*
Wapenhandel tussen lande op al die kontinente is en was nog altyd binne sekere tydperke ‘n baie groot bedryf en dit sluit nie net die groot moondhede daarby in nie. Die aanbod en aanvraag in handel groei en is beslis groter as dekades gelede. Dit blyk ook dat sommige lande wat meer olie, minerale en finansies het, eerder gesofistikeerde wapens sal aankoop as om dit self te vervaardig. So word mineraal verrykte lande eerder ‘afhanklik’ van die groot wapenvoorsieners as om selfvoorsienend te wees. Daar is voor en nadele betrokke en lande doen hul eie navorsing en maak hul eie gevolgtrekkings .
*
Lees ook
Wapenhandel groot moonthede
*
KONFLIKTE
Konflikte is eeue oud en is nie 10 jaar gelede gebore nie. Elke land het ‘n plig en verantwoordelikheid teenoor hul burgers en hul land. Dit gaan nie net daaroor om hulself te beskerm nie, maar die wat die land help opbou ook. Daar is steeds heelwat konflikte wêreldwyd en die meeste groot moonthede voorsien van die lande binne-in of rondom konflikte van wapens om myns insiens, veral strategiese beheer uit te oefen.
Wapens word meestal gebruik as teenvoeter teen geweldadige invalle wat plaasvind veral faksies, volke en gemeenskappe wat mekaar haat en probeer uitwis. Heelwat meerderhede voer ‘n oorlog teenoor minderhede. Daar is groot meesters en oorheersers op die militêre fronte wat groot inkomstes maak in die aanvraag na, koop en verkoop van wapens. Dit word nie juis gedoen om hul eie veiligheid en beveiliging eerste te stel nie. In sommige gevalle is dit beslis so, daarom is daar soveel korrupsie.
Daar is en sal altyd ‘n aanvraag en aanbod wees vir die handeldryf in militêre wapens. Daar sal beslis ook korrupsie plaasvind op hoë vlak. Regulering van wapenhandel word op interne en eksterne vlak uitgevoer. Dit sal van land tot land verskil, maar kan ook groot wees.
Die manipulasie en dreigemente van boikotaksies vir wapenvoorsiening (aanvraag-aanbod) sal ook voorkom veral waar wêreldleiers nuwe, onder-ontwikkelde of selfs ‘minderwaardige lande” wat nie soveel het om te spandeer op die militêre vleuels nie. Oorheersing van groot moondhede oor kleiner lande kan dalk ‘n probleem skep veral waar ander direkte of indirekte handelsbetrekkinge voorkom. Heelwat konkelry en omkopery gebeur ook.
*
Hoe het dinge nie verander nie?
1970-2021 – kyk maar gerus self as daar ‘n oomblik is.
*
April 2022
Die Stockholm International Peace Research Institute (SIPRI) het militêre uitgawes vanaf 2018 op $1822 miljard geraam. Dit verteenwoordig ‘n relatiewe afname vanaf 1990, toe militêre uitgawes 4% van die wêreld se BBP uitgemaak het. ‘n Deel van die geld gaan na die verkryging van militêre hardeware en dienste van die militêre industrie. Die gesamentlike wapenverkope van die top 100 grootste wapenproduserende maatskappye en militêre dienste maatskappye (uitgesluit China) het in 2018 $420 miljard beloop, volgens SIPRI.
Watter land is die grootste wapenuitvoerder?
Wie is die grootste wapenhandelaar in die wêreld?
Watter land voer die meeste militêre toerusting uit?
Wat is die top 5 wapenuitvoerlande?
Watter land is bekend vir wapens?
Wapenuitvoer per land, regoor die wêreld
Amerikaanse wapenuitvoere 2021, volgens land
*
Daar word statistieke gehou oor wapennetwerke op alle kontinente en verskillende lande wat betrokke is. Die Stockholm Internasionale Vredesnavorsingsinstituut (SIVI – SIPRI) en die Wêreldbank hou gedetailleerde syfers oor internasionale wapeninvoere en -uitvoere. Elke groot konvensionele wapen van missiele tot radarstelsels en militêre vliegtuie word ingereken. Dit kom voor, hoe groter ‘n land is, hoe meer wapens voer dit in of uit.
Die naas produktiewe uitvoerder, Rusland, sien net die helfte soveel besigheid ($6,15 biljoen). Frankryk ($2,16 biljoen) is die enigste ander land wat meer as $2 biljoen is, met die res van die groot spelers van Wes-Europa wat minder bydra. Israel op sy beurt is eintlik ‘n netto uitvoerder van wapens ($1.26 B uitvoere vs. $528M invoere).
China voer, ondanks die feit dat dit die tweede grootste ekonomie ter wêreld is, slegs sowat $1,13 biljoen uit. Daar is doeltreffendheid in ‘n globale mark waar ‘n land eenvoudig wapens kan koop in plaas daarvan om alles by die huis te vervaardig. Australië koop eerder aan as om dit self te bou. Daar is ook baie streekskonflikte wat lande druk om die hoogste te bestee vir die nuutste militêre tegnologieë, soos Indië en Pakistan.
*
2019
‘n Interessante en donker prentjie, vertel hul eie stories en verhale – die invoer en uitvoer, die handeldryf in wapens wat verniel, vernietig, doodmaak. Hoe groter ‘n land se ekonomie, hoe groter en beter is hul invoer en uitvoere, nie net op wapens nie, maar ook op ander gebiede soos dienste, opvoeding, voedsel en klere.
Die VSA is nie ‘n klein land nie, want daar is 50 state wat tot hierdie magsposisie bydraes en handel lewer. Hulle staan verseker uit as die wêreldleier aan die stuur van sake met meer as $12 biljoen se wapens na ander lande. Om seker te maak, ‘n aansienlike hoeveelheid Amerikaanse wapenuitvoer gaan na Israel, maar daar is ook verskeie ander groot kliënte regoor die Midde-Ooste, soos Saoedi-Arabië, Egipte en die Emirate.
Die aanvraag vir die aankoop van wapens is groot. Heelwat konflikte heers in al hierdie lande wat wapens aankoop. Daar is groot lande wat eerder wapens aankoop as om dit self te vervaardig of selfvoorsienend te wees.
Soms is dit beter om laasgenoemde te handhaaf, veral as daar boikotte plaasvind en virusse versprei, waar handel beperk word.
*
Bronne
https://howmuch.net/articles/worlds-biggest-military-weapons-exporters-and-importers
https://www.statista.com/chart/17316/share-of-global-arms-exports-by-country/
Demografiese uiteensettings
Amerika
https://datacommons.org/place/country/USA/?utm_medium=explore&mprop=count&popt=Person&hl=en
Rusland
https://datacommons.org/place/country/RUS/?utm_medium=explore&mprop=count&popt=Person&hl=en
VERWANTE ARTIKELS
[…] Lees : Wapenhandel internasionaal […]
LikeLike