*
Moet nooit ‘n boek oordeel op grond van slegs ‘n moontlike gehawende omslag nie. Soms is die buitekant dalk armoedig, maar bevat heelwat kosbare skatte en inligting. Wees verseker dat die Boere volk en die Boere republieke se geskiedenis se trekpad nog minder met rose besaai was. Daar is heelwat kultuurskatte en erfenisse in die Boere volk se geskiedenis wat niemand ongedaan kan maak nie, al probeer vreemde nasies die Boere volk se geskiedenis en kultuurskatte kaap as hul eiendom.

*
Verskeie boeke, artikels en kaarte toon die gevolge aan van wat gebeur het toe die Boere volk besluit het om die vere van die Kaapkolonie finaal uit te trek, af te skud en nuwe horisonne in die binneland te verken wat ook later as Boere republieke ontwikkel is. Oral het die Britte en handlangers besluit dat die Boere volk nie hierdie ruimte van selfbeskikking en onafhanklikheid gegun word nie. Die Britte het nie lank gewag om die Boere republieke en -volk te oorrompel vir algehele heerskappy in suidelike Afrika om die minerale regte te bekom nie. Die trek was skaars in die binneland of Brittanje het met gejuig gevolg. Die uiteinde was die stryd van ‘n bloedige Anglo-Boere oorlog een en twee, wat wyd oor al die verskillende Boere republieke plaasgevind het.
Wat die Boere volk in die binneland ervaar het tydens die Trek (1838), was heelwat leë gebiede, wat aan niemand behoort het nie. Daar was letterlike elke dag aanvalle teenoor die handjievol gesinne wat die Kaap verlaat het. Elke Boere republiek wat gestig was, is gebiede wat sodanig verkry is of met swart leiers ‘onderhandel’ is, finansieel of vir dienste gelewer. Mfecane oorloë het net na 1800 in die binneland plaasgevind, waar dit swart op swart of op ander uitgevoer is. Die Boere volk was nog nie daar toe hierdie oorloë uitgebreek het nie. Dis hierdie tydperke waar daar grond beset was en van niemand aangekoop het nie. Hulle het mekaar uitgewis, omdat hulle mekaar se vee en vrouens met kinders gesteel het om hul meer ‘ryker’ en invloedryk te maak as heersers.
*
VOLLE ONAFHANKLIKHEID EN SOEWEREINITEIT
Terloops, swart leiers het nie die grond aangekoop nie, maar eenvoudig beset. Boere het aan die einde vir elke Boere republiek transaksies gehad wat betaal is en het nie die pad van besettings gevolg nie. Van die Boere republieke is later onafhanklik verklaar en internasionaal erken, onder die ZAR en Vrystaat.
Hulle bestaan uit verskillende Boere republieke met elkeen ‘n eie geskiedkundige waarde, wat ten volle beskerm moet word en wat aan die nageslag van die Boere volk behoort. Dit is hierdie reg van Boere republieke wat 100% herstel moet word.
Dit beteken, volle onafhanklike gebiede en land(e), nie tweedehandse gebiede onder ‘n Federale of Konfederale regeringstelsel, waar die Boere volk weer soos van ouds, alle vryheid verloor. Net om te fokus op ‘n Volkstaat wat nie onafhanklikheid geniet nie, is betekenisloos.
Volkstate is nie onafhanklik nie en sal beheer word deur ander volke en vreemde multi-kulturele nasies. Dit is elke volk se reg om dit uit te oefen en het absoluut niks met apartheid te doen nie. Na 1961 is die ou Tuislande en aparte gebiede as ‘n internasionale misdaad beskryf – en dit was alles besette grondgebiede. Die Boere volk skryf nie voor aan die ander stamme wat hulle moet doen in hul gebiede wat hul na 1994 opgeëis het nie.
*
Die Afrikaner en veral die Afrikanerbond, wat deel was van die destydse Kaapkoloniale regeringstelsel, het saam die Britte teen die Boere volk en -republieke geveg.
Dit was Boere , wat nie net uit landbouers bestaan het, wat die destydse Brits beheerde Kaapkolonie verlaat het omdat hulle nie deel van Britse kolonialisme wou wees nie. Die Boere volk is nie deel van die Afrikaner multi-kulturele nasie nie. Die Boere volk het uitbeweeg onder die Britse kolonialisme na ongeveer 1838 en het niks met ‘n Afrikaner nasie in gemeen nie.
Dit gaan nie ongesiens verby dat meeste lande, regerings en liberale organisasies in die wêreld inderdaad op hul agterpote was en steeds is, om te reageer oor daar kwansuis Apartheid toegepas is deur die 1961 regering nie. Daar was selfs sanksies toegepas deur die magtige Amerika en haar bondgenote. Indien regerings en leiers hul huiswerk gedoen het, sou hul agtergekom het dat die Britte en swartes toe reeds aparte gebiede in plek gehad het wat deur die Britte regeer is onder kolonialisme. Na 1994 duur aparte gebiede (vir swart, khoi san en griekwas) steeds voort en word die gesigte weggedraai omdat daar teen die Boere volk gediskrimineer word om hul ekonomies te ontmagtig en fisies uit te wis.
*
1961 – 1994 – 2024
Swart, khoi san en griekwas bly steeds in hulle ou tuislande en kroongebiede, die benamings is na 1994 verander na die nuwer ANC wetgewings. Die gebiede is na 1994 onder nuwe wetgewing vervat onder Trust en CPA (KEV) gebiede, slegs vir daardie groepe, afsonderlik van mekaar. Derduisende tradisionele leiers (8840 plus) word deur die staatskas onderhou, terwyl hul leiers niks met die belastingbetaler te doen het nie.
Dus, indien dit ‘n internasionale misdaad was as ‘aparte gebiede’, wat is CPA en Trustgebiede onder die ANC regering?
Dit is geen sonde of misdaad as dit gebeur nie, maar dis net die Boere volk wat erg gekritiseer en veroordeel word deur oorsese lande, plaaslike regerings, leiers en meerderheid. Dit is elke volk se internasionale reg om onafhanklikheid te verkry.
Gerieflikheidshalwe word vergeet dat aparte gebiede reeds daar was in 1840 toe swartes uit sentraal, wes en oos Afrika na die suidpunt gekom het om grond in suidelike Afrika te beset. Dit is nie vir ander volke wat daardie besluite namens die Boere volk kan neem of uitoefen nie. Die Boere volk buig steeds agteroor en aanvaar dit gelate dat hierdie sogenaamde misdade van aparte gebiede verkeerd is of was, maar sien nie die groot gros miljoene swart, khoi san en griekwas wat afsonderlike gebiede het en bewoon nie.
Meeste swart immigrante en onwettiges uit die noorde en buurlande, vorm vanself hul eie ‘klieks’ en bly apart van mekaar. Misdaad is hoog in hierdie gebiede. Niemand het hulle hierheen genooi nie, maar miljoene immigrante gebruik letterlik alles van Suid-Afrika, dit is mediese sorg, skole, besighede word opgerig, sommige ontvang toelaes, bly in HOP huise, sommige het selfs stemreg en ander steel elektrisiteit met onwettige konneksies. Alles word met belasting inkomstes uitgedeel.
In 2011 het Suid-Sudan wat minderheidsvolk(e) is, onafhanklikheid verkry omrede hulle onderdruk is deur ‘n swart meerderheidsregering.
*
Afrika is gevul met oor die 2000 aparte tuislande en minderheidsvolke, so ook elke kontinent, wat uit trustgebiede bestaan vir die plaaslike bevolkings. Amerika, Kanada sowel as Europa en Australië het heelwat aparte volke en stamme wat al vir dekades apart bly van die res en hul eie leiers kies op hul eie grondgebiede. Dit word ook hier in die RSA gedoen, waar elke swart, khoi san en griekwa volke aparte Trust of CPA gebiede het met hul eie tradisionele leiers. Die Boere volk het geen seggenskap in hierdie gebiede wat geïdentifiseer is sedert 1815 ongeveer, waar hulle grondgebiede beset het.
Afrika Tuislande – so-called apartheid – Homelands
Indien die Boere volk aparte gebiede verlang om hul eie tradisies, identiteit, kultuur en geskiedenis uit te leef, is dit ‘n misdaad en internasionale sonde / misdaad en word dit ten sterkste veroordeel. Swart, khoi san en griekwa volke het slegs lewensreg in al hul aparte gebiede onder Trust en KEV (CPA) gebiede. Oorseese lande roem dat plaaslike bevolkings soewereiniteit het, tog val hulle onder die staat en regering van elke land en is hulle onder die selfde liberale regerings – min besit eiendomsreg.
*
https://www.deviantart.com/gustafmaps/art/Results-of-The-Great-Trek-depicted-in-1840-886284024
*
Vergelyk KEV (CPA) of Trustgebiede of ou Tuislande en Kroongebiede met mekaar en ook met ander lande waar dit voorkom.
Wat is die verskil? Daar is ‘n groot verskil.
Terwyl die Boere volk die Republieke se gebiede aangekoop het met geld of dienste gelewer, het plaaslike volke of stamme, geen grondgebiede gekoop nie. Die Boere republieke se grondgebiede word dus as privaatgrond gereken en met ‘n titelakte of eienaar wat grond besit. Titelaktes en privaatgrondbesit val nie gratis uit die lug uit nie.
*
Die Boere republieke is privaatgrond en beslis nie Trust- of KEV (CPA) gebiede nie en kan ook nie as Trustgronde beskou word nie. Daar was wettige transaksies uitgevoer en bekom met hierdie aksies in die Boere volk se verlede – dit is hoe die Boere republieke gestig is. Dit is die Boere volk wie se mense regte geskend word deurdat die 1902 Verdrag nooit uitgevoer is nie.
Dit is of was nooit Afrikaner republieke genoem nie.
Dit was nie Boere Afrikaner gebiede genoem nie, maar BOERE republieke.
Die burgers was die Boere volk genoem en nie Afrikaners, Boere Afrikaners of Afrikaner Boere genoem nie.
Die Boere republieke behoort nie aan geheime organisasies nie, maar die ANC en liberale Afrikaners dink dat alles van die Boere aan hulle behoort. Daar is wettige transaksies in plek en die Boere volk is internasionaal geregtig op onafhanklikheid van al hul Boere republieke.
Hierdie Boere republiek gebiede is al vir etlike jare in besit van die Boere volk maar die volk word uitgebuit en uitgesluit op elke moontlike manier. Dit was die Britse regering en haar bondgenote, wat Afrikaners hierby ingesluit het, probeer steel in 1902 met die oorlog wat hul kom voer het met die Boere vegters, vroue en kinders. Alles net om die minerale rykdom in die hande te kry.
In 1902 se Vredesverdrag was dit juis die Britse regering en Afrikaners, by name Jan Smuts en Milner wat help opstel het, wat betrokke was by die opstel van die Vereeniging ooreenkoms.
Sionisme vier hoogty in ons land wat ons burgers beheer en manipuleer. Sionisme / kommunisme word ook in ander lande toegepas.
Dae later is hierdie einste verdrag eensydig deur Sioniste en Afrikaners asook die Britse regering verbreek met oorname in Uniewording, die 1948 regering en dit is weer herhaal in 1994 onder die Britse Statebond. Dit is een van die redes hoekom daar ‘n BOERE rebellie uitgebreek het.
Dit was Jan Smuts, Afrikaner leier en Sionis, wat die doodstraf laat toedien het gedurende die 1914 Rebellie aan die BOERE volk se leiers wat hul Republieke wou teruggehad het. Dit was nie ‘n Afrikaner rebellie nie.
Melrose huis – Vrede van Vereeniging
Verdrag van Vereeniging 1902
Oud president Paul Kruger en Boere republieke
*
Tydens die Vereeniging verdrag en ooreenkoms was besluit dat die Boere volk hul vryheid sou terugkry in die Boere republieke en hulle het nie. Dit staan in daardie ooreenkoms en is die Boere volk geregtig op al haar Boere republieke wat nie onderhandelbaar is of as Trust of KEV (CPA) grondgebiede beskou kan word nie. Dit is nie Trustgebiede soos in die geval van swart/khoi san of griekwa gebiede nie en was nog nooit nie. Die dag toe Boere ooreenkomste aangegaan en betaal is daarvoor, het dit privaatbesit geword. Daar was geen vreemde organisasies betrokke nie, maar die Boere self wat aksies uitgevoer het om die grond wettig te bekom.
Die Boere leiers is ingedwing in hierdie situasie in na 1902 – lees die ooreenkoms wat dit behels en sien hoe word dit steeds verbreek.
Die 1914 Rebellie is presies Boere leiers wat uiting gegee het aan die optrede van Afrikaners en Britse verteenwoordiging in die Unie regering. Dis Afrikaners van die Unie regering wat die Boere leiers gevang en ter dood veroordeel het. Die BOERE Rebelle was almal deel van die Boere volk en nie Afrikaners nie, daarom het hul in opstand gekom.
Intussen word alle minerale rykdom uit Boere republieke sedert 1902 tot vandag toe, gedelf en gesteel wat aan die Boere volk behoort. Die onwettiges stroop alles kaal soos ‘n springkaanplaag. Brittanje en haar bondgenote wat regeer het na 1902, het besluit hulle het arbeiders nodig vir hul myne en het na 1902 miljoene immigrante ingevoer wat op die Boere republieke se grondgebiede begin plak of oorneem het.
Dis hierdie leiers, onder die Britse statebond wat elke immigrant en onwettige van die Boere volk se grondgebiede moet verwyder na lande waarvandaan hul afkomstig is. Brittanje is hiervoor verantwoordelik en moet pa staan vir elke Boere gesin wat of landuit gegaan het weens swart bemagtiging / regstellende aksie en ekonomies verarm het.
*
Dit is ‘n internasionale reg dat volke hulself in hul gebiede regeer. Dit geld ook vir die Boere volk.
Die Boere volk is ‘n volk in eie reg in gebiede wat aan hulle behoort. Die Boere volk is nie deel van die Afrikaner nasie nie. Die Boere republieke se grondgebiede, plase en selfs myne asook besighede, word nie in trust gehou nie, want dit is nie TRUST grondgebiede nie. Dit is privaatgrond en word misbruik deur ANC en vorige regerings, sowel al die mynmagnate en veral oorseese besighede.
Die Boere volk skryf nie aan ander lande voor hoe hul hul emigrasiebeleid moet toepas nie. Inteendeel, oral is dit duur om te emigreer, maar hier leef ander lande voort en ploeg met die kallers en bates van die Boere volk.
Die Boere volk skryf nie voor aan Khoi san, Griekwa en ander volke wat apart op hul Trust of KEV gebiede bly met oor die 8840 tradisionele leiers wat uit die staatskas vergoed word.
*
Weer eens – Die Britse statebond – London het die Uniewording beheer en so ook die 1948 regering.
Brittanje en Afrikaners wat oor die Boere volk hierdie besluite afgedwing het met Uniewording, het die Vredesverdrag van 1902 verbreek en skend elke dag die Boere volk se menseregte, wat geld oor al die Boere republieke. Na 1994 verbreek die ANC steeds hierdie Vredesverdrag wat met die Boere leiers ooreengekom is dat die Boere republieke se onafhanklikheid herstel sou word. Dit het nooit plaasgevind en is die VERDRAG eensydig verbreek.
Die Boere volk het vir etlike jare hierdie Boere republiek gebiede uit eie sak ontwikkel en vandag kan met hartseer gesien word hoe dit wat ons voorgeslagte gebou het, vernietig is. Skole, hospitale, kragvoorsiening, munisipale kantore en vele ander wat ons voorgeslagte opgebou het, is so deur vreemdelinge vernietig.
Geen ander volk het regte in daardie gebiede nie.
Die Boere volk het geen regte in die Richtersveld of Ingonyama Trust of aanwys van enige tradisionele leiers vir swartes, khoi san en griekwas nie. Dit is ‘n internaisonale reg wat al sedert 1902 geskend is. Brittanje het geen reg tot die Boere volk se grondgebiede of hul minerale rykdom nie en dit behoort teruggegee te word aan die Boere volk soos dit hoort.
Immigrante in die gebiede wat aan die Boere volk behoort ( Boere republieke), moet deur die huidige regering, vorige regeringsleiers, liberaal verligte Afrikaners en Britse statebond sowel mynmagnate verwyder word (*).
ONWETTIGE IMMIGRANTE EN MISDAAD/ MOORDE
Hulle (*) het die immigrante ingevoer om in die Boere se myne te kom werk, maar al daardie inkomstes het geen Boere volk ooit gesien nie.
Dit moet herstel word en vergoeding moet sedert 1902 uitgewerk word van al die myne wat geplunder en uitgevoer is. Selfs die feite dat finansies nooit van die Britte ontvang is na die Anglo-Boere oorloë nie. Immigrante is ‘n baba van die genoemdes wat heeltyd rykdom kom skep het uit die Boere republieke wat nie aan hulle behoort nie.
Duisende (25 000 plus) mynmagnate het ook teen die oud president Paul Kruger opgetrek en word in die Bloemfontein, Pretoria en London konvensies beskerm dat hul regte het wat geen ander burger het nie.
Boere het nooit die Boere republieke beset nie, maar dis gekoop en geruil vir dienste gelewer. Dit is hoekom daar twee Anglo Boere oorloë was, vir vryheid en onafhanklikheid.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
*
HERSTEL VAN BOERE REPUBLIEKE
Die herstel van Boere republieke geld vir al die Boere republieke wat deur die Boere volk besit was voor 1902. Dit is grondgebiede en nie TRUSTgebiede nie, wat aan die Boere volk behoort, wat wettig bekom is.
Dienooreenkomstig kan hierdie gebiede nooit in Trust geplaas word soos in die geval met swartes, khoi san en griekwas nie. Die Boere volk het hierdie gebiede WETTIG bekom, aangekoop en geruil vir dienste gelewer voor 1900, ander volke het hul grondgebiede beset.
KULTUUR EN IDENTITEIT
Die Boere volk se identiteit, geskiedenis en kultuur is ‘n hartseer realiteit wat fisies die Boere volk se nageslagte se voortbestaan grootliks beïnvloed het. Die Boere volk is nie deel van die multi-kultuur Afrikaner nasie nie of andersom bestaan dit nie. Daar word nie eers daaroor getwyfel nie, maar die gemengde Afrikaner reënboognasie maak aanspraak dat die Boere volk se identiteit, geskiedenis, tradisies en alles deel van hulle is. Dit is nie en was nog nooit nie.
Dis ‘n internasionale reg dat volke ‘n reg tot onafhanklikheid het.
Enige Volk het ‘n reg tot lewe, voortbestaan en om hulself in hul eie gebiede te regeer. Die Boere volk ook. Daar is geen voorskrifte hoe groot ‘n volk moet wees nie. Daar is heelwat klein lande wat steeds deur hulself regeer word. Dit het niks met die sogenaamde apartheid te doen nie.
APARTHEID 1854 – 1894 (WETGEWINGS VAN LONDON)
Apartheid was deur die Britte ingestel gedurende hul oorname na 1806, met toepaslike wetgewings in 1854 en 1894. Die Boere volk het Boere republieke nie net in suidelike Afrika gestig nie, juis om weg te beweeg onder die Britse heerskappy en wou nie hul slawe wees nie.
Daar word vir ons besluite gemaak dat ons geen reg tot lewe of bestaansreg het nie. Dis totaal en al skending van die Boere volk se menseregte. Net soos wat Ingonyama Trust of die Richtersveld die reg tot hul eie gebiede en leiers het, het die Boere volk dieselfde regte. Dit het niks met sogenaamde Apartheid te doen nie. Swart en ander leiers wat teen selfbeskikking vir ons Boere volk is, moet ‘n slag die internasionale reg en vereistes gaan naslaan oor volke se reg tot onafhanklikheid.
Geen volk het ‘n reg oor ander volke se reg tot onafhanklikheid nie. Dieselfde geld vir die Boere volk wat nie beslissings kan maak oor ander volke se reg tot onafhanklikheid nie. Die Boere volk het nie na London gereis en daar gaan inmeng en oorlog gemaak nie.
Robert van Tonder oor die herstel van Boere republieke. Die kaart sluit nie al die Boere republieke daarby in nie. Indien Zoeloes kan aandring op gebiede soos Ingonyama Trust of the Khoi san oor Richtersveld, het die Boere volk dieselfde regte. Die Boere volk leiers voor 1902 het nie hierdie gebiede gesteel nie. Dit het aan niemand behoort nie en daar is in elk geval ook geld/vee of ander dienste aan swart leiers destyds gegee om dit te kry. Het ons leiers hul toestemming nodig gehad, as hulle al die grondgebiede beset het en nooit van niemand aangekoop het nie? Daar word kennis geneem dat al hierdie gebiede wat Trust of CPA’s geword het na 1994 met die Grondeise het almal groot finansiële steun, bates, saad en veel meer uit die staatskas ontvang. Hierdie gebiede was sedert 1800 beset deur swart etniese groepe uit die noorde. Khoi san en Griekwas was ook rondtrekkend en het niks ontwikkel nie.
https://www.youtube.com/watch?v=stva11c9Css
LEES MEER
DAAR IS STEEDS APARTE GEBIEDE, MET TRADISIONELE LEIERS
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Trustgebiede – Trustlands (segregation)
Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise
Traditional land and leaders – landclaims
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zulu people – Ingonyama Trustland
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – landclaims
Grond eienaars: ANC regeringsplase
*
Hoeveel gebiede wat kwansuis opgekoop is met belastinginkomste, is deel van die Boere republieke?
*
Moenie dink swartes en anderskleuriges was nie voor hierdie tydperke reeds grootliks vergoed tydens die Waarheids en Versoeningskommissie.
Wat het van al hierdie fondse geword – dit het biljoene rande beloop.
Tuislande en aparte gebiede in Suid-Afrika
Commissions – TRC – Waarheids en Versoeningskommissie na 1994
*
APARTHEID EN SEGREGASIE WAS ONDER BRITSE BEHEER INGESTEL MET WETGEWING WAT IN LONDON AFGEKONDIG IS.
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rules
Separate areas of British empire
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
https://www.youtube.com/@Boervolk-b7m
*
laat elke Boer die materieële bewyse van sy Grondbesit in hardevorm hê en bestudeer,
laat ons dan die stappe instel om selfbeskikking toe te pas waarvoor ons Boere tot eenheid moet kom, kan dit bewerkstelig word?
LikeLiked by 1 person
Dankie vir u kommentaar en bydrae.
Stem saam – die feit dat die Boere republieke aan die Boere volk behoort is ook ‘n pluspunt.
Die Boere volk is ‘n volk op hul eie en het die reg om oor hulself te regeer in gebiede wat hulle sin is en aan hulle behoort. Ander volke het geen reg oor die Boere volk nie.
Admin
LikeLike
Wie is die Mense in onafhanklik? Het julle toegang tot die ou dokumente?
LikeLiked by 1 person
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
Dit wat op internet beskikbaar is, het almal toegang en daaroor word berig.
In die artikels is skakels geplaas waar alles gevind is. Meeste inligting is en moet ‘n mens maar soek om wel te kry.
Dankie vir die terugvoer.
Admin
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
[…] van besettings deur oorlog en geweldHerstel van Boere republieke en Boere volkDie Engelse ryk teen die Boere volkInvalsplanne op Boere republiekeAnglo-Boere oorloë […]
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
[…] 2021Vermoor die Boer lied – Kill the Boer songKill the Boer Kill the farmer in South AfricaHerstel van Boere republieke en Boere volkHerstel van Boere RepubliekeSelfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)Mfecane – 1795-1830 […]
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
Goeie dag,
Ek mis u Youtube kanaal.
Plaas u tans inhoud op n alternatiewe medium?
Wees Geseend.
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike
[…] bemagtiging Inhoud B-BBEE IndexSoos dit was in 1902 – alle Boere republieke moet herstel word.Herstel van Boere republieke en Boere volkHerstel van Boere Republieke1914 BOERE Rebellie: Suid-AfrikaOnafhanklike Volksidenteite en oplossing […]
LikeLike
[…] Herstel van Boere republieke en Boere volk […]
LikeLike