*
Dink rustig hieraan: Sou die aanvalle en moorde omgedraai gewees het, waar dit BOERE volkslede was wat swartes en gekleurdes in hul huise aangeval, gemartel en vermoor het, sou daardie lede van die Boere lankal vir 30 jaar toegesluit gewees het of sal hulle sonder verhoor aangehou word. Aanvalle op Boere en hul gesinne, is grusaam, hulle word gemartel, met ysters en kapmesse bygekom. Vroue en dogters word verkrag. Boere se plase en hul plaashuise , selfs kleinhoewes, is ver van mekaar af wat dit makliker maak vir misdadigers en terroriste om toe te slaan terywl niemand kyk nie. Niermand ontken hiermee dat daar nie ook ander aanvalle en moorde plaasvind nie.
*
Sou dit lede van die Boere volk gewees het wat gesing het vermoor die Zoeloe, Khoi of Xhosa, sou hulle lankal opgesluit gewees het. Dit is hoe die gereg ervaar word op grondvlak. Die Boere volk woon al vir eeue in die land en word gesien as vreemdelinge. Dit is meeste van die EFF, ANC en DA leiers wat gereeld in die openbaar sing, Kill the BOER kill the Farmer Hulle sing nie om iemand anders te vermoor nie. Hierdie politici beheer dan die land, vir wat sing hulle om die Boere te vermoor?
Boere volk, wees altyd paraat, vir jouself en familie, jou besigheid en huis, asook diegene wat vir jou werksaam is. Bly weg van vreemdelinge en huisves volkslede om die werk te doen en self in veiligheid betrokke te raak.
Wan indrukke van blanke stamme en veelvolkige nasies
Boere is onder die indruk hulle het dieselfde reg onder die sogenaamde liberaal verligte demokrasie, dit bestaan nie. Dink mooi.
Diegene wat hul politieke kruisies trek, trek hul kruisie vir kommuniste, want al die politieke partye in parlement onderskryf die 1996 grondwet, wat inderwaarheid die 1955 anc-pac-sakp manifes is. Moenie bedrieg of skuldig voel daaroor nie, stel self vas wat die waarheid omtrent die 1955 manifes is. Dit is die werklikheid.
ANC SAKP PAC Manifes 1955 en Grondwet 1996
*
Terwyl die veelvolkige Afrikaners in verskillende artikels hul uitbeeld as ‘n multi-kulturele reënboognasie, is die Boere ‘n volk in eie reg net soos wat Zoeloes en Italianers is. Afrikaners het gehelp om voor 1902 die Boere republieke te vernietig. Hulle was veelvolkig. Moenie geblinddoek rondloop nie.
Wiets Buys: Afrikaners en ander stamme in Anglo-Boere oorlog
Afrikaner identiteit Wiets Buys Briekmerke
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Boere volk staan op jul reg en op die herstel van Boere republieke. Afrikaners gebruik selfs die gebiede wat hul toe-eien as afrikaner veelvolkige gebiede. Paul Kruger was ‘n PRESIDENT van die ZAR en Boere republiek, hy is niks van die Afrikaners nie. Afrikaners wou nooit die Kaapkolonie verlaat en het saam Brittanje teen die Boere geveg.
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Herstel Boere republieke Boere volk
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Dit is belangrik om kennis te neem van die werklikhede rondom die Boere volk se Republieke en hul geskiedenis, wat deel van suider Afrika gevorm het na 1838. Die BOERE volk het in die oorlogjare ook uitgewyk of was verban, na ander lande en eilande, waar hul ook Boere republieke geskep het.
https://onafhanklik.com/2024/09/01/verdrag-van-vereeniging-1902/
In 1902 was daar nie ‘n land, Suid-Afrika nie. Wie het dit uitgedink – wie was die regerings van 1910 – 1994? Afrikaners, Afrikanerbond. Heelwat, veral Afrikaners en hul organisasies, leef in hul eie wêreld hieroor en het selfs probeer om die Anglo-Boere oorloë in Suid-Afrikaanse oorloë om te tower. Dis ook Afrikaners wat maak of die Boere volk en Republieke se geskiedenis deel vorm van die veelvolkige Afrikaner multi-kulturele reënboognasie.
*
Konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid het nog nooit ophou bestaan nie
Sommige plase en kleinhoewes is nie veel anders as ‘konsentrasiekampe’ nie. Dorps- en stadshuise lyk nie juis anders as konsentrasie helkampe met al die kamera sisteme in plek nie. By sommige huise en wonings soos die ‘agbare’ ministers en president van die land is dit nie anders nie en word hulle selfs deur verskeidenheid van gewapende magte opgepas. Nugter alleen weet vir wie of waarvoor hulle bang is. Dalk is hierdie hooggeplaastes bang hulle banke in sitkamers verdwyn met al die versteekte geld of dalk die suiker uit hul koffie ontsnap na die plakkersdorpe.
Die destydse konsentrasiekampe onder Britse heerskappy van 1900 was in spesifieke areas opgerig, ver van Boere se plase af.
Vandag is dit basies dieselfde strategieë wat toegepas word. Alles is omring met slot, grendel, hoë draad of mure met kamera sisteme in plek, waar die fokus tot die burger wat alles onder eie onkostes moet dra. Die vrae kan gevra word – Inwoner, Boer, wat is jou stelsel en deur wie is dit geïnstalleer en wie beheer die netwerke? Hoe weet die Boere nie dat hierdie kamera sisteme nie ook moontlik gemonitor word deur vreemdelinge uit ander lande sodat hul die bewegings van die inwoners en selfs werkers bepaal. Boere en ander getroue belastingbetalers, moet eerder sorg aan die dag lê en versigtig wees van wie hierdie sisteme aangekoop of gebruik word.
OPLOSSINGS VIR DIE BOERE VOLK – VOLLE SOEWEREINITEIT
Geen federale of konfederale regering of state sal werk nie, omrede dit beperkte magte het in die state. Federale regerings beheer al die state in so ‘n gebied.
Al wat sal werk is onafhankike gebiede soos wat ons voorsate gedoen het in al die Boere republieke voor 1900. Volgens die Vredesverdrag van 1902, sou die 18 Boere republiek gebiede lankal teruggegaan het na die BOERE volk wat steeds so uitgewis word. Hierdie 18 Boere republieke het beskik oor infrastrukture en oral is daar dorpe en stede geskep. Dit is waar, na 1902 is al die immigrante en onwettiges binnegenooi deur Afrikaner bestuur en die duisende mynmagnate om die Boere republieke se stede af te breek en te plunder. Al die Boere republieke het deurgeloop onder die Engelse heerskappy en haar bondgenote, waartydens oor die 30000 huise geplunder en afgebrand is. Gerieflik het die afbrand geboue en huise hulle soos ‘n handskoen gepas.
Volksmoorde
Volksmoorde word geïdentifiseer deur kriteria wat gemeet word deur internasionale ‘Genocide watch’, sou daar enigsins vermoedens bestaan van so iets. Indiwidue of groepe en selfs regeringleiers het nie die kennis om dit te evalueer nie, VERAL nie as dit onder hulle “toesig” en “regeringstelsel” gebeur nie.
BOERE Volksmoord – Genocide in SA (kriteria)
Volgens die kommunistiese 1996 grondwet, is dit hulle wat die REGSBANK beheer en regters aanstel, die ministers beheer om die res van ons te manipuleer. Niemand anders as nommer een wat daardie aanstellings doen en besluite maak.
Persone word op sosiale media uitgelok en diegene wat ‘n ‘k’ woordjie spreek, word maklik aangehou en beboet, veral as jou vel blank is Hoe regverdig is so ‘n regstelsel? Ongelukkig is dit iets wat reeds voor 1994 aan die Boere volk en massas opgedis is met honderde beloftes aan die breë massas wat nooit gebeur het nie. Die leuens van die 1994 verkiesings loop wye draaie om hulle wat weet …
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Kodesa – liberaal kommunistiese grondwet skrywers
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Rassisme en diskriminasie Swart bemagtiging in Suid-Afrika
*
Daar is meer as een monument wat rekord hou van plaasaanvalle en moorde.
Daar is die sogenaamde WITkruis projek in Washington DC voor die vrymesselaarsmonument Dis nie dieselfde as die Witkruis monument in Suid-Afrika nie.
Die Muur van Herinneringe is en word deur TLU bedryf en dit sluit alle rasse in wat aangeval en vermoor word. Dit is ook volgens verneem word, die lys wat deur Lex gebruik is in Amerika. Lex en Roets noem dit ‘n WIT projek wat dit nie is nie.
Dit is volgens mening nie reg dat dit oor dieselfde kam geskeer word as die in die noorde van die land nie.
Die WITkruis monument is nie deel van die witkruis projek in Washington DC nie. Tog het Roets die idee gekaap, selfs inligting oor die kruise wat ingeplant is, want die WIT kruise word onder die Boere republieke se vlae geplant.
Die lys van Roets is beslis nie net wit groepe nie, maar die klem word gelë op WIT Boere. Dit is TLU se lys en TLU is ‘n Afrikaner organisasie. Die Boere volk, word dan sommer onder die netwerk van Afrikaners ingetrek SONDER ENIGE MANDAAT. Die Boere volk is nie deel van die Afrikaners nie.
TLU – The Wall of Remembrance: Farm murders in South Africa, the list grows longer
Heelwat BOERE en landbouers gebruik duursame materiaal, rondom huise, plase en kleinhoewes.

Werkloosheid
Duisende werksgeleenthede aan die massas het oor die horison verdwyn. Terwyl werkloses toekyk hoe word alles gesteel, is dit swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding, wat ‘n klomp miljoenêrs en biljoenêrs in die kader gemeenskappe verder verryk het. Dit het nie agtergebly in die landbousektor nie. Indien Boere so baie utgewis word, sal daar binnekort geen voedsel op die rakke en tafels wees nie.
Unemployment B-BBEE – Werkloosheid swart bemagtiging
Werkloosheid en swart bemagtiging
*
Plakkergebiede en informele sektore
Sommige van hierdie gebiede is deel van die Boere volk, wat net baie verarm het en alles verloor het onder swart bemagtiging en regstellende aksie. Heelwat wat in hierdie sektore woonagtig is, is onwettiges en immigrante.
Die armes in plakkersgebiede of informele sektor gebiede, rondom dorpe en stede, is strategies geplaas, reg rondom dorpe en stede. Sodoende word misdaad makliker uitgevoer en verdwyn misdadigers in die massas, om saam te smelt met hul boeties en sussies. Hierdie gebiede word nie regtig deur die polisie beheer of beman nie. Dinge soos elektrisiteit wat gesteel word, word in miljoene verstrengelde drade gekoppel dat hulle lig en elektrisiteit het.
Terreurdade wat gepleeg word kan makliker hiermee weggesteek word. Natuurlk, daarteenoor, skakel Eskom heelwat krag af wat vir weke afbly van die regte burgers en die plaasboere en gemeenskappe. Selfs munisipale kantore speel kwansuis bankrot waar geen fondse aan Eskom oorgedra word nie.

Plaasaanval/moord Mev H van Zyl SA Noordwes 6 Okt 2026
SA Witkruis Monument: Plaas aanvalle en moorde
Plaasaanvalle en moorde – Ramaphosa
Witkruismonument 19 September 2026
SA Witkruis Monument: Plaas aanvalle en moorde
Witkruis monument 2021 Boer and farmers killed in South Africa
Die regering ontken die aanvalle op Boere op plase en kleinhoewes. Selfs op internasionale podium.
As volk het ons daardie reg en werk aan alternatiewe om die Boere republieke te herstel. Dit is die Boere volk se grond, nie ander volke se gebiede nie. Het ons nie ook regte soos wat Zoeloes en ander het nie, hulle bly almal apart van mekaar en ook in aparte KEV of Trustgebiede sedert 1810. Hulle het hul grondgebiede beset en nie gekoop nie. Ons is mos nie slegter af as wat ons voorgeslagte was nie, of stel ons nie belang om ons vryheid terug te kry soos in 1902 nie?
Daar was voor 2007 iets soos prioriteitaanvalle en moorde, maar dit is byakns 20 jaar gelede. Dit word nie meer gedoen nie. Die Boere volk moet ophou droom en ons eie dinge begin doen, onder hulle wetgewing. Dit hoef nie een van hulle in te sluit nie.
Die regering ontken die tipe moorde wat gepaard gaan met martelings en grusame aanrandings – kan nie anders om te wonder oor die wyse hoe plaasboere en families geteiken word nie. Die Boere volkslede in stede en dorpe het ook nie reg tot lewe nie, maar die plaasvroue en boere se blootstelling aan misdaad is baie groter, omdat die terreuraanvallers en moordenaars tyd het om dit met gemak uit te voer, verkragting ingesluit.
As Boere volk sal ons steeds voortgaan om bewusmaking te doen, ook om Boere en hul families beter te probeer beveilig. Die aansluit by buurtwagtes is uiters belangrik veral omdat die plase en kleinhoewes afgeleë is. Tye is baie kwesbaar, veral skemer wanneer gedaantes uit die donkerte verskyn en inwoners dit nie verwag nie. Dis uiters belangrik om alle tye op plase en kleinhoewes in ag te neem.
Verstig in die dorpe en stede wat aan die Boere volk behoort. Herwin elke meter hiervaan.
*
DIE BOERE IN SUID-AFRIKA HET TANS GEEN REG TOT BEVEILIGING NIE, HULLE DOEN EN BETAAL ALLES SELF
DAAR WORD TEEN ELKE BOER EN SY FAMILIE GEDISKRIMINEER MET OOR DIE 140 WETGEWINGS EN GRONDWET
So baie van ons Boere volksgenote en plaasboere op die platteland, wat op kleinhoewes en plase woonagtig is, leef op hul eie en word daagliks aan alle tipes misdaad blootgestel. Selfs klein plattelandse dorpies loop erg deur. Misdaad en moorde, korrupsie en inbrake word toegelaat want min word teen hulle opgetree. Daar gaan kort kort waarskuwings op wat in gebede oorslaan dat die Vader elkeen sal bewaar en beveilig : Wees altyd waaksaam en gereed om uself en gesin te verdedig. Van die Boer gemeenskappe het wel stelsels in plek wat uit hul eie sakke betaal word, maar nie almal kan dit bekostig nie. Moet nie laat beweeg op plase, kleinhoewes, selfs op dorps en stadhuise is ons nie meer veilig nie.
Natuurlik gebeur daar daagliks ook aanvalle in dorpies en stede, niemand ontken dit nie.
Maar die Boer, sy vrou en families, het dieselfde regte as ander onder die sogenaamde VALS demokratiese grondwet. Dit is juis die BOERE wat die land en sy mense voorsien van voedsel en klere. Dit wat op ons rakke kom en verkoop word, val nie uit die lug op dit nie.
*
Dit word gedoen vir grondhervorming en minerale wat uitgehaal word. Groot stukke gebiede, reg rondom stede en dorpe, waar bykans net immigrante en onwettiges bly, was eens produktiewe landbougrond.
Minerale in SA – Boere republieke, reservate en kroongebiede
Besoedeling in ou Boere republieke
Voor 2003 was daar die Kommando sisteme, wat Thabo Mbeki en Lekota in Parlement laat verwyder het. Dit het die misdadigers en terroriste soos ‘n handskoen gepas. Indien hul gevang word, kry hul of afslag om ontslaan te word of sonie word hulle sommer opleiding gegee om hulself op te hef in die tronk. Sou hulle dan uit die tronke kom, dan is hul goed gekwalifiseer. Die slagoffers daarenteen, het alles verloor en hul kinders kry niks gratis nie.
Kommando sisteem – Commando system
Tog was dit toe baie beter af as vandag toe die kommando stelsel daar was. NIKS verhoed dat die Boere volk, hul plaaslike gemeenskappe nie dieselfde tipe sisteme in plek te kry, wat met gepaste en verskillende toerustings beter beveiliging kan meebring nie. Om te verwag die regering gaan dit doen, beteken dit mens praat met ‘n kommunistiese muur – hulle beheer die misdaad en moorde in die land. Op alle vlakke van regering het hulle net een missie: steel meer as wat daaroor berig word en vermoor die BOERE, daarom sing hulle daaroor.
In Parliament – One settler one bullet and Kill the Boer song
Die regering en hul ondersteuners is so lief om die aanvalle en moorde op die Boere te ontken, maar dit is juis politieke leiers wat hul ondersteuners aanport om te sing KILL the BOER of Bring my die masjiengeweer…
In die eerste sewe dae van Oktober is reeds sewe plaasaanvalle en een plaasmoord aangeteken. Die regering van die dag roem internasionaal daarop dat hulle en hul sogenaamde demokratiese grondwet almal as gelykwaardig beskou, maar die platteland en BOERE wat voedsel produseer en versprei, geniet nie dieselfde gelykwaardige behandelinge nie. Besighede en inwoners in die dorp geniet ‘n halwe druppel in die emmer as dit by beveiliging van hulself en hul besighede kom.
Die Boere op die platteland geniet nie eers ‘n halwe druppel in die emmer nie en moet uit hul pad gaan om hulself, families en selfs werkers uit eie sakke, privaat beskerm. Indien daar gesing word deur prominente ANC, EFF en DA leiers en hul ondersteuners, om die BOERE te vermoor is daar groot diskriminasie en rassisme in die harte van hierdie leiers vir die BOERE wat voed en klee.
Dit is nie net Malema en EFF wat dit sing nie, maar daar is drie politieke leiers wat dit doen, die DA sing dit ook, asook Zuma en Mandela het dit luidkeels verkondig. NOU die 3 politieke partye, wat steun verwag op alle vlakke van regering, is nie reg wys nie, want hulle leiers toon juis dat die BOERE het nie dieselfde gelykwaardige behandeling in die gemeenskappe nie. Daar word gevra, waarom dan enigsins voedsel op die tafel plaas as hulle juis sing om die Boer te vermoor. Boere is oral self onderhoudend, skraap hul eie paaie en beveilig hulself, dit kan netsowel gedoen word in die 18 Boere republieke van 1902. DIT moet herstel word.
Die aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes, wat gepaard gaan met ernstige aanrandings en martelings, word deur die regering en hul ondersteuners afgemaak as gewone misdaad. Daarom sing hul leiers en ondersteuners daaroor …. (EFF – ANC – DA). Drie politieke leiers en hul ondersteuners sing dan VERMOOR DIE BOER. Mandela, Zuma, Steenhuizen en Malema.
Die grondwet van 1996 vergelyk 100% met die 1955 pac-anc-sakp manifes en opgestel deur ‘n sionis uit Pole.
Ironies is daar miljoene wat nie kan wag om hul kruisies vir hierdie leiers te trek nie. En dit nogal vir ‘n kommunistiese grondwet. Moenie aan die neus gelei word dit is so ‘n regverdige grondwet nie. Dis leuens. Goedhartigheid het geen BOER enige iets in die sak gebring nie.
*
Boere hoef dit nie te doen nie, kyk rond, kyk na binne en na BO. Wat is die beste vir ons as Boere volk?
KOMMUNISTE is reeds in beheer van die land. Kommunistiese grondwet oefen beheer uit oor al die wetgewings wat deur osf.sa en soros befonds word, hy is maar een van talle wat daar uit Amerika afkomstig is.
Tog sing hulle diskriminerende liedere. Sulke opruiende liedere word nie eers veroordeel nie. Niemand ontken dat daar nie ander aanvalle en moorde plaasvind in die land nie. Die feite dat BOERE aangerand, gemartel en vermoor word, word deur die regering van die dag ontken. Waarom stel hulle dan nie vas of dit so is al dan nie? Indien daar nodige onafhanklike beveiliging spanne in plek is om die groot platteland te bedien, sal daar mos minder aanvalle en moorde wees. Die regering stel duidelik nie belang om dit uit te voer nie, omrede hulle nie bevoegd genoeg is om dit te doen nie.
Indien daar gestem word vir hierdie grondwet, stem u ook vir daardie onregte van diskriminasie, rassisme en onteiening. Lees die grondwet van 1996 en vergelyk dit met 1955 se kommunistiese agenda. Boere dra dan daartoe by met hul STEM of X dat hierdie grondwet in stand gehou word.
BREEK WEG en versigtig wees vir afrikaner organisasies wat die regering hierin steun – ABN en AAI, dar is veel ander ook, alle afrikaner organisasies is veelvolkig en is nie ‘n volk nie.
WEER EENS
HERSTEL VAN AL DIE 18 BOERE REPUBLIEKE SOOS EN MET 1902
WITRUIS PROJEK IN AMERIKA TEENOOR DIE WITKRUIS MONUMENT IN DIE NOORDE VAN DIE LAND
Ons moet self ons eie heil uitwerk in die herstel van die Boere republieke, niemand anders gaan ons vryheid teruggee nie.
As Boere volk hoort ons nie saam die kommuniste nie. Afrikaners is veelvolkig en soos destyds in 1899, het hulle saam Brittange geveg om die Boere volk uit te wis. Hulle het nie getrek saam die Groot trek of Grensboere/Vrijburgers nie.
Wiets Buys: Afrikaners en ander stamme in Anglo-Boere oorlog
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Herstel Boere republieke Boere volk
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
Vermoor die BOER in SA
Boere is ‘n VOLK nie net landbouers
Ander lande se regerings gaan niks vir ons doen nie, al plant mens 500000 kruise voor die vrymesselaarsmonument of voor die uniegebou, dit beteken zero grondvlak zero vir die BOERE volk wat uitgewis word.
Wys gerus enige verandering wat plaasgevind het toe daar kruise voor daardie vrymesselaarsmonument geplaas is. Niks het gebeur nie.
Wys gerus hoeveel persone in Palestina word uitgewis en Watter lande is saam Israel daarby betrokke. Ironies, dieselfde lande was betrokke om die Boere republieke te vernietig.
Is dit nou nie toeval nie. Die lys wat deur Lex en Roets voorgehou word, is kwansuis ‘n WITKRUIS projek, terwyl nie almal op daardie lys WIT is nie. Waarom word mense om die bos gelei dat dit ‘n WIT kruis projek van SA is, terwyl dit nie wittes is nie? afrikaners is veelvolkig.
Ook toeval? Dit was die eerste keer dat die spul wat daar in Amerika gaan kruise plant het, die Witkruis monument in SA, in 2026 bygewoon het. Ironies is hierdie Witkruis monument wat totaal en al verskil van die projek in Washington, want dit vind plaas onder al die 18 Boere republieke se vlae.
In Amerika is nie een keer genoem dat die BOERE vermoor word nie, maar as afrikaners.
BOERE Volksmoord – Genocide in SA (kriteria)
Daar word gesing
KILL THE BOER, KILL THE FARMER
In Parliament – One settler one bullet and Kill the Boer song
Kill the Boer, kill the Farmer
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*