Boere volk identiteit en vryheid – Wiets Buys

*

Lees gerus die werke van Wiets Buys, rakende sy navorsingswerk en geskiedskrywer van die Boere volk, oor hul identiteit,  hul pad van vryheid en bloed wat gevloei het tydens die verskillende veldslae en aanloop tot Anglo-BOERE oorloë EEN en TWEE.   Niemand kan hierdie dele van die geskiedenis uit die Boere volk ruk nie, al probeer organisasies en liberales kliphard om alles van en oor die Boere volk te ontken of selfs te verander as hul eie geskiedenis.

*

Die Boere volk se geskiedenis loop hand aan hand met al die Boere republieke, vervolging wat gepaardgegaan het met die verskroeide aarde beleid, helkampe, konsentrasiekampe en verkragtings.   Geen maklike pad wat die Boere deurgemaak het onder die hand van Britse kolonialisme.

Let wel, die Britte was nie alleen in hierdie oorloë en veldslae, wat hulle op Boere republieke deurgevoer het nie.   Daar is heelwat bondgenote wat die Boere volk van hul vryheid en onafhanklikheid beroof het.

Bewusmaking om die herstel van die Boere volk te bewaarheid, is belangrik om te onthou, nie net vandag nie, maar geskiedkundige feite rondom die Boere republieke is netso deel van die Boere volk as wat water en voedsel vir hul daaglikse voortbestaan is.

*

GESKIEDKUNDIGE BOEKE VAN WIETS BUYS – DANK AAN DIE SKRYWER

Die een boek handel oor die geskiedkundige studie wat propvol fassinerende feite en inligting is oor die oorsprong en ontwikkeling van die Boere volk.       Die boek is omvattend nagevors en sluit inligting en insigte in wat nie voorheen in geskiedenisboeke gepubliseer is nie.

Die 1838 boek handel oor vryheid, die lyding en hartseer wat op verskillende fronte meegemaak is.  Die vrouens en kinders was nie altyd byderhand tydens die verskillende veldslae en oorloë nie, maar vasgevang in moordadige helkampe waar duisendes gesterf het omdat hulle vryheid gehad het en tot op die einde nagestreef het.

Daar is deur hierdie besonderse volk verskillende republieke uitgeroep en regeer deur die leiers wat hulle gekies het.   Min volke op aarde kan getuig van so ‘n geskiedenis.

WEES TROTS OP U WORTELS VAN BOERE VOLK

https://www.boeridentiteit.co.za/https://www.boeridentiteit.co.za/

https://www.boeridentiteit.co.za/koop.html

*
*
*
*

‘n Jaar gelede vertel Wiets Buys self oor die Boere volk en Afrikaners – DANKIE AAN COLYN

https://www.youtube.com/watch?v=HDQ8Q6gRJcM

https://www.youtube.com/watch?v=ZXmTwONissk

*

Die KAAPSE Afrikaners – geskiedenis

Ken die geskiedenis – Boere en Afrikaners

https://www.youtube.com/watch?v=HDQ8Q6gRJcM

Jan van Riebeeck
Wiets Buys onthou Jan van Riebeeck en sy streke in die Kaap. Die is nou a MATRIX moment. Jan word gesien as die Volksplanter maar hy was alles behalwe dit. Hy wou nie in die Kaap wees nie.
Wie was die VOC?

https://www.youtube.com/watch?v=hlvm3I7NOLg

DAAR IS NOG ANDER BEELDMATERIAAL BESKIKBAAR

LUISTER EN LEER

BOERIEMAN

https://www.youtube.com/@briekmerke/search?query=WIETS%20BUYS

*

 

Boeke in Engels en Afrikaans beskikbaar

*

Wie is Hans Dons de Lange?    Boere volk

https://www.youtube.com/watch?v=wMO31jfgS6E

*

Hoe was die Russe betrokke by die Anglo-BOERE oorloë

https://www.youtube.com/watch?v=Cg60y4_VZUo

*

The Destruction of the Boer Identity is a rigorously researched work of history that examines the rise, collapse, and ultimate disappearance of the Boer as a distinct political people in southern Africa. It reconstructs this history with exceptional depth, precision, and chronological clarity.  Following the establishment of the Boer republics in the mid-nineteenth century, the book traces how a sovereign republican identity – shaped by independence, land, and self-rule—was gradually undermined and ultimately dismantled.

The Destructiun of the Boer Identity

https://wietsjbuys.com/

*

Daar is heelwat inligting op die blog beskikbaar:

ABO Perde – ABW horses

Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde

British concentration camps – ABW (Rudie Rousseau)

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO

*

OPINIE

Die siening word in die algemeen gehuldig dat die BOERE volk ingedwing is in hierdie situasie waar ons vandag is, onder andere deur Afrikaner leier Jan Smuts wat deel is en was van die Engelse mag.  Smuts was deel van die Engelse oorlogskamer en was by baie sake betrokke.   Soos die VN, Belfour, Britse statebond, Uniewording, Vredesverdrag 1902, skep van ander sionistiese state in Afrika.

Wêreldwyd is daar museums wat getuig van die Boere volk se geskiedkundige kultuur en rykdom, die BOERE republieke wat wettig aangekoop is met bloed, dienste, vee of ander transaksies.

Hierdie spul wat soos ‘n wêreldweermag teen die Boere vegters opgestaan het, getuig van hoe hulle geen respek vir volke het wat spesiaal die Boere republieke geskep het nie.

Engeland was nie alleen nie, maar bygestaan deur Amerika, Kanada, Australië, New Zealand, Skandinawiese lande, sowel die Afrikaners van die Kaapkolonie, gekleurdes en swartes wat hulle aan die kant van die Engelse mag geplaas het.   Dit was ‘n oormag van geweld teen ‘n handjievol BOERE wat net hul vryheid en onafhanklikheid wou behou het.

Was hierdie bondgenote bang vir die getalle van die Boere wat uit die Kaapkolonie en elders weggetrek het , omdat hul hul vryheid wou gehad het.  Elke volk het die reg tot vryheid en onafhanklikheid.  Daar was destyds drie Boere republieke geskep in die Kaapkolonie, juis omdat hulle nie deel wou wees van die Engelse en Afrikaners nie.

Niemand van die Boere volk het al ooit enige ander volk geblok of teengestaan as hul hul vryheid wou gehad het of nastreef nie.   Dit bly enige volk se reg om hulself te regeer.    Perde is vooraf geteel vir hierdie oorloë en veldslae, wat later met stoomskepe na suider Afrika vervoer is.   Groot lande en verskillende ander groeperinge en volke, het Brittanje hierin ondersteun en ‘n wêreldmag gevorm wat ons volk probeer uitwis het.

Die hartseer en lyding hoe daar gepoog is om van die Boere volk, vegters, vroue, kinders en leiers, ontslae te raak, kan die nageslagte nie verander nie.  Dis egter die nageslagte van die Boere volk wat die herstel van die Boere republieke moontlik moet maak, niemand anders gaan dit vir ons volk doen nie.   Bou voort hierop, die bewusmaking van die ware geskiedenis is uiters belangrik, vir ons en ons nageslagte.

KENNIS IS MAG – NIEMAND KAN DIT VERVREEM OF WEGNEEM

Dit is regtig interessant om iets na te lees, waar ‘n ander persoon soos Wiets Buys dit makliker gemaak het om te ondersoek.   

Onthou – maak tyd vir jou eie lewensgeskiedenis.   Niemand word forseer nie, besluit self om te luister, lees en kyk, wat saak maak vir u as lid van die Boere volk of selfs ander blanke volke in Suid-Afrika. 

Niemand is te oud of te klein om te leer, luister nie en geen kennis kan weggeneem word nie.   

*

Contact- Kontak Admin

volksvryheid9@gmail.com

 

Lewer kommentaar