Kennis is mag – Boere volksgenote


*

Kennis is mag met veral die voortbestaan van individuele etniese volke wêreldwyd en wat niks met Ras of kleurvel te doen het nie.   Volke verskil van mekaar en met velpigmente sal daar altyd verskille wees.    Die Boere volk is en bly ‘n blanke volk in Suid-Afrika en is nie verwant aan ander volke of multi-kultuur nasies nie.   Daar mag dalk ‘n taal wees, soos Afrikaans wat gedeel word, maar die Boere volk is ‘n volk in eie reg.  

Kennis praat, wysheid luister | Afrikaans quotes, Afrikaanse quotes,  Inspirational words of wisdom

*


Die Boere volk het ‘n internasionale reg tot volle onafhanklikheid, nes ons voorgeslagte gehad het tydens die Boere republieke se onafhanklikheid voor 1900.   Wat uniek is, van vroeg af is Republieke uitgeroep in die Kaapkolonie en dis van hierdie Vryburgers en Boere volk vervreem.   Dis eenvoudig nie toegelaat nie, juis om oor minderhede te loop of hul te vernietig.

Daar behoort erkenning gegee te word aan al ons Boere republieke, sedert dit ontstaan het, want dit is wederregtelik van ons voorsate en nasate vervreem.    Dit was in 1902 wat alles gebeur het, net na Anglo-BOERE oorlog II.  Dit was nie ‘n Afrikaner of Suid-Afrikaanse oorlog nie.   Daar was meer as net Brittanje betrokke om die Boere volk uit te wis.

Terloops, daar was bykans 20 Boere republieke waar al die grondgebiede wettig bekom is met ooreenkomste (Treaties).    Dit is die enigste volk wat hul grond wettig bekom en gekoop het, hetsy met geld, dienste gelewer aan swart minderheidsgroepe, wat deur rewolusionêre volke besteel is van hul vee, vroue en kinders.  (lees wat met Mfecane aangegaan het).    Dit gee nie daardie voorgeslagte van ons Boere minder of meer volkereg as wat ons vandag behoort uit te oefen nie.   Daar word verwys na ander inligtingstukke hieronder wat betrekking het op kennis en wysheid.

Die Boere onafhanklike gebiede se grense kan nie net na willekeur verander soos dit sekere politici of leiers  of organisasies weergee word nie.   Hulle probeer baie hard om dit te verander.    Dit is internasionaal erkende gebiede en is in die geskiedenis aangeteken.   

Swartes wat grond beset het tydens Mfecane slagtings, het grond van niemand gekoop nie, se gebiede is ook aangeteken en dis hulle wat dit self beset het, niemand anders nie.   Die grondgebiede was nooit deur enige ‘apartheidsregering’ na 1910 geskenk nie, hulle het dit reeds beset uit die noorde van Afrika. In die begin is dit selfs deur Brittanje (1806) Reservate genoem, terwyl Khoi san en Griekwas se gebiede laster as Kroongebiede bekendgestaan het – gebiede wat Brittanje geannekseer het.

Na 1994 het die gebiede in Trust of CPA gebiede verander.   Tuislande daarteenoor was nie internasionaal erken nie, slegs deur die Republiek van Suid-Afrika.   

het  Ingonyama Trust, die ou Zoeloe reservate of Tuisland nie verander nie, maar dis tydens Kodesa (1994) netso aan hulle oorgedra, wat later CPA of Trustgebiede geword het.    Al hierdie gebiede het na 1930 groter geword soos die ou NP en Unie regering grond van ander afgeneem het en selfs onteien het, en aan swart groepe gegee is

Voormalige NP leier praat oor grondgebiede, besette gebiede, reservate, kroongebiede en tuislande. 

 https://www.youtube.com/watch?v=VVWh01yCoIQ



*       

Brittanje het apartheidswetgewing begin instel na 1806.    Die Paswet is gedurende 1809 ingestel deur Brittanje weens baie veediefstalle en misdade wat plaasgevind het.

Shepstone and ABW

Minerals –  Minerale

Pass Laws  –  British colony 1797

Indien volksgenote op hoogte is van hul wortels, geskiedenis en volksidentiteit, sal hulle makliker kan onderskei tussen die leuens of wit leuentjies wat vandag verkondig word en die waarheid wat bestaan.   Die realiteite wat gebeur het word deur die leuens oorskadu en as verdraaid deur liberale media en ander organisasies neergepen in etnisiteite uit te wis.  Indien terreurbendes en kommuniste fokus op onwaarhede probeer hul dus hul eie saak en die van die NWO te bevorder.

EEN PLAN IN SUID-AFRIKA

*

Daar was oor die 2000 Tuislande in Afrika voor 1900.

Ou kaarte wys waar ‘tuislande’ (homelands) was.    In die suide van Afrika (Suid-Afrika), was daar nie veel gebiede nie, want al die swartes kom uit midde en wes/oos-Afrika.

Afrika Tuislande – so-called apartheid – Homelands

Suid-Afrika is nie ‘n ou land nie, meeste ken die geskiedenis of die halwe of andersinds verdraaide geskiedenis.   

Die twee onafhanklike Boere republieke is ingeforseer in die Unie van Suid-Afrika asook 1948 regering, wat direk onder London en Britse statebond val. 

Volksvryheid

Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

In Suid-Afrika word daar vir te lank leuens verkondig oor die stelsels van multi-kulture en demokrasie onder die vlag van ‘britse statebond en westminster stelsel’, sodat die volkere en waardes uitgewis kan word.   Sommige partye word dan genoodsaak om deel te neem aan stelsels wat hulle teen die bors stuit.   

Wie beheer ons regtig?  Hul is steeds hier in Afrika betrokke.    Britse statebond…

Commonwealth and suppression by British Colonialism

Government CPA –  Commonwealth – Statebond

Weer eens … 

Dink terug aan die onafhanklike Boere republieke, wat daar was en wat na die heksejag van Brittanje oorgebly nadat alles, ook minerale regte geannekseer is hulle?   Die onafhanklike Boere republieke het elke swart en ander stamme erken.   Boere republieke het begin bestaan deur grond te kry wat niemandsland was of vir dienste gelewer.    Geen swarte, khoi san of griekwa het ooit grond gekoop voor 1900 nie.

Die gebiede wat swartes beset het en later deur Brittanje geannekseer is, is alles reservate of lokasies gedoop.   Khoi san en Griekwa gebiede is ook deur Brittanje geannekseer wat britse kroongebiede gedoop is.

Die Boere volk in Suid-Afrika is direk verantwoordelik vir die wettige verkryging van grondgebiede en onafhanklike Boere republieke (ZAR en Vrystaat) geword.   Die Boere  word eenvoudig geignoreer of word in een mengbak deur Afrikaner organisasies gebrandmerk as Afrikaners, wat die Boere volksgenote nie is nie.   

Daar word groot klokke opgehang deur die geskiedenis van die Boere te probeer herskryf en maak of dit Afrikaner geskiedenis is.   Allesbehalwe.   Daar was ook rebelle wat uit ander oorde kom deelneem het om die Boere republieke te ondersteun.    Dit is duidelik – destyds en vandag – daar is meer dan een blanke volk in Suid-Afrika.

Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

Boere, Groot Trek en Boere republieke

Verskroeide aarde  – Scorched earth

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)  ABO

*

Neem die grondwet as voorbeeld, waaronder verkiesings gehou word.   Dit is geen demokrasie nie en die Boer word nie in een politieke party verteenwoordig nie.   Sommige partye is daarop uit om alles te verander, hang af waar hul in die politiek beland.  Tog, is die 1996 grondwet niks anders as die 1955 anc-pac-sakp manifes – vergelyk dit self.

1955 ANC Freedom Charter

ANC Freedom charter 1955

SWART Apartheid van die ANC

Liberaal verligte Afrikaners het help skryf aan hierdie swak 1996 grondwet wat hulle as die beste ter wêreld beskou, wat reeds in 1955 bestaan het in die vorm van die ANC-PAC-SAKP manifes.

Grondwet 1996 en sogenaamde demokrasie

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Dakar 1986 –  Notes of H Giliomee

1955 ANC Freedom Charter

ANC  –  Freedom charter 1955

Met enige demokratiese stelsel wat nie die verskillende etniese volke erken nie,  ontbreek kennis vir voortbestaan en word alle leuens wat verkondig word maklik geglo.    Die Boere word nie erken nie maar die Afrikaners dink die Boere is deel van hulle multi-kulturele nasie en organisasies.

Wyle dr Verwoerd het elke etniese swart groepe wat grond beset het sedert 1815, erken.   Dit was selfs tydens onderhandelings met die ZAR en Vrystaat ook erken en gedoen.     

Dr Hendrik Verwoerd  –  8 September 1901-6 September 1966

Dr Hendrik Verwoerd (1901-1966)

Swart, khoi san en griekwa kroon grondgebiede was daar reeds in 1900 en is sedert 1815 erken onder die Britte, met hul eie apartheidswetgewings wat hulle in die koloniale gebiede geïmplementeer het.   Reservate en Kroongebiede.

https://omalley.nelsonmandela.org/index.php/site/q/03lv01538/04lv01646.htm

https://www.sahistory.org.za/article/apartheid-legislation-1850s-1970s

Die 1994 ANC regering het voortgebou daarop en die gebiede is onder die ANC (Britse statebond) met Grondeise, Trust en CPA (KEV) gebiede en wetgewing vervang.   

Trustgebiede  – Tuislande – Reservate en Kroongebiede

Miljoene inwoners bly steeds in die gebiede, apart van mekaar, onder verskillende wetgewings.   Maar in dieselfde asem word geroem dat die Boere hul grond gesteel het, alles behalwe die waarheid.   Miljoene het onder die grondeise grondgebiede met byvoordele ontvang as erkenning.   Alles beskikbaar in Hansards en publikasies van die anc parlement.

Na 1994 het aparte gebiede van die Khoi San, Griekwas, Zoeloes en ander swartes nie ophou bestaan nie. 

Ingonyama trust wetgewing is slegs vir Zoeloes, reeds in 1994 begin.   Dit was die ou Zoeloeland , Reservaat of Tuisland.

In 2007 is miljoene hektaar grondgebiede wat reeds aan ander volke, ook die Khoi san en Griekwas, met byvoordele deur Thabo Mbeki oorhandig.   

Grondeise van gebiede waar al hierdie volke in ou Tuislande of Kroongebiede bly is reeds aan hul ‘oorhandig’.   Hulle was nêrens heen nie, hulle het al daar gebly sedert 1815.  Niemand het hulle verskuif nie en hul gebiede is identies hoe dit was in 1900 tot datum.   Die Boere het dieselfde regte tot hul gebiede en dit sluit volle onafhanklikheid daarby in.

CPA ‘s in SA  – 2021

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  KHOISAN AND CPA

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West

Elke burger en persoon van ons in Suid-Afrika, het wortels wat gekoppel is aan ‘n spesifieke volk.   Immigrante en onwettiges het ook wortels na die lande van hul eie herkoms, gekoppel aan hul eie volkstamme (tribes).   

(vals) Demokrasie, multi-kulture en politici beskerm nie jou volkskap nie.   Nie in Suid-Afrika nie, nêrens nie.     Netso kan niemand van hierdie politici  jou volkswortels vernietig of beroof nie. 

Die Boere het ‘n Bus en ook het elke ander volk die reg om hul eie bus te ry en oor hulself te regeer.   Tot sover is ons as Boere volksgenote op onsself aangewese. 

Daar mag dalk onderlinge steun oorsee wees van oorsese Boere wat ook onderdruk word, maar tans is daar nie sprake daarvan dat ons deel is van ‘n groter ‘Boere nasie’ wêreldwyd nie.   Heelwat Boere, hier en oorsee, het baie in gemeen.   Niemand sal dit ontken nie.   

Niemand weet waar daardie Boere of organisasies wat deur Boere ondersteun word in ander lande, hulself skaar nie.  Heelwat lande se regerings en privaat organisasies is liberaal verlig – nie noodwendig konserwatief of deel van ‘een groot stam of volk’ nie.   Meeste lande oorsee is ook multi-kultureel.

So is dit ook met die Boere en ‘afrikaners’, wat nie een volk is en tot een volksidentiteit behoort nie.   Die  BOERE volk was nog nooit deel van die Afrikaners nie. 

Die Zoeloe, Xhosa, Pedi, Khoi san en Griekwas is ook aparte volke en het vandag steeds aparte gebiede, wat net anders bewoord word in wetgewing, wat slegs vir hulle is.   

Voordele wat deur die huidige westminster stelsel uitgedeel word, onderskei duidelik oor die gebiede van die Khoi San, Griekwas, Zoeloes en ander volke onder die KEV en Trustgebiede.   Boere republieke word hierby uitgesluit.    Hulle het eenvoudig aangehou bestaan vanaf Tuislande (eens Reservate) en Kroongebiede met triljoene rande se byvoordele.

Daar word vir etlike dekades leë beloftes gemaak oor ‘minderheidsregte’, daar bestaan nie so iets in vals multi-kultuur of demokrasie nie.   Dit mislei veral die jong mense wat kan onderskei om weg te stap van hul volksidentiteit en vernietiging van etniese waardes, tradisies en geskiedenis.   

Boere en elke blanke word ekonomies van alles beroof.  Daarom is daar swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening op hulle afgedwing na 1994.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Regstellende aksie –  Affirmative Action  –  Dakar 1989

Die saamvoeging van multi-kultuur gemeenskappe probeer al vir langer as 100 jaar om elke volksgemeenskap se wortels te vernietig om sodoende die ‘westminster’ stelsel wat uit London afkomstig is te steun.   Dit is soos gif uit ‘n slangpik wat vlees, been en gees vernietig.    Volksmoord.

Dus, elkeen wat dit dus steun is niks anders as ‘n slaaf van hierdie London westminster stelsel wat in meer as 100 jaar ook ons Boere volksgenote uitgewis het tydens die heksejag van Anglo-BOERE oorloë, verskroeide aarde beleid en die hel kampe, waar ons voorgeslagte hongerte en gebrek aan dienste moes deurmaak.   

Klink die koning van Engeland bekend, want hy is in beheer van die Britse statebond wat al die statebondslande insluit.  Dit is die Westminster stelsel waaronder daar gestem word.

Onafhanklikheid van ‘n volk

Brittanje se ‘lords’ (1854 en 1894) het aparte sisteme in plek en wetgewing daargestel vir die afsonderlike stamme van die khoi san, griekwas en swartes afgekondig in 1854 en 1894 in die brits beheerde Natal en Kaapkolonies.   Daar is honderde wetgewings geskryf deur Brittanje in haar geannekseerde koloniale gebiede, dis nie deur die Boere ontwerp of geskryf of selfs afgedwing nie.   Alle lande het oor minderheidsvolke bestaan, nie net suidelike Afrika nie.   Dit is harde feite dat regdeur Afrika was daar meer as 2000 etniese tuislande waar volke apart van mekaar gebly het.  Dit het oral ook voorgekom dat oorloë en verskille plaasgevind het oor grense wat ‘oortree’ is. Dit vind vandag steeds plaas.  

*

Ontbreking van die nodige kennis en toevoegingswaarde vir die bestaansreg van sommige volke in ons midde, Suid-Afrika wat in ‘n vals demokratiese multi-kulturele blik saamgepers word.   Die groot klokke wys aan die een kant die leuens dat grond gesteel is, maar aan die anderkant word ruim vergoeding ontvang uit die belastingbetalerskas, volke en tradisionele leiers.  Volgens hulle het hul alleenreg op die land, terwyl hulle nie die hele land besit of selfs gekoop het nie, maar slegs beset het.

Suid-Afrika se volksetnisiteite

Boere is afkomstig uit die Boere republieke van 1900 en vir eeue voor dit, wou glad nie deel wees van Britse heerskappy nie. 

Die Afrikaner daarenteen het nie omgegee om deel van die Britse stelsel en westminster te wees nie.   Hulle organisasies doen dit steeds en maak of die Boere deel van hulle is.    Met respek, sommige Boere glo die leuens van die Afrikaners en betaal hul ledegelde aan verskeie organisasies vir ‘ondersteuning’.    Sekeres word net al ryker en ryker uit die Boere volksgenote se beursies.

Rondom die Kodesa tafels is daar ook gepoog om die Boer en Afrikaner onder een mas of vlag te probeer kry.    Dit het nie so maklik gegaan nie.  Daar was selfs ‘n ooreenkoms wat onderteken was in 1994 met ‘n mandaat waar ons gebiede is.   Die bevinding van die Volkstaatraad van 1994 en aanbevelings is presies waar die Boere republieke is.   Verwys ook na die tweede verslag aan die Parlement 1995.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

Die Xhosa, Zoeloe, Khoi san en Griekwas het almal steeds hul aparte gebiede met elkeen hul eie tradisionele leiers.   Volke meng nie maklik nie, maar dit word in ons kele afvorseer.   

Multi-kulture veral uit die res van Afrika en buurlande.   Dit het nie gewerk in 30 jaar nie.

Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+

Afrikaner verklaring 2024

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

ABN en Dinokeng

Veelrassige organisasies –  ABN

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

‘n Beroep word op die Boere volk gedoen om op te staan in eie reg vir die voortbestaan van volkswaardes en etnisiteit.   Demokratiese stelsels gaan dit nie vir enige volk doen nie.    Een volk gaan dit nie vir ander volke doen of uitvoer nie.   Daar is geen mandaat van een volk aan ‘n ander om vryheid te verkry nie.   

Geen politieke party het die mag om volke van hul vryheid te beroof of selfs te noem dat daar in 1994 afstand gedoen is van vryheid.    Dis alles leuens wat onlangs deur ‘n afrikaner leier in parlement en party tekenne gegee word.

Selfbeskikking vir volke is ‘n internasionale reg.   Daar is internasionale vereistes wat nagekom moet word.   Die Boere republieke, Vrystaat en ZAR (Transvaal), was internasionaal erken as onafhanklike BOERE republieke.

Belangrik om te onthou – ELKE volk, ook die Boere volk ,  het ‘n reg om oor hulself te regeer en nie deur Afrikaners of Zoeloes of Khoi san nie.   Die Afrikaners het geen reg  om aan Boere of Zoeloe volksgenote voor te skryf nie.   

Deel I

https://www.youtube.com/watch?v=q0P7JpgEJ1I

Deel II

https://www.youtube.com/watch?v=qgf8e2a58Qw

Deel III

https://www.youtube.com/watch?v=Yf7P9cyJJZI

*


Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

4 gedagtes oor “Kennis is mag – Boere volksgenote”

Lewer kommentaar