*
Een artikel in die Afrikaner van die HNP van 18 Maart 2022 vra ‘n belangrike vraag onder die opskrif: “Die regte aas om blankes mee te vang.” Veral die Boere volk. Daaruit spruit ‘n paar stukkies stof tot nadenke. Is die Solidariteit Beweging en AfriForum nie moontlik hedendaagse frontorganisasies, Afrikaner organisasies van die regime en/of die Geldmag (NWO) om die Boere volk van verset te weerhou en op die langtermyn die volk, ekonomies, maatskaplik en op elke moontlike terrein te vernietig nie? Daar is ander Afrikaner organisasies wat by hulle aansluit – almal is multi-kultureel. 
*
Die Boere volk is nie deel van die Afrikaner organisasies nie – ‘n volk in eie reg, was so in hul geskiedenis, die Boere republieke ook.
Is dit moontlik dat linkse leiers dalk selfs regeringsagente is? Daaroor is daar geen twyfel nie en selfs bewyse daarvoor. Daarom het die herstel van die onafhanklike Boere republieke en ander grondgebiede (Retief traktaat en Vryheid) noodsaaklik geword en is gebiede waar ons kan vestig en onafhanklikheid internasionaal herstel moet word soos dit voor 1900 was voordat die Britte hier kom oorlog maak het met ‘n handjievol Boere, vroue en kinders.
Die Boere volk word al vir langer as ‘n eeu gevange gehou in die huidige Republiek van Suid-Afrika onder die Britse statebond. Dit word alles met wetgewings en ‘n sogenaamde grondwet uitgevoer, juis met die hulp van onwettige immigrante en misdaad, aanvalle teenoor Boere, om nie terug te keer tot die meer as 20 Boere republieke wat aan hulle en hul nageslag behoort nie.
*
Ironies mag die Zoeloe, Tswana, Pedi en elke ander swart volk, die Khoi san en Griekwas hul grondgebiede, kroongebiede of tuislande vir die hoeveelste keer opeis, en terugkry waarop hul jare bly.
Swartes het hul eie gebiede net na 1815 beset en niks is deur enige leiers van hulle aangekoop nie. Daar is ‘n groot verskil tussen grond beset en grond aankoop of selfs ruil transaksies wat destyds plaasgevind het. Swartes doen dit vandag steeds – beset grond en bou vinnig onwettige strukture.
Dus hoe kan swartes of enige ander persoon, of selfs nasie, aanspraak maak op Boere gebiede wat die Boere leiers en Boere fisies aangekoop het met geld of dienste wat aan die swart volke gelewer is. Dit is wettig bekom met ooreenkomste en transaksies. Daar is selfs in sommige gevalle ‘grondbriewe’ of titelaktes of traktate ter sprake. Die Boere republieke se grondgebiede is nie aan enige organisasie belowe of oorhandig nie, maar die Boere in daardie Boere republieke wat geld betaal het of dienste gelewer om gesteelde vee en vroue/kinders terug te kry. Swart leiers erken dit vandag steeds dat hierdie ooreenkomste bestaan.
*
Dus is dit maklik … Breinspoel die mense met leuens, dit gebeur nie oornag nie, soms is dit geslagte wat deurloop, juis om ‘n volk te vernietig – die Boere volk (VOLKSMOORD). Soms gebeur ‘n volksmoord nie oornag nie – dit het ook in sentraal Afrika gebeur. … …
Steel ‘n volk se geskiedenis, kultuur, tradisies en identiteit en ‘pas dit aan’ as jou eie of as ietsie anders (Afrikaners) sodat dit moet lyk of daardie Boere volk nooit bestaan het nie en deel vorm van die Afrikaners.
Bewyse is daar baie
Die Geskiedenis en internet is vol van die gebeure rakende die Trek van 1838, die Boere republieke wat reeds voor die Trek gevorm het en daarna wat hul volle internasionale onafhanklikheid geniet het, die Boere volk en veel meer. Daar is baie bewyse in Hansards wat dit bewys.
Selfs swartes erken dit dat daar ooreenkomste is en was met hul voormalige leiers oor grond wat gekoop of geruil is.
Oorsese lande het dit aangeteken in Anglo-Boere oorlog museums, die bydraes wat hul lande gelewer het saam die Engelse teen die Boere. Heelwat word aangeteken en opgehemel as Boere helde, Boere republieke en ‘n Anglo-Boere oorlog wat duisende as vrywilligers kom help veg het teen die magtige Engelse.
Swartes sing vandag steeds, vermoor die Boere. (kill the Boer).
Swart bemagtiging en regstellende aksie wat vandag toegepas word staan soos ‘n seer oog uit.
*
HNP
Hier is heelwat artikels wat gelees kan word:
*
Vals reënboognasie
Front organisasies of politieke partye dateer terug in ons geskiedenis wat teruggaan na voor 1880 en die Groot Trek waar voorouers eenvoudig nie kon voortleef onder dieselfde manipulasie van liberalisme en die Britse kroon nie. Ironies is dit nie? Tot kerke het sensuur op Boere begin toepas.
Die Boere volk se voorgeslagte het identies dieselfde tipe van ‘fronte’ weer eens ervaar wat in 1910 op hul afgevorseer is met Uniewording, wetgewing wat vanuit London beheer is. Ons voorgeslagte het nooit deel gevorm van ‘n sogenaamde reënboognasie nie en nog minder ons na 1994. Hulle was nie deel van die Amerikaanse, Dakar en ander samesprekings in die 1980’s nie. Baie van ons volkslede was nie eers bewus hiervan nie.
*
Zoeloes, Xhosa, Venda, Khoi San en ander volke bly steeds APART met eie wetgewings, slegs vir hulle van toepassing.
Dit kan letterlik ook van die Zoeloe, Xhosa, Venda, Pedi, Sotho, Khoisan, Griekwas, Indiërs en ander gesê word. Almal glo die media dat ‘aparte gebiede’ afgeskaf is. Inderwaarheid is dit nie die geval nie, lees die anc grondwet, wetgewing en hansards van parlement.
Vanaf Kodesa in 1992, het die ou Tuislande (reservate) en Kroongebiede verander na CPA en Trustgebiede. Die kroongebiede en reservate (lokasies) gebiede wat deur die verskillende Swart en Khoi San groepe beset is sedert 1815, en sedert Mfecane net na 1800, is deur Brittanje geannekseer. Dit word as vals front voorgehou dat blankes en die ‘apartheids regering’ hierdie gebiede van die volksgroepe gesteel is. Dis ‘n spul leuens. Hulle bly etlike dekades, sedert 1815 in hul eie gebiede.
Al die gebiede is na 1994 slegs aan spesifieke volke toegeken met hul tradisioinele leiers en kommuniale reg wetgewings. Daar bly letterlik oor die 30 miljoen in die gebiede wat onder ANC wetgewings gereguleer word. Hierdie situasie kom reeds voor sedert Mfecane in 1810 ongeveer, waar swart en khoi san gebiede beset het, dit hulle sin gemaak het. Sommige van die volke wat noem die hele land aan hulle behoort, was nomadies en kon dit nie aan hulle behoort het nie, dit was ‘n land waar daar vrye beweging was, nes die in Botswana en ander lande.
Hul uiteindelike doelwit is steeds aparte gebiede met nuwe wetgewing. Dit was van vroeg af deur die Britse koloniale meesters geskep en in London uitgevaardig. Shepstone 1854 en Rhodes 1894.
Niemand kan op ander se gebiede ingaan en daar gaan werk of bly nie. Lees ook die “een plan” van 2019 wat ramaphosa en zuma in gedagte het oor hoe om die tradisionele leiers te laat inkoop daarin.

*
ANC kan dit nie alleen uitvoer nie.
Development of One Plans – Ramaphosa
*
Afrikaner organisasies
Opinies rakende die Afrikaner multi-kultuur organisasies, bewegings en fronte, is dat dit 100% saamhardloop met FW stigting en die Afrikanerbond oftewel Broederbond voor 1994 en al hul ‘assistent’ front maatskappye rondom 1990 kodesa tydperk tot datum.
Sekere organisasies probeer om namens ‘n minderheidsvolk te praat, terwyl hul multi-kultureel is – multikultuur het nie volke nie, maar lidmate uit alle minderhede wat aan hulle behoort.
Die Boere volkslede soek meestal na spesifieke antwoorde om by oplossings uit te kom, aangesien die Boere republieke hul belange is. Boere volkslede word weggehou uit hul gebiede deur misdaad, swart bemagtiging en ook miljoene onwettige immigrante wat in die gebiede plak.
Indien daar verskillende menings gelug word, dan is dit nie ‘baklei’ of dat daar nie saamgestaan word nie. Die Boere volk is vandag regoor die RSA versprei maar het ook oorsee gaan werk om inkomste te verkry omdat swart bemagtiging hul stop om hulself te onderhou. Dit gaan nie oor saamstaan of nie saamstaan nie. Inteendeel dit bring ons nader aan die realiteite wat daar is en dat die Boere volk onder ‘n kommunistiese grondwet ingedwing is, nes die in 1910.
Die Britte (Milner) was aan die eenkant saam Afrikaners (Jan Smuts) teenoor die Boere leiers in die 1902 Vredesverdrag, wat nie lank daarna eensydig deur Brittanje en haar bondgenote verbreek is. Hierdie verdrag spel duidelik uit dat onafhanklikheid aan die Boere republieke gegee moet word, want hulle onafhanklikheid was op internasionale vlak erken.
Dit is hierdie Vredesverdrag, wat al die 20 plus Boere republieke insluit wat die Britte en bondgenote van die Boere volk vervreem het, lank voor die Groot trek begin het, wat herstel moet word. sodat die Boere volk op hul eie volle onafhanklikheid kan verkry in al daardie Boere republieke. Dit is nie nodig om een Boere republiek uit te sonder nie, maar elke Boere republiek is afsonderlik bekom en was ooreenkomste aangegaan.
*
OPLOSSING
Ons as volk het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking. Herstel die Boere republieke soos dit was voor 1902.
Daar moet nie eers getwyfel word oor ons reg tot selfbeskikking, wat totale onafhanklikheid beteken, nie net ‘selfhelp’ of ‘selfstandigheid’ nie,
Onafhanklikheid is ons enigste opsie hieruit. Weg van die statebond (Brittanje)
1994 verkeising
Die Volkstaatraad ooreenkoms van 1994, was nie onder die Britse statebond onderhandel of onderteken nie. Die ondersoek ook nie, want dis onder die interim regering se grondwet uitgevoer, wat nie statebondstatus gehad het nie. Dit is nie onder die 1996 grondwet uitgevoer nie.
So is daar ook die 1902 Vredesverdrag , waar daar aan ons voorgeslagte onderhandel is dat ons ons onafhanklikheid sou behou het. Ook nie deel van die statebond nie.
Selfbeskikking en onafhanklikheid word internasionaal gedoen, tot die grondregters met 1996 grondwet het dit bekragtig dat anc eff geen politieke party het reg om in enige volk se pad te staan vir onafhanklikheid nie. Dis met bekragtiging 1996 gedoen. Geen wet is daarvoor nodig nie. Dit bots met die artikel 235. Regters het dit ook uitgewys daar moet aan internasionale vereistes voldoen word, wat nagekom moet word. Gebiede wat geskiedkundig aan ons behoort is ook daar. Internasionale reg, nie plaaslik nie.
*
Minerale regte is in 1902 deur Brittanje geannekseer, so ook heelwat grondgebiede. Wie beheer die minerale regte in Suid-Afrika vandag?
In die verlede het alles gehandel oor minerale in die hele suidelike halfrond, daarom is daar soveel Britse kolonies geskep. Daarom het hulle alles eenvoudig geannekseer, na verwoestende oorloë. Heel laaste van almal is die twee onafhanklike BOERE republieke se handjievol burgers geteiken om oorlog te voer. Boervroue, kinders en ou mense is in helkampe geplaas.
Daar is en word voorgehou dit is nie konsentrasiekampe nie, maar ‘vlugtelingkampe’. Maar in dieselfde tyd word mans en seuns landuit verband en na eilande gestuur. Dan kom liberales en probeer die BOERE se geskiedenis verander met ‘n Suid-Afrikaanse oorlog, wat leuens is. Daar was in 1900 nog geen Suid-Afrika nie. Nog ‘n front wat geskep was.

*
Verwante inligting en artikels
Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS
British colonial empire in Africa (SA) – Rhodes and BSAC
Mineral Rights – Minerale regte
Afrikanerbond – Afrikaner-Broederbond in SA
Stem uit die Graf
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
VF+ en Afriforum – Cato Instituut
Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word
Veelrassige organisasies – ABN
Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations
Multi-culture failed in South Africa
Legkaart vir ons volk se voortbestaan
Etniese volke / Ethnic people (SA)
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – landclaims
George Soros – OSF.SA – FW stigting – Grondeise: 1994
Legkaart vir ons volk se voortbestaan
Human rights violations – Menseregteskending
Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995)
Peoples international right to self-determination
Genocide – Vernietiging van ‘n volk
Immigrante – misdaad – statistiek
Discrimination and Racism – 21 March 2019
“Operation White Hatred” in South Africa
B-BBEE – violation of white people’s human rights – sport quotas
Whites – you are not welcome in your country
Grond eienaars: ANC regeringsplase
ongoing Revolution in South Africa
Die Ingonyama Trust was voorheen die ou Zoeloe tuislande, slegs vir die Zoeloevolk is en so het al die ander gevolg.
Zulu people – Ingonyama Trustland
Trustgebiede>Tuislande>Reservate
Traditional leaders South Africa: 8840
Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget
Khoi en San het ook na 1994 Trustgebiede gekry, sowel grondeise via die CPA (kommunale regte) wetgewing.
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
Jan Smuts – 1942 – 1948
Boereheld Jopie Fourie en Smuts
J C Smuts, Balfour, Zionism …
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rules
Kibbutz called Jan Smuts
Jan Smuts en Brittanje (44)
Balfour verklaring – Jan Smuts
Jan Smuts – Blue on Blue incident Germany
Jaffa Palestina 1900
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike
[…] Frontorganisasies in SA […]
LikeLike