Cholera en riool

*

Die massas wat vandag so kwaad is omdat daar siekes en sterftes is, moet hulself blameer vir al die gemors waarin die land is waarin hulle bly, stem en miljoene immigrante wat hier kom plak waar geen dienste is nie.   Ironies is dit juis al hierdie massas wat sedert 1994 vir die ANC, DA, EFF en ander gestem het wat alles afbreek en niks onderhou nie.   Massas kla oor hulle nie dienste kry nie, maar dis juis hul massa stemme wat sorg vir die bevoorregtes en swart bemagtigers wat alles inpalm, tenders nie reg uitvoer en en nog minder rioolwerke onderhou.    Nou kla dieselfde massas oor geen dienste wat nie gelewer word nie.   Rioolaanlegte wat onder die stad Tshwane se ingenieurs- en gesondheids- departemente val, word nie onderhou nie.  MOENIE KLA NIE julle stem daarvoor.

Hammanskraal cholera outbreak claims 12 lives - Here's everything we know -  Swisher Post

*

Daar is verskeie oorsake

Landwye swak regering en administrasies, wat hospitale hierby insluit.

Die toekenning van tenders, cholera, rioolaanlegte wat buite werking is sowel die aanstelling van swart bemagtigers, loop al vir etlike dekades hand aan hand.

Swart bemagtigers word aangestel wat onbevoeg is om die werk uit te voer.   Dit sluit alle vlakke van regeringsamptenare hierby in, wat moet toesighou, soos raadslede en burgemeesters.   Dis hierdie spul bevoorregtes wat inpalm en niks uitvoer nie.   Korrupsie wat eenvoudig toegesmeer word.

Die ander oorsaak is oorbevolking veral immigrante in gebiede soos Hammanskraal en ander dorpies, gebiede rondom groot stede, waar daar geen of selde of ooit water voorsiening en rioolverwydering plaasvind.

Onwettige immigrante het almal ‘n land van herkoms, waar hul stemreg het en eise kan gaan stel.  Ons regering laat dit toe.    Alles te danke aan die ANC regering op alle vlakke van regering wat nie net immigrante na Suid-Afrika lok nie, maar hulle eerstens onwettig toelaat juis om niks te doen nie.

*

Die onlangse sterftes het in Hammanskraal, Gauteng provinsie, voorgekom, terwyl cholera gevalle ook in ander gebiede aangemeld is, insluitend die Vrystaat provinsie. Die klein uitbraak in Suid-Afrika kom voor nadat UNICEF op 19 Mei gewaarsku het oor ‘n wêreldwye cholera-katastrofe sonder dringende optrede.

*

Hoeveel ontmoetings moet hierdie ministers en burgemeesters of raadslede nog bywoon voor hulle doen wat hulle veronderstel is om te doen.   Besoedeling gaan al seder 2009 in die omgewing aan.

Een of ander minister praat en praat …

Massas kla en is ongelukkig oor die toestande wat geen dienste bied nie.  Wat bring al die danspassies vir die spul in die sak – net mooi niks.   Dis juis die spul wat hier bly wat ook rommel strooi en besoedel.

*

Natuurlik sal dit gebeur as rou en onverwerkte riool binne riviere en damme invloei waar die omliggende plakkers en veral Boere toegang het tot hierdie besmette strome.  Hierdie probleme van die rou riool is die verantwoordelikhede van die Pretoria munisipaliteit (Stad Tswane), wat nie hul weg al vir dekades oopsien om die Rooiwal aanleg te herstel nie.  Daar was selfs begroot daarvoor na 2008.   In 2011 was dit as rampgebied verklaar.   Wat het hierdie munisipaliteit met al die geld gemaak.  Daar was groot ondersoeke en besoeke geloods in 2021 waar al die water ongeskik verklaar is vir menslike (en diere) gebruik.  Omgewings is besoedel.  Weermaglede is op ander plekke ingespan om die gemors te probeer opruim.

Toevoer na die inwoners te Hammanskraal en selfs ander omliggende plekke is dus nie net burgers en miljoene immigrante wat in Suid-Afrika kom plak , wat geraak word nie.   Hier is nie dienste voorsiening vir die miljoene burgers en selfs immigrante nie, maar hulle wil hier bly en soos met elektrisiteit wil almal ‘n groot gratis hap van die koek ontvang.

*

22 May 2023 is daar sowat 12 sterftes en 7 ander wat behandel word, uit miljoene burgers en immigrante vermeld in ‘n berig.

Die uitbreking is bevestig nadat stoelgangmonsters van 19 pasiënte by die Jubilee-distrikshospitaal positief getoets het vir cholera, met simptome soos diarree, maagkrampe en naarheid.  Soos berig deur News24, het nog twee sterftes oornag plaasgevind, terwyl sewe individue in die hospitaal gebly het. Sedert Maandag, 15 Mei 2023, het ongeveer 95 mense behandeling vir diarree-siekte gesoek.

Die afgelope week het die gesondheidsorgfasiliteit pasiënte van Suurman, Kanana, Majaneng en Greenfield ontvang. In reaksie op die uitbreking het die Stad Tshwane inwoners aangeraai om nie kraanwater te drink nie en het aanbeveel dat bleikmiddel gebruik word om waterhouers skoon te maak.

Vier gevalle wat die simptome het, is in Gauteng opgespoor, terwyl die Vredefort- en Parys-gebiede in die Vrystaat sewe gevalle aangemeld het.

Tenders toegeken, maar niks het gebeur nie, en hierdie was nie die enigste tender nie.    Begrotings is eenvoudig gebruik of gesteel … waar is alles heen?

*

Gift of the Givers gives update on Hammanskraal cholera crisis

Mense is versoek om behoorlike handhigiëne toe te pas.

Die gemeenskap moet voorsorgmaatreëls tref en goeie handhigiëne handhaaf voordat voedsel hanteer word nadat hulle die badkamer gebruik het en hulle moet oppervlaktes ontsmet.

*

Wat is cholera (maag en ingewand besmettings)

Cholera is ‘n akute diarree siekte wat veroorsaak word deur infeksie van die ingewande met Vibrio cholerae bakterieë. Mense kan siek word wanneer hulle kos of water wat met cholera-bakterieë besmet is, insluk. Die infeksie is dikwels lig of sonder simptome, maar kan soms ernstig en lewensgevaarlik wees.

*

Beeld materiaal – Cholera – Hammanskraal

*

Bronne

Hammanskraal cholera outbreak claims 12 lives – Here’s everything we know

https://www.msn.com/en-za/news/others/gift-of-the-givers-gives-update-on-hammanskraal-cholera-crisis/ar-AA1bDjd8?ocid=UP97DHP&li=BBqfP3n

https://rekord.co.za/457704/hammanskraal-cholera-outbreak-death-toll-rises-to-12/

https://www.cdc.gov/cholera/general/index.html

Verwante inligting

Water and Pollution – Rooiwal Waste Water Treatment Plant

Vaalriver / dam pollution / besoedeling

Pollution Vaaldam and rivers

Water pollution South Africa  –  Vaal, etc.

Hendrik Verwoerddam

Een gedagte oor “Cholera en riool”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s