Om belastings te betaal geld in enige land, maar dit geld vir almal, ook diegene wat so korrupsie pleeg en belastingbetalers se geld steel. Bevoorregtes in hoë posisies is en word nie uitgesluit nie. Dus, moet die president by homself en sy familie begin, asook al sy ministers en werkers ook hul belastings betaal, ook op gesteelde geld wat in rusbanke versteek word. Die wat biljoene steel, verkry ekstra inkomstes wat hul nog ‘n groter inkomste besorg en ‘n groter persentasie belasting moet betaal. Die staatskas is nie ‘n openbare bank om lenings te maak wat nooit terugbetaal word nie, dit is geen bank nie.
*
Diefstal van staatsgeld, is ‘n ernstige oortreding – korrupsie is van die grootste euwels in die land wat ons ekonomie raak. Diegene wat die geld so in die rusbanke in hul privaat huise en sitkamers wegsteek, dit toelaat dat die staatskas dolleeg besteel word, die ellelange lyste van staat, en staatsentiteite se korrupsie, tender bedrog veral ook die wat verantwoordelik is vir die bedrog op groot skaal by Eskom, moet opdok en alles met rente terugbetaal. Hulle moet hul belastings verklaar. Hulle moet dan daarna toegesluit word indien hulle steel. Indien gewone belastingbetalers nie betaal nie, is die regering en president vinnig om ons ander aan te spreek, te vervolg, maar hul vergeet van hulself.
Belastingbetalers betaal nie net 30-45% belasting nie, dis baie meer – reken die 15% VAT ook by en kyk waar eindig almal op met Eskom en vervangings, of misdaad en inbrake in die algemeen.
Dit is die regering se plig eerstens om toe te sien dat die staatskas se miljoene nie verdwyn in banke in sitkamer of privaatwonings nie. Eienaars wat hul daaraan skuldig maak, moet vervolg word.
Besighede en belastingpligtiges betaal almal belastings. Die biljoene wat gesteel word, word nooit deur SARS gehef of selde of ooit teruggekry. Dis tyd dat hulle opdok en in die tronkselle gaan deurbring en die sleutel moet weggegooi word.
*
VERWANTE INLIGTING
Ramaphosa – R140 billion ($8.5)
SO HELP ME GOD – Ramaphosa and Phala Phala money
[…] Phala PhalaPresident keepers = Jacques PauwRamaphosa sagesSO HELP ME GOD – Ramaphosa and Phala Phala moneyRamaphosa: ANC Korrupsie en belasting […]
LikeLike
[…] Ramaphosa: ANC Korrupsie en belasting […]
LikeLike
[…] ESKOM EN STAATSKAPINGS15 jaar PLUS beurtkrag onder ANCEskom sabotage from insideEskom corruptionSabotage inside Eskom 2020 reportPhala Phala Verslag – RamaphosaRamaphosa: ANC Korrupsie en belasting […]
LikeLike
[…] Phala Phala Verslag RamaphosaSO HELP ME GOD Ramaphosa and Phala Phala moneyRamaphosa sagesRamaphosa R140 billion ($8.5)Ramaphosa: ANC Korrupsie en belasting […]
LikeLike