*
‘n Paar jaar gelede is daar twee verskillende klagtes ontvang ingevolge die Wet op Etiek vir Uitvoerende Lede, deur onder andere, Haniff Hoosen, LP van die Demokratiese Alliansie, en Floyd Shivambu, LP van Ekonomiese Vryheidsvegters, tussen November 2017 en Maart 2018, wie dit ingedien het. Dis glo ondersoek, maar is dit ooit afgehandel? Dit behoort opnuut bevraagteken te word, aangesien die sake soos baie ander korrupsie, staats en ander kapings, sabotasie en misdaad, beslis nie afgehandel is nie. Iemand moet verantwoordelikheid neem hiervoor vir al die skades wat berokken is aan ons belastingbetalers.
*
Malusi Gigaba is ‘n paar jaar gelede reeds by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, wat deur die voormalige president, Zuma ingestel is, betrek en selfs beskuldig dat hy groot bedrae geld van die Guptas ontvang het tydens verskeie besoeke aan hul paleisagtige voormalige huis in Johannesburg. Wie sal of kan hom en sy vrou vergeet wat so spandabelrig was waar modder gespat het?
Legkaartstukkies sal soms nog ontbreek, waar ander met gemak in plek val. Dit is egter die regsbank wat vervolging enduit moet uitvoer. Dit kan bevraagteken word oor hoeveel slagtande die regsbank waarlik het in hierdie sogenaamde demokrasie sedert 1994 wat vervuil is met verkeerde stowwe soos korrupsie, sabotasie, moorde, misdade, staats en eskomkapings sedert 1994.
Dis ironies dat geringe oortredings dadelik vasgevat word, maar diegene wat ons belastingkas leeg plunder, kom weg daarmee. Waarom word moeite gedoen en regters benoem op presidentsvlak vir aanstellings op kommissies om sulke tipe van misdade te ondersoek as dit nooit verder gaan nie? Waarom moet die belastingbetaler daarvoor betaal?
*
Zondo kommissie
Duidelik het die destydse Minister van Binnelandse Sake, die Zondo kommissie en moontlik ook Mkhwebane nie hulle werk en navorsing behoorlik gedoen oor die aansoeke van die Guptas nie. Sou hul hul huiswerk behoorlik of ten volle uitgevoer het, sou die anc nie nou met ‘n rooi gesig in Dubai omgedraai het nie. Of is dit maar net alles ‘n heel beplande storie om korrupsie gangers vry te spreek en handjies te was daarna.
Ironies, maar die Guptas het verbintenisse nie net met hul land van oorsprong nie, maar vlug na al die korrupsie en staatskaping uit Suid-Afrika na ander lande waar hul maklik burgerskap verkry het – ‘n eiland wat deel is van die Britse Statebond. Hoe toevallig het hulle nie hier beland net na 1994 nie. EN op watter stadium het die Guptas deel geword van die eiland waar hulle kwansuis nou burgerskap het – of is dit ook alles vooruit beplan? En toeval is die Vanuatu eilande is deel van die Britse statebond.
*
Ou berigte en beeldmateriaal.
Is die werklike feite regtig nagegaan waar die Guptas burgerskap het en hoe het dit gebeur dat hulle so vinnig landuit padgegee het? Hoekom het twee verskillende politieke partye daaroor vrae gevra wat totaal teenstrydig is met berigte.
Het die minister destyds onder eed gelieg – 2018? Vandag weet almal van ons hierdie skandaal berokken Suid-Afrika groot skade.
Dieselfde minister het die Guptas burgerskap gegee in Suid-Afrika en volgens Mkhwebane nie onwettig opgetree of sy magte misbruik nie.
2023
*
Is hierdie teenstrydig met die boonste beeldmateriaal?
Mkhwebane het aanbeveel dat gepaste stappe ingestel word teen vier van hierdie senior amptenare, wat betrokke was by die naturalisasie van die Gupta-familie, vir hul versuim om omsigtigheid aan die dag te lê. Hulle het Gigaba aanbeveel dat die naturalisasie toegestaan word weens onder meer die familie se besigheidsbeleggings, asook die groot aantal werksgeleenthede wat hulle vir Suid-Afrikaners geskep het.
Oorspronklik van Saharanpur in Uttar Pradesh, het die Gupta-familie oor die afgelope twee dekades in Suid-Afrika ‘n fortuin in IT-, media- en mynboubedrywe bymekaargemaak, na bewering deur hul nabyheid aan oudpresident Jacob Zuma, wat self teregstaan op aanklagte van korrupsie.
*
’n Voormalige Suid-Afrikaanse minister is Maandag vrygespreek van verskeie bewerings dat hy sy mag misbruik het terwyl hy vroeë naturalisasie aan lede van die omstrede Gupta-familie van Indiese oorsprong toegestaan het.
Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het bevind dat Malusi Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, die uitvoerende etiese kode oortree het deur nie name in die parlement ter tafel te lê van persone aan wie burgerskap onder buitengewone omstandighede toegestaan is binne die bepalings van die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap nie.
Die Openbare Beskermer het egter gesê dat die minister nie sy mag misbruik het terwyl hy vroeë naturalisasie aan die Gupta-familie goedgekeur het nie.
*
Hoosen het in sy klagte beweer dat Gigaba versuim het om aan die bepalings van Artikel 5(9)(b) van die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap te voldoen en sodoende die Etiese Kode vir Uitvoerende Lede oortree het.
Die wetgewing vereis dat die minister van binnelandse sake “binne 14 dae na die aanvang van die sittings van die Parlement in elke jaar” die name van persone aan wie Suid-Afrikaanse burgerskap verleen is “onder buitengewone omstandighede …” in die Parlement ter tafel moet lê.
Shivambu, aan die ander kant, het ook beweer Gigaba het die bepalings van die Wysigingswet op Suid-Afrikaanse Burgerskap misbruik toe hy sy kennisse – die Gupta-familie – vroeë naturalisasie toegestaan het.
Hy het verder beweer dat “op die 6de Maart 2018, Gigaba ‘n perskonferensie belê het om voort te gaan om versinsels en oneerlikhede rakende die Guptas se burgerskapstatus te versprei. Gigaba het saam met die DG van Binnelandse Sake aan die media gesê dat mnr Atul en mnr Ajay Gupta nie burgers van Suid-Afrika is nie”.
In 2018 het dit geblyk dat Gigaba die vroeë naturalisasie van Ajay Gupta se familie goedgekeur het ten spyte daarvan dat Ajay geweier het om sy Indiese burgerskap te laat vaar. Gigaba het by verskeie geleenthede in die openbaar verklaar dat Atul Gupta nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie, net om homself te korrigeer en te sê dat Atul ‘n burger is, en dit is Ajay Gupta wat nie genaturaliseer is nie.
Die ondersoek het gevolg op twee klagtes wat ingevolge die Wet op Etiek vir Uitvoerende Lede deur Haniff Hoosen, LP van die Demokratiese Alliansie, en Floyd Shivambu, LP van Ekonomiese Vryheidsvegters, tussen November 2017 en Maart 2018 ingedien is.
*
Inligting kan gelees word:
*
Verwante inligting – Gupta legkaarte sedert hul aankoms in SA
Deel van die Britse statebond
State capture – Zondo commission – Molefe – Gigaba – Guptas
State Capture-Ramaphosa-Zuma-Manyi-Chinese-GUPTAS
ConCourt send Zuma to Jail – Zondo – spider web
State capture – Zondo commission – Molefe – Gigaga – Guptas
Affidavit – State Capture by SARB & Banks
Zondo – Hogan – Zuma – State capture
Zondo Commission – Zuma – 2021
Zondo Commission – Ngoako Ramatlhodi (spy) – Zuma
Zuma in action – his own Zondo Commission
Zuma and his Zondo commission about State capture
Zondo – Hogan – Zuma – State capture
Zuma-Ramaphosa – ANC faction – Guptas – Saxonwold
Koornfontein mine – Gupta – Black Royalty Minerals (BRM) – AEMFC
[…] – De Ruyter is nie meer daar nie of hoe?Relevante inligting15 jaar PLUS beurtkrag onder ANCZondo: Guptas en GigabaWaarheid rondom Eskom sedert 1990 – DezzSA Staatskaping en […]
LikeLike
[…] Zondo: Guptas en Gigaba […]
LikeLike
[…] Zondo: Guptas en Gigaba […]
LikeLike