*
Eskom is nie enigste wat deurloop nie, maar net nog ‘n trappie na die vernietigingsproses vir die kommuniste om die land in totale donker en chaos te dompel. Die mening word gehuldig hulle is deel van agente van die NWO. Handgebare verraai heelwat persone met hul dubbel uitsprake. Eskom se swart bemagtigers wat vir al die gemors verantwoordelik is, is verstrengel in hul eie ideologieë en soms eie agendae. Daar word eenvoudig geen streep getrek dat al hierdie biljoene rande sal terugkom waar dit hoort nie.. Teen daardie tyd is daar nog meer geld landuit.
*
Alle bankrekenings van die spul behoort gevries te word en alle bates behoort verkoop te word. In artikels wat geplaas is van al die gesteelde biljoene rande, word bereken daar is nie 15% BTW bygereken nie. Dus is die spul verder besig om Belasting te ontduik deur die biljoene rande se ekstra inkomstes wat verkry is uit belastingbetalers se sakke. Die belastinggaarder is ook nie betaal nie, want verseker is dit nie belastingvry nie. Waar en wanneer kom al die banke en SARS in die prentjie rakende al die korrupsie?
Verseker het banke al hierdie biljoene korrupsie en geldwassery hanteer – dit sal goed wees om te verneem waar die Reserwebank staan hiermee.
*
Wêreldbank (en ANC Hitachi) en ander
Die skade aan Eskom se finansies deur die Wêreldbank, wat reeds uit 1951 dateer en in 2010 toegeneem het met die lening van $3,75 biljoen (R67 biljoen) wat die Kusile en Medupi-steenkoolkragstasies moontlik gemaak het. Eskom is tans in skuld van byna R400 biljoen. Die wêreldbank is bewus van al die korrupsie, en tog ploeter almal op hoë vlak voort. Die regering is direk vir al die korrupsie verantwoordelik, want hulle vereis dat Eskom bestuur swart bemagtigers aanstel wat juis daar is om te steel en af te breek. Die twee nuwe kragstasies dra tans niks by tot enigiets nie. Dis niks anders dan kaping van Eskom se totale balansstaat om kliënte in die donker te laat. Nou moet die regering ons belastingkas weer eens stroop om kapers gelukkig te hou.
Beide Medupi en Kusile is deur Eskom gebou, met Hitachi-ketels wat tientalle biljoene rande gekos het, en sonder die vereiste omgewingsingrypings in plek om besoedeling te voorkom – hetsy CO2, SO2, metaan of ander gevaarlike emissies – in flagrante verontagsaming van plaaslike en wêreldwye slagoffers.
Watter rol speel die BRICS Bank, China Development Bank, African Development Bank en bilaterale krediteure van die VSA, die VK, Duitsland en Frankryk met Eskom? Gaan dit oor die steenkooluitvoere – die een hand was die ander hand?
Al hierdie korrupsie en geldwassery het nie onder die huidige bestuurshoof gebeur nie.
The quickest way to reduce Eskom’s balance sheet — declare odious debt on Medupi and Kusile
Zimbabwe ook in doodloopstraat
Die proses van vernietiging het identies en stelselmatig afgespeel in Zimbabwe gegaan asook in alle kommunistiese Oos-blok lande. Die vorige regering en veral blanke liberaliste behoort saam die verantwoordelikheid te dra wat in die land aangaan, aangesien dit hulle is wat ons daarin gedompel het en ook die 1996 grondwet met bypassende wetgewings. Die huidige regering gebruik wetgewing om alles te kaap en te plunder.
BTW
Met die 15% BTW wat verlore gaan in die hele proses, is dit ‘n aansienlike bedrag as die korrupsie en geldwassery bygereken word. Hul redes vir borgaansoek, word aangevoer as Armoede – hoe belaglik klink dit nie. Hulle lyk nie een armoedig as hul kon wegkom met biljoene rande se sabotasie aan die land, plus alle burgers en besighede nie. Heelwat besighede moes hul deure sluit terwyl huishoudings heelwat elektriese toerusting verloor? Dus hoeveel werkers sit vandag, sedert die plundery begin het, sonder ‘n inkomste?
*
Wit olifante is gebou: ‘n voorbedagte plan – sit daar meer hieragter as wat ons dink?
Die afleiding wat gemaak word wat hierdie persone beplan het, is om soveel as moontlik uit die belastingbetaler se sak te steel (sabotasie van die ekonomie), sodat die nuwe kragstasies met die foute hoegenaamd nie kan funksioneer nie en later sal weer miljarde toegeken word aan vriende of familielede, of genootskappe oorsee, sodat hierdie ‘foute’ oorgemaak of herstel word.
Daar is geen waarborge vir ons as burgers en besighede dat hierdie ‘foute’ ooit gaan herstel nie. Daar is waarskynlik verskeie meer skakels hierby betrokke as gekyk word na die firma’s wat die werk aanvanklik gekry het met tenders, later is dit verhoog en nou is dit so amper ‘onherstelbaar’ wat nog meer biljoene sal kos om elektrisiteit te verkry.
Lees meer:
Sabotage inside Eskom 2020 report
*
Wie is betrokke by al hierdie Eskom legkaart van korrupsie, geldwassery, kapings, tenders asook sabotasie? Die biljoene wat gesteel word, is dit vir hulself of vir iemand anders wat hulle beheer?
Oktober 2022
Uiteindelik, na maande se aanskoue van Eskom plunderye, het Matshela en sy medebeskuldigdes op 27 Oktober 2028 in die Middelburg Gespesialiseerde Misdaadhof in Mpumalanga verskyn ná hul inhegtenisnemings. Die eenvoudige vraag is waarom word daar so gesloer met hierdie tipe van sake en dan word dit weer eens vir nog 6 maande of langer uitgestel.
Die mede-beskuldigdes in die Eskom-Koko-saak wat verskyn het, is die voormalige uitvoerende hoof van die SA Plaaslike Regeringsvereniging Thabo Mokwena, Koko se vrou, Mosima Koko, en sy twee stiefdogters Koketso Aren en Thato Choma. Eskom-projekdirekteur by Kusile Hlupheka Sithole, prokureur Johannes Coetzee en Watson Seswai wat moes verskyn.
Borgtogte is wel toegestaan en saak uitgestel na Maart 2023. So die spul kan nou vir 6 maande laaglê en lekker vakansie hou op al die strande van hul keuses met al die geld wat so gesteel is.
Koko is borgtog van R300 000 toegestaan. Sy vrou, Mosima en twee stiefdogters – Koketso Aren en Thato Choma – asook ‘n prokureur, Johannes Coetzee is vroeër in die Middelburg Gespesialiseerde Misdaadhof in Mpumalanga borgtog van R70 000 elk toegestaan. Om eerlik te wees moes hulle nooit borg gekry het nie.
[Update] Koko, co-accused granted bail in Middelburg Specialised Crimes Court
*
*
Die burgers en besighede van die land, gaan ten gronde omdat die tenders wat toegeken is deur Eskom se bestuur, aan vriende en families wat hulself nie net bevoordeel nie, maar hul kits multi-biljoenêrs gemaak het. Hul terreurdade is nie omdat hulle arm is nie, maar om die hele land se ekonomie skade te berokken . Daar is baie armes in die land met geen inkomstes nie, maar steel nie links en regs soos die spul misdadigers nie.
Hopenlik word elkeen wat hierby betrokke is, vervolg en verantwoordelik gehou om al daardie geld, met rentes, asook belastings aan SARS terugbetaal. Hierdie inkomstes wat hulle hulself mee verryk het, is belasbaar as ekstra inkomste. Met al die biljoene rande wat so gesteel is, kon al die steenkoolkragstasies herstel en opgegradeer word plus nuwe kragstasies gebou word.
Dis geld wat aan die belastingbetaler behoort is nie geld wat aan die regering of Eskom behoort nie. Dis ons wat so duur betaal en dan is daar nog plaaslike owerhede en staatsdiens, wat gratis elektrisiteit en water in hul krane en huise verlang. Hulle is almal misdadigers wat nie hul skuld vereffen nie.
*
MARGARET THATCHER OOR BELASTING INKOMSTE
https://www.youtube.com/watch?v=xvz8tg4MVpA
*
Omdat Eskom ‘n staatsentiteit is, is dit kommerwekkend dat die regering, wat veronderstel is om te bestuur, niks werklik aan al hierdie korrupsie, geldwassery vir dekades doen nie. Want hulle speel lekker rond met belastingbetalers se geld en inkomstes. Indien hulle finansies voorskiet aan entiteite, kom dit uit die belastingkas uit, wat aan ons bydraers behoort.
Die baie ernstige misdade het nie onder Andre de Ruyter plaasgevind nie. Tog word hulle onder die huidige omstandighede vrygelaat met ‘n paar duisend rand borg. Dit is ‘n erge graad van sabotasie teenoor die land wat eenvoudig dink borg kan hulle vrywaar teen die misdade gepleeg.
Terwyl dreigemente rondom hom klap, moet De Ruyter en sy bestuur heeltyd verantwoordelik gehou word vir alles wat Koko en ander vennote onwettig mee besig was. Selfs die ontwerpersfoute van Kusile en Medupi moet verhaalbaar wees van hierdie spul arrogante saboteurs. Dis nie die belastingbetaler wat hiervoor verantwoordelik gehou moet word nie, maar Koko en ander se meesterbreine wat alles uitgewerk het. Of dit net hy alleen was en of daar persone bo hom is wat voordeel getrek het, moet 100% aan die lig kom wie agter alles sit wat die hele land terroriseer met hul mag, kontrole en manipulasie.
Tenders
Manipulasie van tenders, kontrakte, aanklagtes van bedrog, geldwassery en korrupsie onder beheer van Koko is ‘n terreurdaad teenoor die hele land en sy burgers. Hierdie persone het ernstige skade aan die hele land aangerig, nie net aan Eskom nie. Heelwat besighede het gevou en werkloses tot gevolg gehad. Dit is sabotasie en behoort as sulks hanteer te word indien hulle skuldig bevind word. Myns insiens behoort hulle vir al die skades van die land nie op borg vrygelaat word nie, aangesien persoon soos Koko reeds verklaar het hy het besighede in ander lande. Waarom word hulle vryhede toegelaat, terwyl belastingpligtiges in donker moet sit en misdaad moet hokslaan?
*
Die NVG se Ondersoekdirektoraat het die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, sy vrou Mosima, sy stiefdogter Koketso Choma en ander in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Die aanklagte hou verband met ‘n multi biljoen rand kontrak wat Eskom in 2015 met die Switserse ingenieursmaatskappy Asea Brown Boveri aangegaan het.
*
Die video gaan oor Koko se verryking en die afbreek van Eskom in dieselfde tydperk wat hy in beheer van Eskom was. Waarom moet hy weer eens ‘n kans gegee word indien al hierdie korrupsie en foute van twee groot kragstasies, onder sy beheer plaasgevind het? Watse tipe ingenieur laat dit alles toe, wat hulself (moontlik) verryk en die land saboteur?
*
In die hof word daar nie juis enige spyt of emosie gewys oor al die korrupsie en geldwassery nie. Misdadigers dink almal dat die belastingbetalers hulle iets skuld, terwyl hulle die hele land, (met opset?) in chaos gedompel het met hul misdade en terreur.
Koko beweer dat armoede die grootste rede is, wat belaglik is. Dit is inderwaarheid geen reg om soveel geld van ons belastingbetalers te steel en die hele ekonomie tot ‘n val te bring nie. Daar is miljoene armes in die land, wat nie links en regs steel nie en nie as misdadigers of terroriste uitdraai nie. Die armoede stories word voorgehou as ‘n skuiwergat, kom voor as leuens, veral omdat hy net teveel ‘gereis’ het na ander lande toe – reis en armoede gaan nie regtig saam met mekaar nie. Om te reis bring hoë koste mee. Belaglik.
Matshela Koko en sy mede beskuldigdes.
https://www.youtube.com/watch?v=hUa1o1A-EjE
*
Dit is verblydende nuus dat die voormalige Eskom-baas in hegtenis geneem is in verband met ‘n multi biljoen rand-tender wat in 2015 aan ABB toegeken is om stelsels by Kusile-kragstasie te installeer. Matshela Koko se stiefdogter, ‘n aandeelhouer van Impulse International, was as sub-kontrakteur by ABB aangestel. Impulse International het R549 miljoen op die transaksie gemaak, met minstens R30 miljoen wat aan Koko se stiefdogter gaan, en ‘n verdere R28 miljoen wat in beweerde omkoopgeld aan ABB-werknemers en ander ongeïdentifiseerde individue uitbetaal is.
*
Agtergrondsinligting – betrokkenheid
2019
Die ANC het dit kategories gestel dat die organisasie nie betrokke, geïmpliseer of genader is om te antwoord oor enigiets wat verband hou met die aanklagte wat teen Hitachi gebring is nie. Die ANC was verder nie betrokke by die transaksie tussen Hitachi en Chancellor House nie en het ook geen inligting oor enige onbehoorlikheid wat verband hou met die toekenning van die Medupi- of Kusile-kontrakte aan Hitachi nie.
212. Skokkende nuwe syfers toon dat die konstruksie van Eskom se Medupi-, Kusile- en Ingula-kragsentrales ‘n orgie van plundering veroorsaak het, met 11 kontrakteurs wat nou ondersoek word vir die steel van ‘n verbysterende R139 biljoen.
223. Die voormalige Eskom-uitvoerende beampte, Matshela Koko, is daarvan beskuldig dat hy onreëlmatig ‘n tender van R800 miljoen aan ‘n maatskappy toegeken het gedurende sy tyd by die kragvoorsiener, Eskom. Die Sunday Times het berig Koko het die multinasionale ingenieurs maatskappy Asea Brown Boveri (ABB) kontrakte ter waarde van R6,5 biljoen gewaarborg as hulle werk aan die Kusile-kragstasie sub-kontrakteer aan ‘n maatskappy wat deels besit word deur sy stiefdogter, Impulse Internasionaal.
224. In dieselfde week wat die energie reguleerder Nersa Eskom ‘n stewige tariefverhoging toegestaan het, het die kragvoorsiener glo R12 biljoen betaal vir gebrekkige ontwerpe by een van sy kragstasies – met ‘n bykomende R1 biljoen wat aan dieselfde firma betaal is vir herstelwerk. Die City Press het berig dat ‘n vertroulike tenderverslag vir Eskom getoon het dat die kragvoorsiener ‘n blanko tjek aan ‘n Amerikaanse firma gegee het om die Kusile-kragstasie te ontwerp – wat hy toe vir R12 biljoen gewissel het.
226. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) kyk na die diefstal van R170 biljoen van Eskom, het die Sunday Times berig. Die verslag het gesê dat van hierdie syfer, R139 biljoen verband hou met 11 kontrakteurs wat gehelp het om die Medupi-, Kusile- en Ingula-kragsentrales te bou. ’n “Orgie van plundering” word vermoed in kontrakte wat deur Eskom uitgedeel word – en wanneer dit gekombineer word met ander verliese weens staatskaping, kan die totale bedrag van plundering by Eskom R500 biljoen beloop. SOE het bevestig hy kyk na kontrakteurs wat aangestel is om sekere Eskom-kragsentrales te bou en sy ondersoeke is wyd.
285. Die voormalige Eskom-baas Matshela Koko is geïmpliseer om ‘n maatskappy opdrag te gee om werk aan die Kusile-kragstasie te sub-kontrakteer aan ‘n firma met wie hy bande gehad het, “as ‘n leiding tot sy voordeel”. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) volg bewerings deur die wêreldwye ingenieursreus ABB dat Koko hom gedwing het om werk aan die Leago-groep te sub-kontrakteer. Drie maande gelede het die Sunday Times onthul dat ABB aan die SIU gesê het Koko het hom glo R6,5 biljoen in kontrakte met Eskom belowe as hy Impulse Internasional sou sub-kontrakteer. Koko se stiefdogter, Koketso Choma, was ‘n direkteur by Impulse, wat ‘n kontrak van R800 miljoen van ABB gekry het. Koko het ABB se bewerings van die hand gewys. ABB het in 2015 ‘n kontrak van R2,2 biljoen met Eskom vir Kusile gewen. ABB is een van 11 internasionale firmas wat die SOE ondersoek. Verlede maand het ABB sy kontrak met Leago beëindig. Leago betwis die besluit. Volgens ‘n e-pos van Leago se Kevin Moodley moes die maatskappy 13 ingenieurs aflê as gevolg van die verlies van die kontrak. Michael Isaac, ABB-woordvoerder, het gesê die Leago-kontrak is beëindig, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.
291. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek 11 kontrakteurs vir diefstal van ‘n verbysterende R139 biljoen tydens die bou van Eskom se Medupi-, Kusile- en Ingula-kragsentrales. Vanuit die binnekring van Eskom word gesê die totale koste van Eskom-plundering kan sowat R500 biljoen beloop, wat uit 2005 dateer. Nazreen Pandor, woordvoerder van die SIU, het gesê die eenheid ondersoek die diefstal van R170 biljoen van Eskom – waarvan R139 biljoen direk verband hou met kontrakteurs wat aan die kragsentrales werk. Sy het gesê dat die eenheid na ‘n “intensiewe omvangsbestek-oefening” onder meer geprioritiseer het om “die prestasie van en betaling ter waarde van meer as R139 biljoen aan 11 geïdentifiseerde kontrakteurs wat deur Eskom aangestel is ten opsigte van die Medupi, Kusile en /of Ingula-stasie”.
LEES MEER:
*
RELATED ARTICLES
Daar gaan nog lank betaal word vir hierdie “foute” wat ingebou is, sodat die bestuur in beheer ons belastingbetalers kan melk hiervoor. Hulle is waarskynlik betaal deur ander bo-oor hulle om dit enduit te voer.
Sabotasie word verseker baie lank ondersoek
Sabotage at Eskom – terrorism
Wie se planne was dit, sodat Eskom nie aan die kragvoorsiening kon voldoen nie
Eskom design faults
South Africa after 27 years
Escom and the stages of loadshedding – Beurtkrag
Escom power to Africa and South Africa
Sabotage inside Eskom 2020 report
You at Eskom have only “ducks” – your excuses are ducks.
Eskom “duck and dive a zero duck jive in a duck economy”
Eskom and Africa
Eskom inligting en jaarverslae – Information
Enel Green Power RSA (EGP) RSA
Onthou die IPP’s … WHAT ABOUT:
Eskom>AREP>IPP – Ramaphosa>Motsepe>Radebe
Eskom: IPPP: B-BBEE- Karen Breytenbach
R131 billion for renewable electricity
Gordhan (what future with Eskom) – Ramaphosa
Eskom is a failure – Eskom se wiele is pap en leeggesuig
ESKOM – Trillians – Guptas – State capture
Capture of people – Black Empowerment – Zondo
Corruption Eskom SA Nuclear Korrupsie
Corruption – Eskom – Parliament
SA Parliament Eskom 2 September 2020
Eskom information and off grid systems
Eskom inligting en jaarverslae – Information
Eskom corruption – Michael Lomas
May 2020 Transformer theft – Diepsloot
*
2019
Nersa, Salga and Municipalities
Eskom – Koketso Choma – Matshela Koko
***
Eskom – “new plans from Ramaphosa”
Eskom : Ramaphosa – Motsepe – gas
B-BBEE – swart bemagtiging – Motsepe
Precious Elizabeth Makgosi Moloi-Motsepe
Strangled Eskom “PYRAMID SCHEMES”
[…] KRAG onderbrekings en beurtkrag het reeds voor 2008 ontstaan.Tydens ‘n ete het Mbeki verskoning gevra – is leuens – toe al was alles vooruitbeplan.https://www.iol.co.za/news/politics/mbeki-apologises-for-sa-power-cuts-382421Hier word beurtkrag ook uitgewys waar en wanneer dit begin het, so ook al die korrupsie en diefstal, die verkeerde tenders.https://www.dailymaverick.co.za/article/2019-12-09-twelve-years-of-load-shedding-written-starring-directed-by-the-anc/*Korrupsie het daagliks plaasgevind. Die onwettiges steel daagliks krag van lamppale af, sonder om een sent daarvoor te betaal. Dis in hul kultuur, om alles gratis te kry en te ontvang.Loadshedding Eskom beurtkragEskom Soweto onwettige elektrisiteitEskom Soweto R3.6 bn ander wanbetalersSoweto and others claim free electricityMatshela Koko en ander in hof: Oktober 2022 Eskom […]
LikeLike
[…] Matshela Koko en ander in hof: Oktober 2022 Eskom […]
LikeLike
[…] Matshela Koko en ander in hof: Oktober 2022 – EskomZondo – Barbara Hogan – Gordhan – Zuma – GuptasEskom – OracleSabotasie – skending van menseregte […]
LikeLike