Almal van ons is moeg vir korrupsie, misdaad, aanvalle en moorde. Dit word ook minder nie, ons in stede en dorpe loop ook deur, maar plaasaanvalle en moorde is baie erg vir elkeen van ons. Kan dit stopgesit word? Die monumente wat ons oprig is net ‘n stille hartseer wat nooit sal verbygaan nie. Ons huil op mekaar se skouers en ondersteun mekaar. Ons kan dit vir onsself beter maak in ‘n eie onafhanklike land, waar ons vryheid kan en mag geniet. Daar is opsies volkslede.
*
Menseregteskendings
Daagliks word ons menseregte geskend, nie net as gevolg van moorde en aanvalle nie, maar ook as gevolg van swart bemagtiging en regstellende aksie. Die reg tot lewe en reg tot ekonomiese vooruitgang, weg van rassisme en diskriminasie.
Die regering is vinnig op die been as iemand van hul eie politieke leiers aangeval word vir ondersoeke. Miljoene word spandeer daarop. Vir hulle is plaasmoorde en aanvalle ‘n normale en gewone kriminele oortreding. Selde of ooit word plaasaanvallers en moordenaars gestop of gevang vir die ernstige misdade wat hul pleeg. Dis ‘n skending van ons lewensreg hier. Dis ‘n skending om te mag lewe.
Veiligheid en voedselsekerheid
Die Blankes en veral ons Boere moet wakker slaap, een oog oop en dink daar is uitkomste.
Nêrens staan daar dat ons van die res van ons lewe vir ander moet sorg, terwyl dit juis die ander is wat selde of ooit opstaan teenoor plaasaanvalle en plaasmoorde. Ons kan steeds voedsel produseer, in ons eie land en uitvoer.
Gaan doen navorsing na diegene wat wel al gevang is, aan watter nasie en volk behoort hulle. Daar is menseregteskendings aan die gang en daar is opsies uit ons omstandighede. Dat wat Boere nou doen, kan onder veiliger omstandighede verrig word. Ons volksmense en veral ons kinders, verdien beter as dit. Heelwat vlug landuit, waarom word ons kultuur, tradisies en alles van ons volk opgebreek weens al hierdie aangeleenthede wat juis ons menseregte skend. Die wat oorsee sit en geld verdien, het ook ‘n reg tot lewe hier, waar ons volk is, waar ons land is, wat onafhanklikheid behoort te geniet.
SKADES
Die blanke Boere word nie net ernstig aangerand nie, maar vroue en kinders word blootgestel aan die ernstige skade van emosionele, fisiese, veiligheid en finansiële nagevolge, wat aan ons volkslede aangerig word. Indien Boere of huisgesinne hul teësit of selfverdedig, is dit kwansuis die Boer wat die aanvallers wou aanval of skade berokken, selfs vervolg word en word vals propaganda aan die klok gehang van hoe sleg die Boer hul werkers behandel.
Duur hofsake volg om die Boer uit die tronk te hou, weens selfverdediging. Heelwat van die aanvallers is ook immigrante uit Afrika. Misdadigers betaal GEEN sent of bydrae hiertoe nie.
Hoeveel eise is al teen die betrokke ministers ingesit vir al hierdie skades aangerig teenoor ons volksmense wat aangerand of vermoor is?
*
Die wenners van aanvalle op blanke Boere en plase/huise in dorpe en stede
Wie baat dus, veral finansiël of andersinds, by die moorde en aanvalle van Boere en gesinne? Indien Boere aangeval en spesifiek vermoor word, word daar ontslae geraak van nog ‘n eienaar en hul nageslagte op plase en pas dit die regering en hul grondhervormingsprosesse.
Wanneer daar mediese uitgawes en selfs versekeringseise, op ‘n Boer en sy gesin of familie asook werkers is na enige aanval, is dit die regering, hospitale en ander soos 15% BTW, wat as wenners vergoed word en na die regering toe kanaliseer.
Vuurwapens wat gesteel word, beland op die swart mark en ander eiendom, soos voertuie wat gesteel word, beskadig word, word ook soms nooit gevind nie. Vuurwapens op die swart mark word weer gebruik vir ander moorde en aanvalle. Indien dit vervang word is dit duur items wat vervang word. Hoe duur is vuurwapens nie?
Selfone wat gesteel word, het lang geskiedenis van familie en vriende verbintenisse en vertel presies waar misdadigers weer moet en kan toeslaan.
UITGAWES
Die regering dra geen sent by tot enige mediese onkostes, versekering of sekuriteit vir enige plaasboer en sy familie nie, dit word uit eie sakke uit gedra. Feitlik alle mediese onkostes en sekuriteit het 15% BTW wat aan die regering toegeken word. ‘n Goeie meevallertjie as dit op die langduur op alle plaasaanvalle, moorde en selfs nagevolge soos geestelike versorging en hulp. Sedert 1994 was daar al baie aanvalle en moorde. Indien daar by wonings en besighede ingebreek, geplunder of afgebreek word, is dit die Boer en sy gesin wat die uitgawes moet betaal, met die 15% BTW aan regering.
Indien die aanvallers en misdadigers gevang word, en slegs gewond is, word hulle goedgelowig in hospitale bygestaan en gratis behandel en kom alles uit ons belastingkas uit. Gratis dak oor die kop , maaltye, skoon beddegoed en die beste behandelings duur voort. Is dit beloftes wat gemaak is aan die misdadigers, of wat?
*
Dit is slegs die misdadiger, aanvaller en moordenaars wat die reg tot ‘n veilige lewe het, en nie die Boer of hul gesinne wat voedsel produseer nie.
Meeste van hierdie aanvallers en moordenaars kom in groepe, steel, roof, val aan, verkrag en maak dood sover hulle gaan en kom weg daarmee, juis omdat hulle weet die ANC regering doen niks daaraan nie. Wat ‘n gerieflike lewe het hulle nie. Oop grensbeleid en die misdadigers vlug met gerief oor die grense sonder om ooit gevang te word. Meeste van die aanvalle en moorde, is gerig op die blanke Boere in Suid-Afrika wat voedsel op ons tafels plaas. Dis hulle wat oë oral moet hê vir hul veiligheid en die van hul gesinne. Daar is soms waar werkers ‘aangehou’ of vasgemaak word, maar nie fisies aanrand of vermoor nie.
*
*
*
OPLOSSING VIR ONS PROBLEME
Indien ons padgee en ons eie land het, het hulle nie nodig vir swart bemagtiging, regstelaksies nie en kan hul dan maar hul eie moordenaars en misdadigers vet voer in hul tronke as hul aangeval word.
Volle soewereiniteit as ‘n volk, nie saam ander volke, wat nog nooit gewerk het nie. Ook nie federale of konfederale stelsels wat die meerderheid beheer en bestuur nie.
Die enigste ware oplossing is ons volkslede, moet ons eie onafhanklike gebiede verkry sodat ons meer kan fokus op ons volkslede se veiligheid en beveiliging sowel as om onder beter omstandighede werksaam te wees om te kan voedsel produseer.
Die enigste ware oplossing is ons konserwatiewe Boere en Afrikaner (blanke) volkslede, moet ons eie onafhanklike gebiede verkry sodat ons meer kan fokus op ons volkslede se veiligheid en beveiliging sowel as om onder beter omstandighede werksaam te wees om te kan voedsel produseer.
Ons as volk het ‘n internasionale reg tot ons eie regering en land.
Niemand keer ander volke hul eie gebiede of leiers nie, maar ons sin word as ‘apartheid’ gesien, terwyl dit juis die Britte is wat dit in 1854 en 1894 geskep het (Shepstone en Rhodes). Aparte wetgewings dateer meestal uit die ou Britse koloniale tydperke uit waarin hul ons gebiede geannekseer het. Tot die gewraakte ‘pasboek’ is deur die Britte (Caledon), ingestel.
*
Vals apartheid
Diegene wat dink as ‘n volk soos die konserwatiewe volksBoer en Afrikaner, selfbeskikking verlang, is dit apartheid, moet maar hul huiswerk gaan doen hieroor.
Suid-Sudan se minderhede was ook deur swart (op swart) onderdruk en het ook selfbeskikking verkry. En dit was beslis nie apartheid nie.
Apartheid het reeds in 1850 ontstaan toe die Britte al die swart en khoi san gebiede geannekseer het in hul koloniale magte . In 1900 met die Anglo-Boere oorloë is ons volkslede van ons grondgebiede, ZAR en Vrystaat, ook van ons vryheid en onafhanklikheid beroof. Dis steeds nog nooit teruggekry nie.
Onder die ANC en Britse Statebond
Sedert 1994 bly meer as 30 miljoen swart en khoi san steeds in aparte gebiede, terwyl dit ons as volk nie gegun word nie. Swart en khoi san volke het al hul ou reservate en kroongebiede behou. Dit was nog nooit van hulle vervreem of selfs gesteel nie. Hoe kan ons as volk iets steel, wat nog nooit ons sin is of was nie.
Na 1994, word dit ‘geëis’ onder CPA en Trustwetgewings (ANC regering) met oor die 8840 tradisionele leiers wat ons maandeliks onderhou. Heelwat kry byvoordele, soos selfone, paleise, hul vrouens het motors en bestuurders en onthaaltoelaes.
Die gebiede is almal apart van mekaar en word nie gesien as apartheid nie, want slegs hulle (khoi san en swartes) volkere mag op CPA’s en Trustgebiede, afsonderlik bly en het niemand anders toegang daartoe nie, behalwe dalk verhurings. Khoi san mag ook nie toegang of byvoordele ontvang van ander volke sin nie, of andersom. Hierdie grondgebiede (reservate en kroongebiede) word al sedert 1854 (Shepstone) beskerm onder die Britse statebond en 1910 grondwet, terwyl ons eie gebiede geannekseer is. Ons as volk het ‘n internasionale reg tot ons eie regering en land.
*
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rules
Niemand keer ander volke hul eie gebiede of leiers nie, maar ons sin word as ‘apartheid’ gesien, terwyl dit juis die Britte is wat dit in 1854 en 1894 geskep het (Shepstone en Rhodes). Aparte wetgewings dateer meestal uit die ou Britse koloniale tydperke uit waarin hul ons gebiede geannekseer het. Tot die gewraakte ‘pasboek’ is deur die Britte (Caledon), ingestel.
Hoe gaan die aanvalle en moorde oor nog 30 jaar lyk en vertoon?
*
In 2017 was daar ‘n debat in parlement en volgens hulle kan dit nie regtig bepaal word nie. Interessant dat al die inligting waarna verwys word, glad nie beskikbaar is om na te gaan nie. (Africa check). Dit word alles afgewater en inligting word gerieflik verwyder. Gaan na die Africa check se webtuiste, OSF.SA is onder andere een van hul finansiers (George Soros). Toevallig of wat?
2017
*
https://www.landbou.com/landbou/nuus/plaasaanvalle-en-moorde-so-lyk-syfers-20170914
*
RELEVANT / VERWANT
Farm Attacks-Killings February 2022
Die Witkruismonument wat jaarliks opdateer vir al die moorde in daardie jaar, elke kruis het ‘n naam wat aan ‘n familie behoort. Daar is ander monumente wat ook name op het van blankes wat vermoor is op plase.
Witkruis monument 2021 White farmers killed in South Africa
Witkruis monument Augustus-September
Genocide – Vernietiging van ‘n volk
White attacks and killings in South Africa – farms
Farm attack Middelburg – Plaasaanval
Marteling en blanke plaasaanval deur swartes 27 Mei 2019
Plaasaanval – Farm attack (Pretoria)
Plaasaanval: moord Vorsterhoop Noordwes
Plaasaanvalle en moorde
Plaasaanvalle
Plaasaanval – Naka Drotsky
Moorde en aanvalle op Blankes in SA
Plaasaanval Moeka en Gina
Farm attacks/killings – and in towns December 2020
Farm murders – Plaasmoorde
Crime – Attacks and Murders
[…] Moorde en aanvalle op Blankes in SA […]
LikeLike
[…] Moorde en aanvalle op Blankes in SA […]
LikeLike
[…] Moorde en aanvalle op Blankes in SA […]
LikeLike
[…] Moorde en aanvalle op Blankes in SA […]
LikeLike