*
Dis slegs die verskillende Swart, Khoi san en Griekwas stamme wat APARTE grondgebiede na 1994 mag opeis en dit is glad nie rassisties of diskriminerend volgens hierdie etniese groepe nie. Ou tuislande en kroongebiede val binne die kategorie. Maar sodra daar ‘n plaas of twee privaat opgekoop word suiwer vir Boere volk en hul eie volksgenote gebruik , wat onder die ANC wetgewings (aandele en maatskappye wetgewings) wetlik moontlik is, is dit rassisties en diskriminasie. Dan is dit ‘n sonde en euwel. Volgens die spul is dit net blankes wat rassisties is, maar met swart bemagtiging en regstelaksie is daar meer as 100 wetgewings wat slegs teen blankes diskrimineer.
*
Grondeise deur Swart etniese groepe sowel Khoi san en Griekwas het vanaf Kodesa en na 1994 ingetree onder Grondeise en ander wetgewings. Die Ingonyama Trustgebiede is vir die Zoeloes, dit was nog altyd so. Voor 1994 was dit ‘n Zoeloe tuisland en sedert 1815 tot 1961 was dit Zoeloe reservate genoem onder die koloniale Engelse regering wat die gebiede geannekseer het. Ander swart etniese stamme, met eie leiers, het ook in hul eie reservate gebly, wat hulle beset het na Mfecane oorloë. Gerieflik vergeet sommige van die volke wat deur hulle beset was.
Brittanje het later na 1806 nie net die Boere republieke geannekseer nie, maar ander ook, bekend as Britse kroongebiede (Khoi san en Griekwa), sowel heelwat swart reservate. Minerale regte in Suid-Afrika is ook in 1902 deur Brittanje geannekseer.
Soos opgemerk sal word in kaarte, was die ou reservate baie kleiner as in 1961. Van die gebiede het later na 1930 groter geword onder die Unie regering (London beheerde regering tot 1961). In 1994 was daar ongeveer 20 miljoen swartes wat in die ou reservate of tuislande woonagtig was.
Die Verwoerd regering het heelwat besighede en werksgeleenthede laat skep veral op die grense. Van die gebiede het uit en uit selfregerings gehad, met amptelike verkiesings. SA het hulle ook bygestaan in weermag en polisie, asook opleidings.
Transkei – first Homeland – road to independence – 1962
Thembuland Royal Empire claim RSA
Tuislande en Trustgebiede in Suid-Afrika
Trustland (homeland) perception

Ingonyama Trust was reservate voor 1961, nes die ander swart gebiede, wat na 1961 Tuislande geword het. Swartes het amptelik hiervoor gestem in verkiesings om ook onafhanklikheid te verkry. Geen Boer of blankes het hulle hierin gedwing nie. Hulle het almal eie leiers gehad wat hulle beheer en regeer het.
Trustgebiede -Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget
*
Ingonyama Trust het heelwat swart dorps en plattelandgebiede, wat deur Zoeloe opperhoofde (clans) beheer word en aan die Zoeloe Koning rapporteer. Dit is al vir 30 jaar die geval. In die gebiede is daar heelwat slegs swarte Zoeloes, skole en kulture van die Zoeloes wat hier uitgeoefen word.
Ander stamme, soos Sotho, Xhosa, Tswana, Pedi ens, het almal hul gebiede. Grondeise het na 1994 gevolg waarin meeste hul grond weer eens, waarop hulle al vir jare woonagtig is, van die ANC geëis. Hulle beweer die Boere of Blankes het hul gebiede gesteel, wat onwaar is. Brittanje het dit afgeneem na 1815 en dit reservate of kroongebiede gedoop, nie die Boere nie. Ulundi is grotendeels ‘n swart dorp waarin Zoeloes woon.
Daar was ‘n ooreenkoms tydens Kodesa waar die gebiede van die Zoeloes oorgedra word, en dat die Zoeloekoning die Trustee is daarvan. Die grond wat reeds via die ooreekoms bereik is, word steeds in trust gehou vir die Zoeloe volk, soos dit gestipuleer word in die Ingonyama Trust wetgewing.

Ander etniese volke, verskillende swartes asook khoi san sowel griekwas het gebiede na 1994 geëis onder Grondeise wetgewing. Duisende grondeise is reeds toegeken en dit beloop miljoene hektaar grond. Diegene wat beweer hulle beskik nie oor grond nie, is van alle waarheid ontbloot. Miljoene bewoon al die gebiede sedert 1815 en niemand het hul grond gesteel soos beweer word en die Boere of blankes wat vals beskuldig word al vir dekades nie. Grondeise gaan gepaard met toekennings van finansële steun, saad, trekkers, produktiewe plase, mentors en elkeen wat eis, moet ‘n tradisionele leier aanwys, net soos die Zoeloes gedoen het.
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA landclaims
Traditional land and leaders – landclaims
Daar is verskillende wetgewings en huise hiervoor – of dit word onder Trust gedoen of KEV (CPA). Hierdie wetgewing is uitsluitlik vir Swartes, Khoi san en Griekwas geskryf en diskrimineer 100% teen alle Boere en Blankes. Die meer as 8000 tradisionele leiers word almal opgeneem onder die ANC minister al sedert 1994 wat handel oor Tradisionele sake en plaaslike owerhede. Sommige plase wat oorhandig is, was 100% produktief maar dit het in die 30 jaar totaal tot niet geloop om produktief te bly. Daar is enkele plase wat nog produktief is, meestal waar ‘n mentor ook behulpsaam is. Lesers moet hul op hoogte van sake bring deur dit in Hansards en publikasies te volk, wat presies ‘n CPA (KEV) of Trustgebied is. Die meerderheid het hiervoor gestem sedert 1994, nie die Boere of blankes nie.
https://www.ingonyamatrust.org.za/
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zoeloes – Ingonyama Trust and land reform
Ingonyama Trust – King Goodwill Zwelithini
Duisende grondeise wat miljoene hektaar beloop is na 1994 geëis en toegeken.
CPA landclaims and study Northern Province
Violent Farm invasion – KZN – Mathulini CPA
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA landclaims
Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise
Grond in Suid-Afrika Privaat/kommunaal
*
*
Hier is maar ‘n paar gebiede op ‘n kaart aangedui. Groot gebiede van die Noordkaap word deur Khoi san en ander stamme bewoon.

Khoi san en Griekwas het onder hul eie wetgewings, sowel Grondeise grondeise ingesit na 1994 en miljoene hektaar is toegeken, met byvoordele.
Khoi San people and leaderships – legislation
Wet op tradisionele Khoi San-leierskap en volke
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Legislation only for black and khoisan
*
Die gebiede is deur die Engelse geannekseer.

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS
2022 Salaries of Traditional leaders
Begroting – tradisionele leiers 2019
*
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede – KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] se hare. Daar is duisende KEV’s – CPAs geregistreer, met tradisionele leiers.Trustgebiede – KEV (CPA)CPA’s in SA – 2021 Ingonyama Trustland (Zulu people)Daar is wel heelwat gebiede waar […]
LikeLike
[…] Trustgebiede & KEV (CPA) […]
LikeLike
[…] Trustgebiede & KEV (CPA) […]
LikeLike