EEN PLAN IN SUID-AFRIKA

Algehele rewolusie en ineenstorting van die hele land en infrastrukture is al oor jare beplan en na 1994  onder die 1996 grondwet sowel wetgewings, wetttig uitgevoer.   Niks word aan die rewolusie gedoen nie nog minder al die staatskapings en -staatsentiteite soos Eskom wat verwoes word.  Na 30 jaar is dit wat ons alles in die gesig staar.     Hoe word ‘n stukkende en verwoestende land wat deur rooi rewolusie vernietig word, weer opgebou?   Wie gaan dit doen met watter geld wat alles reeds gesteel is in die ‘een plan’ van die anc regering wat hierdie rewolusie en vernietiging toelaat.   Die hoeveelheid immigrante en onwettiges het hul hier kom tuismaak om sodoende deel van hierdie EEN plan te word.  ‘n Plan wat duidelik nie vooruitgang insluit nie.

Broken Promises: Is Democratic South Africa on the Brink of Being a Failing  State? - iAfrica

*

Waar laat dit ons Boere en konserwatiewe blankes?   Ons het al heelwat geleenthede gehad om ons eien land te verkry, ons Boere republieke te laat herstel en dit kan steeds gedoen word.  Die vraag is:  Wil ons volk waarlik vry wees of vir die res van ons lewens onder kommunisme en sosialistiese verwoesting probeer voortleef en ‘n bestaan maak?   Selfbeskikking en onafhanklikheid is belangrik.

Dis duidelik, ons as Boere, die konserwatiewe blankes moet probeer padgee onder die vernietigende hande van kommuniste na ons eie staat wat aan ons behoort.  Hier waar ons onsself kan verdedig en ons van ons eie voedsel kan voorsien.  Besighede moet volkseie word, so ook banke, bemarking en ander infrastrukture, sowel beveiliging.   Rig plekkies op waar jy, jou familie, gesin, en selfs besighede beter beveilig kan of gaan word.   Fokus daarop.

Boere wat dink hulle voed ons almal, moet weet, hulle voed bykans die hele Afrika wat hier kom uitkamp het en daar word baie aan die spul geskenk, terwyl daar direk teen ons blanke Boere gediskrimineer word.  Dis nie die moeite werd nie.  Werk aan eie noodplanne met betroubare volkslede.   Die banke waar lenings aangegaan word, het almal ‘n kommunistiese en sosialistiese inslag en dit diskrimineer teen ons volksmense.   Wees versigting om ekstra lenings aan te gaan want dit is nie die moeite werd nie.  Werk aan alternatiewe planne om selfbeskikking te verkry, die herstel van ons Boere republieke.

Development of One Plans  –  Ramaphosa

*

Neem kennis en gaan vergewis wat dokumente uitspel.   Die Boere en konserwatiewe blankes is nie direk by die kommunistiese planne ingesluit nie maar vorm deel van armoede en uitwissing.     Hierdie hele sages is reeds voor 1994 beplan en die ANC – EFF en ander het dit laat uitvoer.   Al hierdie is voorafgegaan deur samesprekings met kommuniste soos Slovo en Soros wat deel uitmaak om die huidige parlement, wetgewing en grondwet finansier.   Vreemde plekke buite ons land – alles agteraf was daar gekonkel om ons totaal te stroop van alles.  Gruwelike menseregteskendings vind daagliks plaas.  Vergal die 1996 grondwet en wetgewings.

Sedert 1994 het die kommuniste en al hierdie liberaal verligte blanke grondwetskrywers rondom Kodesa tafels, dit reeds in die 1996 grondwet laat inskryf.    Die grondwet stem ooreen met die 1955 manifes van anc-pad.   Swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening, wetgewings, alles deel van hul meesterplanne.   (B-BBEE, EE)    Vernietiging van staatsentiteite is alles deel van die groter plan.

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

ANC Freedom charter 1955

1955 ANC Freedom Charter

Alles word ingespan, ook die sogenaamde grondhervorming, word gebruik om ons as volk van alles te stroop, om ons mense uit die ekonomie te haal en ons in plakkerskampe te laat sit.    In hierdie armoede gaan ons menswees so laag dat daar geen menseregte meer oor is nie, waar almal makliker bymekaar is om ons makliker te laat uitsterf en dan word dit ‘natuurlike oorsake’ genoem.   Dit is basies ‘n verskroeide aarde beleid net soos die Britte met ons vaders en groot vaders en groot moeders gedoen het in 1900 waar meer as 34000 gesterf het weens honger en swak medikasie.   Inteendeel die plan van die Britte is net aangepas onder die Statebondslande – wakker loop.

Moenie uit die oog verloor nie – ons volk is onderdanig aan hierdie Britse heerskappy, ons is vandag steeds deel van die Britse statebondslande.  Hoeveel hardloop nie agter die huidige stelsel aan nie?  Ons is nie die enigste volk wat deel daarvan vorm nie.

Ironies is dit ook so, dat heelwat van ons blankes, wat baie goeie ervaring en opleiding gehad het, landuit gegaan het, sommige gevlug het, na meestal en veral Britse statebondslande.   Hulle het ten duurste geëmigreer.   Al hierdie inkomstes gaan na daardie regerings.

Hier in SA word ons steeds almal onder een sambreel gesien om later met gemaak uitgewis te word.   In SA word die werk voortgesit onder die ANC bewind, maar ook onder ander regerings waarheen ons volkslede , bannelinge geword het.  ‘n Volk sonder herkoms en land, sonder leiers en ‘n eie ekonomie.   En die geskiedenis word verskroei.  Die regsbank gaan steeds voort om die onregverdigheid toe te laat om ons uit te wis met hul “kill the Boer” lied.   Aanstellings op die Regsbank word volgens die 1996 grondwet deur die president gedoen en die voorstel van regsbank was in 1993 deel van Ruiterwag (jeugbrigade van die Broederbond), se insette in die Kodesa sage.

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Kodesa  – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Codesa (writers)   –  Kodesa (skrywers)

*
*

Khoisan and black leaders
Traditional leaders South Africa: 8840

Read also:
Development of One Plans – Ramaphosa

Korrupsie en misdaad in Suid-Afrika is en was myns insiens reeds al voor 1994 beplan sodat ons as blankes, die Boerevolk veral, totaal en al mag verloor en alles van ons volk vernietig moet word.   Met geen geskiedenis of identiteit as ‘n volk nie.    Dit kan selfs verder strek tot by die Anglo-Boere oorloë waar ons onafhanklike Boere republieke van ons ontneem is.    Min het ons toe in 1994 geweet wat FW en sy Broederspanne beplan.

Die misdaad en rewolusie wat erg genoeg was waar daar bomme geplant was, ontplof het en onskuldiges aan flarde geruk het, reeds lank voor 1994 was net ‘n voorsmakie wat op ons gewag het.   Selfs bomme wat in kerke geplant is, is nie deur baie vooroordeel nie, maar die sogenaamde ‘apartheid’ was die groot haat veldtog.   Wie het die slagoffers vergoed vir die onregte wat plaasgevind het?

Sommige blankes het hul afgesmeer aan kwellinge wat uitgespreek is oor ‘n kommunistiese meerderheidsregering en uitwissing van ons volk, wat met radikale elemente na 1994 toegeneem het.   Al wat hierdie blanke klassieke liberales gesien het, was multi-kultuur en ‘n pragtig vertoonde reënboognasie, wat nooit verder gekom het as 1994 nie.

Bekende leiers in gepaste rooi uitrustings, is hiervoor ingespan en van hulle het inderhaas die ANC gestoeltes verlaat om dit uit te voer.

Voor 1994 het die sogenaamde ‘Derde mag’ die skuld gekry vir hierdie bloeddorstigheid wat net ‘n voorsmokie was wat na 1994 tot datum plaasgevind het.   Die feite dat swartes mekaar uitgewis en vermoor het met brandende motorbande word ook nêrens as die oorsake aangegee nie.  Ontkennings leef voort dat daar iets soos plaasmoorde bestaan.  Hoe ironies, hierdie aanvalle van swart op swart of op ander rasse vind steeds plaas en dit kom al lank voor die Mfecane oorloë.  Dis regdeur Afrika en selfs in ander kontinente.

Gaan die Hansards na, want daar is dokumentasie van jare terug, wat al verwys na die nuwe wêreld orde, ‘new dawn’ of een plan onder leiding van ramaphosa.   Die een plan is deur me zuma (x-vrou van zuma) en ramaphosa opgestel en vrygestel en dit behels die intrek van alle tradisionele leiers.

Die wat dit nog nie weet wie hierdie meer as 8840 tradisionele leiers is nie, moet maar gaan nalees en sal uitvind dat hulle almal verbonde is aan verskillende etniese swart, khoisan en griekwa groepe.  Dis reeds voor die ‘covid’ drama geïmplementeer.     Vergoedings ontvang uit die staatskas en belastings.

Traditional leaders South Africa: 8840

Die sages van aparte gebiede was ‘n vals front wat geskep is tydens Kodesa,  want daar was openlik begin praat oor hierdie aparte gebiede vir die swart, khoisan en griekwa stamme.    Vereistes was destyds al deur die een minderheidsvolk, Zoeloes gemaak dat Zululand hul gebied is (reservate).  Dit is na Ingonyama Trust verander en oorgedra aan KZN provinsie.

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Na die 1994 het die diskriminerende wetgewing begin in plek val.  Grondeise wat ingestel sal word om die blankes, die Boere veral die blaam te gee vir grond diefstal en onwettige verwyderings.   Daar is sedert Kodesa ‘n hele aantal nuwe wetgewings geskryf en oues wat herroep is, spesifiek soos die handleiding van die 1996 grondwet vereis.   Tot sekere leiers van Brittanje het hier loslit dansies kom uitvoer hoe die statebond daaroor voel en juig.   Swart bemagtiging en regstelaksie het in 1995 die knope deurgehaak sodat sommige swartes net ryker en nog ryker kan word, terwyl die werkers sukkel om kop bo water te hou.

Die plan is geïmplementeer.

Development of One Plans – Ramaphosa

Die alombekende rympies van politici en ander selfgekose leiers wat so knaend na die sogenaamde sondes of ‘apartheid’ verwys, raak soms so afgesaag en voorspelbaar.     Veral as dit en die swak beskuldigings van diefstal aan spesifiek Boere, die blankes van die ou ZAR en Vrystaat,  rondgeslinger word, terwyl die kommuniste eintlik agter die deur van korrupsie en misdaad staan.   Selfs die feit dat Suid-Afrika een van die hoogste misdaadvlakke het, kan nie ontken word nie.   Maar in ons volk se geval sal daar net na wetgewing en sake verwys word wat teen ons diskrimineer en ons menseregte skend.

Wat niemand verbaas nie, is dat korrupsie steeds aangaan, en die blaam steeds voor veral die 1994 burgers en Dr Verwoerd geplaas word.  Die sogenaamde “apartheid” (segregasie) wat steeds in plek is, met ander name en wetgewing het juis die kommuniste en liberaal verligte blankes probeer wettig met hul 1996 grondwet.   Wees verseker.    Die gebiede wat voor 1994 bekend was as Tuislande, Reservate en Kroongebiede, het nie verdwyn nie.    Inteendeel, daar is vandag meer CPA en Trustgebiede, apart van mekaar en meer 8840 tradisioneleleiers in plek (2019 Hansard) word deur ons belastingskas onderhou.

Die Tuislandbeleid of Afsonderlike ontwikkeling is nie apartheid nie.   Dit was wettig en gedurende die 1961-1994 tydperk was daar ook amptelik gestem in die Tuislande hiervoor, veral die 10 wat op pad was tot onafhanklikheid en het daardie mense en leiers hul eie keuses gemaak, nie die sogenaamde “apartheidsregering” nie.   Dit was nie op hierdie state afgedwing nie, hulle het daarvoor gestem en selfs hul eie volkslied en vlag in gebruik gehad.  Bophuthatswana het ‘n eie gestelsel gehad en wou totaal onafhanklik wees soos Botswana vandag is.

Trustgebiede – Tuislande – Reservate

Goeie buurmanskap Dr Verwoerd

Bophuthatswana homeland

Richtersveld  – KHOISAN AND CPA

*

Plans ….  globally?

10 gedagtes oor “EEN PLAN IN SUID-AFRIKA”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s