Wit kruis monument 2019

Elke jaar word daar nuwe kruise geplant, vir die persone wat gesterf het in ‘n plaasmoord. Van die persone wat die dag daar is met die opgradering, bring ook hulde en betoon eer aan geliefdes wie se kruise ons reeds geplant het. Die monument kry baie aftrek by die media in die buiteland, en daar is al baie beeldmateriaal gemaak van die monument.

Image result for wit kruis monument

6 SEPTEMBER – 8 SEPTEMBER 2019
Hierdie kruise is ter nagedagtenis van diegene vanuit die Landbougemeenskap. Die Witkruismonument is aanvanklik op 16 Junie 2004 met nagenoeg 1200 (sewe ton staal) staalkruise opgerig. Een kruis weeg 7kg. Van hierdie kruise is in die kruisvorm geplant, en oor die naasliggende koppies. Hierdie monument is n sigbare beswaar teen die plaasmoorde in ons land.

Elke jaar word daar nuwe kruise geplant, vir die persone wat gesterf het in n plaasmoord. Van die persone wat die dag daar is met die opgradering, bring ook hulde en betoon eer aan geliefdes wie se kruise ons reeds geplant het. Die monument kry baie aftrek by die media in die buiteland, en daar is al baie beeldmateriaal gemaak van die monument.

Selfs net een moord op n volksgenoot is te veel, nou gebeur dit daagliks! Mense raak woedend en wil reg, in eie hande begin neem! Is die wat ontsteld raak net n klein groepie wat alleen hierdie naaste liefde het of is dit n groter deel van die volk? Oor die sosiale media, braaivleis vure en ander plekke klink almal ewe ontsteld. Die opkoms by die kruise moet verbeter die 200 mense moet 2000 word! As daar nie n billike opkoms by hierdie dag is nie, moet mense maar ophou praat oor hierdie onderwerp, want dan het ons net n klinkende simbaal geword! Want dan bely hierdie volk net met hulle lippe dat hulle, hul naaste en volksgenote liefhet, mar hul harte le dan ver daarvan.

Die kruise is gelee tussen Pietersburg en Potgietersrus, in Limpopo, teen Ysterberg. Indien jy op die N1 ry, is dit duidelik sigbaar vanaf die N1.Volg die N1 vanaf Johaannesburg tot by die Zebediela Plaza tolhek. Volg verder die alternatiewe roete deur Potgietersrus. Net voor die volgende tolhek, kry u die bord Polokwane alternatiewe roete. R101. Volg die alternatiewe roete tot u die bord kry links wat se GEYSER. Draai af en volg die grondpad vir omtrent 800m, aan die linkerkant sal jy n huis kry. Dit is die eerste huis op daardie pad.. Daar sal borde wees vanaf die teerpad tot by die kruise.
Dit is ʼn dag van rou, vir baie persone in Suid-Afrika. Ons kom die dag bymekaar om eer te betoon, aan geliefdes en vriende, wat op die wreedste denkbare wyse gesterf het.
Daar is reeds persone besig wat help met die organisering van die byeenkoms vir 2019.
Navrae kan gerig word aan:
Lita Fourie 0604146129 tabita.fourie7@gmail.com
Navrae: Mariaan Harvey 0649690661
Baie dankie
Lita Fourie
0604146129

 

***

2018
In 2016 Mariandra Heunis lost her husband Johann as the result of a farm murder in South Africa. He was killed in front of Mariandra and their oldest daughter.  https://www.youtube.com/watch?v=7t8fYxT5s9w

***

Danie Van Der Westhuizen tree op by die Witkruismonument in 2017

***

2012

Die witkruis volksmoord museum/monument , gelee net anderkant Pietersburg Limpopo
Advertisements

2 gedagtes oor “Wit kruis monument 2019”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s