Gordhan – Staatsentiteite – Eskom en ander

*

Pravin Jamnadas Gordhan is tans die Minister van Openbare Ondernemings van die Republiek van Suid-Afrika; ’n pos wat hy sedert 27 Februarie 2018 beklee en op 30 Mei 2019 heraangestel is.
Hy is lid van parlement, betrokke by SAKP gewees en was voorheen Minister van Finansies.   Terug in die geskiedenis, was hy gedurende die jare 1991 tot 1994 voorsitter van die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa).    Heelwat het onder sy leiding plaasgevind.  Lees verwante inligting saam met grondwet en ander tersaaklike inligtingstukke, veral die 1955 manifes hoe dit met die 1996 grondwet vergelyk.


*

Gordhan word in 1993 mede-voorsitter van die Uitvoerende Oorgangsraad om die oordrag van staatsmag te organiseer en te monitor.  Hy was gedurende 1996 tot 1998, voorsitter van die Grondwetlike Komitee van die Nasionale Vergadering.   In 1999 tot 2009 word hy hoof (Kommissaris) van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Daar is al vir dekades korrupsie, spesifiek by Eskom – Waarom het die regering, presidente en betrokke ministers nooit enige skuldiges van korrupsie laat vervolg en opsluit nie?  Selfs die Guptas is skotvry en nooit vervolg nie.   Selfs munisipaliteite wat nie geld oorbetaal aan Eskom vir kragverbruik is ‘n misdaad en dit raak ministers wat die nodige vervolgings moes uitvoer in die howe.   Waarom is al hierdie staatsentiteit se verantwoordelikheid op Hoof Uitvoerende Beamptes afgesmeer.   De Ruyter nes ander het al hierdie korrupsie en diefstal rapporteer, dis die regering wat nie opgetree het nie, nie andersom nie.

*

SOGENAAMDE APARTHEID

Die werklikheid rondom wetgewing en apartheid is deur die Britse koloniale heersers in 1854 en 1894 begin (Shepstone en Rhodes), sowel as die swartes en khoi san / griekwas wat grondgebiede na 1800 apart beset het.  Dit is die Britse regering wat dit voor 1900 geannekseer het, nes hulle die twee Boere republieke geannekseer het na die Anglo-Boere oorloë nadat die res ingepalm is,

Trust en KEV gebiede (tuislande, kroongebiede en reservate)

Aparte gebiede bestaan steeds sedert 1994 tot datum 100%.   Dit funksioneer onder aparte tradisionele huise vir Swart en Khoi san volkere, slegs vir die betrokke stamme en volke en vir niemand anders wat voordeel hieruit mag trek nie.    Al die grondgebiede soos tuislande, is na 1994 aan die nuwe sogenaamde demokratiese regering, die ANC oorhandig.   Of dit ongrondwetlik is of nie, behoort die 1910 grondwet bestudeer te word wie se grond dit in werklikheid is wat deur Brittanje beskerm is.   Gebiede was in 1910 kleiner gebiede as 1961.   Wetgewings is deur die Britse regeerders geïmplementeer en onderskeie gemeenskappe / volke.

Grondwet

In terme van die Grondwet 1996 sowel verskillende wetgewings sedert Kodesa tydperk, is daar vandag oor die 8840 tradisionele leiers, slegs vir Khoi san, Griekwas en Swartes.   Met elkeen hul eie aparte wetgewings wat slegs op hulle van toepassing is.  Hulle word almal volgens ‘n struktuur en Departement van Tradisionele leiers vergoed en bevoordeel.

Ironies dat die Britse kroongebiede van voor 1900, vir Khoi san en Griekwa volke ook na 1994 geëis is as grond wat kwansuis gesteel is deur blankes en Boere, wat absoluut leuens is.

*

2017

Minister van Finansies, Pravin Gordhan het tydens die 2017-vergadering met wêreldleiers in Davos bespreek en is dit gebruik om Suid-Afrika se betrekkinge met ander lande te versterk en sê Suid-Afrika is op pad om ‘n meer inklusiewe ekonomie te skep.   Sake-, politieke en sosiale leiers van regoor die wêreld het in Switserland vergadering vir die Wêreld Ekonomiese Forum. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die afvaardiging gelei, wat Gordhan insluit, wat die taak het om wêreldwye beleggersvertroue in Suid-Afrika te verlig.

Na meer as 5 jaar is daar nog meer korrupsie, sabotasie, misdaad,  werkloses en besighede wat hul deure moes sluit.

*

Beeldmateriaal – WEF

*

2013 – WEF

*

Appointment of Gordhan and removal by Zuma

*

Let wel

Volgens die liberales en kommunistiese leiers is daar na  1990 toenemende internasionale en binnelandse druk, en toenemende bewyse en besef onder die wit politieke klas dat die apartheidstelsel onvolhoubaar was, die NP gedwing om die stelsel af te breek.

Daar is min bewyse dat aparte gebiede voor 1994, oftewel die 10 tuislande (ou reservate) en kroongebiede  nie gewerk het voor 1994 nie.   Dit was nog in die proses om te gebeur.   Daar is wel baie bewyse van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie wat grensnywerhede en -besighede geskep het wat heelwat tuislandbewoners kon werk en inkomstes genereer.

Indien dit nie gewerk het nie, sou dit na 1994 nie aangegaan het om voort te bestaan onder ander name en verskillende wetgewings en selfs 1996 grondwet nie.

Daar is heelwat inligting, waarvan sekere artikels reeds beskikbaar  is op die blog onder die verskillende  Trust en KEV gebiede waar fondse toegeken is.   Dit beloop biljoene rande uit die staatskas uit.   Heelwat vergaderings en Hansards ook beskikbaar.

*

Na 1990

Die eerste stap was die opheffing van die verbod op politieke organisasies – veral die African National Congress (ANC) en die vrylating van veteraan-opposisieleier, Nelson Mandela, ná 27 jaar in die tronk.   Belangstellendes behoort kennis te neem waarvoor hierdie mense in die tronk was en dat dit nie oor apartheid gegaan het nie.   Die land en sekere sisteme, staatsentiteite soos Evkom (Eskom) en munisipale strukture was gesaboteer en geterroriseer.  Hulle doen dit na 1994 steeds.

Dit is gevolg deur ‘n herroeping van die apartheidswetgewing. Tussen hierdie verwikkelinge en 1993 en teen ‘n agtergrond van intense politieke geweld, het die NP, die ANC en ander politieke organisasies ‘n reeks onderhandelinge onder die sambreel van die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA) gewikkel.   Dis hier waar Gordhan ook betrokke geraak het.

Hierdie onderhandelinge het uiteindelik gelei tot die ‘aanvaarding van ‘n tussentydse grondwet’ om die oorgang na ‘n nuwe Suid-Afrika te beheer. Dit het gekom ná ‘n blanke referendum, maar die opvolg referendum het nooit plaasgevind nie.

*

Beweerde onregte

Daar word beweer dat die grondwet wit oorheersing oor die politieke lewe gehandhaaf het deur ‘n diskriminerende verkiesingstruktuur wat nie-blankes ontneem het.

Wat nie waar is nie, want miljoene swartes het na 1961 AMPTELIK vir hul eie leiers in Tuislande gestem.    Niks is van hulle ontneem nie.   Swart volke het vir eie leiers en kulture gestem.  Blankes het nie stemreg of besluite oor enige van die volke of stamme gehad nie.

‘n Wet op Bantoe-owerhede in 1951 het die politieke deelname van swartes tot die tuislande genaamd Bantoestan beperk.   Wat onwaar is.   Hulle het amptelik vir hul eie leiers in daardie areas gestem, wat hulle sedert 1800 beset het.

Selektiewe hervormings in 1964 en 1968 het egter ‘n mate van politieke ruimte vir Asiërs en Kleurlinge geopen deur beperkte politieke deelname aan etniese aangeleenthede toe te laat. Gevolglik is ‘n Verteenwoordigende Raad vir Kleurlinge in 1964 geskep en ‘n Suid-Afrikaanse Indiese Raad is in 1968 gestig.

*

Die Interim Grondwet van Suid-Afrika Wet van 1993 was ‘n interim grondwet, wat gepromulgeer is, het voorsiening gemaak vir ‘n Regering van Nasionale Eenheid, ‘n oorgang van vyf jaar. Dit het ook voorsiening gemaak vir ‘n Grondwetgewende Vergadering bestaande uit ‘n gekombineerde Senaat en Nasionale Vergadering om die nuwe grondwet op te stel. Dit is onder die voorwaardes van hierdie grondwet dat Mandela in Mei 1994 president sou word. Hierdie grondwet het van krag gebly tot 1996 toe die huidige grondwet van Suid-Afrika aanvaar is.   Vergelyk die 1996 grondwet met die 1955 anc pac manifes.

*

Unie van SA is op almal van ons afgedwing en is uit Engeland (London) beheer

In 1902 beëindig die Verdrag van Vereeniging – onderteken deur Boere en Britse leiers – die Anglo-Boereoorlog wat in 1899 begin het. Dit word in 1908 gevolg deur ‘n nasionale konvensie wat die uitsluitlike belange van blankes verteenwoordig en wat Suid-Afrika se eerste grondwet onderhandel. Hierdie, die Suid-Afrika-wet, word deur die Britse Laerhuis goedgekeur, ondanks petisies en betogings van die Afrika-meerderheid  (London).

*

DISKRIMINASIE EN RASSISME SEDERT KODESA 1993

Administratiewe inligting van die 1996 grondwet,  Hansards / wetgewing / na 1994 toon dat aparte gebiede, grondeise en hul tradisionele leiers steeds voortbestaan onder die ANC bewind.

Grondeise word onder die grondwet, sowel spesifieke wetgewings gedoen, slegs vir swart en khoi san/ griekwa volke.

Indien dit nie so is dat aparte gebiede steeds met ons is nie, is daar dus baie meer korrupsie wat plaasvind via die parlement van SA, want biljoene word daaraan spandeer.

Tradisionele leier vergoeding

Waarom word tradisionele leiers anders vergoed – of is dit met die oog op die EEN plan en WEF?   Selfs al die aparte trust en kev gebiede, onder die sogenaamde demokratiese grondwet en wetgewings wat ingestel is, verkry vergoeding uit die staatskas uit.   Miljoene rande van die swart, khoi san en khoi san word hierdeur vergoed, trekkers, implemente, saad en mentors is na 1994 uitgedeel.

Swart bemagtiging WETGEWINGS

Wetgewings soos regstelaksie en Swart bemagtiging loop hand aan hand waar daar direk slegs teenoor konserwatiewe blankes en Boere gediskrimineer word om hul te weerhou uit die ekonomie van die land.

Ook tenders en staatsentiteite moet aan swart bemagtiging voldoen.

*

Bronne

https://constitutionnet.org/country/south-africa

https://www.concourt.org.za/index.php/constitution/history

https://photius.com/countries/south_africa/government/south_africa_government_afrikaner_broederbon~2492.html

2017

WEF
https://www.weforum.org/people/pravin-gordhan
https://ewn.co.za/2017/01/19/gordhan-wef-engagements-used-to-strengthen-international-relations?utm_source=dlvr.it&utm_medium=twitter

Cogta
https://www.cogta.gov.za/

https://www.gov.za/about-government/government-system/traditional-leadership

https://static.pmg.org.za/141024pcpubentbrrr.htm

https://www.gov.za/about-government/contact-directory/pravin-jamnadas-gordhan-mr-0

Pligte en verantwoordelikhede

About

Leadership

Durban’s King Edward VIII Hospitaal naam verander na Victoria Mxenge Hospitaal

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/letters/2022-05-19-letter-hospitals-new-name-must-reflect-ancs-huge-failure/#:~:text=The%20ANC%20in%20KwaZulu%2DNatal,of%20money%20are%20flowing%20in.

Geskiedenis
http://www.kznhealth.gov.za/KingEdward/history.htm

2 Desember 1961 – Staatshospitaal 1936 – Opleidingshospitaal en werksgeleenthede

https://www.ajol.info/index.php/samj/article/view/175726/165151#:~:text=Architects%20practising%20in%20Natal%20were,a%202%2Dstorey%20administrative%20s.

*
*
*

Verwante inligting en artikels

SA Staatskaping en Eskom

Zondo – Hogan – Zuma – State capture

Zondo – Barbara Hogan – Gordhan – Zuma Guptas

Gordhan SOEs speech May 2018

Gordhan –  Eskom – Insolvent

Gordhan: Eskom

Ramaphosa – Gordhan – Mkhwebane (PP)

Gordhan (what future with Eskom) – Ramaphosa

Gordhan: Eskom

Eskomkorrupsie en belastings

Eskom services 2023

Eskom dienste 2023

1955 ANC Freedom Charter

ANC Freedom charter 1955

Tuislande het al voor 1910 op die Afrika kontinent en elders bestaan.   Dit bestaan steeds onder name van KEV en Trustgebiede.

EEN PLAN IN SUID-AFRIKA

Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

Ramaphosa’s new cabinet, mp’s and perks and traditional leaders

Ooreenkomste – Agreements

Westminster in South Africa 1904

Duke of Westminster, London

British Empire and their colonial rules/flags

‘United we stand’ – British rule

1955 ANC Freedom Charter

ANC Freedom charter 1955

United Nations – apartheid

Segregasie – Apartheid 

‘Apartheid’ > 1854

Shepstone – Natal, roots of segregation

Lord Shepstone of Brittain

Britse Setlaars – 1904 – Westminster

Afrika was en is vol ou Tuislande (Homelands)

South Africa: Traditional leaders

Traditional leaders South Africa: 8840

South Africa: Traditional leaders

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

Bophuthatswana Homeland (SA)

Trustgebiede>Tuislande>Reservate

Ingonyama Trustgebied (en andere)

Tuislande en Trustgebiede in Suid-Afrika

Zoeloes (Ingonyama Trust) > Ramaphosa

Ingonyama Trustgebied (en ander trustgebiede) 

Dr H F Verwoerd, Tuislande en Reservate

Grond in Suid-Afrika Privaat/kommunaal

Tuislande – Trustgebiede

Tuislande word Trustgebiede genoem

Wyle Dr H F Verwoerd – 6 September 2019

Zimbabwe (SA volg)

Kenya – Trustland and british colony

6 gedagtes oor “Gordhan – Staatsentiteite – Eskom en ander”

Lewer kommentaar