkloos is, maar die illusie skep dat daar steeds ‘n agterstand is in maatskaplike agterstand weens ‘apartheid’.
Heelwat organisasies, sektore en besighede moes hul deure na 1994 sluit om verdere werksgeleenthede te bied, omrede daar vereistes is van swart bemagtiging voorskrifte wat nie nagekom word nie. Persone wat hul eie besighede oor jare opgebou het, moet skielik afstand doen van hul eie skeppings en dit oorhandig aan persone wat nog nooit 1 sent daartoe bygedra het nie. Dit geld ook vir Boere en die landbousektor, wat as besighede beskou en bedryf word.
Swart bemagtiging in SA …..
Werkloosheid en swart bemagtiging
Swart bemagtiging is soos boomwortels
Swart Bemagtiging
*
BOERE VOLK MOET MOOI DINK OOR PADGEE OF KYK NA ALTERNATIEWE VAN HERSTEL DIE BOERE REPUBLIEKE SOOS EN MET 1900 – DAAR IS MEER AS 15 BOERE REPUBLIEKE
Soms gaan Boere en blanke persone teen wie daar gediskrimineer word, ten duurste landuit na ander lande wat hulle met ope arms verwelkom. Daar is nog groter risiko’s aan verbonde, want niemand weet of dieselfde besigheid in ander lande sal werk nie. Lande oorsee het hul eie finansiële vereistes wat nagekom moet word rakende beleggings en besighede.
Boere volk – Sulke persone in ander lande, verloor onmiddellik alles van hul volksgroep, geskiedenis, kultuur en taal aan wie hul verbonde is. Hul ander uitgawes is groot, hulle moet as gesin, familie en besigheid van vooraf ten duurste begin bou. Daar moet voertuie, blyplek en ander uitgawes aangegaan word. Selfs opvoeding vir hul kinders of klein kinders word geraak en dis baie duurder oorsee as in Suid-Afrika. Indien ‘n huis, plaas of kleinhoewe wettig besig is in Suid-Afrika wat verkoop word, verloor daardie Boer of persoon hul privaatreg en titelaktes. Dit is ‘n goeie vraag of eiendomsreg of titelaktes oorsee van krag sal wees. Oral bestaan daar ‘gemeenskapsreg’ of lewensreg op persele, wat eiendomsreg oorskadu.
Daar is wel beter werksgeleenthede in ander lande, maar dit beteken nie dat die Boere volk kan dit nie hier in Suid-Afrika skep, soos die HERSTEL VAN DIE BOERE REPUBLIEKE NIE. Dit moet internasionaal gedoen word en is in volksbelang dat dit wel gedoen word. Die Boere volk is reeds ‘n erkende volk, was reeds onafhanklik in Boere republieke en dit moet en kan eenvoudig deurgevoer word. EEN persoon alleen kan dit nie doen nie, maar ‘n volk kan en het daardie reg, dis ‘n internasionale reg. Die meer as 15 Boere republieke is wettig deur die Boere volk gekoop voor 1900 voor dit van hulle gesteel is, geannekseer is saam met al die minerale regte daarop. DIT moet herstel word.
BOERE VOLK – is nie deel van die gemengde en veelvolkige multi-kulturele Afrikaner organisasies nie.
Boere volksvryheid – Boere republieke
Herstel van Boere Republieke
Herstel Boere republieke Boere volk
Britse oorlog teen Boere Republieke
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
‘Afrikaner’ verklaring 2024
Afrikaner stigting
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
ABN en Dinokeng
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
*
*
APARTE GEBIEDE – RESERVATE EN KROONGEBIEDE – TUISLANDE
Neem in ag dat hierdie persone of volkere reeds sedert 1815 in aparte gebiede gebly het, veral in tye waar die Britse regering alle gebiede gekolonialiseer en selfs geannekseer het as hulle eiendomme, wat natuurlik minerale rykdomme daarby insluit.
trustgebiede – tuislande – reservate
Die mynmagnate wat die destydse Paul Kruger van die ZAR se lewe versuur en moeilik gemaak het, het na 1902 nog nooit ophou bestaan nie. Hierdie aparte gebiede wat veral swartes verkry het tydens of na Mfecane oorloë, was verskillende gebiede vir verskillende stamme en volke. Gebiede was NIEMANDS land genoem.
Lionel Phillips (mynmagnaat)
Die sogenaamde apartheidstelsel van voor 1994 het nie werkloosheid veroorsaak nie. Inteendeel, na ongeveer 1980 was almal aan sanksies gekoppel en was die groei van besighede sowel as werkloosheid beslis nie wat dit vandag is nie. Dit het die Boere volk en blankes veral geïnspireer om selfversorgend te wees.
Gedurende die tydperk net na 1961, het swart Tuislande en hul leiers besef hulle kan vry kom en hulself regeer. Hulle het almal in die tuislande wettige stemreg gehad en was amptelike verkiesings uitgeroep en leiers gekies – hulle het hul eie leiers in plek ingestem met verkiesings.
Grensnywerhede is destyds opgerig, waar daar regdeur die land honderde duisende werksgeleenthede geskep is.
Tuislande was eers Reservate en is so genoem deur swart volke self. Hulle het hul eie gebiede net na 1810 beset en Boere het nie hul ingedwing in daardie gebiede nie. Die Boere volk het die swartes nooit uitgedwing uit hul gebiede nie. Die gekleurdes, Khoi san en Griekwa het OOK gebiede gehad wat hul Kroongebiede genoem het.
Griqualand – Griekwaland
Richtersveld
Hierdie gebiede, reservate en tuislande is gebiede wat deur Brittanje en haar bondgenote, Afrikaners ingesluit, geannekseer is – let wel nie die Boere volk nie. Die Boere volk en Boere republieke was deur dieselfde BONDgenote beveg en probeer uitwis. Dit was nie die Boere volk wat enige reservaat of kroongebied geannekseer het nie, maar Brittanje en haar bondgenote.
Die beleid of wetgewing van afsonderlike ontwikkeling was lankal deel van swart en gekleurdes se bestaan en was dit nie 1960 regering wat dit veroorsaak het nie. Aparte gebiede was reeds met ons in 1900 as reservate en kroongebiede.
Lord Shepstone in Britse Kolonies
Apartheid – segregation started 1854 Shepstone policy
Port Shepstone
Milner en Rhodes
Buitendien, na 1994 het hierdie gebiede bly voortbestaan onder aparte wetgewings soos Trust, KEV (CPA), Grondeise wat almal afsonderlik van mekaar is en ook tot op die punt deurgevoer is.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
ANC SAKP PAC Manifes 1955 en Grondwet 1996
CPA – KEV (kommunale eiendom verenigings)
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*