Dr H F Verwoerd, Tuislande en Reservate

Is dit nie ironies hoe word Wyle Hendrik Verwoerd se eie woorde verdraai en vervorm.   Dit word as leuens verkondig dat hy die vader is van “apartheid” of segregasie is, terwyl die Shepstone beleid reeds in 1854 aparte gebiede beleid van Engeland gemaak het – hulle het die gebied geannekseer as hulle sin.   Alles behalwe – luister na sy video materiaal wat beskikbaar is en lees sy toesprake – dis vervat in amptelike dokumentasie.
WYLE DR H F VERWOERD
was eintlik ‘n baie besonderse en unieke mens en het oor ‘n diepere insig beskik, veral in die tydvak waarin hy geleef het.   Hy het ook voortgegaan om swart etniese stamgevegte uitmekaar te hou, daarom het hy voortgebou op wat swart leiers self verlang, nie wat ons uitgedink het nie.
Die Britte het van ons leiers toegegooi onder hul eie wetgewings van koloniale regering – daarom was die Unie van Suid-Afrika aan ons opgedis en afgedwing – dis vervat in Unie dokumente.    Daardie wette word egter voorgehou dat ons leiers dit geskep en uitgedink het.    Soos heelwat gebruik maak van die term APARTHATE : Die enigste VALS vlag wat vandag waargeneem kan word is ‘n vals geskepte “reënboognasie” wat op die wat nie deel wil wees daarvan, afgedwing word.
Indien aparte gebiede nie meer bestaan en volgens De Klerk afgebreek is, hoekom bestaan Trustgebiede steeds in hul aparte vorm (segregasie) en hoekom is die bevolkingsontploffings so groot as ons dan kwansuis al die swartes en ander uitgewis het?  Dan moes daar mos niemand na 1994 oorgewees het nie.

Related image

                  DR H F VERWOERD


Doen maar moeite, wees geduldig want daar is heelwat inligting vervat in hierdie artikel.  Dis nie eers alles nie.  Daar is heelwat inligting oor ons verlede, en dit kan nie in een dokument of artikel saamlees nie.

Onder die kommunistiese vaandel,  het ons ook sulke opkomende leiers onder ons eie volksmense.  Die ironie is, ons moet net daardie volksmense se insig en kennis steun en waardeer.  As iemand se kennis nooit waardeer word raak dit verlore.   Dit gaan ons as volk (Afrikaner, Boer, elke blanke wat dieselfde glo) net mooi niks help dat ons nie ‘n klein bietjie moeite doen om ons eie Dr Verwoerd’s te begin raaksien en ontwikkel nie.

.

Stap terug op die rooi mat van die regte Dr Hendrik Verwoerd – eintlik was hy ‘n plat op die aarde mens en leier.   Destyds in 1961 toe ons ‘n Republiek geword het, was heelwat van ons volkslede baie jong kinders en toe hy in 1966 in die Parlement vermoor is, kon ons as jong kinders die brutaliteit oor die radio gehoor het en selfs die media het heelwat daaroor geskryf.   Hy het destyds bedank uit die Statebond (Engeland heerser) en waarskynlik was dit die grootste “oorsaak” van sy dood.  ANC het weer her-aangesluit.

Dit was ‘n gruwelike moordverhaal van ‘n politieke leier, wat doelwitte gehad het en wou dit verder ontwikkeling vir ons almal in die Republiek.

Voor sy dood was daar ook op hom geskiet – deel ‘n paar foto’s van ‘n paar jaar gelede:

Related image

So van DOOD en MOORD gepraat – hoe vergelyk die moorde onder die sogenaamde Apartheid en na 1994 tot 2014

Wie het regtig vir Verwoerd vermoor – huurmoordenaars?

Kliek op die skakel en lees die politieke spel, en dit gaan steeds voort in Suid-Afrika.   Minerale speel ‘n baie groot rol in die moorde en aanvalle in Suid-Afrika.

SKOLE EN ONDERRIG – EDUCATION BEFORE 1994
.
Nie lank voor hy as leier begin het, het die groot uitdaging van onderwys ook op hom gewag.   Min wetende dat hy soveel jare na sy dood steeds met veel swak en vals beskuldigings teen hom, onverdiend ontvang het.   Feite is:  In 1955 was daar slegs swart koloniale kerk of sending skole wat deur kerke en op kerkpersele voorsien was, veral in die reservate (tuislande aka trustgebiede).

Image result for church schools in south africa photos 1940

1960

Ons het ook Afrikaanse skole gehad.  Baie plaasskole het ook net uit 2-4 kamers bestaan waarin die hele laerskool gehuisves was.  Daar was ook nie ‘n magdom onderwysers vir onsself eers nie.  Heelwat blanke plaaskinders moes etlike kilometers hardloop busstop toe om te kon skoolgaan en ook die middag terug hardloop vir hul takies by die huis en huiswerk.

Baie van ons plaasskole se onderwysers moes soms vir 30-50 leerlinge skoolgee wat uit meer as een ouderdomsgroep bestaan het – soms was daar 3-4 standerds in een klaskamer.

Hoeveel skole was daar vir ons as Afrikaner en veral die Boere in die ou Boere republieke (ZAR en Vrystaat) na die Anglo Boere oorloë.  Dus moes daar oornag voorsiening gemaak word en dis ook gebou, met belasting inkomste en besighede – nie net vir ons as Afrikaner en Boere nie, maar ook in die ou Tuislande oftewel Reservate.  Ons het nie skole en busse afgebrand nie, omdat ons wou leer en geen tweespoor pad het ons uit die skoolgaan weggehou nie.  Soms kaalvoet, omdat daar nie altyd genoeg geld was vir die nodige nie.

.

Verskeie vraagstukke

Die suidelike dele van Afrika het deur verskillende fases gegaan.

Destyds met die kolonies was meeste reservate onder britse beheer en in 1910 het ons ‘n Unie geword en na 1961 ‘n Republiek.   Hoe het Britte al die grond bekom – dit eenvoudig geannekseer en met oorloë ingepalm.

Ope vraag

Gaan ons ‘n herhaling sien vanaf 2018 met ‘n ander moondheid wat dieselfde doen?

Die Britte het reservate, wat uitsluitlik vir swartes en khoi san was,  soms as Kroongebiede beskryf.  Daar bestaan vandag steeds “kroongebiede” in die ou Brits koloniale lande.  Ons is bykans in dieselfde bootjie vandag.

Dieselfde het met Dr H F Verwoerd gebeur.   Verwoerd het iets geëerf van die koloniale (unie) en Britse regering wat vir hom sy lewe gekos het.   Die Shepstone Beleid van 1854.

Intussen word grondgebiede uitgedeel aan buitestanders onder vals vroom gesiggies en “grondhervorming en -onteiening”.  Liberaal verligte blankes speel die spel saam hier vandat Dr Verwoerd vermoor is.

.

Waarin het Verwoerd gewerk en geglo.  Sy toesprake is beskikbaar vir ons om al hierdie leuens wat verkondig word te weerlê.  Hy het geglo dat die verskillende volke ‘n reg het om hulself te regeer.

Iets verkeerd daarmee – nie as mens al die Trustwette en kommunale wetgewings vandag van nader beskou nie.
.

Luister na sy video materiaal en toesprake

LUISTER – LEER – LAAT LEEF

Wat hiervan was as ‘n misdaad verklaar en wie het regtig agter die agterdogtige kap van die byl gesit om al die minerale in te palm en grond te annekseer – grond is met bloed gevlek.   Vandag kom groot moondhede soos China in, kry grond vir hulself..

Ons as volk het ‘n reg oor onsself

Hendrik Verwoerd Quotes by Hendrik Verwoerd Like Success

Justice to ALL
Elke volk het reg tot Onafhanklikheid

.
Verwoerd aan die woord

South Africa talking about the Republic

.
Verwoerd en Buthelezi – EEN party diktatorskap

One party system

.
Hoe beskryf Verwoerd segregasie beleid – LUISTER NA VERWOERD SE EIE WOORDE

so-called Apartheid policy

.
Republic of SA 1961

Suid-Afrika met Republiekdag – Verwoerd

.

This was filmed by an American film crew in 1957 in Mamelodi near Pretoria, South Africa. Mr. Prinsloo is a representative from the Native Affairs or Bantu Affairs department under Hendrik Verwoerd who was the minister of native affairs at that time looking after the interest of Black Africans. Note that there is no police or body guards present when Prinsloo is interviewed and he’s questioned about the policy of separate development (and how the camera crew actually tries to cover this up by changing the perspective). The township has only recently been build for Blacks that previously were residing in south african slums.

.

Toespraak 14 April 1961 Verwoerd

That is why we adopt the policy that the Bantu, wherever he may live in various areas of his own, must be given political control and domination or dominion over his own areas and people. Just as the Italians in France retain their vote in Italy, so the Bantu, who are living temporarily in our urban areas, must have a say in their homelands. They should be able to get it up to the highest level and we want to help them to attain that position. After all, there cannot be domination by Whites over Blacks where there are two neighbouring states, the White state and the Black state.
We are also trying to solve the problem of the Coloured and of the Indian by accepting the principle of a state within a state so that within the borders of one territory for these two groups, each will be given the fullest opportunity to control its own interests. I admit the difficulties in that connection, and I have always admitted them. But I have said that when one finds oneself in that dilemma, one has to choose between these three alternatives: the United Party’s stand of perpetual discrimination and domination; absolute equality and Black domination; or apartheid. To a large extent discrimination is also inherent in the Progressive Party’s stand if they want permanent White leadership to be retained.
When members of one group come into the other man’s area, or on to the other man’s terrain in the case of the Coloureds and the Indians, they must be prepared to accept that they are guests there. If the White man goes into the Bantu areas he cannot expect to be given joint control there. And this is what I believe to be a mistake in Britain’s handling of Basutoland, and it may become her mistake also in the handling of Swaziland. The former cannot become a multi-racial state. As far as the latter is concerned an attempt is apparently being made, instead of sharing it and giving the White man and the Black man each full authority over that portion which he occupies or which is his, to create a multi-racial authority and then to try by means of all sorts of legal provisions and measures, to see that the Black man does not get sole control. I see only one road, however difficult it may be and whatever further consideration it may require as one progresses from step to step, and that is the policy of separate areas.

All of us are co-responsible for this wrong impression, all the parties here, and I do not exclude my own party, nor do I exclude myself personally. The fact is that previously we spoke a lot about domination. We used words like that. As we developed our policy and put our case more clearly, having regard to the latest world developments, we arrived at this clear standpoint that discrimination must be eliminated by carrying separation far enough. That is an attitude I put forward at a very early stage (something for which I have often been reproached by the Opposition), namely, when I stated on the occasion of the dissolution of the Natives’ Representative Council, “Our policy of parallel development is aimed at domination for you in your areas, just as we want domination for ourselves in our areas”. Therefore at a very early stage I indicated that our moral basis was that we were trying to give everyone his full rights for his own people. That is the goal we are striving for- just as other countries which, like us, are still in a transition period – say they are doing, I tried to emphasise clearly again this morning, and I do not propose to go into it again, that our idea of four kinds of parallel groups of authority eventually, is that you then actually follow a method whereby the one racial group will not permanently rule the other, but that every racial group will be given self-rule of its own people, in an area of its own, where possible.

… In many of these [other] countries there is still discrimination, including those which say that they are the enemies of discrimination. Amongst those countries where the position is really bad, our accusers are in the forefront. In India, that is true for various groups; some of them have already been mentioned in public. The Nagas are the youngest section, but there are also others like the Sikhs. In Ceylon there is discrimination against the Tamils. In Malaya there is discrimination against the Indian section of the population, and even to some extent against the Chinese there. Britain also is not guiltless of still practising domination, as e.g. in the Protectorates. Australia is not guiltless of ruling over others. It is the guardian over the population of Papua in New Guinea. Canada is not guiltless of discrimination in its behaviour towards the Indians and the Eskimos.
All these countries say: Yes, that is true, but it is not the policy of our Government; it is only characteristic of a transition period. Now my standpoint this morning was that the Government in fact tries to find a policy whereby, whatever might happen in the transition period (just as in other countries), it is the object and the motive to evolve a method as a result of which eventually there need not be discrimination or domination. That is just as much a motive of the Government here as there is a motive of any of the other countries in the world, inter alia, those I mentioned. However, those countries do not want to view our policy in that light. They want to view our policy in the way they interpret it: that we want to dominate and oppress for ever.

The moment you say, “I want to give equality; I do not want any domination” (which is the same) then you cannot claim that by legislation you can give a group of 10,000,000 Bantu equal rights with the White group of 3,000,000 and equal rights to a group of 1,500,000 Coloureds and equal rights to a group of 750,000 Indians. It simply cannot be described as equal rights. The consequence of an attitude of “no discrimination” and “no domination” and “absolute democracy” in a “mixed fatherland” is “one man one vote”. That is the only consequence.
If you do not accept that but a sort of so-called rigid constitution in which you place each group in separate compartments and lay down the limits within which each group can acquire authority however civilised these people may become, with the object of being able to say, “I am protecting the equality or the supremacy of the Whites”, then there is still discrimination and domination.  Speech ..

.

BRICS is op almal afgedwing na 1994.

Daar heers vandag STEEDS gedwonge stiltes hier in Suid-Afrika en in die buiteland oor die verskillende etniese swart en khoi san volke se aparte gebiede.   Die in die parlement is ewe vroom daaroor as die blankes onregverdig beskuldig word van dinge wat nie waar is nie.

Alhoewel heelwat van ons eie mense dink dis in 1994 deur FW de Klerk afgeskaf, word die werklikheid verswyg.   Maar die tradisionele leiers was vinnig op aandag om daardie gebiede te “beskerm” selfs met oorlog en selfbeskikking gedreig.

Die Trustgebiede word in Hansards uitgespel.   Dit is steeds daar onder ‘n ander naam naamlik Trustgebiede en Grondeise wat gepaard gaan met kommunale regte het ook ‘n aparte lewensreg.

.

Oor Trustgebiede en hul leiers

Daar is verskeie aparte wetgewings soos bv. vir Tradisionele leiers, gebiede sowel grondeise.

Ingonyama Trust bestaan uit 9 gebiede.    Verskeie en toepaslike wetgewing het reeds voor 1994 die lig gesien.  Daar was ooreenkomste tussen die Zoeloe en ander leiers met De Klerk en Mandela.

Kliek op die skakels.

Tuislande en Trustgebiede in Suid-Afrika

Grond in Suid-Afrika Privaat/kommunaal

Tuislande – Trustgebiede

.

Tradisionele leiers word soms ‘n Trustee genoem, maar is ook “koninklik” volgens hul eie “tradisies en kultuur”, maar die gebiede, met toepaslike wetgewings,  maak slegs  sekere bevolkings voorsiening.    Zoeloe gebiede is slegs vir die Zoeloes.   Dit verskil hoegenaamd nie wat voor 1994 in werking was nie.   Nou hoe kan dit dan nie meer bestaan nie?

Tuislande is verander na Trustgebiede.   Voor 1961 was dit reservate.  Voor 1900 was dit reservate of soms Kroongebiede (britse kroon) genoem.

.

Tuislande word Trustgebiede genoem

ALLE Tuislande is en word in Trust gehou sedert 1994 – nou hoekom skree die ANC hulle gaan alle grond neem, ook “trustgebiede” 

.

Khoi san het vandag 6 Trustgebiede waarvan die Richtersveld die bekendste is.   Daar is onderlinge name vir elke gebied sowel as CPA’s.

Khoi San volke meng ook nie met Zoeloe of visa versa in hul onderskeie gebiede nie. Toe die ANC gedreig het in 2016 om ‘n Zoeloe burgemeester in Pretoria aan te stel, is alles in die gebied ontaard in ‘n bakoond en het gebrand deur Tswana’s en ander volke wat hier woon.

.

RASSE klassifikasie is nie afgeskaf nie.   Swart bemagtiging is ingestel.  Dit diskrimineer teenoor elke blanke in hierdie land.

Onteiening en grondhervorming is ook gebaseer op die blanke ras in Suid-Afrika

Radikale onteiening en GEWELD

Skending van Menseregte

RASSISME – RACISM

Misdade van die internasionale reg

Die volgende bevat die salarisse in Parlement en leiers

.Khoi san gebiede – wat het die grondeise ingesluit?  Sien die video materiaal en ander dokumentasie wat daarmee saamgaan.  Die ooreenkoms was ook voor 1994 onderteken, waar groot stukke grond ter sprake is.   Die etniese volke bly nes voor 1994 in hul eie aparte gebiede (segregasie).  Verwys ook na die Shepstone beleid van 1854..

Richtersveld was ook voorheen as ‘n Kroongebied bekend

The biggets land-claim in South Africa’s history was – and is – wrapped up in a scam involving a community leader and his family.
Grondeis  Hofuitspraak – verskeie plase is hierin vervat.
Richtersveld grondeis

 

>
Nes al die liberales en kommuniste word Dr H F Verwoerd die skuld gegee vir iets wat hy nie gedoen het nie.  Hy het nie aparte gebiede ingestel nie, dit was REEDS daar in die vorm van Reservate.
Leon van Praag:

Praag 2014

Leon van Praag skryf hy wou nie veel uitwei oor die voor-De Klerk-era nie.

Giliomee verkwalik HF Verwoerd omdat hy nie rasseklassifikasie uitgefaseer het nie. Hy beweer dit is eers in die jare negentig gedoen. Die waarheid is dat rasseklassifikasie toe oënskynlik afgeskaf is, maar sedertdien ten koste van veral blankes en ten gunste van veral swartes seker meer as ooit toegepas is. “Nie-rassigheid is heeltemal gediskrediteer deur die ANC self.”

Leon skryf verder
Ek wil my veral bepaal by die bodemlose dwaasheid wat die FW de Klerk-era gekenmerk het, maar let daarop dat ek Giliomee se opmerkings voorts met my eie aanvul (of aandik). Ek skryf dus na aanleiding van Giliomee se toespraak, maar ek herhaal nie bloot klakkeloos wat hy gesê het nie.   Volgens De Klerk was dit in sy tyd wat ons veelgeprese grondwet beslag gekry en hy met heroïse staatsmanskap ‘n burgeroorlog voorkom het. Op grond hiervan verwag hy steeds ongekwalifiseerde verering, nie net van die swartes wat hy so buitensporig ter wille was nie, maar ook van die blankes; selfs van die Afrikaners.

Giliomee wys daarop dat PW Botha nie so dwaas soos De Klerk sou wees om te ontwapen voordat bevredigend met die vyand onderhandel is nie. De Klerk het militêre uitgawes besnoei en diensplig ingekort.   “Hy wou daarmee die sein gee dat die staat nie wil veg nie.” Die ANC het dus beheer oor die swart woongebiede verkry.

.

SWART BEMAGTIGING is met verskeie wetgewings ingestel om blankes te onderdruk en te vervolg.

Die gevolg was: “Die militêr-sterker party se wil om te veg, kwyn en die siening kry in hul geledere [die] oorhand dat omdat [die] stryd immoreel is, is dit ook ‘n verlore stryd.” Geen daadwerklike poging is aangewend om die fundamentele immoraliteit van die ANC, bv sy verslaafdheid aan geweld, waaronder terrorisme, uit te wys nie. As rassediskriminasie die morele hoofbeswaar teen apartheid is, waarom is rassediskriminasie nie summier in die nuwe grondwet verbied nie? Pleks daarvan tier erge rassediskriminasie in die nuwe Suid-Afrika voort, maar die moraliste verkies om dit te ignoreer.

Dit is bekend dat De Klerk aanvanklik wou hê dat die ANC geweld moet afsweer en dat kommuniste nie aan die onderhandelings deelneem nie. Die ANC het hierdie versoeke geweier en De Klerk het in albei gevalle toegegee. Eensydige toegewings het deurgaans sy onderhandelingstrategie gekenmerk. De Klerk was bekend met die algemeen aanvaarde standpunt dat daar nie met terroriste onderhandel word nie. Hy het besluit om hierdie sinvolle raad te ignoreer.

Die gevolg was dat wanneer die ANC nie dadelik sy sin gekry het nie, Nelson Mandela en sy dissipels De Klerk telkens met die hervatting van “die gewapende stryd” afgedreig en tot verdere toegewings verplig het. Op hierdie manier is die “vreedsame” oorgang na “ons jong demokrasie” bewerkstellig. De Klerk het hom ingewurm in ‘n verloor-verloorsituasie.

Die ANC-onderhandelaars is deur talle buitelandse kundiges gerugsteun. De Klerk was dwaas genoeg om net op mede-Nasionale Party-kornuite te steun. Giliomee stel die aanwesigheid van ‘n “beskermende buitelandse moondheid” as ‘n voorwaarde vir die suksesvolle afdwing van ‘n politieke skikking.

“Die VSA speel hierdie rol in Israel en Westminster (Londen) in die geval van Noord-Ierland.” Tans verkrag die ANC-regering die letter en gees van De Klerk se naïewe onderhandelings na willekeur en daar is geen buitelandse moondheid wat hom hieroor verknies nie.

‘n Tweede voorwaarde vir voortbestaan is dat wanneer die tradisionele maatskaplike orde revolusionêr omvergewerp word, soos wat De Klerk bewerkstellig het, die skikking daarvoor voorsiening moet maak dat kernwaardes wat eie aan ‘n kultuur is na die oorgang in die nuwe bedeling onderskraag word, bv minderheidsregte (insluitende vetoregte), blanke selfbeskikking, Afrikanernasionalisme en Afrikaans; ook vrywaring teen vervolging. Nie ‘n enkele een van hierdie items is doeltreffend in die grondwet of in sy vertolking en toepassing verskans nie.

“Minderhede in SA kan moeilik die mas opkom sonder ‘n ideologie en sonder ‘n grondwet wat vir die land geskik is.” Vir die ANC gaan dit om swartmag en Afrika-nasionalisme en nie om ‘n liberale demokrasie nie. “Ons Grondwet is besig om ‘n kwynende vyeblaar te word.”

‘n Derde voorwaarde vir voortbestaan is dat politieke leiers “aan hul volgelinge genoeg inligting verskaf om ‘n ingeligte en oorwoë besluit te neem wanneer hulle gevra word om groot leiersbesluite te bekragtig. In die geval van Noord-Ierland is die krities belangrike referendum in 1998 gehou nadat die volle grondwet bekend gemaak is.”

Wat het in Suid-Afrika gebeur? Voor die 1992-referendum is magsdeling en eie woonbuurte, eie skole, werksekuriteit (“niemand sal sy werk verloor nie”), eiendomsregte (“boere, julle kaart en transport is veilig”), ens, aan die blankes belowe. Geen nuwe grondwet het toe bestaan nie, maar De Klerk het plegtig belowe dat die blanke kiesers in ‘n opvolg-referendum uitspraak oor die uitkoms van sy grondwetlike onderhandelings sou kon lewer.

Hierdie belofte is nooit gestand gedoen nie. Om hierdie rede is sowel die grondwet as die ANC-bewind myns insiens streng gesproke onwettig.

Ten spyte van De Klerk se gegorrel oor “wigte en teenwigte” het die beloofde magsdeling algehele oorgawe aan swartmag geblyk te wees. “Uiteindelik was daar geen magsdeling en wigte en teenwigte soos die NP beloof het nie.”

Die grondwet het eers later sy beslag gekry en die blanke kiesers het geen vetoreg of ander beheer daaroor gehad nie. “Die NP het sy band met die kiesers verbreek (‘n mens kan dit ook sterker stel).” Daarom sê ek: Die blankes en hulle nageslag is per slot van sake deur De Klerk en ‘n klein groepie NP-kornuite uit ‘n potensieel blink toekoms verneuk.

Giliomee vestig ook die aandag op die dwaasheid van De Klerk om net (onbekwame) NP-koukuslede by die onderhandelings te betrek en nie iemand soos Johan Liebenberg van die Kamer van Mynwese nie, wat reeds bewys het dat hy suksesvol met ‘n element soos Cyril Ramaphosa kragte kan meet.

Die NP se onderhandelingspan (bv Roelf Meyer, Leon Wessels en skrumskakel Dawie de Villiers) was man vir man nie naasteby opgewasse teen die ANC se onderhandelaars (bv Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj) nie.

Danksy hulle toegeeflikheid en ANC-lojaliteit word van hierdie destydse NP-ampsdraers deesdae deur die ANC-regering by staatsprojekte betrek.

Meyer doen hoogs lonende ondersoekwerk vir die Departement van Verdediging en Wessels is ruim vergoed vir die skade wat hy blankes en Afrikaans op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit aangedoen het. Vir De Villiers kon daar egter selfs in die geledere van getransformeerde rugby skynbaar nie ‘n taak gevind word nie.

‘n Ietwat onverwagte kompliment word deur die eens oorverligte Giliomee aan sy destydse teenstanders, naamlik verkrampte akademici, gegee:

“Die meer rasionele faksie onder regses in [die] 1980’s het ‘n veel meer realistiese verwagting gehad van hoe die land vandag onder die ANC-bewind sou lyk.” Verligte akademici wou “aan die regte kant van die geskiedenis” wees. “Dit is iets wat enige persoon wat iets van die geskiedenis weet, met groot agterdog moet bejeen.”

Dink in hierdie verband aan ‘n geval soos Willie Esterhuyse en hedendaagse kommentators soos Anton van Niekerk, Piet Croucamp en Pierre de Vos. Daar is ook joernaliste soos Max du Preez en Adriaan Basson en ‘n motiveringspreker soos JP (Silwerrandjie) Landman. Dit is klaarblyklik lonend om eerder optimisties as pessimisties te wees, al verkrag ‘n mens die waarheid in hierdie proses.

De Klerk se ideaal was ‘n nie-kommunistiese en vreedsame nuwe Suid-Afrika. Wat het hy bereik?

‘n Land wat sedert 1994 nog nie ‘n nie-kommunistiese staatshoof gehad het nie; om van ‘n anti-kommunistiese president nie te praat nie. ‘n Vreedsame samelewing ontwyk ons meer as ooit tevore. Byvoorbeeld, voorheen was winkelsentrums die toonbeelde van Europese beskawing en die teenpool van lokasies. Nou is winkelsentrums daagliks die toneel van rooftogte. In (feitlik) elke opsig het De Klerk se inisiatiewe klaaglik misluk.

In die kommentaar op Giliomee se gepubliseerde toespraak wys die lesers telkens op De Klerk se verraad; dat hy die blanke kiesers mislei het. “Hy is ore aangesit deur twee bosvegters.”

“Die Afrikaner het, met die begeleiding van hierdie man, homself verloën. En nou betaal sy kinders vir sy bespotlike strewe na gewildheid.” As ek die blankes en veral die Afrikaners aangedoen het wat De Klerk teen ruim betaling vermag het, sou ek nooit weer in die openbaar verskyn het of aandag op myself probeer vestig het nie. Ek sou myself nooit kon vergewe nie. My eie mense, my kultuurgroep, verdien beter. Ek sou dit sekerlik onmoontlik gevind het om my lewe voort te sit.

Advertisements

4 gedagtes oor “Dr H F Verwoerd, Tuislande en Reservate”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s