Plaasaanval Moeka en Gina

Vrydag 24 Augustus 2018 was ‘n donker en eensame aand vir twee bejaarde vrouens wat erge aanrandings en martelings moes verduur vir ‘n paar rand en koppies koffie asof hulle nie koffie elders kan gaan suip nie.     Die bejaarde vrouens van Roossenekal in Mpumalanga moes later die nag in die koue in die veld deurbring nadat albei die Vrydag ontvoer, eers fisies onmenslik aangerand en gemartel is vir geld. Moeka Gravina (70) en haar vriendin Gina Otto is die Vrydagmiddag in Otto se plaashuis oorval en aangeval. Gravina se broer,   Paul Breedt, ‘n familielid, sê sy sou die aand by Otto oorslaap wat in ‘n tragedie ge-eindig het.

Twee bejaarde vriendinne van Mpumalanga gemartel, aangehou en ontvoer

TRAUMATIES VIR FAMILIE EN VIR DIE WAT DIT MOES DEURMAAK

Die twee bejaarde vrouens, onwetend dat “terroriste” die huis binnegedring het,  is ingewag by die huis – die saak word ondersoek hoe hulle by die woning ingekom het.  Vermoedelik 4 tot 5 maar kan ook meer wees wat betrokke is by die aanval.   Nadat hulle vir ure gemartel en aangerand is, is hulle later toegedraai en soos dooie karkasse uit die een dame se voertuig uitgegooi of afgelaai en vir dood agtergelaat op eensame paaie, kilometers uitmekaar.  Beide was steeds vasgebind in ‘n stikdonker nag.   Deur die nag het swaarvoertuie en soekgeselskappe die een dame gehelp en mediese hulp is ontbied.  Die ander vriendin is eers die volgende dag gekry.  Aanvanklik is berig sy is vermoor.

Heelwat later in opvolgberigte (volgende dag),  is verneem die Polisie het met die terroriste slaags geraak, waarna een  doodgeskiet is terwyl ander gevlug het.  Twee vroue is in hegtenis geneem wat saam hulle was en verklarings is afgeneem.  Hul verhaal is op sosiale media bekendgemaak.

Misdadigers het ‘n baie lekker lewe in Suid-Afrikaanse tronke, terwyl dit die slagoffers is wat deurloop onder die eindelose geweld en misdaad.  Die beste tronke word vir hierdie misdadigers en tronke gebou, die beste voedsel en mediese behandeling, gratis inwoning en baie ander byvoordele.

Trane van bloed van dankbaarheid dat hulle nog leef het uit hul beskadigde oë gekom toe daar met hulle gekommunikeer is.  Watse tipe lewe het enige persoon na so ‘n aanval?  DIs wonderbaarlik dat hul dit oorleef het en gebede is dat Hy hul sal genees.

Traumatiese gebeurtenisse soos hierdie speel daagliks af, en sommige is erger en eindig by ‘n oop graf.   Volgens die regering, ANC liberale beweging,  is dit gewone misdaad.   En die slagoffers betaal vir al hierdie misdadigers wat gevang word in die luukse tronke terwyl die regering 15% VAT op alle uitgawes inkry.

.

Erg aangerand en beseer tydens ‘n plaasaanval:  Word steeds medies behandel.
https://bit.ly/2wpgt77

.

Two elderly ladies, both in their 70’s , were attacked on a farm in Roossenkal in Mpumalanga, tied up , strangled and assaulted, tortured to death and held for hours.   Then abducted in one of the lady’s cars and at a later stage thrown out of the moving vehicle at different spots on the road to Lydenburg, Mpumalanga.  

Anti Moeka was visiting her friend Gina Otto – (names obtained from Netwerk24)  – when the attack occurred at around 13:00 on 24 August 2018.
Gina was hit over the head with a firearm and she was wrapped in sheets and put in the boot of her friend Moeka’s car.   Later Moeka was forced to sit on the backseat and the suspects drove off with them on the road to Lydenburg.

The 2 ladies were thrown out of the car a few kilometres apart from each other.  Both still alive.    Later,  Moeka was found next to the road at around 21:00 by truck drivers and other citizens . She could give a description of her car to Police and the neighbourhood watch.   

Her eyes were bloodshot from the strangling and torture . She was taken to hospital.

Gina Otto was found on Saturday, 25 August at around 10:30 . She was found when she regained conscience and walked to the road where people found her .

Gina was taken via helicopter to a hospital in Middelburg . She is in a critical condition .
Police in Lydenburg spotted the car at around 02:00 in Lydenburg and a shootout ensued between suspects and Police.

One suspect was killed and one escaped .   Two women in the car was also arrested who the suspects apparently picked up in Lydenburg .

.

It is traumatic for all of us and specific family members.  Then, you get members of the ANC liberal movement and parliament, liberals, that tell openly that is ordinary crime.  Since when is that normal crime to torture people like that or kill in cold blood?    Why do you have to torture old people or children for a cup of coffee and money?   OR burn them with an iron?

Who is behind this tortures?  It is orchestrated!

.

Criminals do have a royal time, first class,  in jail, with nice food, the best medical services, a bed to sleep on while the victims must pay all those expenses and the government also take 15% Vat on all medical and other services, like security, etc.  So TAX payers are paying the bills of those criminals as well.

.

 

HARTSEERVERHAAL ONTVOU OP SOSIALE MEDIA

Bitter hartseer. Sterkte en gebede tannie Gina en tannie Moeka. Mag Vader julle styf vashou en vertroos.

I received this message this morning, about a full description of what happened with the two ladies form the #FarmAttack which were tortured and abducted:

“Hi tannie, ek wou al gistraand vir tannie die boodskap stuur, maar alles was so dol want toe ons by die hospitaal ry toe gaan my vriendin se dogter in kraam, was weer by ‘n ander hospitaal tot na 1 vanoggend.

Ek het tydens besoektyd by Midmed hospitaal vir tannie Georgine (Gina, soos sy gevra het ons moet haar noem) gaan kuier. Dis die een tannie wat aangeval en ontvoer was Lydenburg toe.

Sy lyk erg. Haar ou traantjies is ene bloed, nie skoon traanwater nie, maar bloed wat uitloop. Haar ogies potblou geslaan en duk geswel, bloedrooi binne. Sy was alleen en ek, my vriendin en sussie het dit goed gevind om te gaan hoor of daar enige iets is wat ons vir die tannie kan koop omdat sy nie van Middelburg af is nie. So het ons fondse gister middag ingesamel tussen familie en vriende om vir die tannie toiletries en ‘n blommeruiker te koop. Gelukkig was die blommewinkel reeds toe by die hospitaal, want toe ons nou lekker gesellig met die tannie kuier, toe sê sy dat sy nie blomme soek nie, so ons gaan nou vanoggend vir haar yogurt en sagte eetgoedjies vat waarvoor sy gevra het. Haar keel is rou binne want die een het bo-op haar gesit en haar gewurg.

Die storie loop so:

Tannie Gina het haar vriendin tannie Moeka gaan haal Vrydag aand om by haar oor te slaap. Hulle albei se mans is oorlede. Sy sê dis oudergewoonte dat sy en tannie Moeka eenkeer ‘n maand gaan shopping doen. Die tannie bly op ‘n plaas in Roossenekal, so hulle besluit gewoonlik tussen Middelburg en Lydenburg as hulle gaan shop.

Tannie Gina vertel toe hulle by die huis aankom het sy gesukkel om haar deur oop te maak. Sy sê toe vir tannie Moeka dat die deur nooit so sukkel nie, met die volgende probeer slag het die deur egter oopgegaan en was hulle dadelik oorval deur 2 swartmans wat reeds binne die huis was.

Die tannie sê dit het so gou gebeur en dit het haar paar sekondes geneem om te besef dis swartes wat hulle aanval. So was hulle herhaadelik geslaan en geld was geeis. Intussen het die 2 tannies vreeslik gebid en die bloed van Jesus oor hulle gepleit. Sy sê maar toe hoor sy hoe tannie Moeka haar laaste asem uitblaas, sy het gevra “hoekom Here” en toe vir ons vertel dat sy nou vir haarself moet baklei want tannie Moeka is doodgeslaan.

So het die een swarte ‘n band om tannie Gina se oë gebind, sy sê dit was die seerste seer want dit het gevoel of haar oë agter in haar kop inval so styf het hy die band gemaak, met die het die tannie bly bid, later in tale gebid dat die swarte sê sy moet stilbly en toe gaan sit hy bo-op haar en begin haar wurg. Sy sê sy het gevoel sy gaan dood, sy het gedink dis nou hier waar sy haar laaste asem gaan uitblaas maar toe baklei sy terug en kon sy sy hande van haar nek afkry.

So het die swartes begin geld eis. Die tannie gee toe geldjies wat in haar beursie was, hulle sit als toe in tannie Moeka se handsak, maar dit was nie genoeg nie, hulle wou meer hê. So verduidelik die tannie net vir ons dat sy kalm geraak het maar steeds bly bid het. Toe vra die swartes vir meer geld, sy maak toe of sy deurmekaar geslaan is. Sy sê toe vir hulle hoe moet ek onthou waar is die geld, kyk hoe het julle my dan geslaan. Ek is oud, ek kan nie onthou nie. Met die sê die een vir haar dat hy haar nou gaan verkrag as sy nie nog geld vir hulle gee nie. Sy vra hom toe wat is daai daar agter jou, die swarte draai om en kyk, hy antw dat daar niks agter hom is nie, sy sê toe kyk weer, daar staan ‘n engel agter jou. Met die raak hy toe weer ongeduldig. Sy gaan haal toe amper R2000 uit haar kantoor se laai uit. Steeds wou die swartes meer hê. Weereens sê sy maar ek kan nie onthou waar het ek die ander geld gesit nie, kyk hoe is ek geslaan, ons sal nou moet bid sodat ek kan onthou. So staan sy en die 2 swartes voor haar en sy begin bid. Klaar gebid vra sy vir die swartes het hulle saam gebid, albei se ja hulle het gebid, so sê sy maar sy kan steeds nie onthou waar is die geld nie, hulle moet weer bid en hulle bid weer. Die een raak toe ongeduldig en gaan haal haar strykyster en sê toe vir haar dat as sy nie nou die geld gaan haal nie, gaan hulle die yster warm maak en haar begin brand. Die tannie besef toe sy kan nie langer tyd koop tot 19:00 uur toe. (19:00 sal daar mense kom kyk of sy okay is as sy nie haar foon antw of as sy hulle nie bel nie, dis n roetine vir jare al) Sy gaan haal toe ‘n totaal kontant in n laai uit, maar so vra sy hulle om haar alleen te laat gaan, want sy se sy wil nie he hulle moet weet waar het sy dit weggesteek nie.

Nou is die swartes tevrede met die geld. Hulle sit toe weer die x bedrag in tannie Moeka se handsak in. Nou is die swartes gekalmeerd en praat heel mooi met die tannie. So begin dit skemer raak en die tannie vra hulle nou wanneer vlug hulle dit word donker. Die een se toe nee hulle gaan nie vlug nie, nog nie. Hulle soek nou koffie. Die tannie se toe vir hulle maar gaan maak vir julself koffie, julle weet mos nou waar is alles. 2 koppies koffies elk later toe rol hulle tannie Moeka op in die sitkamer mat. Hulle was ewe die tannies se bloed van die vloere af en los die huis netjies.

So vra tannie Gina wanneer hulle gaan vlug. Met die is haar karretjie nader getrek en hulle laai tannie Moeka wat opgerol is in die mat op die agtersitplek en druk tannie Gina langs haar in met ‘n kussingsloop oor haar gesig. Sy se die sloop was dun en sy kon deur die sloop sien en so loop die bloed uit haar oë dat sy hulle vra wat loop hier uit my oë, maar sy sê sy kan sien dis bloed, maar probeer weereens tyd koop tot 19:00

Sy vra toe vir die lang een wat is sy naam (hy was basies die leier as ek dit so kan noem) hy se toe sy naam, sy vra het hy kinders, hy se toe ja, hy het 2, is jy getroud vra sy, ja, maar my vrou bly in Groblersdal antw hy.

So vertel die tannie ons intussen van ‘n Simon werker wat al jare vir haar ouers gewerk het, ook vir haar en vir die boer oorkant haar, maar dat sy hom al vir ‘n tydlank nie meer sien nie.

Die korter swartman begin haar toe uitvra of sy vir Simon ken (nou sy ken hom, maar sy maak of sy geen idee het van wie hulle praat nie) sy maak toe swart vanne op en vra is dit bv Simon Mslango, nee se die swartman en hy beduie haar wie die Simon is. So bly sy se dat sy hom nie ken nie.

Nou begin hulle ry en hulle sê vir die tannie, jy moet nooit weer terug gaan plaas toe nie, ons gaan nie weer terugkom nie, maar ander gaan kom en hulle gaan jou doodmaak, die Simon het gesê ons moet plan maak met jou want jy pla hom.

Die tannie sien toe deur die sloop oor haar kop dat hulle die afdraai Lydenburg toe vat. ‘n Ent verder stop die kar en sy voel hulle trek tannie Moeka onder die mat uit en gooi haar uit die kar. Die tannie begin weer bid en vra die Here wat nou, Hy moet haar asb help want sy is sekerlik volgende, hulle gaan haar nou doodmaak. Paar kilos verder stop hulle en hulle gooi tannie Gina by ‘n aftraande bultjie af. Sy sê die gras was gebrand en dit was so seer toe sy daar afrol oor die hargebrande gras en sy kan nie keer nie want haar hande en voete is vasgebind met die sloop nog oor haar kop getrek.

So lê sy ‘n rukkie en vra die Here hkm het dit gebeur. Sy bid dan elke aand vir Sy beskerming oor haar, haar huis en die diere, hkm laat Hy dit dan nou gebeur. Terwyl sy sukkel om haar hande los te wikkel en toe haar voete los maak, besef sy maar die Here het haar beskerming. Sy lewe nog.

Nou kruip die tannie die bult op en as sy n kar sien dan kruip sy weg want sy is bang dis hulle wat terugkom vir haar. So raak die pad stil en sy gaan sit langs die pad. Daar kom toe n trok aan, maar sy se sy was te moeg en seer en stadig om weer weg te kruip. Die trok stop toe by haar. ‘n Swarte klim uit en vra haar madam wat het gebeur en die tannie vertel hom toe dat sy aangeval was. Hy se toe hy gaan die Polisie bel, nog n trok stop. Intussen kom daar n nog n kar wat stop wat toevallig by die afdraai moet ingaan van hulle eie plaas. Dis blanke mense en die tannie is verlig. Hulle laai toe die tannie op en ontbied hulp.

Intussen was die kar se reg nr aangemeld en opsoek. Die kar word toe tot by Spur in Lydenburg “getrack” waar die Polisie ‘n swart vrou in hegtenis neem en haar ondervra. Die swartmans het toe die 2 swartvrouens by Spur gekry. Meer as dit het tannie Gina nie meer geweet nie. Sy sê toe dat sy wel gehoor het een is doodgeskiet en die vrou sou glo die Polisie gaan wys waar is tannie Moeka se lyk. Tannie Moeka se handsak met al tannie Gina se geld was ook darm terug gekry.

Met ‘n wonderwerk en genade van bo het hulle tannie Moeka lewend gekry. Toe ek gister middag die hospitaal bel om te hoor of ons goedjies mag insamel vir die tannies het ons die goeie nuus gekry dat tannie Moeka net gestabiliseer word dan word sy ontslaan. Sy het 14 steke bo-op haar kop gekry en haar lyf is blou geslaan met ‘n sambok.

Tannie Gina wat nog onder die indruk was dat tannie Moeka dood is het gehuil toe die susters tannie Moeka na haar toe vat. Sy sê sy is so dankbaar sy leef, want sy sou haarself vir altyd verwyt het reeds omdat sy haar gaan haal het om by haar oorteslaap.

Tannie Moeka het toe n ruk by tannie Gina gekuier tot haar boetie haar gaan haal het.

Tannie Gina se dogter land vanaand vanuit Amerika en haar seun bly in New Zealand. Sy sê sy het n doodse vrees nou vir die plaas en wil nooit weer terug gaan soontoe nie.”

 

Advertisements

2 gedagtes oor “Plaasaanval Moeka en Gina”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s