Wet op tradisionele Khoi San-leierskap en volke

Die nuwe wetgewing (2019) oor die Khoi- en San-gemeenskappe erken hul bestaansreg, tradisies, kultuur en lewe in die Republiek van Suid-Afrika.   Die sogenaamde grondwet van 1996 maak voorsiening vir meeste minderheidsvolke.   Die konserwatiewe Boere en Afrikaners, die blanke minderheidsvolk in Suid-Afrika word totaal geignoreer.   Blankes het nog nooit soos enige van die ander volke geleef nie, hul tradisies, kultuur en identiteit verskil 100% van mekaar.   Daarom moet alle pogings aangewend word om veral die twee Boere republieke te herstel soos wat hulle veronderstel is om te wees tydens die Vredesverdrag van Vereeniging.

Free Khoisan Stock Video Footage 48 Free Downloads

*

Volgens ‘n 2019 artikel in M&G word genoem dat die Wet op Tradisionele Khoi-San Leierskap meer as 18 miljoen landelike mense direk raak. Hul vermoeë om besluite te neem, om te weet wat die beste vir hul gesinne en gemeenskappe is, word in die naam van tradisie opsy gesit. In werklikheid stel die Wet Afrika-kulture gelyk as onveranderlik outoritêr.

Ver verwyderd van die sigbaarheid van die stedelike lewe, word daar in die artikel verwys na die bevoorregte witvel boere.  Wat absolute snert is, want boere is nie bevoorreg nie, maar hardwerkende volkslede wat eerder ander belange vooropstel as eie belange soos die huidige parlementslede.    Dit is nie net neerhalend gestel nie, maar rassisties teenoor elke blanke boer in die land.  Boere wat voedsel op die tafel besorg.   Blankes oor die algemeen is nie saam die regering nie, wel ‘n handjievol mega en ander ryk boere wat hul aan die ANC beleid geskaar en onderwerp het.   Veral in die naam van voedselproduksie vir alle volke.

Selfs die feite dat die areas van die twee onafhanklike Boere republieke totaal en al verwoes was tydens die ABO en met die Engelse se verbrande aarde beleid.  Oor die 30000 plase, wat deur arm Boere ontwikkel is,  is in ‘n paar maande totaal verwoes, hul vroue en kinders is in Britse hel konsentrasiekampe geplaas om daar uit te sterf.    Vandag volg die swartes en andere, die ANC, PAC, SAKP, EFF en ander dieselfde roete om alles te plunder, vernietig en af te brand.   ‘n Herhaling wat in 1900 gebeur het.

Met die groot Trek, was dit ook duidelik dat daar baie gebiede was wat onbewoon was en bekendstaan as Niemandsland.  Stede of dorpe was daar nie.   Dit kom dus ook voor dat sommige volke nie enige van die plase produktief kon ontwikkel het voor 1900 omdat hul nomadies was.  Daar is ook groot verskille van 1850 teenoor 2000, daar was nie ontwikkelings nie.   Waar is al die stede of dorpe wat hulle kwansuis sou opgebou het selfs voor en na 1900?  Daar was min voedsel beskikbaar destyds.   Na die ABO is dit die Boere en hul families, wat self alles van vooraf moes opbou en het nie die ou regerings of Britte enige bydrae daartoe gelewer nie, behalwe die afgebrande plase, waar swartes en andere gehelp het om af te brand.

State shows its contempt for rural people with Traditional Khoi-San Leadership Act

*

Grondeise

Meeste van die grondgebiede wat na 1994 geëis word, bestaan steeds uit verskillende en aparte grondgebiede wat na 1815 ontstaan het, waar hul (sowat 30 miljoen plus) meestal steeds bly en werk.    Verskillende swartes het ook grondgebiede onder wetgewings opgeëis.

*

Minerale regte

Verdere kritiek wat soms gelewer word is dat alle minderhede en gemeenskappe oopgestel vir uitbuiting deur mynmaatskappye.  Mynmaatskappye verkry ‘n mynpermit vanaf die ANC regering en loop reg bo-oor gevestigde grondgebiede, wat ook trust en  Soos die res van ons ook, nie net die Khoi san-volke nie, is ons almal in dieselfde posisie.

Dus, as in ag geneem word dat sekere van die gebiede voor 1994 Kroongebiede of Tuislande (reservate) was, almal minerale in hul gebiede gehad het, wat eenvoudig oorgeneem is deur die huidige ANC regering (en ook die vorige regering).   Mynpermitte word deur die huidige regering uitgereik.  Waar is die mandaat gegee dat daar enige minerale op die reservate, kroongebiede en Boere gebiede uitgehaal word en waar gaan al die winste heen?   Beslis nie na die staatskas nie.

Minerale regte behoort eintlik nie aan die ANC of enige ander regering nie, maar dit word eenvoudig gemanipuleer.   Die volksmense op al die verskillende gebiede, bly dus verarm.  Dit geld 100% vir die twee onafhanklike Boere republieke se minerale regte ook.   Indien buitelandse maatskappye hier myn, is daar geen manier dat so iets wettig gedoen word nie.  Gaan ons in Australië, Kanada, Amerika of Rusland en China in en gaan myn hul minerale en verkoop dit vir eie gewin?

https://www.pond5.com/stock-footage/item/155431618-close-portrait-view-tribal-san-people-bushmen-making-fire

*

Die 2019 wetgewing, slegs vir Khoi San volke is deur Ramaphosa onderteken, nie deur enige blanke nie.  Of blanke liberaliste betrokke was by die opstel van die wetgewing, moet in diepte gekyk word wie almal betrokke daarby was.

https://www.thesouthafrican.com/news/khoi-san-leadership-act-what-does-it-mean-2019/

*

Was hierdie wetgewing voor 1994 onderhandel by Kodesa?

Die Wet bepaal onder andere dat die koning/koninginskap, hoof tradisionele gemeenskap, hoofmanskap, hoofvrou en Khoi San gemeenskappe gewoontereg en gebruike moet transformeer en aanvaar op ‘n wyse wat in ooreenstemming is met die beginsels vervat in die Handves van Regte van die Grondwet.  Terwyl sekere tradisionele strukture en leierskap posisies deur die wet erken is in ooreenstemming met Grondwetlike voorskrifte, was daar nog nooit voorheen statutêre erkenning van die Khoi San nie.

Daar was ingestem tot die Wysigingswet op Tradisionele Leierskap en Bestuursraamwerk, wat in hoofsaak gepoog het om mislukkings aan te spreek om die stamowerhede en tradisionele rade binne die voorgeskrewe tyd te hersaamstel, insluitend die aanpassing van die ampstermyn van die hersaamgestelde stamowerhede en tradisionele rade met die bepalings van die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers (NHTL).

https://www.gov.za/speeches/president-cyril-ramaphosa-signs-law-traditional-and-khoi-san-leadership-act-29-nov-2019

*

Daar is moontlik heelwat gemengde reaksies met die aanvaarding van die betrokke wetgewing en teenstrydighede wat vermeld word –  dit wat die Khoi san volke gevra het en dit wat die ANC leier Ramaphosa onderteken het –  is dit steeds ongrondwetlik of nie, as dit teen daardie volke se wil “geteken” word.   

Goeie vraag of daar aan hul volke se “vereistes” voldoen is want geen “sondes” van die huidige of vorige regering is volgens hul woordvoerder aangespreek nie, wat dit ookal mag beteken.   

Feite dat die Britte die “kroongebiede” of die sogenaamde leiers wat eeue gelede daartoe ingestem het, of afgedwing is, of  reservate vir swart gemeenskappe,  wat reeds voor die ABO geskep is, word natuurlik nerens vermeld nie.     Ander volke eerstens hiertoe ingestem tot Britse kroongebiede of reservate voor 1900 wat in die Shepstone (1854) en Rhodes (1894) wetgewings vervat is? 

Die twee Boere republieke wat onafhanklik was, het self onder die Britte deurgeloop en met geweld geannekseer, konsentrasiekampe, moord en doodslag, ‘n dorre afgebrande landskap.  Daar bly hierdie ewigdurende tennisbaan effek waar die konserwatiewe Boere en Afrikaners gedurig gemanipuleer word, die skuld kry vir wat ons nie gedoen het nie.  Is tyd dat die regering en al hul ondersteuners uittree uit die Britse Statebond en die wil van volke doen, want elkeen soek hul eie leiers en gebiede.      Is lankal spertyd verby waar ons as volk  ons Boere republieke se onafhanklikheid herstel soos wat dit was voor 1902 en volgens die Vereeniging verdrag.

>

Verklarings wat in die Citizen op 29 November 2019 gemaak word oor die presidensiële verklaring wat uitgereik is oor die wet wat handel oor die “beskerming en bevordering van die instellings van tradisionele en Khoisan-leierskap”, word die mening gehuldig dat die nuwe wet moontlik die vermoë van die regering, tradisionele leiers en mynmaatskappye verhoog om ten koste van die saak uit te brei van sommige van Suid-Afrika se armste gemeenskappe.

Dit wil voorkom asof die probleme wat die burgerlike samelewing met die wet het, min te make het met die erkenning van Khoi san-leierskap, en hierdie aspek daarvan word wyd ondersteun deur lede van die burgerlike samelewing, het Aninka Claasen, die “Land and Accountability Research Centre”, aan TimesLive gesê.

Inteendeel, dit is die feit dat die wet nie net van toepassing is op die verskillende gemeenskappe van die eerste nasies wat die Khoi san uitmaak nie, maar op alle tradisionele leiers.   En sommige, soos Claasen en die nasionale koördineerder van Constance Mogale, “Alliance for Rural Democracy” (ARD), meen dit sal hierdie leiers en rade toelaat om transaksies met mynmaatskappye te onderteken sonder die toestemming van die gemeenskappe wat hierdie transaksies sal beïnvloed.

Hoofman! Garu Zenzile Khoi san van die Gorinhaiqua Kultuurraad het aan The Citizen gesê dat hoewel hy van mening is dat die wet ‘n voorlopige eerste stap in die rigting van die “erkenning en herstel van die Khoi en San” was, was hy teen die dele daarvan wat misbruik kon word deur tradisionele leiers.

“Ons is ‘bewaarders’ van die land, en ons kan nie toelaat dat tradisionele leiers oorweldig en die magte hê om te doen wat hulle wil nie.”

As voorbeeld het hy direk na die Ingonyama Trust verwys en fout daarmee gevind dat daar ‘n enkele trustee was – amaZulu King Goodwill Zwelithini.   Hierdie gebiedsarea (bekend as Zoeloe reservate of tuislande) se wetgewing was voor 1994 onderhandel tussen die Zoeloe leiers en hul ondersteuners.  Dit was al manier hoe die Zoeloes bereid was om deel te neem aan die 1994 verkiesings.      Inteendeel, volgens internasionale reg, kan geen volk of politieke party ander volke se etnisiteit, identiteit en selfs hul bestaansreg bevraagteken nie.   Waarom word die konserwatiewe Boer en Afrikaners ook nie dieselfde regte gegun en selfs eie onafhanklike gebiede nie.  Hierdie minderheidsvolk verskil totaal en al van al die ander volke van Suid-Afrika.  Ons is en was nog nooit deel van ‘n vals ‘reënboognasie’ nie.  Liberale blankes is welkom om deel te wees daarvan.    Verwys na die 1994 amptelike Volkstaatraad se ondersoeke hieromtrent waar ons gebiede is.    Al hierdie Khoi san, Griekwas en Swart volke het hul kroongebiede en reservate na 1994 behou en selfs meer grond opgeëis wat kwansuis gesteel is.

Hy het voorts gesê dat die erkenning wat “Nguni-konings en -koninginne” van die regering ontvang, ongrondwetlik is teenoor die van die eerste volkere in SA.    “Die grondslagmense wat die eerste was om teen die koloniale wette te veg, het geen erkenning in vergelyking met die Nguni nie,” het hy gesê.  Hy het gesê dat hy nie wil hê dat die wet die manier waarop sommige “tradisionele leiers die breër stem van die mense geïgnoreer het, sal bevorder nie.

Volgens die persoon, is een van die groot probleme van hierdie wet is dat dit ‘n ongelykheid bevorder, ‘n anachronistiese hiërargie waardeur dinge gedoen kan word sonder enige vorm van deursigtigheid of kontroles en teenwigte.     Dit word nie onderskryf nie. Daar is baie dinge in hierdie wet wat heeltemal verkeerd is.

Kroongebiede en Reservate het nie vanself gevorm nie en nog minder het enige Boer of blanke die verskillende volke in hoekies ingejaag nie.   Grond is beset nes hulle dit vandag ook doen.

Shepstone –  Natal, roots of segregation

Apartheid – 1854

*

2020-2021

Volgens die wetsontwerp se memorandum was die herroeping en vervanging van die twee wette:

• Verseker ‘n geïntegreerde benadering tot alle aangeleenthede wat met tradisionele sake handel;
• Versterk die eenvormige wyse waarop tradisionele sake-aangeleenthede regoor die land hanteer word; en
• Om regsonsekerheid en leemtes wat in die twee wette geïdentifiseer is, aan te spreek.

Drie sleuteldoelwitte van die wet is om:
• Tradisionele en Khoi San-instellings te transformeer in ooreenstemming met grondwetlike beginsels;
• Herstel die integriteit en legitimiteit van tradisionele en Khoi San-leierskapsinstellings in ooreenstemming met gewoontereg en praktyke; en
• Beskerm en bevorder tradisionele en Khoi-San-leierskapsinstellings.

Traditional and Khoi-San Leadership Act in Effect in April 2021

*

ZOELOE VOLK

Ingonyama Trustgebied, was ‘n ooreenkoms wat reeds voor 1994 onderteken is deur verskeie partye tydens Kodesa se onderhandelingsfase.

Die Ingonyama trustwetgewing is slegs vir die Zoeloevolk, wat reeds voor 1994 se verkiesing geskryf en onderhandel is, waarmee toegestem is, ook aanvaar is, en waarvolgens die Zoeloes aan die verkiesing van 1994 deelgeneem het.   Volgens die vorige koning is hul koninkryk in 1815 ongeveer in SA begin.  Hulle het grond beset soos die ander en geen grond is gekoop nie.

Hierdie Trustgebied is slegs in Kwazulu-Natal (60%) geleë, waar dit slegs vir die gebruik van die Zoeloevolk is.  Onderling is dit sedert 1840-tot datum, onderverdeel (9-18) in verskeie hoofmanstamme, nes wat dit ook in ander volke onder kommunale grondeise (CPA wetgewing) gedoen is.  Dit was die ou Zoeloeland (tuislandgebied).

Die Khoi san hoofman het egter voorlopig die dele van die wet aangeprys, wat inderdaad formele erkenning aan sy en ander eerste nasies gegee het, hoewel hy gesê het dat die wet slegs ‘n “beginpunt” is.  Na 25 jaar beteken dit eintlik nie veel nie.  Wat het nou eintlik in 25 jaar verander – daar was grondeise (CPA) wat ook uitgedeel was.   Watter verskriklike sondes is nou nie aangespreek nie?

Word die grondeise wat gerieflik sedert 1994 die lig gesien het, eenkant op ‘n podium geplaas en waarvan Khoi San groot voordeel getrek het uit alles en selfs miljoene rande ontvang het, nie net grond en bates nie, daar word voordele ontvang uit die Sanpark en ander inkomstebronne – heelwat CPA’s (grondeise).


*

KHOI SAN VOLKE

Heelwat grondeise is reeds in 2007 aan die Khoi san volke toegeken.  Groot gedeeltes grondgebiede, ou Kroongebiede is aan die Khoi san volke deur Thabo Mbeki toegeken onder CPA wetgewing.     Waarvan Richtersveld die grootste is, wat miljoene hektaar grond beloop.

Richtersveld – Diamonds

Is die ontginning van minerale wat landwyd plaasvind nie wat reeds vir 25 jaar gebeur nie, daarom word daar ook geen rehabilitasie op uitgediende myne gedoen nie.   Ons gaan aan die einde met ‘n land sit, wat erg besoedeld is, water en voedsel gaan onbekombaar word.   Met al die korrupsie in die land, soos Eskom, SAL, Denel en ander maatskappye, gaan die huidige regering voort met hul ekonomiese rewolusie.

*

Die regering steur hul nie dat oor die 8000 myne ongerehabiliteerd is nie, solank elkeen hul pond vleis kry is die saak reg .   In watter gebiede val al hierdie ongerehabiliteerde myne en staatsbosse van regering?

Heelwat van die myngebiede was produktiewe plase waar voedsel produseer is en beloop miljoene hektaar grond, wat ook nooit in enige grond oudit gewys word nie.   Die regering het hul nog nooit aan enige tradisionele leier gesteur nie, hoekom sal hulle dit nou doen?   Heelwat gebiede reg rondom metro gebiede en stede waar swartes, veral uit Afrika lande kom vestig het staan as informele sektor bekend.

*

In 2007 het Thabo Mbeki ooreenkomste met grondeise, aangegaan en die Khoi san areas is aan hul en hul leiers oorhandig.    Dit beloop miljoene hektaar grond en daar is selfs produktiewe plase met ander bates, finansies, saad en toerusting oorhandig.
Richtersveld – KHOISAN AND CPA

*

Slegs 22% van grond in Suid-Afrika is geskik vir landbou-doeleindes terwyl net 12% vir landbougewasse aangewend kan word.

Dus, kan BOERE nie 87% grond besit nie.  Grond word nie oornag geskik vir landbou doeleindes nie.
Grond geskik vir landbou-doeleindes

*

Meer as ‘n eeu gelede,  was daar rekord gehou van al hierdie Reservaat/Lokasie gebiede en hul presiese liggings, voorwaardes aan hoofmanne (chiefdoms).    Dit was na Mfecane oorloë aan swart etniese groepe deur die Britse kroon toegeken en beheer.
Trustgebiede>Tuislande>Reservate

*

Dit raak miljoene mense, veral in die ou Kroongebiede, waar die meeste steeds woonagtig is en werk.  Dit is ook duidelik dat hierdie volk ‘n reg het tot voortbestaan net soos ons as konserwatiewe Boere en Afrikaners, die blanke minderheidsvolk in SA het.   Wetgewings wat afgedwing word en sal altyd bevraagteken word.

Khoi San people and leaderships – legislation

4 gedagtes oor “Wet op tradisionele Khoi San-leierskap en volke”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s