SA is geen eenheidstaat-reënboogland

Ons is ‘n soewereine onafhanklike land en Republiek van Suid-Afrika (1961), maar ons is nie ‘n eenheid staat of een nasiestaat soos die liberale maak of ons is nie.    Ons was nie voor 1994 ‘n eenheidstaat nie en nog minder na 1994. Met wie is ons blankes nou veronderstel om te meng as die Tuislande alles Trustgebiede geword het, al die grondeise is slegs te verkry op grond van eie volke (bruin en swart).   Daar is van hierdie tyd af verwag dat ons as blankes veral nie rassisties mag wees vir ons eie gebiede nie, terwyl die tuislande bly voortbestaan het en naamsveranderinge ondergaan het, ingeskryf in hul liberaal verligte kommunistiese grondwet.   Daarom betaal ons vandag vir twee stelsels, nes voor 1994, niks het verander nie. Ons gaan dit verewig doen as ons nie systap en padgee uit kommunistiese grondwet wat nie vir ons voorsiening gemaak het nie. Dis ‘n internasionale reg vir elke volk om deur hul eie leiers regeer te word in ‘n onafhanklike land soos wat Frankryk of Botswana is.

(FILES) -- A file photo taken on December 10, 1993 shows Nelson Mandela (C), the President of the South African African National Congress and South African President Frederik de Klerk (R) displaying their Nobel Prizes after being awarded jointly for their work to end apartheid peacefully during a ceremony in Oslo. De Klerk shared a Nobel Peace Prize with Mandela for their efforts in securing a peaceful transition from apartheid rule. De Klerk resigned as leader of South African National Party in 1997, having served as Mandela's second deputy President until 1996.  AFP PHOTO GERARD JULIEN

Photo
A file photo taken on December 10, 1993 shows Nelson Mandela (C), the President of the South African African National Congress and South African President Frederik de Klerk (R) displaying their Nobel Prizes after being awarded jointly for their work to end apartheid peacefully during a ceremony in Oslo. De Klerk shared a Nobel Peace Prize with Mandela for their efforts in securing a peaceful transition from apartheid rule. De Klerk resigned as leader of South African National Party in 1997, having served as Mandela’s second deputy President until 1996. AFP PHOTO GERARD JULIEN

Die foto wys die “Prys”, maar dit is alles ‘n klugspel, want tuislande het nie ophou bestaan nie.  Meer as 20 miljoen (1994) het dan ingestem dat hulle nie een nasiestaat voorstaan nie, maar by hul eie tale, tradisies, kulture, geskiedenis, identiteite hou en uitleef.  Maar indien ons dit waag om te bespreek was dit as “apartheid” beskou.  Daarom was slegs hulle dele ingebou in die grondwet wat hulle vir hulself geskryf het.   Die liberales wat hul missies in Dakar gaan uitleef het, verwag steeds ons moet met die hele Afrika en ander lande, soos China se immigrante deel en meng.  Al hierdie immigrante het ook lande van hul self, hul het ook eie volkswortels, maar nou word ons wortels verslind, weggeneem en vernietig.

***

Daar was om en by 1993 gepoog om volgens die liberales en kommuniste afstand te doen van aparte gebiede (tuislande) waarvoor Mandela en De klerk pryse ontvang het, wat ‘n klug was.   Vals vlaggies.

Dit is nie gedoen nie, daar is net ander name en ander wetgewing ingestel en dit stem ooreen met die sogenaamde kommunistiese grondwet.

Hierdie onderskeie volke, wat miljoene (30++ miljoen) is,  het ook nie ingestem tot een nasie (wat liberales reënboognasie) noem nie, daarom  is daar steeds aparte gebiede, Trustgebiede, CPA’s, wat op kultuur en volksbasis geskied – wat in die grondwet vervat is.

Daar is van die blanke ras (die Afrikaner en Boer) verwag om afstand te doen van hul kulture, identiteit, tradisies, taal – alles word in die Ramaphosa paddapot gegooi om ons te vernietig.

Soort soek soort – dis nog altyd so.   Selfs die etniese  swart (sedert 1800) en bruin beskou dit so.

Met wie moet ons meng volgens die liberaal as daar oor die 30 miljoen steeds in hul eie trustgebiede bly en nie ingestem het tot die sogenaamde “reenboognasie” nie.

Daar is geen fout dat hierdie mense wel hier apart bly nie, inteendeel, dis hul reg, maar ons het dieselfde regte as enige ander volk in die wêreld.   Hulle bly al daar vanaf 1854, sedert die Shepstone beleid.  Maar ons het ook onafhanklike republieke gehad.

Ons moet meng, volgens liberaal verligtes,  anders word ons rassiste genoem omdat ons ons kwansuis aanstel bo ander.   Dan word dit as apartheid beskou.   Wat onwaar is.  Wat is die verskil tussen Reservaat/Tuisland en Trustgebied/CPA?  Ons as Afrikaner en Boere volk is ook nie verhewe bo die van enige Europese state soos Duitsers of Franse nie.  Die Franse, Italianers, Nore is tog ook nie een nasie in die EU nie.

Hoekom is daar dan steeds tientalle Trustgebiede en CPA’s waar net sekere van die swart of bruin mag bly en ontwikkel, hul kulture geniet.   Is hulle dan ook verhewe bo ons?  Nee, is ‘n internasionale reg.

Ongelukkig is die vals “reënboognasie” toegesmeer met rasverwante sake en sodra ons ons blankes ons probeer uitleef word ons as die rassiste afgemaak terwyl elke ander volk hul gate uitgeniet in hul Trustgebiede.

Die video materiaal is een van talle verskille in etniese swart volke in Suid-Afrika.

Verwoerd het dit in 1961 erken dat elke volk daardie reg het, daarom was daar stemreg ook in die Tuislande vir hul eie onafhanklikheid,  maar dis nou ingeskryf in die grondwet as Trustgebiede/CPA, maar in dieselfde grondwet word verwag deur liberales en broederbonders dat ons as Afrikaner en Boere volke alles van ons moet agterlaat en saamsmelt met Afrika immigrante, Chinese, ens. wat strooi is.

** ** **

Elke volk het die reg om oor hulself te regeer in hul eie land.

ONS VERSKIL TOTAAL EN AL HIERVAN:

ETNIESE danse 2018

 

Advertisements

Een gedagte oor “SA is geen eenheidstaat-reënboogland”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s