*
As agtergrond, Eskom word deur die ANC beheer en bestuur. Dis ‘n staatsentiteit en word nie deur die publiek beheer nie. Ramaphosa was Zuma se regterhand as adjunk-president toe hy nog president was. Hy het presies geweet wat en waarmee Zuma besig is en nie in staat om sy handjies in onkunde te was nie. Voor dit was dit Thabo Mbeki en Mandela wat almal ‘n vinger in die korrupsiekoekieblik het, nie net by Eskom nie, maar alle ander staatsentiteite ook. Die wapenskandaal kom ook al sedert 1994 aan sowel ander skandale soos die treine, teksboeke, tenderkorrupsie en vele ander. Duidelik is daar heelwat belastings in hierdie korrupsie vervat, ekstra inkomstes word verkry, wat nie verklaar word nie en so word belastingontduiking gedoen wat ‘n ramp vir elkeen van ons beteken.
*
Dis makliker as regters aangestel word, volgens die 1996 grondwet, deur die president van die land om hulleself te verhoor en selfs uitsprake te lewer. Asof die ANC en hul manipuleerders hul al ooit daaraan gesteur het. Eskom word klaarblyklik volgens al die jare se inligting ‘steen vir steen’ weggedra, gesaboteer en vernietig. Hoe ernstig is die ANC regtig om ‘n land te bestuur. Daar is geen bestuursvernuf nie, want dis nie net Eskom nie.
Alle staatsentiteite is en word deur die ANC in die grond in bestuur en die ANC se hoofmanne is deel daarvan. So wie moet bedank word, nie ‘n bank nie, maar die ANC regering met diegene wat hul manipuleer en beheer om die werk te doen, veral diegene wat direkte kontakte en verbintenisse het met die WEF (NWO).
*
By meer as een geleentheid het Ramaphosa en die voorgangers beloftes gemaak wat hulle nie nakom rakende die staatsentiteite en veral korrupsie by Eskom. Skoor (Parlement se Staande komitee oor Openbare rekeninge) het ook versoek dat De Ruyter voor hulle verskyn om die nodige vrae te beantwoord. Daar is ook verwys na die misdaadkartelle wat Eskom beheer. Verskeie ander beweringe teenoor ANC hooggeplaastes is ook gemaak en dit moet aan die klok gehang word wie daarvoor verantwoordelik is.
*
Ironies genoeg is dit Ramaphosa wat nie behoorlik korrupsie wil vasvat en almal wat betrokke is laat vervolg nie.
*
Moddergooi
Nadat De Ruyter Eskom verlaat het, het niks verbeter nie, inteendeel, toe het heelwat reeds in moddergooi ontaard. So hulle het De Ruyter basies ‘geplant’ omdat hy blank is en om die vloer met hom te vee, want korrupsie gaan al aan sedert 2015 of selfs vroeër.
Mpho Makwana, voorsitter van Eskom, het gesê De Ruyter het “laakbaar” opgetree toe hy beskuldigings van diefstal en korrupsie binne die kragvoorsiener gemaak het. Makwana het in ‘n onderhoud met Radio 702 genoem dat De Ruyter nie die meerderheid van sy bewerings met die direksie bespreek het nie. Daar is bygevoeg dat die voormalige uitvoerende hoof sy tyd bestee het aan “najaag van hernubare energie” eerder as om te fokus op die herstel van bestaande steenkoolaanlegte en ‘n prestasie-oorsig vermy deur net voor dit te bedank.
Afrinuus
Samantha Graham-Maré, DA-skaduminister van elektrisiteit, het gesê skaars 24 uur nadat president Cyril Ramaphosa op ’n omstrede wyse in ’n antwoord op parlementêre vraag daarop gewys het dat hy nie weet nie en ook nie beplan om uit te vind watter ministers betrokke was by korrupsie by Eskom nie, hofstukke in ’n saak wat deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanhangig gemaak is, onthul dat die ANC R202 000 ontvang het van ’n Eskom-subkontrakteur wat Eskom na bewering bedrieg het.
In ’n saak wat deur die NVG aanhangig gemaak is teen ’n aantal mense en organisasies wat Eskom oënskynlik met meer as ’n halfmiljard rand bedrieg het, is die bewerings dat die ANC ’n kontantbetaling van Impulse Supertrans, ’n Eskom-subkontrakteur, ontvang het. En hoewel hierdie saak tans onder litigasie is, doen die DA ’n beroep op Ramaphosa en die ANC om die R202 000 terug te betaal wat hulle blykbaar van die mense van Suid-Afrika gesteel het, het Graham-Maré gesê.
Hierdie jongste onthulling is volgens die party die ‘duidelikste bewys’ nóg dat die ANC deel is van ’n kriminele netwerk wat direk by Eskom-korrupsie baat gevind het. Dit verklaar waarom Ramaphosa, lede van sy kabinet en ANC-LP’s in die Parlement ekstra moeite gedoen het om óf die bestaan van korrupsie by Eskom te ontken óf oproepe vir ’n parlementêre ondersoek na die kwessie te stuit.
GORDHAN het reeds in Februarie 2023 erken dat De Ruyter hom ingelig het wie verantwoordelik is vir van die korrupsie by Eskom. Ook hy swyg soos die graf en sal nie enige name bekendmaak nie.
23 Maart 2023
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek tans 131 Eskom-verwante sake, terwyl die Valke 83 sake in ses provinsies het, met 18 in die hof.
*
Die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) het gesê die ouditeur-generaal se kantoor moes verduidelik hoe hy maandelikse verliese van ‘n miljard rand by die kragvoorsiener gemis het, soos beweer deur voormalige Eskom HUB, Andre de Ruyter. Scoor het besluit om De Ruyter te nooi om meer besonderhede te deel oor die korrupsiebewerings wat hy verlede maand in ‘n plofbare onderhoud met eNCA gemaak het.
26 April 2023
*
Scopa meeting
*
Voormalige Eskom HUB, Andre de Ruyter, sê hy sal nie diegene identifiseer wat hom van inligting verskaf het oor die bewerings van kriminele aktiwiteite by die kragvoorsiener nie, uit besorgdheid oor hul lewens. De Ruyter verskyn voor die Parlement se staande komitee oor openbare rekeninge.
*
Wie is almal by Eskom korrupsie betrokke? Waarom sloer alle sake so rakende vervolging?
*
Eskom en korrupsie – Wat het gebeur? Intelligensie verslag.
*
Bronne
Pravin Gordhan erken dat ingelig is oor beweerde korrupsie by Eskom
Dear Minister Ramokgopa, here is a list of corruption cases impacting on Eskom
*
*
*
VERWANTE INLIGTING
15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC
Waarheid rondom Eskom sedert 1990 – Dezz
Onwettiges EN korrupsie by Eskom – sindikate (syndicates)
Eskom – korrupsie – corruption
Eskom sages is reeds ‘n ramp “SABOTAGE”
Eskom information and off grid systems
Eskom inligting en jaarverslae – Information
Eskom – Sabotasie – belastingbetalers
#THUMAMINA with COAL and ESKOM
[…] Eskomkorrupsie en belastings […]
LikeLike