Boere volk, kultuur, geskiedenis, die Boere boek – Dr Pretorius

*

Daar is heelwat vrae en antwoorde wat verskaf word in die Boere boek, maar dit mag ook wees dat van die volkslede nie daarmee saamstem  nie.   Dis elke lid van die Boere volk se mensereg om self oor hul wortels, waarvandaan hul afkomstig is, besluite te maak.      Volgens Dr Lets Pretorius se boeke is daar drie groepe blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners.   Tog is daar ook ander opinies van blanke groeperinge en volkere wat na 1652 hierheen gekom het.

Boer Maak 'n Plan

*

Suid-Afrika het verskillende kulture, dis nie net verskillende blanke kulture nie, maar ook swart en gekleurdes wat nie een volk of stam is nie.   Italianers, Franse, Spanjaarde, Portugese, Hongare of Duitse volksgenote verskil tog ook van hul buurlande.  Dit is nie ‘n misdaad of sonde as volke aandring om hulself te regeer in volle onafhanklikheid nie.

In Suid-Afrika is daar verskillende blanke groepe of stamme, wat hulself Portugese, Duitsers of iets anders noem en hulle vorm deel van hul eie kultuur, tradisies en identiteit.   Hulle sal soms openlik verklaar hulle is nie Afrikaners of Boere nie.  Lees gerus van die boeke en besluit self.   

Dr Pretorius meld dat, as gevolg van die diskriminasie, swart bemagtiging, regstellende aksie en  onteiening sonder vergoeding, teen die wit Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner ná 1994, het drie groepe tot stand gekom:

Die een groep verkies om as BOER of BOERE volk bekend te staan.   Die ander groep verkies om as AFRIKANER bekend te staan wat hulself as multi-kultureel en veelvolkig verklaar het.    Dan is daar ʼn tussengroep, wat onseker is of hulle Boere, of Afrikaners is. Hulle noem hulleself allerhande name.  


Beeldmateriaal

https://www.youtube.com/watch?v=xhnMYRa3LfM

Dr Lets en Boerieman

https://www.youtube.com/watch?v=2cjJpzAXKPA

Nog ander te sien

https://www.youtube.com/@briekmerke/search?query=lets%20pretorius

*

Dr Lets Pretorius

*

Die Boereboek

Die Boereboek

Die Boereboek en Boer-Maak-’n-Plan

Die twee boeke bevat die geskiedenis van die Afrikaner en die Boer.   Dit word gesamentlik genoem: Die Blanke Afrikaanssprekende Suid—Afrikaners van die 21ste eeu of BASA21.

Die kern inhoud van die twee boeke draai om IDENTITEIT en handel oor die volgende belangrike vrae:

Wie is jy? Behoort jy aan ʼn volk? Watter volk? Hoekom sê jy dit?

Dit geld vir die gesin, familie en die laer of gemeenskap waarmee geassosieer word.

Ondersoek en antwoord dit self vir selfbevrediging.

*

Beeldmateriaal

https://www.youtube.com/watch?v=XUnOT6m3330

Die ontstaan van die Boere volk is belangrik vir die Boere volksgenote.

https://www.youtube.com/watch?v=_xUMd6nx910

NEEM KENNIS – BAIE DANKIE DR LETS PRETORIUS

Daar is ander beeldmateriaal waarna geluister kan word en is altyd interessant om opregte opinies te hoor in ons onseker wêreld waarin ons leef.   Daar is verskillende hoofstukke waardeur die Boere volk meer vertel en geleer word.   Laat die kinders gerus tyd maak en luister om hul eie kennis op te bou.

Kennis kan nooit weggeneem word nie.

Luister.

https://www.youtube.com/@BoereBoek

*

Die Boereboek

Na byna 40 jaar se navorsing bied Die Boereboek ‘n wetenskaplike en deeglike beskouing van die Boerevolk se identiteit in die 21ste eeu.

Hierdie werk ondersoek die historiese oorsprong van die Boerevolk, die verhouding tussen Boere en Afrikaners, en die vorming van BASA21 (Blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners van die 21ste eeu).

*

Die ander boek:  Boer Maak ʼn Plan Voorwoord

Die verskil tussen ʼn Boer en ʼn Afrikaner is vandag die onderwerp van debatte by die braaivleisvuur, die teekamer, sosiale media en by kuierplekke, selfs in straatgroepe en selle sal dit ook bespreek word.   Baie mense verstaan die verskil, maar veral jong mense is nog baie onseker oor hul identiteit.

Die BOEREBOEK het die debat opnuut aan die gang gesit en verskaf waardevolle agtergrond en inligting, wat kan bydra om ʼn debat sinvol en op ʼn wetenskaplik nagevorste basis te laat plaasvind.
Die BOEREBOEK is omvattend en is teoreties goed gegrond, maar vir sommige mense effe lywig en soms te akademies. Die BOEREBOEK poog om waar te neem, sonder om voorskriftelik te wees. Verder gee dit eerder beginsels en riglyne, wat op die vryheidspad toegepas kan word, sonder om ʼn spesifieke plan te propageer.

Die BOER-MAAK-ʼn-PLAN word uit ʼn ander hoek geskryf.

Boer-Maak-‘n-Plan Inleiding

Die verskil tussen ʼn Boer en ʼn Afrikaner is vandag die onderwerp van debatte by die braaivleisvuur, die teekamer, sosiale media en by kuierplekke. Baie mense verstaan die verskil, maar veral jong mense is nog baie onseker oor hul identiteit.

https://dieboereboek.co.za/publikasies/

https://dieboereboek.co.za/

KENNIS IS MAG

Dit is regtig interessant om iets na te lees, waar ‘n ander persoon soos dr Lets dit makliker gemaak het om te ondersoek.   Niemand word forseer nie, besluit self om te luister, lees en kyk, wat saak maak vir u as lid van die Boere volk of selfs ander blanke volke in Suid-Afrika.  Niemand is te oud of te klein om te leer, luister nie en geen kennis kan weggeneem word nie.   

*

Kontak Admin – Contact Admin

volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar