Beskadigde besighede en rioolplase, wat nooit onderhou word nie, munisipale infrastrukture wat in duie stort of Eskom wat nie krag lewer nie, korrupsie, staatskapings, misdaad en moorde. Dit word alles radikaal en kommunisties vernietig. Ons word toegegooi met die liberale en kommunistiese rewolusie na 1994. En na regte het dit sedert 1900 nooit opgehou nie. Gooi gerus ‘n groot hoeveelheid olie of riool in ‘n rivier af en sien hoe die besoedeling na twee dae lyk. Daar moet opgelet word dat riool en olie besoedeling nie vanself gaan verdwyn of regkom nie. Dit geld vir enige besoedeling, ook op politieke gebied.
*
Eie pad – ‘n internasionale pad van volksvryheid
Ons sit met gebakte pere juis as gevolg van liberale denkwyses en hul wyse van bestuur wat op ons afgedwing is – so ook met ons voorgeslagte toe die Boere republieke hul onafhanklikheid sou behou het (net voor Unie wording) in 1902. Boere was nog nooit gierig om die hele land of hul minerale te annekseer of selfs te regeer nie.
Die Britse regering het dit gedoen met hulp van die liberales wat saam met Britte voetjie-voetjie gespeel het – uit Rhodes se dae en die Frontier politieke party. Dis ook hoekom die Unie parlement begin is, sodat daar ‘n eenheidstaat gevorm kon word, alles in belang van al die minerale in die land wat deur die Britse wetgewings beheer is. Hiermee is die Vereeniging Vredesverdrag totaal en al geïgnoreer waar Boere hul onafhanklikheid sou behou het. Apartheidswetgewing is deur die Britte geskep en die blaam is na ons blankes, veral die Boere verskuif.
Dit is tyd dat ons konserwatiewe volkslede, al die politieke besoedeling en leuens wat oor ons afgedwing word, wegkeer en afskud, sodat ons weer volwaardige vryheid kan smaak en ons eie volwaardige ekonomie op die been bring.
Uitreiking en bemarking, gemeng met volkseie sekuriteit, is baie belangrik op elke gebied. Soos genoem, hierdie tipe besoedeling gaan nie net oor die horison vanself verdwyn nie. Die liberales het reeds in 1989 in Dakar besluit, dat regstellende aksie moet toegepas word. Dirk Hermann het nie om dowe neute sy voorlegging in parlement gaan hou en solidariteit se simpatie aan die ANC en regering getoon deur swart bemagtiging te steun en genoem hoe om van 750000 blankes ontslae te raak met behulp van wetgewings nie. Dit is alles op rekord en nie duimsuig nie – enige persoon is welkom om die Parlement se notules te gaan bestudeer. Ironies dat daar ‘geveg’ is om dit later by VN te stop in 2016 – daarvan het niks gekom nie.
Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations
Veelrassige organisasies – ABN
Eie volksekonomie
Daar kan en mag intussen aan alternatiewe gewerk word soos Boere en besigheidsmarkte wat kan plaasvind waar ons met mekaar besigheid kan doen en veral ons kennis en produkte uitruil. Onthou al die handelskoue wat in die verlede gehou is. Om handel te dryf begin altyd klein en dit groei na iets groots. So is dit met elke besigheid.
Fokus op volkseie besighede en gebiede waarop ons ‘n internasionale reg het om te herstel. Dis hoe ons mekaar se hande kan versterk. Die Boer as voorbeeld, koop ander produkte direk aan van ander besighede en omgekeer. So word die groei met elke besigheid gestimuleer. Die huisvrou koop op markdag produkte wat vars is en nie binne ‘n dag vrot word nie.
Indien daar ‘n groot en verbeterde diens is, sal Boere en alle volksbesighede groter raak. Gehalte produkte en bemarking is altyd belangrik. Fokus veral op organiese produkte in die voedselbedryf wat direk aan volksgenote verkoop kan word – dit huisves nie net ‘n gesonde leefstyl nie, Boere kan en sal dan ook beter pryse vir hul produkte kry as wat tans die geval is.
Die veiligheidsaspekte is belangrik. Albei besighede het sekuriteit nodig en opleiding vir hierdie bedryf het ontsettend noodsaaklik geword om misdaad te bekamp en veiliger te maak. Wees altyd paraat, want sodra daar op volkseie produkte gefokus word en daar word beter dienste verskaf, sal dit moontlik aangeval of infiltreer word soos ons teen hierdie tyd bewus is van.
*
*
*
*
Daar was ‘n liberale gesprek waarop gefokus word. Daar is slegs een oplossing, ‘n internasionale reg en ‘n eie onafhanklike grondgebied en land, waar ons deur ons eie leiers regeer word.
*
*
*
*
Haal aan: Die skeuring tussen die Nasionale Party (NP) en die Konserwatiewe Party (KP) op 24 Februarie 1982 het die volk “van bo tot onder middeldeur geskeur”.
Nee, die stelling is nie heeltemal korrek nie. Daar was nog altyd met elke volk konserwatiewes en liberales wat grootliks van mekaar verskil het in die verlede en dit steeds doen. Daar bestaan nie iets soos werk saam met mekaar en gee die hande aan mekaar al is dit ‘n hand vol dorings en bloed sedert oorname plaasgevind het. Dit het ook tydens die Anglo-Boere oorlog gebeur en hierdie is net ‘n herhaling van die gebrande aarde beleid van die Engelse wat voortwoed. Dit is presies die ‘hande neem’ wat na 1994 in werking getree het – ‘n vernietigingsproses en rooi rewolusie tot gevolg.
Haal aan: Daar het nie net ’n politieke rif tussen hulle ontstaan nie. Dit het ook gelei tot die skeuring van die Afrikaner se instellings soos die Afrikanerbond (AB), die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die NG Kerk.
Ook nie heeltemaal waar nie. Die Afrikanerbond, soos die res genoem, is niks van die konserwatiewe Boere en blanke minderheidsvolk wie se menseregte daagliks geskend word met swart bemagtiging. Broederbond aka Afrikanerbond is slegs oop vir bevoorregtes in die multi-kultuurgroep. Hoekom sal dit deel van ‘n volk wees as dit multi-kultuur is. Sprekers teenwoordig is almal multi-kultuur en behoort aan fw se ‘reënboognasie’ klas en is deel van Solidariteit se ABN groep, wat deel is van Soros en OSF.SA.
*
Haal aan: Die Erfenisstigting het ’n gespreksessie by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied waaraan Barend du Plessis, oudminister van finansies en NP-LV, dr. Koos van der Merwe, oud-KP-LV, en dr. Stoffel van der Merwe, oudminister van onderwys en NP-LV, deelgeneem het. Ds. Cassie Aucamp het die gesprek gefasiliteer. Daarna het dr. Pieter Mulder, politieke ontleder en voormalige leier van die VF Plus, en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, repliek gelewer.
(erkentenisse) Die sprekers was dit eens dat daar baie foute in die verlede gemaak is, maar dat dit geen sin het om vandag nog ’n wrok te dra, met woede te reageer of verwyte na mekaar te slinger nie. Daar moet eerder gekyk word na lesse wat geleer is en op oplossings vir die toekoms fokus.
Die spul wat hier teenwoordig was is eenvoudig net te voorskriftelik en om hul eie foute wat al sedert 1994 aan die gang is, te probeer doodvee met hul gewetes. Hulle is so ‘n handjievol en kan skaars erkenning geniet.
Liberale blankes moet ophou om aan die konserwatiewe blanke en Boervolk voor te skryf om nie wrokke te dra of met woede te reageer of verwyte rondslinger nie.
Voorstel is, los die konserwatiewe volk uit, daar is reeds teveel en genoeg skade aangerig. Die skeuring wat julle gevoel het in die 1980’s is julle probleem, maar is deur jul eie toedoen uitgevoer en nie deur die konserwatiewe volkslede wat nie lede is van multi-kultuur organisasies nie. Meeste van die samesprekings en probleme het op jul eie vlakke plaasgevind en agter geslote deure. Moenie verskonings soek vir jul dade nie en dit afwentel voor die konserwatiewe volkslede se deure nie.
*
Daar is slegs een oplossing en dis ‘n eie onafhanklike land, waar die volk kan besluit oor hulself en wie hulle regeer, nie die Afrikanerbond of Solidariteit of ander wat multi-kultureel is nie. Dit is in gebiede wat die 1994 volkstaatraad ondersoek was en uitgewys het waar ons in meerderheid is en steeds ons gebiede is.
Suid-Afrika se amptelike populasie bestaan uit verskillende volke en minderhede. Die swartes wat uit meer as 10 verskillende volke bestaan, vorm saam ‘n meerderheid. Die Zoeloes is sover die grootste volk, maar hulle is ook onder mekaar verdeel nes enige ander volk. Meeste bestaan uit liberales en konserwatiewes. Daar is ook erge radikale groepe veral onder die verskillende swart volke, met minder radikales in ander volksgroepe.
Gebiede verander nie, dit het ook nie ander volke se Kroongebiede, CPA of Trustgebiede verander nie. Indien daar miljoene immigrante daarom bly, is dit die huidige regering wat dit toelaat. Ons as volk moet ons eie grondgebiede met ons eie besighede versier en mekaar ondersteun.
*
Haal aan: Ons het die reg om van en met mekaar te verskil, maar dit moet met verantwoordelikheid gepaard gaan.”
Hoekom is daar vanaf 1982 tot 1994 nie met verantwoordelikheid gepraat met die konserwatiewe volkslede se belange van volle soewereiniteit en selfbeskikking nie, maar eerder gefokus op geheime vergaderings agter geslote deure met kommuniste was vir die oorgrote meerderheid lekkerder en aanlokkend was En dit vind vandag steeds plaas. George Soros se Open Society Foundation SA (OSF.SA) of Cato Instituut. Skielik moet daar met verantwoordelikheid gepraat word, geld dit nie weerskante toe toe die volk in 1994 totaal omseil is met oorgawe aan die kommuniste se vernietigings planne. Elkeen het daardie reg, maar die menseregte wat ons identiteit, geskiedenis, kultuur, Afrikaanse taal, vernietig het, het deur die toedoen van baie dinge gebeur. Elke volk het ‘n internasionale reg om hulself te regeer in gebiede wat geskiedkundig aan hulle behoort.
Haal aan: Du Plessis het verduidelik hoe daar uiteenlopende sienings oor apartheid was en hoe politieke leiers van die tyd gedink het dit is die oplossing vir die land.
Daar is uiteenlopende sienings oor ‘aparte’ gebiede, tog is daar net een weg wat reg is, die werklikheid wat rondom ons almal plaasvind. Hansards van parlement SA word gepubliseer – lees dit. Die werklikheid van 1994 en dit wat voor 1900 plaasgevind het.
Leer maar die werklike geskiedenis, oor wie apartheid geskep het. Die Britse kroon saam die swart, khoi san en griekwa leiers (hoofmanne). Verwys na wetgewings van 1854 (Shepstone) en 1894 (Rhodes).
Liberales moet ophou om die blaam van aparte gebiede voor konserwatiewe burgers se deure te plaas. Die ANC en ander partye doen dit reeds daagliks.
Daar is geen ander oplossing vir ons vorentoe waar ons ons eie soewereine onafhanklikheid verkry soos die destydse twee onafhanklike Boere republieke, wat internasionale erkenning geniet het.
Terloops, indien Hansards en notules van Parlement gevolg word, sal gesien word dat daar nog nooit afstand gedoen is van aparte gebiede nie. Net naamsveranderinge het plaasgevind met nuwe wetgewing, witskrifte en ooreenstemming met die 1996 grondwet.
Klink Ingonyama Trust bekend (ou Zoeloe gebied), sowel Richtersveld CPA, wat eens ‘n Britse kroongebied was wat aan Khoi san behoort het. Van hierdie groepe, het self van die beste grondgebiede wat in ‘n goeie reënvalstreke val, beset, net soos swartes dit in 1806 beset het, toe die Mfecane daaruit ontstaan het.
Dis nie Boere en blanke burgers wat dit op hulle afgedwing het nie. Nie eers Tuislande is op hul afgedwing nie, maar hulle het amptelik vir hul eie leiers, skole, gemeenskappe, tradisies, geskiedenis en taal, met verkiesings gestem daarvoor om selfbeskikking te bekom.
Al hierdie miljoene Swartes, Khoi san en Griekwas het steeds hul gebiede en kla steen en been hulle het geen grondgebiede nie. Tog is daar biljoene geallokeer en uitgedeel toe grondeise na 1994 begin is onder CPA/Trustgebiede. Van hulle het saad, trekkers, implemente, ekstra miljoene aan finansies en selfs produktiewe plase ontvang en hulle kan steeds niks wys nie. Selfs hul 8840 tradisionele leiers ontvang groot salarisse en byvoordele vanuit die staatskas nes hul genote in SA Parlement. Saam met die provinsiale en nasionale ministers en parlementslede is dit ‘n ietwat te groot hap uit ons belastings uit.
Haal aan: Koos van der Merwe het gesê Afrikaners het nog altyd die aanslae teen hulle oorkom. Van die vroegste oorloë in 1802 aan die Oosgrens tot die verliese wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gely is, het Afrikaners die ongelooflike vermoë gehad om ondanks aanslae op te staan en die suksesvolste land te bou. Volgens Van der Merwe was die skeuring die einde van die Afrikanervolk se vorige identiteit naamlik dat hul ’n volk in eie reg is wat hulself kan regeer. Hy sê soos wat daar ’n verandering in volksidenteit gekom het, moet Afrikaners vandag na die werklikheid, soos die bevolkingsaanwas van swart mense, in die land kyk. “Ons moet die toekoms bou op die feit dat ons volk nooit weer die land sal regeer nie, dat Afrikaners net self hul krisis kan hanteer en dat ons met selfvertroue ons plek moet inneem en ons talente moet aanwend.”.
Is lankal tyd dat hierdie sprekers hand in eie boesem steek, veral fokus op die liberale en klassieke liberale onderhandelings met kommuniste, waar die werklike konserwatiewe volksgenote nooit geken is in enige saak nie. Hierdie krisis wat ons vandag beleef, is uit en uit as gevolg van die sprekers en ander wat al heen is, se onderhandelinge met kommuniste, sonder om aan die konserwatiewe volksgenote se behoeftes van selfbeskikking te voldoen. Die Dakar gangers.
Selfbeskikking is ‘n internasionale reg en kan nie deur ander volke of organisasies of politic voorgeskryf word nie.
Persone soos Van der Merwe en ander moet ophou besluite maak namens die konserwatiewe volkslede en wat ons as volk die reg het om hulself te regeer of nie. Die spreker is ‘n kloon soos FW de klerk was oor magsdeling.
Konserwatiewe volksgenote skryf nie aan liberaliste voor of aan Ingonyama Trust of Khoi san se Richtersveld nie. Dus waarom moet die spul op ‘n verhoog klim en weer ons volk se regte verder aantas en verkleiner. Hou op om dubbel standaarde of liberale voorskrifte op ons af te dwing, dit word al sedert 1994 gedoen.
Selfbeskikking gaan nie oor AFSONDERLIKE ONTWIKKELING nie, dit gaan oor ‘n eie onafhanklike land en staat soos wat Botswana, Lesotho en Engeland is.
Ingonyama Trust oftewel Zoeloe tuisland, het nie verdwyn nie. Kroongebiede het ook nie verdwyn nie, het Trust en CPA gebiede geword.
Immigrante
Die hoeveelheid immigrante wat na 1880 hier ingestroom het, is nog ‘n punt en het niks met ons volk uit te waai nie. Daar is oor die 400000 swartes ingevoer uit Afrika om in die Britse myne kom werk het rondom die goud en diamantvelde. Diegene (Britte en liberales) wat hulle binnegenooi het, moet pa staan daarvoor. Pos die spul vir Engeland.
Na 1994 het die ANC die landsgrense oopgestel en elke denkbare immigrant is binne genooi. Selfs sommige gefinansier. Stuur alle immigrante, veral onwettiges, na al die Trust en CPA gebiede, waar slegs Khoi san, Griekwas en Swart stamme afsonderlik bly en kyk wat gebeur daarna.
Ons as volk, sal onsself verder ontwikkel, onafhanklik en met die vryheid wat elke volk toekom.
Met swart bemagtiging is dit net onmoontlik en dit is tyd dat ons as konserwatiewe Boer, Afrikaner en blankes eie land sonder rassisme aanpak en fokus op VOLKSVRYHEID. Swart bemagtiging is rassisme en diskriminasie, dit breek ons totaal en al ekonomies en fisies af.
Volkstaatraad 1994
Die gebiede was na 1994 ondersoek, die akkoord wat onderteken is, het ‘n wettige mandaat gehad. Die amptelike ondersoek toon presies waar ons gebiede, met dorpies, stede en plase is.
Al die ander volke fokus op hul aparte CPA en Trustgebiede, dit is tyd dat ons die aanbevelings van die 1994 Volkstaatraad ter harte neem en die gebiede , asook ander wat aan ons behoort, ons eie maak en daarop uitbrei en volle onafhankklikheid nastreef en internasionaal laat uitvoer. Ander volke gaan nie ons vryheid vir ons gee nie, ons moet dit self verkry nes ons voorouers dit gedoen het.
*
George Soros – OSF.SA – FW stigting – Grondeise: 1994
Legkaart vir ons volk se voortbestaan
Human rights violations – Menseregteskending
Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995)
Peoples international right to self-determination
Genocide – Vernietiging van ‘n volk
Immigrante – misdaad – statistiek
Discrimination and Racism – 21 March 2019
“Operation White Hatred” in South Africa
B-BBEE – violation of white people’s human rights – sport quotas
Whites – you are not welcome in your country
Grond eienaars: ANC regeringsplase
ongoing Revolution in South Africa
Die Ingonyama Trust was voorheen die ou Zoeloe tuislande, slegs vir die Zoeloevolk is en so het al die ander gevolg.
Zulu people – Ingonyama Trustland
Trustgebiede>Tuislande>Reservate
Traditional leaders South Africa: 8840
Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget
Khoi en San het ook na 1994 Trustgebiede gekry, sowel grondeise via die CPA (kommunale regte) wetgewing.
[…] Veelrassige organisasies – ABNABN en DinokengLiberale denke na 40 jaar […]
LikeLike
[…] Liberale denke na 40 jaar […]
LikeLike