*
Ramaphosa het hom tydens die amptelike kroning daartoe verbind om saam met die AmaZulu-koning, MisuZulu kaZwelithini, te werk in die regering se strewe om die land te ontwikkel. ‘n sertifikaat van erkenning is aan die Koning oorhandig. Vele beloftes is gemaak om die lewens van die mense te verander en om landelike gebiede te omskep in plekke van ontwikkeling en voorspoed en tradisionele leiers word as die ware bewaarders van die kulture en erfenisse gesien. Ware oases wat nie geskep gaan word nie, sal oor 20 jaar waargeneem kan word, die afbreekproses in wording. Waarheen is al die korrupsiegelde?
*
Moses Mabhida se uitvoerende sjef Thobile Khoza het gesê die spyseniering vir die koning se kroning was bedoel om 4 000 VVIP’s te voed. Khoza het gesê die spyskaart is ‘n mengsel van tradisionele en Westerse kookkuns, aangesien die seremonie deur mense van verskillende kulture bygewoon is. Vandag se gebeurtenis is glo die laaste grondwetlike ritueel van die koning en koning Mswati III van Eswatini-koninkryk. Prins Mangosuthu Buthelezi, hoofregter Raymond Zondo, sal later die dag ‘n sleutelrol speel.
*
Voormalige staatshoofde en ministers sou ook aan die seremonie deelneem waar minstens 5 000 hooggeplaastes verwag is. Sowat agt monarge van Afrika-lande het bevestig dat hulle sal deelneem aan die geskiedkundige seremonie van mag wat deur Ramaphosa aan Misuzulu oorhandig word. Dit was bevestig dat ‘n Britse koninklike afvaardiging van Wallis ook die geleentheid sal geniet waar verskeie staatshoofde ook teenwoordig sal wees.
Die polisie en sekuriteit was ook teenwoordig dat alles vlot kan verloop. Die vraag kan gevra word, hoe word ons as burgers beveilig as daar protesaksies volg en alles plunder en afbrand. Dan skitter die Polisie in hul afwesigheid.
https://www.iol.co.za/news/south-africa/kwazulu-natal/watch-police-assure-people-that-zulu-kings-coronation-is-safe-to-attend-amid-terror-threat-in-sandton-b6133587-effa-421f-8b7a-110da2e8ad42
*
MOSES MABHIDA STADION
MisuZulu
https://www.youtube.com/watch?v=fLUtTQ8ibIs
*
Buthelezi
https://www.youtube.com/watch?v=sBswCQ4sgbc
*
Presentation Misuzulu
*
Ramaphosa het die sertifikaat van erkenning aan AmaZulu-koning Misuzulu kaZwelithini oorhandig voor meer as 40-duisend mense by Durban se Moses Mabhida-stadion.
https://www.youtube.com/watch?v=SisiyWcB8y0
*
Verrigtinge met Misuzulu en Buthelezi
https://www.youtube.com/watch?v=lYK8unvWBUc
Patrice Motsepe was ook bedank vir sy deelname – wonder hoeveel is hier geskenk en gedoen deur regering en beveiliging? Indien ons land en minerale, wat deur Brittanje geannekseer is in 1902 (na die AB), steeds aan Brittanje behoort, waarom word ons Boere en blankes die skuld gegee vir aparte gebiede, wat steeds apart bedryf word? Al hierdie elites gee nie om wat word van die armes op grondvlak nie.
https://twitter.com/sabcnews/status/1515288095150817288
*
*
Meer agtergrond
Tradisionele leiers stap die pad saam met die huidige anc regering en hul wetgewings.
Development of One Plan – Ramaphosa
*
Hierbo is ‘n paar lewendige bewysstukke dat aparte gebiede, aparte instellings steeds na 1994 voortbestaan. Inderwaarheid het dit al by Kodesa begin – Ingonyama Trust vir byvoorbeeld slegs vir die Zoeloe volk. Nadat die grondwet in 1996 goedgekeur is, is daar nog meer rassistiese en diskriminerende wetgewings geskep om dit in stand te hou om alles te wettig. Spesiale vergoedings en byvoordele wat steeds plaasvind in Suid-Afrika slegs aan die verskillende Khoi san, Griekwas en Swart volke.
VERENIGDE KONINKRYK
Die regering van Brittanje het voor 1900 alle grond geannekseer, ingesluit die Boere Republieke, wat myns insiens onwettig gedoen was onder die Vredesverdrag. Ons het nooit saam die Unie van SA gehoort nie. Hulle het in 1902 ook minerale regte geannekseer (myne) – goud, diamante en ander. Dis hulle wat kommunale regte begin implementeer het – Shepstone 1854 en Rhodes 1894 (wetgewings uit London).
Na 1994 en geskiedenis
Wyle dr Verwoerd wou aan al die mense hul onafhanklikheid besorg het, en is daaroor vermoor.
Grondeise, onder VGE (Verenigings vir gemeenskaplike eiendom – CPA = Communal Property Associations ) wetgewing, wat slegs vir hulle wat eis voorsiening maak en politieke leiers wat nie kon wag om die klem te plaas dat blankes hul grond gesteel het is so vol leuens gepomp.
Die media hardloop met die vals berigte dat blankes en veral Boere die grond gesteel het, wat onwaar is. Nog nooit was daar enige bewyse hiervoor nie, wel dat baie ooreenkomste bestaan, waar swartes grond beset het ongeveer na 1810, wat ook verklaar was as Niemandsland. Swartes het ook nie enige grondgebiede aangekoop destyds nie, want hulle kom uit middel, bo en Wes-Afrika.
Voor die Anglo-Boere oorloë was feitlik alle grondgebiede geannekseer. Die Boere republieke is vir heel laaste gehou om te oorwin saam minerale regte wat in 1902 geannekseer is. Al wat na 1994 gebeur het, is dat Tuislande, wat eens Reservate was, en Kroongebiede was, verander en met ‘grondeise’. vervang is. Sodat dit moet lyk of die vorige regering al die gebiede afgeneem of gesteel het. Dit is vanaf Kodesa met nuwe wetgewings vir twee Afsonderlike Huise vir Swart en Khoi San / Griekwas vervang en staan die gebiede grotendeels as VGE of Trustgebiede bekend.
Al hierdie tradisionele grondgebiede (Reservate en Kroongebiede) is reeds beskerm en vervat in die Unie 1910 grondwet dat dit slegs hulle gebiede is en bly. In 1994 is al die Tuislande en Kroongebiede aan die huidige ANC regering oorhandig. Dus, Blankes kon of het dit nooit gesteel nie. Inderwaarheid is al die gebiede in die 1930’s vergroot, waar grond toegevoeg is by die reservate.
Die Tuislande (1961), wat as Reservate bekendgestaan het, saam die Kroongebiede wat deur Brittanje geannekseer is, is grondgebiede geëis as VGE of Trustgebiede.
Sowat 20 miljoen (1994) swart volke het destyds apart gebly, omdat HULLE en die Britte hul eie reservate geskep het. Voor 1961 was daar nie so ‘n groot populasie nie. Dieselfde het met die Khoi San en Griekwas se gebiede gebeur. Hul grondgebiede is voor 1900 geannekseer as Britse Kroongebiede.
Daar is meer as 35 miljoen Swart, Khoi san en Griekwas wat in die gebiede woonagtig is en selfs byvoordele ontvang uit besighede, soos Sonkragprojekte, Wildsparke en vele ander. Die oorgrote meerderheid wat grond geëis het, moes registreer onder Trust en VGE en elkeen van die groepe wys hul eie leiers daarop aan. Hierdie grond wat geëis word, is slegs vir hulle wat in die VGE of Trust ingeskryf is. Ingonyama Trust het ook hul eie wetgewing en ook daarin word hul eisers genoem.
Kodesa voor 1994 verkiesing
Inteendeel, tydens Kodesa was die Zoeloevolk die eerste volk wat hul Zoeloe Tuisland omgeskakel het in Ingonyama Trust. Hulle wou nie aan die 1994 verkiesing deelneem nie en dit was hul voorwaarde dat hul wel sal aansluit. Dit is en bly hulle gebiede, wat uit meer as een gebied bestaan en niemand het dit ook bevraagteken nie. Nog voor 1994 was daar al wetgewing vervat en deur De Klerk onderteken vir Ingonyama Trust.
Liberale blankes en veral die media is 100% bewus hiervan en tog word dit nie as aparte gebiede gesien of beskryf nie. Dit is totaal en al twee aparte huise wat bestuur word deur hulself maar vergoeding uit die belastings ontvang. Dit het niks verander sedert dit as Tuislande of Reservate bekendgestaan het nie.
Wat wel sou gebeur het, Tuislande was op pad om volle onafhanklikheid, soos Botswana te geniet. Dit was amptelik deur die vorige regering moontlik gemaak. Die destydse NOK het saam besighede, heelwat werksgeleenthede geskep en nywerhede op die been gebring. Van die nywerhede is steeds in werking.
Die verskillende tuislandkiesers in die gebiede het AMPTELIK daarvoor gestem, selfs die wat buite hul gebiede gaan werk het. Niemand is van hul stemreg beroof soos te kenne gegee word deur die anc of eff nie. Daar was werksgeleenthede (grensnywerhede) geskep en opleiding is ook verskaf. Van die Tuislande het selfs weermagte en polisie gehad wat die 1961 regering behulpsaam was. Almal het ‘n nasionale vlag en volkslied gehad. Indien die 1961 regering haatdraend was of daarop uit was om hulle uit te wis, sou daar nie moeite gedoen gewees het met opleiding, werksverskaffing, weermag en polisie nie.
Diegene wat steeds twyfel hieroor, kan gerus hul leesvernuf opknap en die tipe van inligting gaan oplees en ophou glo wat die media en ander multi-kultuur organisasies aan die burgers opdis dat ons ‘n gemengde reënboognasie is. Hierdie word veral deur liberaal gesindes soos soetkoek gulsig verslind.
Alle tradisionele leiers verdien groot salarisse uit die staatskas (belastings) uit, maar hulle is niks van ons as volk nie. Hulle word besoldig uit die Ministerie van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se begrotings. Daar is sowat 10 groot groepe en dan is daar ook nog die khoi san en griekwas wat uit verskillende volke behoort. Almal geniet dieselfde byvoordele soos funksies, kultuurhuise wat onderhou word, konings en koninginne se paleise, die vroue, voertuie en selfone is deel van die pakkette. Funksies geskied regdeur die jaar en toekennings word gereeld uitgedeel deur die ANC politiek se party en parlement. Ons betaal vir hierdie luukshede. Hulle is en doen niks vir ons as sulks nie.
*
“apartheid”
Daar word vir jare oor hierdie onderwerp gelieg, dat ons die aparte gebiede geskep het. Hoe kon ons dit geskep het as hulle steeds in dieselfde gebiede woon?
Shepstone – Natal, roots of segregation
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid – British rules
Chief Justice Mogoeng Mogoeng – land restitution
As hierdie volke dit steeds alles mag verkry, waarom nie ons konserwatiewe Boere, Afrikaners en blankes nie – ons het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking, ‘n onafhanklike land om onsself te regeer.? Ons is nie deel van enige vals reënboognasiekonsep wat aan ons in 1994 voorgehou is nie. Waarom moet ons as belastingpligtiges deel vorm om tradisionele leiers van ander volke te onderhou?
Self-determination for the oppressed people
Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995)
Verwante Agtergrond
Alles word vervat in die grondwet van 1996 (Hoofstuk 12 -tradisionele leiers), verskeie hansards, witskrifte, aparte wetgewings, kultuurhuise wat onderhou word, funksies wat in hul duisende bygewoon word en oor die 8840 tradisionele leiers wat salarisse en byvoordele geniet.
Zulu king Zwelithini – Nongoma 14 March 2021
Zwelithini: Traditional leaders: SA budget
2022 Salaries of Traditional leaders
Traditional leaders South Africa: 8840
Vorige 10 tuislandleiers en hul ondersteuners is almal wettig erken deur die 1961 regering.
Destyds het baie reg langs hierdie tuislande gebly en daar was in groot industrieë saamgewerk en was opleiding aan almal verskaf. Nes vandag, het niks verander nie, hulle bly steeds in aparte gebiede wat in Trust of grondeise wetgewing vervat is.
Trustgebiede – Tuislande – Reservate
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zulu people – Ingonyama Trustland