*
Die reg tot lewe is ‘n internasionale reg vir elke burger in Suid-Afrika sowel ander lande, sonder enige diskriminasie, rassisme en korrupsie. Begin eerstens in eie land om die probleme intern op te los en daarna kan daar na ander lande gekyk word. Sodra die grootste probleme soos rassisme, diskriminasie, korrupsie, verkragtings en moorde aangespreek en opgelos is, sal daar genoegsame vrede wees en geleenthede vir besighede om werkskepping moontlik te maak.

*
Daar word oral uitbasuin dat volksmoorde in Palestina gestop moet word. Dit is 100% reg, dit gebeur elke minuut van die dag in die midde ooste. Israel steur haar aan niks anders om die Palestina burgers uit te dryf nie – Israel is nie alleen hierin nie. Waar daar selfs water en voedsel weerhou word van die Palestina bewoners. Egipte se grense wat gesluit bly en Israel wat bly aanvalle doen.
Hoe laag moet daar gedaal word deur Israel en haar bondgenote? Almal stenig mekaar as hulle of met Israel is of simpatiseer met Palestina. Hierdie is nie die eerste Sionistiese staat nie, die ander het nie uitgewerk nie.
Naledi Pandor – toespraak, oor Palestina, Israel en ook Suid-Afrika
https://www.youtube.com/watch?v=87fyilgnwng
*
Nog minder is dit reg dat Hamas Israel aangeval het in Oktober 2023. Waarom het Hamas dit gedoen? Klink onwettige grondbesettings bekend en hoeveel moorde is al sedert 1940 gepleeg in die klein landjie?
Staan ‘n oomblik net daar stil. want die oorlog in Palestina het nie op 7 Oktober 2023 begin nie. Hamas leiers vanuit Gaza en inwoners vra lankal dat Israel ophou om hul gebiede onwettig, veral snags te beset en oor te neem. Bly op hoogte wat Israel aanval en volgens baie reg het om hul te verdedig. Hamas, Gaza en Wesoewer se burgers het dieselfde regte as Israel, maar het nie ‘n Amerika en Engeland wat hulle van wapens en vegvliegtuie voorsien nie. Neem kennis. Die Wesoewer het geen Hamas nie, maar selfs hier vind onwettige besettings plaas en oorgeneem – mense word lewendig onder die puinhope begrawe. Israel werk met haar fyn planne om die hele Palestina en haar inwoners te vernietig. Dit is volksmoorde wat plaasvind, niemand kan dit ontken nie.
*
Sou Engeland, Frankryk, Amerika of enige ander land toelaat wat vandag in Palestina gebeur. Elkeen wat hierdie bomaanvalle teen onskuldiges ondersteun, is medepligtig aan volksmoord en moorde. Groot lande steun Israel om haar van vegvliegtuie en bomme te voorsien.
Palestina
https://www.youtube.com/watch?v=1oqqu2z10X8
*
Daar word oorlog gevoer teen vroue, kinders en ongewapendes wat vlugtend is van kamp tot kamp, sonder of met min voedsel en water, geen sanitasie. Dit stem ooreen met wat Brittanje met ons voorgeslagte, die Boere, vroue en kinders van die Boere republieke gedoen het. Hier in Palestina is Brittanje steeds aan die werk en is die aanvalle van die Boere en gesinne verplaas na Palestina se beheer van die Suez kanaal en rykdom van Olie en Gas in Gaza en Palestina.
Waarom beheer Israel dan die Olie en Gas ontwikkelings en nie Gaza of Wesoewer self aan wie dit behoort nie?
Aardgas en olie – Palestina en Israel oorloë
Volksmoord en etniese uitwissing
Die Suid-Afrikaanse ANC ministers, spesifiek Naledi Pandor en president praat nie namens die Boere nie. Hulle diskrimineer teen elke blanke in hierdie land, dus kan hulle nie namens blankes praat teen wie hulle, hul kaders, hul organisasies en mede regerings saamkoek oor swart bemagtiging, regstelaksie en onteiening sonder vergoeding. Hierdie diskriminasie is nie net ‘n internasionale onreg nie, maar dit is die skending van elke blanke se mensereg in Suid-Afrika.
Regerings en organisasies wat die ANC en parlement hierin steun, is medepligtig aan skending, armoede en selfs massamoorde omdat mense hul werk verloor het en nie kos op die tafels het nie. Die ANC sprekers vergeet gerieflik van al die onregte wat hulle op eie tuisbodem pleeg met hul rassistiese en diskriminerende wetgewings (B-BBEE en EE, asook onteiening van grond en bates). Wat hier plaasvind, waar daar daagliks baie Boere aangeval en vermoor word. Boere en blankes teen wie daar gediskrimineer word omdat hul blanke velle het. En daarna ontken die ANC leiers dat dit plaasgevind het.
Die ANC en hele parlement, sowel al hul ondersteuners vanuit die buiteland, steun swart bemagtiging wat uitkring op hongerdood en armoede in plastiek tente of onder die oop hemelruim. Dus is die spul kaders eens dat dit regverdig is en dit is selfs so in die grondwet opgeneem dat dit moet plaasvind. Intussen is die wetgewings slegs gemik om sekere hoë vlak kaders te steun of te verryk.
B-BBEE – Shanduka black umbrellas
Soms word slegs ‘n selfoon of vuurwapens gesteel tydens ‘n aanval op die plaas of dorp, soms word vroue, mans en kinders gemartel tot hul dood is. Veral plaasaanvalle en moorde.
Plaasaanvalle en moorde – Ramaphosa
Volksmoorde en skending van menseregte
Genocide versus Self-determination
Genocide – Vernietiging van ‘n volk
Terrorists, attackers and killers in South Africa
White attacks and killings in South African farms
Marteling en blanke plaasaanval deur swartes 27 Mei 2019
Farm attacks/tortures/killings – photos – Plaas moorde en aanvalle – foto’s
RAPES-VERKRAGTINGS
Land expropriation – racism – South Africa
vele ander is op die blog beskikbaar
*
Wat gaan aan in Eskom – dit is ‘n politieke probleem, waar daar voorskrifte is en verskillende ministers. Alles gaan tot niet want die doelwit is – breek alles af.
https://www.youtube.com/watch?v=zdAbZvyOMjQ
Sabotage inside Eskom 2020 report
*
Korrupsie op hoë vlak gebeur elke minuut van die dag sodat daar minder werksgeleenthede is vir die gewone burgers op straat. Die huidige regering moet ophou kyk na ander lande en hul aandag spandeer aan hul eie misdade, hul deure is beslis nie skoon nie. Die regeringsleiers moet ophou vra vir opbouing van die land as hulle juis die land afbreek met swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening. Hiermee word menige maatskappye se deure toegesluit en toegehou en sal niemand finansies in ‘n land belê wat bankrot gesteel word nie.
Die staatsentiteite soos SABC, Telkom, Eskom en vele ander is al rot en kaal besteel. In 1994 was elkeen van die verskillende staats entiteite in ‘n goeie en waardevolle toestand. Dit was met bloedgeld opgebou en was harde werk om dit op standaard te hou. Diegene wat dit oorgeneem het, het geen benul van standaarde nie. Hulle het soos met Eskom, nooit of selde of ooit onderhoud gedoen om dit op te bou of verbeter nie. Waternetwerke het totaal misluk en meestal is onder munisipaliteite en waterwese departement. Die oorgaan op sonpanele is ‘n baie duur storie en baie mense kan dit hoegenaamd nie bekostig nie. Vars water sal binnekort ‘n probleem wees net soos voedsel produktiwiteit.
Die grootste oorsaak van mislukte staatsentiteite is as gevolg van swart bemagtiging, regstelaksie en korrupsie. Aangesteldes wat nie die werk kan doen nie, word maandeliks onderhou met belastinginkomstes. Hou op steel en vervolg die wat nie hul werk wil doen nie. Hou op om aanstellings te doen om aan te pas by wetgewings wat die ANC pas, hierdie swart bemagtiging en regstelaksie bevoordeel net ‘n handjievol ANC kader aanstellings. Hou op steel – korrupsie is die grootste euwel in die land. Staatsentiteite is nie werkend nie.
State capture – Zondo commission – Molefe – Gigaba – Guptas
Gordhan Staatsentiteite – Eskom en ander
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
ANC minutes of Cadre deployment
Ramaphosa se swart bemagtiging geldfontein
Corruption under ANC sky high – Korrupsie hemelhoog onder ANC
Corruption Agenda of South Africa
Phala Phala Verslag – Ramaphosa
Ramaphosa – R140 billion ($8.5)
OUTA – Ramaphosa en apartheid infrastrukture
Ramaphosa: ANC Korrupsie en belasting
Miljoene immigrante word onwettig in die land toegelaat en van werk voorsien, terwyl die burgers van die land leepoog staan en toekyk hoe ander inkomstes verkry. Oral plak die immigrante rondom dorpe, stede en neem selfs stede oor, vernietig met opset alle infrastrukture.
State Capture-Ramaphosa-Zuma-Manyi-Chinese-GUPTAS
Chinese under B-BBEE legislation
South Africa – Illegal immigrants .. .. ratepayer opinion
Immigrante – misdaad – statistiek
Heelwat HOP huise word aan immigrante uitverhuur, terwyl die burgers van die land krepeer. Skole is oop vir alle immigrante sodat daar nie meer plek is vir burgers se kinders nie. Daar is al 30 jaar verstreke met al die miljoene HOP huise wat gebou is, tog hou die aanvraag na nog HOP nooit op nie, wie word almal van HOP huise voorsien? Al hierdie persone, selfs onwettiges word van dienste voorsien, water, elektrisiteit, munisipale dienste, klinieke en mediese sorg, skole, al die miljoene toelaes wat soos gelukspakkies uitgedeel word.
Millions of Grants in South Africa
South African RDP housing projects scheme
Investigation of HOP – RDP houses – Tshwane – September 2018
RDP – HOP housing scheme – title deeds
*
Diegene in beheer dink dit is maanskyn en rose as hul maandeliks ‘n salaris het om van te leef, maar binnekort sal hul fontein opdroog net soos die 20 -30 miljoen SASSA toelaes. Indien armes afhanklik is van die SASSA, kry jul lewens in orde, werk self en gaan plant voedsel en kom uit daardie groef van selfbejammerings. Die fonteine gaan binnekort inmekaarstort en dit beteken geen SASSA. Immigrante moet teruggaan vanwaar hul gekom het en gaan bou jul eie lande op, daar sal binnekort nie plek wees daarvoor nie.
[…] ANC en parlementslede, maak hulle netso skuldig aan diskriminasie teenoor blankes in Suid-Afrika.Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE IndexInternasionale reg tot leweSuid-Afrika se volksetnisiteiteHet jou gesêMet rassisme en diskriminasie […]
LikeLike
[…] Internasionale reg tot lewe […]
LikeLike
[…] en die halsbandjieAardgas en olie – Palestina en Israel oorloëGas in Israel en PalestinaInternasionale reg tot leweFive Israeli Weapons June […]
LikeLike
[…] hond en die halsbandjieAardgas en olie – Palestina en Israel oorloëGas in Israel en PalestinaInternasionale reg tot leweFive Israeli Weapons June 2019Balfour verklaring – Jan SmutsKibbutz called Jan SmutsJan Smuts en […]
LikeLike
[…] Internasionale reg tot lewe […]
LikeLike
[…] Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index […]
LikeLike