Witkruismonument 19 September 2026

*

Staan langs en saam die wit HARTS kruise wat geplant gaan word.   Staan by hulle wat in hartseer ‘n kruis moet plant.    Diegene wat ‘n kruis met ‘n naam, van en ouderdom het gaan plant, sterkte vir u en u gesin.  Dit is hartseer.   Al is ons nie fisies daar nie, is ons in die gees by elkeen wat ‘n HARTS kruis gaan plant.  HARTS kruise wat aansluit by elke ander HARTS kruis.   Boere en gesinne op plase, kleinhoewes en selfs soms in die plattelandse dorpe, wat gereeld aangeval en vermoor word, se kruise word in herinnering geroep.   Dit is nie om wonde oop te krap nie, maar om heel te word.    Gesels met u geliefdes al is hulle nie meer daar nie.  In ‘n mate troos dit.

Foto:  Chris Harmse

Photo

*

Weet net, dit is hartseer en tragies dat ‘n groot persentasie van die land en sy mense dit alles ontken, dit afmaak as normale misdaad.     Ons weet HY sal rekenskap eis van elkeen wat woede, moord en haat aanblaas teenoor die Boere volksgenote.  Hulle wat sing om die BOERE te vermoor.  Daar word nie ander volke gepropageer om uitgewis te word nie.

YSTERBERG

September 2026 het 17 hartseerkruise wat geplant word.

Hier is hul name en geskiedenis wat gebeur het, hoe hulle vermoor is.

Dankie Klaas.

https://www.youtube.com/watch?v=VPyKxTO1VMc

May be an image of ‎the Brandenburg Gate and ‎text that says '‎ተጋ WITKRUIS MONUMENT Witkruis Monument Kruisplanting 2026 や WITKRUIS MONUMENT Vrydag 18 Sept 17:00 Samekoms by Monument Bring jou vleis en braai saam. Pap en sous sal verskaf word. 19:00 of daarna aanskakel en beligting van Kruise tot 21:00 Etienne Theune ٥٥ ト〇ー -t O Hendr wa E ه emit aON Obert ST0LT2 Vir navrae kontak Kobus 084 710 3728‎'‎‎

Die witkruismonument is net ‘n herinnering vir ons as Boere volk wie van ons mense aangeval en vermoor is.    Boere en gesinne het nie gevra om vermoor te word nie.   En NEE, dit is nie gewone misdaad nie.   Elke kruis het ‘n naam en van, ‘n ouderdom, ‘n storie van die harde werk en voedselvoorsiening, die ongenaakbare aanvalle en teisterings, die doodkap of vermoor.  Mag elkeen se naam hier vir altyd in ons harte herinner word.

deur Karlien Husselman
https://www.youtube.com/watch?v=6312SGS_gr4

*

Witkruismonument September 2026
18-19

*

Vermaning aan elkeen van ons, ook in stede of dorpe.  Elkeen van ons Boere volkslede, moet hulself verdedig en is meestal op hulself aangewese om te beskerm en veilig te wees.   Moet nie onnodig uitgaan in die nag nie, veral omdat daar donker gedaantes is wat nie vredeliewend is nie.  Hulle kom nie vir ‘n ete of koppie Boere troos nie.   Wees altyd gewapen. Enige tipe van mag in ‘n korrupte land, kan ons nie beskerm nie, al verwag mens dit, dit sal nie gebeur nie.

Met ons hand in die Hand van die Vader, gee hy ons die wysheid, krag en verstand om te beskerm.  Luister vir die fluister, as daar onheil na donker is.  Sonder gebed is daar geen hoop.  Sonder geloof in Hom is daar geen hoop.    Sonder liefde vir mekaar is daar nie hoop.  Wees daar vir mekaar in die tyd om mekaar te dra en te beskerm.

Vorm ‘n vertrouensband met mede Boere en gesinne in die omgewing en land om sodoende mekaar beter te kan bystaan.  Leer om ‘n vuurwapen te gebruik.

Kry ‘n netwerk van beskermers op die been, wat uit manne, vroue en kinders kan bestaan,  soos wat ons voorgeslagte gehad het met die Boere kommando’s, wat 110% gewerk het.  Geen volk bestaan slegs uit mans of net vroue nie, maar mans,  vroue en kinders, is die grootste bewys toe Brittanje en haar BONDgenote ons aangeval en probeer uitwis het, wat na 1800 begin het.    Die Boere volk was daar vir mekaar.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar