1914 Rebellie: Suid-Afrika

Met die twee Anglo Boere oorloë nog sterk in die Boere se geheue, het ‘n Rebellie vlamgevat – een van hartseer en angs, een van opstand teen DIEGENE wat die volk sover uitgewis het.  Daar is heelwat inligting oor die 1914 Rebellie in SA.   EN…  Wie sal ooit vergeet wat in daardie Britse helkampe plaasgevind het en die oorlog wat op ons voorouers afgedwing is.    En dan kom liberales vandag uit Brittanje en noem dit was vir ons voorouers se beswil – dat plaashuise en voedsel alles afgebrand is,  kinders en ouers van honger omgekom het.

Image result for suid-afrika rebellie 1914

Beknopte oorsig van gebeure tydens die Rebellie van 1914 in Suid Afrika.

Weerstand onder Boere Afrikaners teen deelname aan die Eerste Wêreld Oorlog aan die kant van hul vyand van slegs twaalf jaar vantevore, naamlik Brittanje, en dit teen ‘n goedgesinde staat, was algemeen.

Die verradderlike verbreking deur Jan Smuts en Louis Botha van ‘n geswore belofte tydens Vredesluiting by Vereeniging op 31 Mei 1902 dat die volk se vryheid by die eerste geleentheid herwin sou word, was die direkte oorsaak van die Rebellie.

“Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie.

Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan… en wanneer ek dink aan die 30 000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie.” – Kommandant Jopie Fourie. Fourie is in die omgewing van Rustenburg gevange geneem op 16 Desember 1914, het voor ’n krygshof verskyn en is op 20 Desember tereggestel. Hy is die enigste deelnemer aan die Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het.

Volgens die Volkstem van 21 Desember 1914 het Generaal Smuts geweier om verskeie petisies vir begenadiging te ontvang voor eers ná die teregstelling. Fourie se teregstelling volg kort op die tragiese dood van genl. De la Rey op 15 September 1914 en die verdrinking van genl. Beyers in die Vaalrivier op 8 Desember 1914.

Verder het ‘n kommando van seshonderd man onder bevel van generaal Kemp Duits Suidwes-Afrika bereik ten spyte van hewige agtervolging deur ‘n oormag regeringstroepe onder bevel van Louis Botha, voormalige Boeregeneraal onder aanstigting van Jan Smuts.

Hulle sluit deur bemiddeling van generaal Manie Maritz ‘n Nie-Aanvalsverdrag met Duitsland namens Republikeinsgesinde Boere Afrikaners.

***

Related image

***

The 1914 Afrikaner Rebellion was an armed uprising against the British controlled Union of South Africa at the beginning of the First World War by Afrikaners (a.k.a. Boers) who sought to re-establish their independence.
Die 1914 Afrikaner-rebellie was ‘n gewapende opstand teen die Britse beheerde Unie van Suid-Afrika aan die begin van die Eerste Wêreldoorlog deur Afrikaners (Boere) wat onafhanklikheid nagestreef het.

Related image

*** ***

Rebellie 1914 Herdenkingsdinee Potchefstroom 3 Oktober 2014.

Toespraak: Professor A.W.G. Raath. Ons is eer verskuldig aan ons helde van 1914.

Hulle het onmenslike ontberings deurgestaan vir Vryheid en vir Reg gedurende die donker maande van volksverraad, ontnugtering, broederhaat en pyn.

Ons dink aan hulle wat met hul lewens betaal het, bekendes en andere; ’n generaal de Wet wat, reg aan die begin, sy lieflingseun Danie in ’n verradderlike hinderlaag deur regeringstroepe verloor het. Dit terwyl Botha hom skriftelik van ‘n Vrygeleide voorsien het om met president Steyn anderkant Bloemfontein te gaan beraadslaag. Sy woorde: “Dit was die eerste offer, nou moet ons deurgaan tot die end….”

Ons salueer helde soos generaals de la Rey, de Wet, Beyers, Maritz en Kemp; kommandant Jopie Fourie en elke offisier en manskap wat alles opgeoffer het vir die Vryheid van ons volk.

Ook ons geliefde volksman, oom Niklaas van Rensburg, wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het as diensbare instrument in die hand van GOD…. Ons besef opnuut by geleenthede soos hierdie hoe duur gekoop die vryheid was wat ons later sou verwerf. Ook hoe kosbaar dit is wat ons verloor het. Oor ons plig kan daar geen onduidelikheid wees nie. “Hoe kan ons?…..

Nooit kan ons die swaar vergeet nie…!!” Ons dank aan ons Skepper vir Sy genade oor ons deur die eeue. Ons sal volk bly solank dit HOM behaag wat oor alles beskik. En ons sal HOM eer tot aan die einde van tyd…..

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s