*
Stoere Boere en Boere volk kan beslis in een kraal geplaas word. Hul voorgeslagte is afkomstig uit al die Boere republieke, daar is nie net twee Boere republieke gewees nie. Die Boere volk is nie almal landbouers en wat slegs fokus om voedsel produseer nie. Al vir etlike dekades is die Boere bo-baas voedselprodusente en verspreidingsnetwerke.
Gesegde is : ‘n Boer maak ‘n plan. Niks is so lekker soos Boere kos nie.
Potjiekos is bekende geregte onder die Boere volk. Dit was deel van hul lewensbestaan in die Trek, laertrek en kampvure wat brand

*
Boere kos. Anglo-BOERE oorlog.
Hier is ‘n paar stukkies legkaarte wat inmekaar pas –
WIE IS JY – EK IS ‘N BOER
Die BOERE volk word en is vir jare deur die Afrikanerdom as boere en landbouers (of arbeiders) beskou. Ja, die Boer is arbeidsaam en woeker met sy/haar talente, die BOER in die landbou is nie altyd net ‘n man nie, heelwat is ook vroue en selfs jong seuns en dogters. GEEN volk kan net uit mans bestaan nie.
Let op na die Afrikaner organisasies en hul webtuistes.
Die Boere volk word vir jare al gereken as deel van die Afrikaner (nasie) wat VEELvolkig is. Die Boere is nie deel van die Afrikaners, hul organisasies of ideologieë nie. Baie Afrikaners en blankes, reken daar bestaan nie ‘n Boere volk of Boer nie. Die Afrikaners beskou die geskiedenis en kultuur, hul konsentrasiekampe en grafte, en SELFS die Boere leiers, is ‘Afrikaners’ sin.
Wees oplettend hoe word daar tydens “byeenkomste’ wat eintlik aan die BOERE volk behoort, deur Afrikaner organisasies geskryf en selfs toesprake word gelewer oor die ‘afrikaners’ wat deel is van die Boere republieke.
Tot die 4 kleur- en ander Boere republieke se vlae wapper tydens hul (afrikaner) se geleenthede en byeenkomste. VERAL die ABO1, Majuba, Slag van Bloedrivier en ander veldslae wat herdenk word, spreek boekdele. Heelwat media gee dekking aan beelde , die vlaghuisings van die Boere volk onder die VALS vaandel van die Afrikaner.
Dit was en is steeds ‘n groot leuen van ons tyd, geslagte lank.
Afrikaners was voor 1900, deel van Brittanje en haar bondgenote en het aan daardie kant geveg, teen die Boere republieke.
Engeland was nie alleen nie. Lande, regerings het soldate, geld en perde, sowel hul dienste aangebied.
Die Afrikaner bondparty was deel van Rhodes in die Kaapkolonie.
Waar staan die Afrikaner nasie vandag? Klink ABN en AAI bekend?
Daar is egter heelwat kenmerke van die Boere volk en Boere republieke – strewe na vryheid en onafhanklikheid. Verseker is hulle bekend vir hul uithouvermoë, spanwerk en geduld om hul besighede te laat floreer, veral om voedsel te produseer, te bemark en te verkoop.
Daar is boere en landbouers ook in ander lande, nie net in Suid-Afrika nie. Hulle is nie deel van die Boere volk van Suid-Afrika nie. Boere in die algemeen het baie om in te deel.
Die Boere volk was nie die enigste volk wat wou vry wees nie, en dit is beslis geen misdaad nie.
Die ander volke en stamme in Suid-Afrika. Daar het uiteindelik sowat 10 reservate, wat opgedeel is in ander sub-dele, die lig gesien omdat hulle hul eie grondgebiede BESET het. Swartes het nie reservate gekoop nie, maar BESET. Brittanje en bondgenote het al hierdie gebiede, reservate en kroongebiede geteiken, ook alle Boere republieke.
*
HIERARGIEE
Grondeise veral onder swart en gekleurdes is deel van hierdie ‘grondeise’, grond wat hulle nooit gekoop het nie.
Die Griekwa en Khoi san volke bestaan ook uit verskillende bruin gemeenskappe of stamme, hul het hul gebiede destyds Kroongebiede gedoop, nie die Boere volk nie. Dit is volkere en gebiede wat steeds apart van mekaar is en steeds in Suid-Afrika sigbaar is, onder ANC kommunistiese bewind. Die vorige NP en selfs liberales in regering en hul Broederbondgenote, was en is 100% bewus hiervan.
Anc en ander maak of apartheid en aparte gebiede so ‘n groot sonde en misdaad is, terwyl dit inderwaarheid ‘n internasionale mensereg is om as volk jou eie leiers te kies en deur hulle regeer te word. Wat ironies is, is dat Ingonyama Trust wat eers ‘n Zoeloe reservaat en later Tuisland geword het, het steeds hul aparte gebiede in KwaZulu-Natal. Die Reservaat van die Zoeloes (Ingonyama Trust vandag) het verskillende gebiede, stamhoofde of kapteins het hulle beheer en doen dit steeds.
Richtersveld waar heelwat bruin mense leef en werk is lankal WEER EENS aan hulle toegeken, met byvoordele en kompensasies in 2007. Duisende grondeise het die lig gesien na 1994 wat almal apart van mekaar is en elkeen hul eie tradisionele leiers (vlak 3 regering), maar indien BOERE of ander blankes dit wil doen is dit kwansuis rassisme en diskriminasie. Die BOERE en blankes gaan nie maklik in hierdie KEV (CPA) of Trustgebiede en neem hul gebiede op horings of beset hul gebiede nie.
Net soos wat daar swartes en gekleurdes is wat met mekaar verskil, is daar ook blanke volke en nasies wat van meaar verskil. Nie alle blankes is deel van die Boere volk nie. Inteendeel sedert 1652 is daar meer as twee hoofgroepe blankes, maar sommige dink al die blankes in Suid-Afrika is almal deel van die veelvolkige multi-kulturele Afrikaners.
Die Boere volk het gewerk daaraan om hulself te bevry en te regeer, eerstens as Vryburgers en Grensboere en later het die Trek gevolg. Afrikaners het nie meegemaak aan die Trek nie.
WEER EENS – die hele RSA behoort nie aan die Boere volk nie, hul is geregtig op gebiede (republieke) wat hul voorsate wettig bekom het.

Herstel van Boere republieke en Boere volk
Die Boere volk is ‘n geskiedkundige term wat verwys na ‘n etniese en kulturele volk wat spesifieke morele waardes, taal, gewoontes, strewes en geloof nastreef en bou.
Die BOERE volk was nog altyd bekend vir hul reguit manier van handel dryf en veg vir vryheid, nie net vir hul eie voortbestaan nie, maar vir gemeenskappe en ander volkere. Die skep van werksgeleenthede was altyd deel van die groter Plan om volkseie bestuur te verbeter. Die dag toe hulle die stof van die Kaapkolonie afgeskud het, was daar die TREK. Hulle wou nie hul knieë buig voor Britse oorheersing nie.
In die Kaapkolonie was dit duidelik hoe hulle begin dink het om hul vryheid te bekom deurdat hulle Stellenbosch, Swellendam en Graaff-Reinet Republieke uitgeroep het. Daar was baie dinge wat aanleiding tot hierdie gebeure en sodoende die Boere volk verder weggedryf het van Engelse.
Tydens die uitroep van Boere republieke in die Kaapkolonie was daar nie verdeeldheid nie, dit was Boere wat die repubieke uitgeroep het – NIE AFRIKANERS NIE.
Dit was Afrikaners wat die Boere nie hul vryheid wou gee nie en het dit bestry en weggeneem. Later is meer Boere republieke uitgeroep, nie as gevolg van verdeeldheid nie, maar omdat hulle vry wou wees van Britse en Afrikaner heerskappy. Ironies genoeg was dit meerderheid Afrikaners soos Smuts wat die Unie regering gelei het.
Onafhanklikheid en volksvryheid
KRY MEER INLIGTING:
Boere volk identiteit en vryheid – Wiets Buys
Boere volk, kultuur, geskiedenis, die Boere boek – Dr Pretorius
*
Die Bondgenote het teen die Boere volk geveg en dit was NIE net Engelse soldate nie, te wete, Amerika, Kanada, Australië, New Zealand, Skandinawiese lande, bruin en gekleurdes sowel as verskillende swart groepe en stame.
Afrikaners het selfs bygedra tot die aanslag teen die Boere volk in al die Boere republieke. Die Bondparty in die Kaapkolonie het slegs uit Afrikaner mans bestaan saam Rhodes regering.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
*
BRITTANJE WAS NOOIT ALLEEN NIE
SY HET NIE ALLEEN GEVEG TEEN DIE BOERE REPUBLIEKE NIE
Die Britte en haar bondgenote, wat Afrikaners daarby insluit, het teen die bestaan van die Boere republieke geveg om hulle totaal uit te wis in 1902. Afrikaners was deel van die Cecil Rhodes en Kaapkoloniale regering wat saam ander bondgenote teen die Boere republieke geveg het. Dit was Afrikaners wat koning gekraai het saam die Britte in die Unie wordingsproses. Jan Smuts, Louis Botha en veel ander.
Veelvolkige Afrikaner nasie
Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie en is ‘n aparte volk soos wat Zoeloes en Italianers is. Die lede van die Boere volk is en was nooit Afrikaners soos beweer word nie. Die Boere volk leiers kon ook nie skielik. nadat hul vrede moes onderteken in 1902 (Vredesverdrag Vereeniging), skielik Afrikaners geword het nie. Niemand kan volkswortels verander of aanspraak maak dat ‘n ander volk deel van hulle multi-kulturele nasie is nie. Net omdat Boere dalk Zoeloe of Russies magtig is, beteken dit hulle is nou skielik Zoeloes of Russiese burgers geword het nie. Die Nasionale party was beslis nie ‘n BOERE party of regering nie.
Leer wat aangegaan het 1910-1994>.
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Veelrassige organisasies – ABN
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Daar is ander blanke groepe, wat nie deel is of nooit was van die Boere volk of multi-kulturele Afrikaner nasie nie. Die Afrikaner nasie wat beweer dat die Boere volk deel van hulle is, het geen mandaat om dit ook uit te voer nie. Dit was die Boere volk wat betrokke was by die skep van die Boere republieke.
*
In 1914 het die Boere rebellie gevolg en baie van die BOERE leiers is eenvoudig ter dood veroordeel en uitgewis deur die Unie Afrikaner-Engelse regering. Dit is Afrikaners wat so behep is met hul veelvolkige multi-kulturele Afrikaner nasie en organisasies wat dink hulle het alle mag oor die Boere volk. Hulle het geen mandaat daarvoor nie.
1914 BOERE Rebellie: Suid-Afrika
*
VOLKSMOORD(E)
Aanvalle en moorde
Boere is meestal bittereinders wat nog altyd geveg het vir oorlewing en vryheid, wat natuurlike voedsel en water insluit om voort te bestaan. Omdat die Boere volk nie net uit landbouers bestaan nie, word hulle ander beroepe saam die landbouers 100% geraak teen wie daar gediskrimineer word. Nie alle Boere besit ‘n kleinhoewe of plaas nie.
Rassisme, misdade, aanvalle en moorde teenoor die Boere volk loop soos ‘n helder bloedstroom deur Suid-Afrika. Indien leiers dit ontken, is dit hulle probleem, solank die Boere weet wat om hulle aangaan – verdedig julself soos dit hoort, Boere volk. Daarmee word nie te kenne gegee dat daar nie ander aanvalle en moorde op ander bevolkingsgroepe is nie.
Doen moeite, leer en lees dan weet jy – niemand verbied swartes om hul eie rekords te hou nie.
Elke volk behoort rekord te hou van wie in hul gemeenskappe aangeval en vermoor word, vir watter redes ookal. Die Boere beheer nie Suid-Afrika nie en het dus ook nie mag om diskriminerende wetgewings te laat implementeer en die wetgewings wat teen die Boere volk diskrimineer, te vernietig nie. Ons kan wel protesteer teen alles totdat ons eendag die Boere republieke in volle glorie herstel het. Kommunikasie is uiters belangrik.
Geen protesaksie het al ooit regtig gewerk nie. Swartes wat dit uitvoer, vernietig alles rondom hulle. Hul vure brand hoog, besoedel die strate. Teer smelt as gevolg van hierdie brandende optredes, wat aanleiding gee tot gate in paaie wat weer motorongelukke veroorsaak en skades aan voertuie aanrig.
Swart bemagtiging en regstellende aksie het NIKS met demokrasie te doen nie – 1996 grondwet
Diegene wat dink swart bemagtiging en regstellende aksie, of onteiening is regverdig of stel vals berigte reg, moet van beter weet as hulle weet wat tussen 1900 en 1994 en vanaf 1994 tot datum aan die gang is. Diegene wat hierdie sogenaamde demokratiese grondwet opgestel het en deel was van die Idasa spanne, sit almal rondom een groot tafel en bevoordeel mekaar.
Diskriminasie het by IDASA ontstaan en die Broederbond AB het hul maatskappye wyd oopgestel aan swartes na 1990-1. Hulle was ook deel van die vorige regerings en wetgewing wat uitgevaardig is.
IDASA
Dus, was dit nie die ANC wat dit begin het nie. Die ANC en veral die interim regering het wetgewings daaromtrent begin. Deur dit te gedoen het, is heelwat besighede totaal en al vernietig, deure is gesluit en werklloosheid is die gevolg.Swart bemagtiging en regstellende aksie kom nie van die ANC of SAKP of PAC af nie, maar kom van IDASA af, waar dit voorgestel is deur die Broederbond Afrikanerbond Nasionale Party en ander liberaal verligte kommunistiese partye wat in die parlement setel vandag. Die grootste en rykste bevoordeeldes trek die voordele uit die wetgewings, wat ANC en persone soos Ramaphosa, direk bevoordeel.
TUISLANDE, RESERVATE EN KROONGEBIEDE – TRUST EN KEV GEBIEDE
Swart en ander volke het nie agtergebly nie, want na 1994 het grondeise ingeskop wat met kompensasie gepaardgegaan het. Daar kan tog nie na 30 jaar steeds agtergeblewenes wees nadat al die spul voordele uit die grondeise en die WVK (Waarheids en Versoeningskommissie), uitbetalings ontvang het. Groot getalle van hierdie sogenaamde agtergeblewenes is immigrante wat sedert 1910 die land oral beset het. Almal ken die omstandighede van korrupsie en misdaad, en dit alleen noodsaak dat elke volk hul eie rekords moet byhou en elfs redes tot sulke laakbare en grusame aanvalle en moorde wat gepaard gaan met martelings.
Die Afrikanerbond aka Broederbond en NP of liberales het geen mandaat hiervoor gehad nie.
Die Boere volk was ook nog minder teenwoordig in al hierdie IDASA of KODESA swart bemagtiging samesprekings, slegs bekende en prominente Afrikaner organisasies en besighede, kommuniste en liberaal verligtes was daar. Meeste van die besighede wat ontstaan het na 1939, is nie slegs met Afrikanergeld bevorder sedert die Reddingsdaadfonds nie, maar ook met Boere volk en bloedgeld uit die Boere republieke, wat hard gewerk het aan die sukses om werk te voorsien. Die Boere volk was verarmd na 1902 en al die verskroeide aarde beleid en konsentrasiekampe. Daar was niks oor nie.
1992
Die FW referendum was eers in 1992 gehou wat ‘n klugspel was want nooit is enige wegblystemme bygereken nie. Daar was nie ‘n meerderheid wat ja gestem het vir ‘n ander grondwet nie. Inteendeel FW en sy bondgenote het die land in 1994 oorhandig aan terreur, korrupsie, terrorisme, geweld en misdaad. Toe al was swart bemagtiging en diskriminasie reeds aan die gang. Sanlam was een van die voorste BONDgenote wat dit begin doen het, sonder enige mandaat. Let op wie almal bevoordeel is vanaf 1990 hierdeur, nie armes nie.
Grondwet 1996
Dan kom sit al hierdie Kodesa grondwetskrywers voor 1996 en huigel of skryf ‘n sogenaamde demokratiese dokument, wat inderwaarheid, 100% ooreenstem met die 1955 ANC-PAC-SAKP manifes.
Kodesa – liberaal kommunistiese grondwet skrywers
Aparte gebiede – kroongebiede – reservate – tuislande – trust en kev gebiede
Aparte reservate en kroongebiede voor 1961 is grondgebiede wat meestal beset was deur vorige swart en gekleurde bewoners. Geen blanke het hul in hierdie gebiede ingedwing nie. Gebiede was reeds daar in 1900 en is selfs in die 1910 grondwet ‘beskerm’ dat niemand hul grond kan vat nie. Dit is ook gebiede wat Engeland en haar bondgenote voor 1880 beveg en annekseer het.
Anneksasies het gegaan oor beheer en kontrole oor mense en al die minerale rykdomme in suidelike Afrika
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Enige Volk het ‘n reg tot lewe, voortbestaan en om hulself in hul eie gebiede te regeer. Die Boere volk ook. Daar is geen voorskrifte hoe groot ‘n volk moet wees nie. Daar is heelwat klein lande wat steeds deur hulself regeer word. Dit het niks met die sogenaamde apartheid te doen nie.Boere tradisies, stoere Boere in Suid-Afrika […]
LikeLike