nie-Volhoubare Ontwikkelings en vals fronte

*

Doelwitte en veral dubbel standaarde word meestal op alle vlakke van die samelewings toegepas.  Dit kom voor as vals fronte en propaganda veldtogte.   Dis veral ook op internasionale vlak aan die gebeur waar die moontlikheid bestaan dat daar meer inmenging vanaf die verskillende internasionale arenas plaasvind as om van onderlinge konflikte, diskriminasie en rassisme ontslae te raak.    Onafhanklike lande of selfs gebiede wat nie soewereiniteit geniet nie, kan nooit op dieselfde vlak gemeet word nie.  Misdaad verskil ook van land tot land om sekere groepe en gemeenskappe meer as ander te teiken.

Voorbeeld van VN se ‘volhoubare ontwikkelings’:  wat hul glo sedert 2015 begin beplan het:

Sustainable Development Goals - the United Nations. SDG. SDG Icons Save the  World Concept Stock Vector - Illustration of creativity, vector: 185371985

*

OPLOSSING – Herstel die Boere republieke en hul grondgebiede

Met Grondeise het die Zoeloes aanspraak gemaak op hul eie gebiede sowel ander etniese swartes en ook die khoi san en griekwas (ou britse kroongebiede).   Sedert Kodesa 1993 reeds.  Hul almal, saam die ANC het wetgewing in plek gestel om teen elke blanke te diskrimineer, maar ons mag as volk niks doen om daaruit te kom nie.

Al hul wetgewing wat sedert Kodesa ontstaan het, is aparte gebiede en daar is tans oor die 8840 tradisionele leiers net vir hulle, met aparte Huise vir Swartes en Khoi san / Griekwas.   Ons moet wegbeweeg onder die kommunistiese en liberale vlerkies.   Wetgewings en Hansards is oral beskikbaar.

OPLOSSING –  Daar is slegs een oplossing en dit is as Boere volk hul menseregte opeis wat onderdruk word en deur hul eie leiers regeer word.
Selfbeskikking is ‘n internasionale vereiste dat volke dit kan en mag doen.
Waarom mag sekere volke in Suid-Afrika voortleef in aparte Trustgebiede of Gemeenskaplike Eiendom Assosiasies (Grondeise), maar blanke konserwatiewes het geen regte daartoe of ‘n stem van hul eie nie?

Ons is binne in die nie-volhoubare ontwikkelingsland wat alles rondom ons vernietig.

*

Daar is geen burgers van een onder ontwikkelde land wat vergelykbaar is met ander onder ontwikkelde of selfs meer ontwikkelde lande nie.  Sommige lande het meer minerale wat ontgin word teenoor ander lande wat nie dieselfde tipe van geleenthede het of kan benut nie.    Sommige lande is meer gefokus op voedsel en landbou en ook nie vergelykbaar nie.   Dus sal armoede, onderrig, kultuur, hongersnood verskil van land tot land.

Sommige lande se bewoners het ‘n groot maatskaplike agterstand weens hul eie toedoen en verwag op heeltyd oop hande te staan as armoediges en sukkelaars.   Heelwat persone sal aanhoudend kla, ander die skuld gee en niks doen om hul uit die ashope van vernietigingsprosesse te verwyder nie.

Onderlinge etniese verskille en kultuurfaksies dryf sommiges etniese volke totaal in armoede en laat die spore van gevegte en misdaad wat seëvier.   Sommige volke, stamme en nasies sal eerder moeilikheid soek of selfs veroorsaak as om ander die son te gun skyn oor ander, Hierdie tendens is eeue oud en verskillende oorloë tussen stamme, volke en selfs nasies getuig daarvan.

Heelwat volksmoorde het so plaasgevind vir eeue, veral deur die magtiges en diktators wat die lande met ysterhande regeer.  Konflikte ontstaan omdat daar soveel minderheidsvolke in meeste lande is, wat deur die meerderheid regeer of selfs uitgewis word.

Die vals propaganda van ‘n beter lewe vir almal is regdeur Afrika te bespeur.  Die groot persentasie immigrante wat oral uit hul lande vlug weens hul eie omstandighede wat vernietig word, is nog ‘n voorbeeld dat niks hul armoede, werkloosheid en voedselsekerheid verbeter nie.    Nog voorbeelde is die miljoene onwettiges wat die grense van Amerika, die EU en ander lande toestroom vir ‘n plekkie in die son.

*

Internasionale vlak en minderheidsvolkse se menseregte

Al word daar biljoene op internasionale vlak spandeer as lokaas en propaganda,  sal nog eeue verloop waar niks ooit sal verbeter of verander nie .    Internasionale riglyne en vereistes word eenvoudig afgedwing, terwyl dit regdeur die kontinente, menseregte skend en nie aanvaarbaar is vir heelwat volke nie.

Alle volke het menseregte.   Onderlinge etniese volke het menseregte wat geskend word, maak nie saak hoe gering en klein so ‘n volk is nie.    Etniese volke verskil van mekaar en sal ook nie verander nie.   Elke land is uniek en anders as ander – hul landgrote en populasies verskil van mekaar.   Lande se etniese volklede op grondvlak wat verskil van hul regering het soms geen stem nie.   Hulle wat nie saamstem met veral openlike en vyandige rassisme, diskriminasie, misdaad, moorde, aanvalle en korrupsie word nie erken nie, maar vererger ook op internasionale vlak en ander lande se regerings wat dit ondersteun.   Dit kan ‘n verskil maak indien dit wel die geval was, maar dit is nie so nie.

Daar is heelwat dubbelstandaarde met die saamstel van vals demokrasieë wat geld, veral as daar minderhede betrokke is met openlike rassisme en diskriminasie (wetgewing in vals demokrasie).    Die internasionale kantore is in alle lande teenwoordig, dus waarom word dit nie aangespreek en gestop nie?

Hier in Suid-Afrika word dit al van voor 1994 toegepas op elke blanke volkslid en dan ontken die kommunistiese regerings saam hul politieke broers van ander politieke partye, dat dit die geval is en maak of dit regverdig is.   Geen rassisme en diskriminasie is of kan goed wees vir enige land nie, maar regerings oorsee ondersteun dit 100% met ooreenkomste tussen regerings wat gesluit word.

Min misdaad word op hoë vlak gestop – hofsake sloer lank en kos die slagoffers al hul geld om hul eie sake te dryf.   Die op topposisies, veral politici sal en gaan nooit ‘n verskil maak nie.  Daar is meer menseregte wat aan die misdadiger gegee word as die slagoffers wat geen menseregte het om veilig te leef nie.

Met verwysing na hierdie afgelope 100 jaar en veral die vals doelwitte, spesifiek die 2030 internasionale Agenda, is dit vir ‘n belastingbetaler vals uitdagings waarmee hoogs besoldigdes hul sedert hul ontstaan besig hou.   Waarom moet internasionale instansies voorskriftelik wees hoe om doelwitte in enige land te bereik as dit nie gedoen word nie.

*

2015

In 2015 het die Verenigde Nasies 17 doelwitte vir volhoubare ontwikkeling geskep en gemik om dit teen 2030 te bereik.   Kwansuis het al 193 lidlande van die Verenigde Nasies ooreengekom op hierdie 17 doelwitte om armoede te beëindig, voorspoed te verseker en die planeet te beskerm.  Na bykans 10 jaar is daar nie veel bereik nie.    Vir die 2023 projek uitdagings is daar glo meer as een doelwit geskep wat bydra tot die opbou vir slegs hul eie agenda in 2030.

*

VALS agendae 2030 propaganda …

Ironies word daar verskeie doelwitte genoem, maar niks word in enige land bereik nie.    Armoede sou kwansuis wêreldwyd gestop word, wat hongersnood sou voorkom het met ‘n meer veiliger en gesonder lewenstyl wat uiteindelik gehandhaaf sal word.   Werksgeleenthede sou verbeter word, sonder enige diskriminasie van velkleur, ras of etnisiteit.   Tog word dubbel standaarde, veral in Suid-Afrika en ook elders onder lidlande uitgevoer.   Die 193 lidlande het hul glo verbind om absoluut omgewings- vriendelik te wees, beter kwaliteit beveiliging, infrastrukture, behuising, elektrisiteit, water en sanitasie geriewe vir elkeen.  Dit sou alles meegebring het vir beter opleiding en opvoeding met ekonomiese groei in die wolke van die sewende hemel.     ‘n Klugspel is dit en nie net in Suid-Afrika van toepassing nie.

*
*
*

Agtergrond van die VN – ontstaan

Vier maande nadat die konferensie te San Francisco geëindig het, het die Verenigde Nasies amptelik op 24 Oktober 1945 begin met hul sogenaamde werksaamhede.   Nadat hul Handves deur China, Frankryk, die Sowjetunie, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State  en deur ‘n meerderheid ander ondertekenaars, goedgekeur is, het dit tot stand gekom.  Jan Smuts, van die Unie van Suid-Afrika (verbonde aan die Britse statebond) het ook van die inligting geskryf.

Nou, meer as 75 jaar later, werk die Verenigde Nasies steeds daaraan om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf, humanitêre hulp aan behoeftiges te gee, menseregte te beskerm en internasionale reg te handhaaf.  Tog is daar nou nog meer menseregte wat geskend word en nog meer armoede en misdaad wat plaasvind.

Terselfdertyd doen die Verenigde Nasies nuwe beplannings wat nie vir hom in 1945 deur sy stigters in die vooruitsig gestel is nie. Die Verenigde Nasies het kwansuis hierdie teikens in 2015 begin, wat hulle volhoubare ontwikkelingsdoelwitte vir 2030 noem om ‘n beter en meer volhoubare toekoms vir almal te bereik.

*

In suidelike Afrika voor 1900

Verskillende dokumente oor apartheid en sogenaamde agtergeblewenes word uitgelig waar daar nie onderwysgeriewe was nie.  Daar word niks vermeld oor die tydperk van Unie van Suid-Afrika wat onder Brittanje se beheer alles uitgeoefen het nie.   Onderrig vir swart en ander volke, is direk onder die vlerke van die Unie van Suid-Afrika gedoen en nie onder die 1948 regering nie.  Onderrig wat swak was in 1955 is aan wyle Dr Verwoerd oorhandig.   Ook dat aparte gebiede en wetgewings voor 1961 is deur hulself en Engelse beheer begin, lank voor 1910 – naamlik 1854 (Shepstone) en 1894 (Rhodes) onder Britse beheer.   Hier word die 1948 regering en hul volgelinge / burgers die skuld gegee vir die vals propaganda van die onstaan van apartheid en wetgewings.
https://www.un.org/site-search/?query=south+africa

*

Wat is en word bedoel met VOLHOUBAARHEID?

Met volhoubaarheid word die eindprodukte en kwaliteite as volhoubare projekte gedefinieër .   Op verskillende gebiede en fronte soos die klein en groot ekonomieë, voedselsekerheid en ekologieë kan dit volhoubaar wees wat met verloop van tyd volgehou kan word sonder dat hulpbronne uitgeput of die omgewing benadeel word in die guns van wie dit versorg en uitbou.

Volhoubaarheid is die vermoë van ‘n samelewing, gemeenskap en volk om hul hulpbronne en projekte bewustelik en verantwoordelik in hul guns te gebruik, sonder om dit te verswak of hul vermoë tot vernuwing te oorskry,  sonder om toegang daartoe deur toekomstige geslagte in te boet.   Die kwaliteit van die volhoubare bly en groei konstant, veral met die oog om dit in stand te hou, want sonder kwaliteit is daar geen volhoubaarheid nie.   Indien kwaliteit ontbreek, taan die volhoubaarheid van enige projek.

*

PILARE VAN VOLHOUBAARHEID

Volhoubaarheid staan normaalweg op drie, dalk vier pilare wat van land tot land, kultuur tot kultuur, volk tot volk en nasie tot nasie verskil.    Die pilare is totaal afhanklik van mekaar.

Indien enige projekte van ‘n volk of gebied, streek of land nie volhoubaar is of uitwerk  nie, is dit ekonomies onmoontlik om vol te hou.   Dit sal outomaties ‘n impak en invloed hê op die hart van ‘n volk, gemeenskap en kultuur se voortbestaan.   Werksgeleenthede sal of uitermatig bloei en uitbrei of dit kan die hart van so ‘n volk of gemeenskap tot stilstand ruk.     Soos ‘n klippie wat in die water val, sal dit outomaties uitkring na enige kultuurlewe, verbering op opvoedkundige vlakke en andersinds die volk in chaos dompel en ruïneer of verbeter.

Politieke fronte en valsheid onder demokrasie, kan nooit deel wees om volhoubare projekte te ontgin en te bewerkstellig nie, dus kan dit ook nie ‘n pilaar en fondasie regverdig nie.  Dit is nie net in Suid-Afrika die geval nie, maar in heelwat lande oorsee waar daar diskriminasie plaasvind teenoor minderhede.   Daar is eenvoudig teveel verkragtings, moorde, aanvalle, korrupsie en misdaad wat plaasvind om enige projek ooit te laat slaag as volhoubaar.

*

GENOCIDE – VOLKSMOORD

Indien wetgewings, soos swart bemagtiging en regstellende aksies deur ander etniese kultuurgroepe afgedwing word, kan dit volksuitwissing en volksmoord tot gevolg hê.   En om te dink dat regerings oorsee, buurlande, organisasies sowel die VN het geen steen aangeroer om na 1994 dit te stop nie.  Hulle is 100% bewus hiervan en laat dit toe.

Ambassadeurs is in alle lande teenwoordig.  Daar word daagliks samewerkingsooreenkomste gesluit en onderteken, wat swart bemagtiging en regstelaksies toelaat.   Daar word selfs op veiligheidsgebied militêre oefeninge uitgewerk deur verskillende lande wat deelneem of selfs wapens aangekoop.   Lees leer meer op verwante inligting en artikels.

Wetgewings wat spesifiek teen een minderheidsvolk opgestel en afgedwing word, is WETTIG aanvaar as hul demokratiese reg in ‘n opset soos Suid-Afrika sedert 1994.    In hierdie uitgestrekte land is daar verskeie blanke liberales en kommuniste,  indiwidue, internasionale lande en organisasies wat hul skuldig maak om diskriminerende wetgewings van die huidige kommunistiese stelsel van die SA Parlement te aanvaar, juis om ‘n minderheidsvolk uit te wis (volksmoord).

Daar is heelwat pogings sedert 1994 aangewend om die kultuurlewe van die minderheid blankes, die konserwatiewes en die Boer tot niet te probeer maak, deur hierdie minderheidsvolk se taal, kultuur, etnisiteit, tradisies en identiteit te probeer vernietig.

Let wel – GEEN volk kan volhoubaar ontwikkel en oorleef in sulke wetgewings van SA Parlement en omstandighede nie.   Nie onder die vlerke van kommunisme en meerderhede wat hierdie wetgewings in plek het nie.

*

DIE KLUGSPEL

NA 1994 skitter die VN en ander lande met hierdie doelbewuste pogings om ‘n sekere volk uit te wis

Na 1994 is Suid-Afrika se totale infrastrukture en netwerke totaal afgebreek.   Alle staatsentiteite wat goed-geoliede organisasies en besighede was, is in die proses van kommunisme (die vals front van demokrasie) vernietig.  Daar is niks meer van Eskom oor nie, en so kan elke ander staatsentiteit, die regeringvlakke 1-3 en selfs besighede, genoem word.   Besighede en maatskappye wat weens swart bemagtiging en regstelaksies, wat hul deure moet sluit, wat al die vals doelwitte gevoed het soos werkloosheid, armoede en misdaad.

Daar is tans meer armoede, werkloosheid, voedselsekerheid, korrupsie, verkragtings en moorde as voor 1994.   Niks is in plek nie, maar dis juis as gevolg van hierdie vals bodemlose put van ‘volhoubare ontwikkelings’, wat alles vernietig is.

Waarvoor is daar ‘n Verenigde Nasies wat moet toesien dat daar geen rassediskriminasie is en daar teen veral blankes in Suid-Afrika tot op onder grondvlak gediskrimineer word.   Daar is ‘n Verenigde Nasie kantoor in al hierdie sogenaamde 193 lande wat hul verbind het tot al hierdie vals front volhoubare ontwikkelings, maar in die plek het daar iets anders gekom.   Vernietiging.

Besighede en maatskappye wat aan hierdie top strukture behoort, wat ooreenkomste aangegaan het juis om hul eie agendae te voed.    Hul 2030 agenda is net vir hul bevoordeelde groepe geskep om uit te voer met al die finansies en korrupsies, geld wat daagliks gesteel word.   Dis juis om die werkers wat lojaal en hardwerkend is,  veral armes nog meer te besteel van ‘n lewe wat volhoubaar was.  Is dit waarheen al ons harde arbeiders en belastingbetalers se geld heen verdwyn – om hierdie top strukture en nessies sagkens uit te veer.   Dit geld ook vir swart bemagtiging en regstellende aksie in Suid-Afrika wat slegs die top rykes nog verder verryk en al hul families ‘n multi-miljoenêr ge maak.   (Shanduka)  Swart bemagtiging is reeds voor 1990 deur liberale blankes voorgestel dat dit hier toegepas moet word.

Die grondwet van 1996, is niks anders as die 1955 anc pac manifes, wat met die hulp liberale blanke netwerke,  ander regerings en Verenigde Nasies tot stand gekom het.   Daarmee word elke lid in parlement ingesweer.

*
*
*

Bronne

https://www.un.org/development/desa/dspd/2030agenda-sdgs.html

https://www.fertilizer.co.za/af/inligtingsentrum/volhoubaarheid

https://af.warbletoncouncil.org/sustentabilidad-3605

Wie beheer dit van toeka af?
https://www.un.org/en/about-us/history-of-the-un

Agtergrond – dis voorafgegaan deur ander organisasies
https://www.un.org/en/about-us/history-of-the-un/predecessor

Befondsings
https://www.un.org/en/unpdf/2030asd

VERWANTE ARTIKELS

Apartheid – 1854

Jan Smuts –  Churchill  –  Rhodes – apartheid  – British rules

United Nations  – apartheid

Finansiers in die SA Parlement
Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

Moorde en aanvalle op Blankes in SA

Jan Smuts – 1942 – 1948

Jan Smuts – Churchill  – Rhodes  –  apartheid –  British rules

Jan Smuts en Brittanje (44)

Jan Smuts : Blue on Blue incident Germany

Indigenous land (old homelands) –  Trustland  -CPA  – landclaims

Shepstone : Natal, roots of segregation

Pass Laws : British colony 1797

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

Richtersveld 1847

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

CPA’s in SA – 2021

Ingonyama Trustland (Zulu people)

1955 ANC Freedom Charter

ANC – Freedom charter 1955

Demokratiese rewolusie in SA na 1994

Farm Attacks-Killings February 2022

Plaasmoorde –  Farm killings

Die Witkruismonument wat jaarliks opdateer vir al die moorde in daardie jaar, elke kruis het ‘n naam wat aan ‘n familie behoort.  Daar is ander monumente wat ook name op het van blankes wat vermoor is op plase, plotte en gemeenskap

Witkruis monument 2021 White farmers killed in South Africa

Witkruis monument Augustus-September

Wit kruis monument 2019

Genocide – Vernietiging van ‘n volk

White attacks and killings in South Africa – farms

Farm attack Middelburg – Plaasaanval

Marteling en blanke plaasaanval deur swartes 27 Mei 2019

Plaasaanval – Farm attack (Pretoria)

Plaasaanval: moord Vorsterhoop Noordwes

Plaasaanvalle en moorde

Plaasaanvalle

Plaasaanval – Naka Drotsky

Moorde en aanvalle op Blankes in SA

Plaasaanval Moeka en Gina

Farm attacks/killings – and in towns December 2020

Farm murders – Plaasmoorde

Crime – Attacks and Murders

Genocide Watch, die stigter en direkteur van die Kambodjaanse Volksmoordprojek, en die stigter en voorsitter van die Internasionale Veldtog om Volksmoord te beëindig.  Dr Stanton verduidelik die  Agt Stadiums van Volksmoord

Genocide Watch, the founder and director of the Cambodian Genocide Project, and the founder and Chair of the International Campaign to End Genocide. He is the Vice President of the International Association of Genocide Scholars, and served in the State Department, where he drafted the United Nations Security Council resolutions that created the International Criminal Tribunal for Rwanda. Dr Stanton: Eight Stages of Genocide
Agt stadiums van genocide en vernietiging van volk

Dr Stanton:  Explaining of the Eight Stages of Genocide
Dr Stanton verduidelik die stadiums van genocide

.

GENOCIDE WATCH websites
Genocide webtuiste

Genocide Watch
Genocide se ou webtuiste belangrike inligting

Hier is ‘n paar name van plaasboere wat vermoor is…  This list of farm murders is not completed.
Plaasmoorde lys : Muur van Herinnering

Video’s wat besigtig kan word – Watch the videos

2011  WAR of the FLEA
Steve Hofmeyr War of the Flea – GENOCIDE

2012
Plaasmoorde van Suid-Afrika in Den Haag

2012
Vlaamsbelang in Europa oor Blanke Plaasmoorde

2018 still ongoing
Farm Murders 2018 Lauren Southern

Daar is nog baie video’s oor moordverhale  op youtube en media, veral sosiale media.

Verskeie plaasmoorde het sedert 1994 plaasgevind en sal afsonderlik geplaas word asook naamlyste.  

MALEMA EN SY DREIGEMENTE OM BLANKES UIT TE WIS
Malema uiter vele dreigemente om blankes uit te wis, een van die videos

.

WILMIEN – wie het hulle vermoor?
Wilmien and family: in Court


Plaasmoord opsomming 2011-2017 Aanvalle/Moorde

TLU – TAU opsomming van aanvalle en moorde

Plaasmoorde lys : Muur van Herinnering

***

Video about the annual event – 2018
Jaarlikse byeenkoms Augustus/September

Dit is ‘n feit dat daar in die verlede kommandostelsels in plek was teen die hoë misdaad op plase (aanvalle op beide mense en diere).   Vir die rekord:  Tussen 2001 en 2007 is plaasaanval- en moordstatistieke in hul jaarverslae ingesluit – plaasaanvalle .  Maar toe in 2007 het president Thabo Mbeki saam met sy minister van verdediging, mnr Lekota, skielik die ontbinding van die kommandostelsel aangekondig en sedertdien stel hulle ook nie op datum statistieke oor moorde en aanvalle saam nie.   Mnr. Mbeki en die parlement het belowe dit sal wees vervang deur ‘n nuwe stelsel wat deur die SAPD bestuur word, maar meer as ‘n dekade later het dit steeds nie gebeur nie.

It is a fact that in the past there were commando sistems in place against the high crime on farms (attacks on both human and animals.   For the record:  Between 2001 and 2007 farm attack and murder statistics were included in their annual reports – farm attacks.  But then in 2007, President Thabo Mbeki with his Minister of Defence, Mr Lekota,  suddenly announced the disbandment of the commando system and since then they also not compile up date date statistics about killings and attacks.   Mr Mbeki and parliament promised it would be replaced by a new system run by the SAPS, but more than a decade later this has still not happened.

EN DIE RADIKALES BLY SING EN HITS MENS AAN OM BLANKE BOERE TE VERMOOR

Video’s

“so-called struggle songs”

Mandela sings Kill the Boer song

Zuma song To kill the Boers

Malema to kill the Boers

At Coligny they also destroy all businesses and burn down houses of farmers
Coligny Kill the Boer song

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s