*
In ‘n onlangse gesprek val die apartheidskaduwee oor Ramaphosa waarin hy weer eens apartheid blameer vir alles wat verkeerd is in SA en hulle as leiers dit nie kan beheer of regeer nie. Volgens hom, en voor die aanbreek van demokrasie in 1994 was die ‘apartheid’ staat, RSA ‘n paria in die internasionale gemeenskap, veroordeel vir die pleeg van ‘n misdaad teen die mensdom. Die buitelandse beleid van apartheid Suid-Afrika is gedefinieer deur dwang, destabilisering en militêre aggressie – altans dis wat hy en sy makkers glo. Dit het Suid-Afrika op die wêreldkaart geplaas in verhouding tot die belange van sy mense, terwyl die wêreld sy apartheidsheersers veroordeel het. Suid-Afrika was toe reeds op die kaarte vir selfstandige ontwikkelings en ‘n groot ekonomie.

*
DIE WERKLIKHEID sluit aan by die parlement en wetgewing wat uitgevoer word op alle vlakke van regering
Magspel van politieke tennis en groen stoele.
Die parlement, ministers, politici en ondersteuners moet hulself blameer vir die afbreek van Suid-Afrika sedert 1994. Dit word deels toe te skryf aan veral die hoë vlak misdaad, wanbestuur en korrupsie op alle vlakke van regering. Rooi rewolusie op ‘n daaglikse basis in die strate om alles te verwoes. Tweedens is dit hul eie onkunde en gebrek aan die 30% opvoedingspeil, regstellende aksies en swart bemagtigingposisies wat in wetgewing geïmplementeer is. ANC wetgewings het niks met apartheid te doen nie. Daar is oor die 50 miljoen wat steeds apart bly op KEV ( CPA ) en Trustgebiede. Elkeen op hul eie gebiede, wat apart van mekaar is. Daar is oor die 8840 tradisionele leiers, wat deel uit maak van die EEN PLAN.
Die ANC se ‘bekwame’ ministers het dit buitendien na 1994 afgedwing dat niks meer as 30% nodig is nie sodat hulle ondersteuners verewig die 1948 regering en veral blankes soos wyle Dr Verwoerd kan blameer vir hul onbevoegdheid. Selfs onderwysers en ander top posisies verwag later niks meer as 30% terugvoer met die onderskeie swart bemagtiging aanstellings wat pligte dan tot op 30% uitvoer en nie soos wat dit behoort te wees nie. Vandag moet die ANC regering en hul kaders, hulself op die skouer klop met die 30% trots wat bereik is, want dit staan soos ‘n paal bo water uit wat in werklikheid alle dienste en infrastrukture reeds vernietig het.
Verseker is dit onder swart bemagtiging en regstellende aksie ‘n baie moeilike teiken om meer as 30% te behaal. Dis gemaklik as al hierdie swart bemagtiging en regstelaksie posisies oral in regering en vlakke 2 en 3 regerings, ‘n groot salaris met byvoordele ontvang vir die minder as 30% standaarde. Met die swart bemagtiging is daardie teiken bereik om ‘n sekere klas van persoon aan te stel wat luuks lewe en ook vinnig miljoenêrs geraak het na 1994. Waarom sal iemand wat slegs 30% standaard het, meer doen om kennis te verkry wat dalk 70-80% standaard het. Dit is juis die huidige president, Ramaphosa wat dit sy missie gemaak het om swart bemagtiging en regstellende aksies op die wetboeke te kry en te laat deurvoer. Hiermee het hy en sy gevolg wat verantwoordelik is vir al die diskriminerende wetgewing, verantwoordelik vir dit wat in Suid-Afrika aan die gang is. Selfs die Chinese is in 2008 as swart verklaar sodat hulle ook daarby kan baatvind. Dit is nie net ‘n beleid van die ANC om te diskrimineer teenoor blanke minderheid in die land nie, maar absoluut ‘n vereiste om te sorg dat geen blanke besigheid sal voortbestaan of selfs geleerdheid in hul eie geledere bevorder nie. Daar is heelwat gekwalifiseerdes en al die gekwalifiseerdes sit in parlement en het heelwat van hul kwalifikasies gedurende 1948 tot 1994 verkry. Daar word nie melding gemaak van al die sendingskole wat voor 1954 ingestel was deur die Britse regering en unie van SA nie, waar die deel deur die Britte aan die 1948 regering oorhandig is. Dit laat enige persoon wonder hoekom die Britte en buitelandse kerke dit gedoen het – juis om die Engelse kinders daardie tyd aan die res van ons af te smeer en om ons dan te laat verkleineer dit is ons of wyle Dr Verwoerd se skuld. By hierdie skole, wat meestal buitelandse kerke en regerings was wat dit bestuur het, is daar opvoeding gegee onder die verskillende volkere van Suid-Afrika. In 1948 was meeste van die ander skole gerig in die Afrikaanse onderrigstelsel en is daar maar min Engelse onderwysers gewees. Daar was ook nagraadse studies vir al die bevolkingsgroepe, nie net vir blankes nie. Na 1994 is daar ‘n paar skole gebou, waarvan sommige reeds geplunder, baksteen vir baksteen afgebreek is. Daar is ‘n groot hoeveelheid skole wat letterlik verwoes is deur hulle wat nie wil studeer of enige begeerte het om te studeer nie. Nou bou ‘n nasie met rewolusie en die resultate is ‘n leë dop wat niks kan beheer of die regte aanstellings in plek kry nie.
*
Dis logies, ‘n persoon wat slegs 30% bereik, sal net 30% werk kan verrig as gevolg van beperkte kennis wat oorgedra is.
Bevordering vereistes
‘n Senior Sertifikaat sal behaal word deur ‘n volwasse kandidaat wat aan die volgende vereistes in hierdie eksamens voldoen:
Slaag drie vakke teen 40%, waarvan een ‘n amptelike taal op Huistaalvlak moet wees.
Slaag twee vakke teen 30%, waarvan een ‘n amptelike taal op Eerste Addisionele of Huistaalvlak moet wees.
Verkry ‘n subminimum van 20% in die sesde vak.
https://www.education.gov.za/Curriculum/SeniorCertificate.aspx
Bladsy 13 –
Click to access directives_nsc.pdf
Daar was tot ministers wat dit van waarde geag het om dit gedurende 2014 te ondersoek, dit het na niks gevorder nie. Die hele verslag is deurspek met gebrek aan kennis en prestasies, waartydens hierdie leerders almal verder moet studeer of selfs werk in plekke soos munisipaliteite wat swak bestuur word.
Click to access ANNEXURE%20Z%201%20-%20Ministerial%20Task%20Team%20Report.pdf
*
https://www.britannica.com/topic/education/South-Africa
*
Beeldmateriaal
Ses jaar gelede was dit ook gepreek:
*
Stadsbeplanning en ander opgeleide persone ontbreek. Stadsbeplanners kan nie munisipaliteite alleen bou en onderhou nie, daar is meer as die een beroep nodig om infrastrukture in plek te hou.
*
RAMAPHOSA
*
*
*
KOMMUNISME
Ramaphosa – insiggewende agtergrond
Leer wie en wat het hy ondersteun – Frelimo
(DEZZ)
https://www.youtube.com/watch?v=XM-7R3dZwHg
*
*
*

2023
Diskriminisasie word eensydig slegs teenoor blankes toegepas om die volk uit te wis. Ramaphosa in beheer daarvan.
Apartheid (segregasie en afsonderlike ontwikkeling) was as ‘n misdaad gesien, tog het Khoi san, Griekwas en verskillende swartes grondgebiede geëis wat reeds hulle sin is en dit met finansiële steun, bates, saad diere en ander bystand verkry. Dit word onder Grondeise gedoen en is die CPA en Trustgebiede wetgewings gedoen. Almal apart van mekaar. Al hierdie Trustgebiede en CPA’s het almal Tradisionele leiers (8840 plus), en dit word selfs in Artikel 12 van die Grondwet uiteengesit. Hierdie grondwet word in die SA Parlement gebruik om alle lede in te sweer en waarmee daardie lede saamgestem word.
*
Ander bronne
Address by President Cyril Ramaphosa on South Africa’s foreign policy, 20 August 2023
*
Verwante inligting en artikels
Hoekom het hierdie massas nie hul eie onderwysers gehad nie na 100 jaar nie – hulle kon dit ook onder Britse beheer gedoen het, maar hulle het nie.
Duisende skole is geplunder, afgebrand en vernietig, omdat hulle nie wil skoolgaan nie.
ONLY SOUTH AFRICA – 962 schools robbed, vandalised, torched since start of lockdown
Vandalism and Violent protest actions at schools and infrastructure South Africa
Schools disappeared within 3 weeks – two months: Eastern Cape
Afrikaans onderrig (education)
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Agente van W E F en beurtkrag
15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC
Ramaphosa voorlegging: Commission
Development of One Plans – Ramaphosa
Eskom – AREP – IPP – Ramaphosa – Motsepe – Radebe
R131 billion for renewable electricity
Eskom: IPPP: B-BBEE- Karen Breytenbach
Red Revolution – Rooi Rewolusie
Red Revolution – EFF – ANC – DA and others
Bolshevisme – Bolshevism
Liberalisme and Marxism in SA – #bolshevism
Velaphi Khumalo (haatspraak) (hate speech)
Eskom Soweto onwettige elektrisiteit
Eskom Soweto R3.6 bn ander wanbetalers
Soweto and others claim free electricity
Matshela Koko en ander in hof: Oktober 2022 Eskom
[…] Ramaphosa Apartheid skadukleed […]
LikeLike