Legkaart vir ons volk se voortbestaan

*

Dis nie net die kliënte van Landbank wat nou aan die kortste end trek nie.   Dit gaan al so sedert 1994 en die instelling van swart bemagtiging, regstelaksie asook onteiening in die Grondwet was deur liberale blanke grondwetskrywers mede- ‘ontwerp’ en deurgevoer vanaf Kodesa en later die 1996 grondwet.  Die 1996 grondwet waarborg geen eiendom, bate of aandeel teen die aanslag van kommuniste nie.   Al word eie plasies met aandele met groot sukses bedryf, gaan dit nie die huidige kommunistiese aanslag oorleef nie.     ‘n Land wat deur kommuniste geneem word is onwettig en skend menseregte.

Saai gryp in by Landbank-herrie - Agri Online


*

Wie was grondwetskrywers?   Beslis nie net ou FW nie.

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

*

Die blanke minderheidsvolk in Suid-Afrika moet besef hoe belangrik voedselproduksie is, want daar is niemand wat nie afhanklik is van die Boere se produkte nie.   Nie eers die meer as 40 miljoen onwettige immigrante wat hier kom plak nie.   Hulle wat soms so met haat en veragting kyk, sing en rewolusionêr optree of afbrand.  Hulle wat ook winkels leegkoop, hul koop voedsel en produkte wat afkomstig is van die Boer in Suid-Afrika.    Heelwat produkte word selfs uitgevoer na ander lande.

Daar is oplossings vir ons volkseiebesighede, wat volkseie BOERderye in die land insluit.   Dis ‘n pad wat kort en kragtig is – Kom weg onder die kommunistiese vleuels wat ons nie beskerm nie, maar ons eerder dood en verhonger sien.   Daar was al baie gewaarsku hieroor dit wat nou gebeur, gaan gebeur.  Ons voorgeslagte, die Boere het dieselfde ervaar en was gewikkeld in twee oorloë wat Brittanje teen hulle gevoer het, die vroue en kinders in moordkampe geplaas het.  Ons is dit aan ons nageslag verskuldig, ‘n beter lewe vir ons en hulle.

*

DIT IS EN BLY KOMMERWEKKEND OM VEILIG IN SUID-AFRIKA TE LEEF EN BESTAAN TE VOER.

*

LANDBANK versus SAAI

Omdat dit ons voedselproduksie in die land raak en elkeen van ons wat voedsel koop, heers daar erger woede oor die Landbank en sy agente se optrede oor die afgelope paar weke, selfs maande, waarin boere onregverdig gedagvaar, gelikwideer en uitgeskud word.    Is en was dit nie met al ons ander volkseie besighede die geval nie?    Die omvang is baie groot, getalle en verspreiding van boere is buitensporig hoog en die teiken is spesifieke boere.   Dit is nie net ‘n klippie rimpelingeffek in ‘n rivier nie.

Saai meld ook dat plase wat vir geslagte lank in ʼn familie was, bates, boedels, welvaart en die lewensbestaan van honderde boere word koelbloedig vernietig en boerderyfamilies word in die proses verwoes.    Volkseie besighede het vir bykans 30 jaar daardie vernedering moes verduur en heelwat van ons volkslede sit vandag in arm blanke plakkerskampe.   Ander moes deure sluit en landuit vlug en êrens gaan werk om kos op die tafel te plaas.   Ons het ‘n banneling volk geword, verwelkom deur ander regerings wat die ANC kommuniste polities en selfs swart bemagtiging en regstelaksies/ onteiening 100% ondersteun.

Daar moet verder onthou word dat al hierdie produktiewe plase ander volkswerkers het wat ook afhanklik is van hierdie Boere se inkomstes.    Dit is net interessant en volgens Saai kon daar geen swart boer in die hande gekry word wat aan dieselfde behandeling onderwerp is nie en is van mening dat dit polities van aard is.   Dit sal interessant wees om te weet watter megaboere, besighede of multi-kultuur organisasies is sedert 1994 reeds deel van die ANC of ander politieke netwerke.

*

AAN WIE BEHOORT DIE MEER AS 5000 PLASE WAT MET BELASTINGINKOMSTES NA 1994 AANGEKOOP IS?

Grond eienaars: ANC regeringsplase

Duisende plase is aangekoop deur ‘mynbase’ , waar gemyn is en nooit is daar enige rehabilitasie, soos dit hoor gedoen nie.   Regering en ANC ken permitte toe.    Meeste was produktiewe plase – so word intensiewe boerderye vernietig en in die proses word ons nageslag gelaat met al hierdie besoedelings wat plaasvind.  Hoeveel steenkool myne, oop groef, is al ooit herstel na wat dit was – eens produktiewe plase?  Wetgewing oor minerale regte, maak voorsiening vir rehabilitasie van myne – dus is dit net regverdig as gevra word, waarom al die erosie en besoedeling?    ‘n Nuwe lewe word vir niemand gewaarborg onder die kommunistiese aanslag van vernietiging nie.

Steenkool / Coal

Lugbesoedeling in Suid-Afrika

Pollution: South African HOTSPOT –  Eskom power stations –  Witbank

Mining –  Open Pit mining (Palabora)

RBM Rehabilitation (mining)

Illegal dumping and hotspots in South Africa

*

Landbank,  soos ander kommersiële banke is of uit en uit ‘n regeringsbank of gekoppel aan verskillende swart bemagtigingswetgewings wat die ondergang van menige van ons besighede en plaasboere geword het.   Met meer as 100 wetgewings in plek, word daar teen die minderheidsvolk Blank volk, die Boere veral gediskrimineer, en in die proses sit ander volke wat eens werksaam was in besighede of plase, ook deur die anc-sakp-eff-da wetgewings, se toedoen geraak en sonder heenkome gelaat.  Hulle almal stem die huidige regering in en stem vir swart bemagtiging en regstelaksies – ook onteiening.     Uit en uit polities geïnspireerde besluitnemings en wetgewings wat afgekondig is, met Ramaphosa in beheer na 1994 (kommissie van die anc).

haal aan:

De Jager van Saai het gesê dat uit die getuienis van sowat 60 boere met wie hul kontak gemaak het, is die patroon duidelik:

  • Dit is dieselfde prokureur en likwidateurs wat vir Landbank, sy aanleners onder die koöperasies en ʼn megaboer wat ʼn kunsmismaatskappy in Limpopo besit, optree, wat die verwoesting teweegbring.
  • Hier is growwe misbruik van wetgewing en regulasies wat likwidasies reël, en dit het reeds skade aan beleggersvertroue veroorsaak.
  • Dit gaan nie net oor skuldinvordering nie, maar by uitstek ook oor die brutaliteit, die snedigheid en aggressie wat daarmee gepaard gaan. Die vernedering van pa’s voor hul gesinne, die beledigende taalgebruik van die Landbank se agente teenoor boere en die absolute weiering om na enige voorstelle vir oplossings te luister, is ontstellend.
  • Die skuld waarvoor boere (meestal slagoffers van die 8-jaar-droogte) gesekwestreer word, is kleingeld teen die waarde van hul boedels, hul bates en plase. Dit gaan nie oor ʼn eerlike poging om skuld in te vorder nie, dit is ʼn verwoestingsveldtog soortgelyk aan die verskroeide-aarde-beleid van Roberts en Kitchener.”

Saai gryp in by Landbank-herrie

*

STEM SAAM DIE STELLING VAN VERSKROEIDE AARDE BELEID

DIT IS GENOCIDE VAN ‘N VOLK – ONDER DIE VAANDEL VAN DIE BRITSE STATEBOND 

Dis nie net ons volksplase, besighede, bates en aandele nie, dis ‘n totale aanslag op ons hele Boere gemeenskap en volkslede, besighede wat tot niet is.    Ons taal Afrikaans word daagliks ook betrek in sekere opsigte.    Die aanvalle en moorde is nie net kommerwekkend nie, maar dis ons Boere wat direk en indirek geraak word asook voedselsekerheid.   ‘n Aanslag wat moontlik wyer strek as tot by die nuwe wêreldorde wat ons van bewus is en reeds van kennis dra.  ‘n Totale kommunistiese aanslag.  Tyd vir mooi broodjies bak saam met kommuniste en ‘n vrye ete of t-hempie geniet is iets van die verlede, dit red nie enige volk van  uitwissing nie.  Ons het sedert oorname weer deel geword van die Britse statebond.

Die 1994 Volkstaatraad se onafhanklikheid en ondersoek is nie onder die Statebond nie, netso is die Vredesverdrag ook nie onder die Britse statebond nie, wel 1910 tot 1960.

Ramaphosa – 2020 – New Dawn  NWO

Freedom Self-determination –  Selfbeskikking

Violations –  Menseregteskendings  – Akkoord/Accord of 1994

Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)

Volksregte –  Rights of people

*

OPLOSSING

Daar is 100% oplossings vir Boere en besighede – dis goeie nuus, maar verg samewerking van die hele volk.  Ons moenie wag tot ons totaal en al verarm of uitgewis is deur die huurmoordenaars nie.

Vir elke probleem wat oor ons volk se pad kom, is daar volgens Sy Wil, ook oplossings.  Sommige van die blankes, wat hulself deel as die volk beskou,  wil net nie die oop deure sien nie, maar staan en staar vir dekades na toe deure wat bly toeklap in ons gesigte.   Sommige wandel saam die regering en is multi-kultuur en kan dus nie vir enige volk van hulp wees nie.

Dis maklik:  Hou op staar na hierdie toe deure, daar is oop deure wat met gemak deurgegaan kan word.   Elke volk het die reg daartoe om op hul eie, hul eie leiers te kies en ‘n land, totaal onafhanklik te wees van die kommuniste wat ons oorheers.  Ons voorouers het dit gedoen en ons is nie slegter daaraan toe nie.

Inteendeel, doen al die verskillende Khoisan, Griekwas en Swartes dit steeds sedert Kodesa en na die 1994 verkiesing.  Almal dink dat daar is afstand gedoen van aparte gebiede, wel dit is ‘n groot leuen.  Dit bestaan steeds en daar is verskeie redes daarvoor.  Ons het geen regte in hierdie gebiede nie.

CPA  in SA  –  2021

Indigenous land (old homelands)  – Trustland  –  CPA   –  landclaims

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

Richtersveld  – Diamonds

*

Selfbeskikking is ‘n internasionale reg vir enige volk om hulself te regeer, veral as hulle onderdruk word.

Dis ons blankes, die Boere wat die slawe van armoede geword het, terwyl ons reeds lankal ons eie land met eie leiers en ekonomie kon gehad het.

*

Die ANC kommunistiese regering en veral hul 1996 grondwet stem ooreen met die ANC 1955 manifes.  Daar word hordes blankes onder hierdie stukkie papier ingesweer.  ‘n Bose kringloop van kommunisme wat deel vorm van die parlement en alle wetgewings wat slegs deur kommunistiese organisasies befonds word.   Soros is een daarvan, wat ook die grondwet finansier.

ANC  –  Freedom charter 1955 

Die deure van swart bemagtiging en regstellende aksies is steeds daar en gaan nie verdwyn nie.   Vir sommige blankes is dit dalk ‘n wortel om gerieflik ‘n anderskleurige vennoot in te kry en so hul eie volkslede in die voete te skiet.    Dit bly diskriminasie en skend almal van ons se menseregte.

Waarom tot hierdie uiterste gaan om die kommuniste te plesier in hul drakoniese wetgewings?   

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

Dis wat uitvoering gee aan alles, want baie stem saam die SAKP-ANC-EFF-DA en ander se sienings in die huidige parlement wat uit en uit deur kommunistiese organisasies gefinansier word en wat hulle ekonomie opbou en in die proses word ons menseregte al vir bykans 30 jaar afgetakel.  Selfs die grondwet is en word deur kommuniste finansier.   Gaan vergelyk die 1996 grondwet met die 1955 manifes van die ANC-SAKP-PAC.  Inligting is maklik beskikbaar en leesbaar wat in beide dokumente staan.

Wat hartseer is, daar word al vir dekades deur heelwat van ons blankes in Suid-Afrika met oogklappe rondgeloop en al wat hulle sien is ‘n vals reënboognasie en ‘demokrasie’ wat nie bestaan nie.   Dit het nog nooit bestaan nie.    Multi-kultuur organisasies is daar vir hul lede en nie vir enige volk nie.

Indien die 1996 grondwet, wetgewing en hansards met hul eie publikasies bestudeer word, sal gesien word hoe daar perdemis om sekeres se oë en waardes ingemessel word en dit klou vas aan valsheid en leuens.

Grondeise

Klink grondeise bekend vir diegene wat altyd ‘apartheid’ as ‘n sondebok op ons geslag probeer verf?

Klink Reservate en Britse kroongebiede van voor 1840 bekend?   Dit word en is selfs in die 1910 grondwet ingeskryf dat NIEMAND hul grondgebiede kan steel nie – ook nie ons wat vals beskuldig word nie?  Vandag word meeste van die gebiede geëis en van wie af word dit gevra?

Trustgebiede  – Tuislande – Reservate

Die benamings veral van die Reservate (sedert 1815), is wel na 1961 verander na Tuislande en daar was amptelik gestem vir leiers en ook die konsep van Tuislande en volle onafhanklikheid.   Die werklikheid is ook, dat na 1961 het die NOK (Nywerheidsontwikkelingskorporasie) en ander besighede gehelp om grensnywerhede daar te stel.   Vir opleiding en werksgeleenthede vir albei, nie vir slegs blankes nie.  Heelwat van die groeipunte word steeds gebruik en baie werkers uit alle volke werk steeds daar.

Richtersveld 1847

Shepstone  – Natal, roots of segregation

Jan Smuts – Churchill   –  Rhodes  –  apartheid  : British rules

Dis ooglopend hoe die Engelse koloniale wetgewings van 1854 en 1894 TOEgeverf word en om wyle Dr Verwoerd se nekke gehang word as ‘apartheid’.   Dis so maklik om ander die blaam te gee vir aparte wetgewings van destyds.   Tot die gehate pasboek wetgewings kom uit Britse geledere, 1809 (Caledon rules).

Apartheid  1854

Dis so maklik om selfs opvoeding op skole en universiteitsvlak om onskuldiges se nekke te hang.   Tot en met 1954 was die swart en bruin/ khoisan onderrigsisteme onder britse kolonialisme en veral sendingkerke en -skole, nie onder wyle Dr Verwoerd se beleid, wat hy geërf het nie.   Leiers en ander het hul grade in Suid-Afrika gewerf.

Dis ons, meestal Boere, wat inderhaas sedert 1954 van ons belastinginkomstes moes gebruik om duisende skole te voorsien, wat voorheen net deur kerke of sendingkole bedryf is.   En dan kom die gehate lied van “kill the Boer en kill the farmer’ na vore en dit word steeds gesing en bykans as ‘n nasionale volkslied, selfs in ander Afrika lande, aanvaar   Dit word nie gesing, ‘kill the Afrikaner” nie.

Kill the boer song

Witkruis monument 2021 White farmers killed in South Africa

Oplossing

Weer eens – daar is oplossings vir ons probleme, maar wil ons die werklikheid in die gesig staar?

Het al hierdie 1994 oorname van gesag, instansies, besighede en ‘n beter lewe ‘n impak op die volk en menswees van die Boer en konserwatiewe Afrikaners gehad?   Nie op ons nie en nog minder op die res van ander volke nie.

Natuurlik het die gebeure van wetgewings op slegs blankes van toepassing,  ‘n totale impak in al ons lewens, huishoudings en selfs besighede gehad.  Behalwe dat bykans meeste van die familielede oorsee gaan vestig het, het hulle ‘n totaal ander kultuur, taal en tradisies moes aanvaar.  Meeste het duur betaal om oorsee te gaan vestig en so alles verloor, hul geskiedenis, hul opvoeding in Afrikaans (meeste het Engels as ‘n tweede taal geneem), tradisies, kultuurwaardes en om deel van ‘n volk te mag wees.

‘n Volk sonder ‘n land

*

Agtergrond oor Landbank ‘nasionale krisis’ – verwys ook na artikels

Dit kan gelees word ook met ander kommersiële banke en lenings aan besighede wat in 30 jaar ten gronde gegaan het.  Heelwat van die besighede het al hul beleggings, aandele, geboue en selfs grond verloor.

Volgens opinie, is die Boere vir laaste gehou en wie anders as Landbank en ander banke speel saam om dieselfde tafels die kommunistiese magspel.    Inteendeel, die Engelse het destyds dieselfde metode gevolg, eers al die ander volke se gebiede geannekseer en ten laaste die twee Boere republieke.   Dis so opvallend, wie kan dit nou miskyk en notisie neem van die omvang wat aan ons gedoen word?  Liberale blankes het ook die Britte destyds gesteun om die Boere aan te val.

*

Liberale blankes het ‘n baie groot rol gespeel, lank voor 1994 se oorname.  Reeds sover terug as 1982 het die Broederbondlede met die kommuniste in Amerika gaan vergader, sowel in Dakar, Zambië, London en vele ander plekke om te noem.   FW de Klerk en deel van die Broederbond het dit eenvoudig maklik gemaak en alles oorhandig wat destyds gewerk het.  Eskom wat ‘n staatsentiteit is, is met bloedgeld opgebou.

Terloops voor 1994 was die aanslag van die kommuniste ook teen Eskom baie duidelik.

Dakar 1986 –  Notes of H Giliomee

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Regstellende aksie –  Affirmative Action –  Dakar 1989

*
*
*

HERHALING VAN GESKIEDENIS

Sommiges dink as ons Boere en veral hul vroue en kinders in moordkampe, verneder word soos tydens die Anglo-Boere oorlog, sal ons Boere volksgenote alles netso oorhandig.   Dis hartseer, maar werk aan beveiliging en ook om grondgebiede te behou waarop ons ‘n internasionale reg het.  Neem volkseie mense in diens en help om hierdie mense weer op te lei en ‘n impak te maak in die gemeenskap soos dit hoort.  Hierdie mense was eens ook vooruitstrewende besighede en selfs boere.

*

Onteiening sonder vergoeding – Landbank

Natuurlik sal die Landbank, wat ‘n ANC bank is, alles ontken dat hulle besig is met onteiening sonder vergoeding, veral op Boere en spogplase.   Boere wat die laaste dekade swaar deurgeloop het onder verskillende faktore.  Droogtes was nie al een nie, daar is heelwat veldbrande wat gestig word op Boere se plase landwyd en die skuldiges en terroriste word net eenvoudig nooit gevang nie.  Misdaad is groot in Suid-Afrika, veral op afgeleë plase.  Die kostes wat Boere moet aangaan om hulself, families en selfs werkers te beskerm is enorm en kom alles uit hul eie sakke.

Dis net natuurlik, dat Boere wat vertroud was met die Landbank van ouds, nooit rekening gehou het met die kommunistiese inval in die Bank en selfs ander kommersiële banke wat eenvoudig beslag lê en sodoende plase goedkoop bekom of dalk sonder enige vergoeding.   Baie besef dit, maar het te laat begin planne maak.   Hul grawe diep slote vir ons waaruit ons moeilik gaan kom, veral sonder ‘n eie onafhanklike land waarop ons ‘n internasionale reg het.    So bereik die banke die anc, eff en sakp se doelwitte.    Hul werk as agente om die spul se bloeiende agenda 2030 te bereik.   Hulle wakker vrees aan onder die Boere gemeenskappe en veroorsaak groot persentasie werkloosheid.

Die Landbousektor is ‘n groot werkvoorsiener.   Swart bemagtiging speel ‘n rol hier, want dit beïnvloed nie net besighede nie, maar Boerderye wat ook ‘n besigheid is.   So sal die hele land vou en die ‘nuwe beplande regering’ sal “ingryp” om alles te beheer en te kontroleer.

Ons as volk kan nie net die Boere en hul gesinne daar hou en selfs onderhou nie.   Volkslede het nie hierdie ‘nasionale krisis’ geskep nie.   Dis deur kommuniste geskep.

Hoe word dit afgebreek – jaarliks en maandeliks, letterlik steen vir steen soos wanneer ‘n gebou gerestoureer word.   Ons moet onsself as volk, as besighede en boere,  restoureer in al hierdie afbreek fases sedert 1994 en stelselmatig weer ons eie ekonomie sterker maak.     Ons kan dit gesamentlik doen, maar enige brug word nie net van eenkant af gebou nie.    Let op hoe kastele van ouds gebou is, versterk uself en die volk wat in daardie kasteel moet bly, vertoef en werk.

*
*
*

Laat Jou Stem Hoor En Neem Aksie!

*
Landbank en hul agente, selfs ander banke voer dit lank reeds uit.  Hoekom sit daar meer as 700000 blankes in arm plakkerskampe?

Kommuniste is besig om almal te onteien, sonder vergoeding.  Lees maar geskiedenis na van Landbank en ook ander kommersiële banke. Aan wie dit regtig behoort. Ook liberale blankes speel hul rol al van na wyle Dr Verwoerd se dood.

*


ANC het reeds, met die medewete van al die 8840 tradisionele leiers een plan in werkling laat tree – ‘n kommunistiese plan wat hand aan hand loop met grondeise.   So die swart en khoisan wat vir hul duisende tradisionele leiers stem asook vir die ANC, werk steeds aan ‘n plan om ons blanke volk te ondergrawe en te vernietig.   OOK met swart bemagtiging, regstelaksie en onteiening.     Dis ooglopend wie onderhou hierdie meer as 8000 tradisionele leiers met al hul byvoordele.   Dit word jaarliks aangepas.

Traditional leaders South Africa: 8840

Development of One Plans – Ramaphosa

Kommuniste op landbank maak nes hul leiers, ontken alles. Ramaphosa het moorde op plase ontken op internasionale podium.   Hulle kan nie bloos nie en lieg aaneen.

Ramaphosa : Trump


Ramaphosa 2018 CFR

Ramaphosa : Farmers/Whites are thieves  –  accusations :  expropriation

Ramaphosa –  BEE not a racist policy

May be an image of 1 person and text

*

Gaan enige hofsake ooit werk?  Dit het tot datum glad nie gewerk nie.      Volgens die 1996 grondwet stel die ANC president leiers aan, gaan lees maar die grondwet en ook die pligte van die president.   Wat help dit om biljoene hieraan te spandeer, waar gaan dit in elk geval heen?   Dit beland nie in volkseie persone se skoot of bankrekenings nie.

*

Dit is egter verstaanbaar dat Boere alles in die stryd werp om die krisis te probeer afweer.    Maar hierdie is dieselfde as al die miljoene gate in ons paaie wat nooit onderhou word nie.

Gesprekvoering van Kodesa het tot niks positief ontaard nie, net ‘n vals beeld van reënboognasie en demokrasie is geskep.

Dis veiliger om Boere en selfs ander besighede wat al gevou het na 1994, gesamentlik te help. Voedsel alleen gaan nie die Boere se besighede help opbou, as daar geen ander volkseie besighede sal wees wat hulle gaan of kan ondersteun nie – dit geld weerskante toe. As niemand werk het nie, hoe gaan hulle van enige waarde vir die Boeregemeenskap wees? Stel volkseie mense aan en kom weg van swart bemagtiging waar Boere dit uitvoer.

Dis hoe dit werk – aanbod en aanvraag.  Indien volkseie besighede totaal en al tot niet is, sal geen Boerdery kan oorleef op hul eie nie.   Skep ‘n volkseie bank vir volkslede, Boere en die wat besighede wil bedryf wat onderdeur is na 1994.   En hou die bank as ‘n volkseie sisteem, veral in die gebiede waar ons as Boere in die meerderheid is. 

Verwys na die finale verslag van die 1994 Volkstaatraad wat dit ondersoek het waar ons gebiede is. Ons moet ophou leef onder kommunistiese juk en wegkom daaruit. Span die seile vir ons as Boere en besighede gesamentlik en so bou ons ons eie ekonomie in gebiede wat internasionaal ons sin is.

May be an image of text

*

Oplossing

Selfbeskikking – herstel die Boere republieke soos met die Vredesverdrag van Vereeniging.

Dit wat sedert 1994 en vandag gebeur, moes nooit vir ons Volk ‘n nasionale krisis geword het nie.   Ons kon al lankal ‘n baie vooruitstrewende en eie land, met groot stede gehad het.

Sou ons Boere vestig in die ou Boere republieke, die ZAR en Vrystaatgebiede, wat voor 1900 onafhanklikheid gehad het, was ons steeds ‘n baie groter meerderheid.   Die ondersoek wat vanaf 1994 gedoen is, het getoon hoe ‘n groot meerderheid ons is in daardie gebiede.  Daar word nie verwag dat Boere wat buite hierdie gebiede val, hul eie plase nou moet verkoop nie, maar dis belangrik dat huiswerk hieromtrent gedoen word wat ons regte as volk is.  Hul moet hul besighede uitbrei na hierdie gebiede en volkseie mense aanstel.

Ons as volk, kan nie selfbeskikking en onafhanklikheid kry regdeur die land nie, daar bestaan nie so iets nie.  Boerderye kan steeds as besighede, as onafhanklik bedryf word, met volkseie aanstellings en vooruitgang.

Hou op om die kommuniste te steun met swart bemagtiging en regstelaksies.   Hierdie ander voel niks vir ons nie.   Terloops het hulle al ooit gratis blyplek en selfs werksgeleenthede aangebied waar ons kan vestig in bv. Ingonyama Trust, wat slegs vir Zoeloes is?   Boerderye behels nie net die werk op plase self nie, maar daar is ook ander groter funksies, soos bemarking, tegniese versorging en instandhouding van bates, trekkers, trokke vir aflewerings en verspreiding van produkte direk aan kliënte.   Beveiliging op al hierdie funksies is van kardinale belang.   Verskeie Boere en selfs besighede kan voordeel trek hieruit.   Indien alles reg geskied, kan die Boer en die verbruiker wen met beter pryse.

*

OTHER RELATED

Renwick and other donors in parliament and legislations, included the B-BBEE and Employ  Equity legislations.BACKGROUND – RACISM, DISCRIMINATION, CRIME, CORRUPTION

“RAMAPHOSA AND THE LIBERALS”
Codesa Constitution – Kodesa Grondwet

LIBERALS – LIBERAAL VERLIGTE “BLANKES”
Codesa (writers) – Kodesa (skrywers)

Ramaphosa – there is no “democracy”
Communist Constitution

George Soros
OPEN SOCIETY: SOROS FUNDING

Funding and rulers
Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament
Kodesa – “liberale en kommunistiese grondwet skrywers”

CODESA
Ooreenkomste – Agreements

They are still here and all / most in separate lands – old Homelands
Traditional leaders South Africa: 8840

British rules, Commonwealth, Trustlands

Soros and Ramaphosa
CATO INSTITUUT WORD OOK DEUR SOROS BEFONDS

with FW de Klerk
Classical liberals – SA – IRR – IRV
She was also involved
Prof Thuli Madonsela

***

2018 meeting – Ramaphosa attend.

He was also involved in racism and discrimination against the whites with B-BBEE legislations.

https://www.afrikanerbond.co.za/nasionale-raad

5 gedagtes oor “Legkaart vir ons volk se voortbestaan”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s