Wiets Buys: Afrikaners en ander stamme in Anglo-Boere oorlog

*

Geskiedskrywer Wiets Buys skryf oor die Boere republieke en helde en dek ‘n wye veld daaroor.  Hy het heelwat boeke en artikels geskryf oor die wel en weë van die Boere volk voor 1902.  Sy unieke skryfmateriaal en inligting sluit ook aan by ‘n ander geskiedskrywer, Dr Lets Pretorius se artikels en verhale oor die Boere volk.    Boere republieke het internasionale erkenning geniet.

*

Many books and articles have been written about the Boer republics and their citizens. This unique material and information complements the articles and stories regarding the Boer people by another historian, Dr. Lets Pretorius. The Boer republics enjoyed international recognition.

Die slinkse legkaarte 

Heelwat van die Boere volk en selfs internasionale indiwidue en organisasies, asook die swart en gekleurdes, is nie bewus van watter rol hul voorsate destyds en selfs vandag gespeel het nie.   Leem almal in ontkenning.   Hulle het saam met die Britse kroon teen die Boere republieke en hul vernietiging geveg.    Daar was ‘n handjievol wat hulle aan die kant van Boere geskaar het.   Bloot omdat hierdie spul Afrikaners en andere, eerder die media en media huise geglo het is daar heelwat verdraaide stories om die Boere volk en republieke in ‘n slegte lig te stel.   Kry gerus meer inligting rondom die waarde in die Boere volk se hele bestaan, die republieke en oorloë, sedert die Groot trek gebeur het.

Inligting sal soos ‘n boek oopvou en geskiedkundige legkaartstukke wat steeds bekom word, sal wys hoe groot lande en groepe die Boere volk probeer vernietig het, net om al die minerale te bekom.   Die aftakeling het voor 1899 reeds begin, inteendeel, indien die Boere volk hul Boere republieke gegun was in die Kaapkolonie, sou daar nie ‘n Groot trek plaasgevind het nie.   Dit is nie net deur een persoon veroorsaak nie.   Wiets Buys brei daaroor uit wie teen die Boere kommando’s, vroue en kinders in die Boere republieke geveg het.

Wiets Buys:

Die Britse magte is deur minstens 100 000 tot 120 000 Swart en Kleurlingmense ondersteun. Wat nog belangriker is: hoewel amptelike Britse syfers erken het dat slegs ‘n paar duisend van wapens voorsien is, dui historiese ontleding daarop dat soveel as 70 000 of meer Swart en Kleurlingmans tydens die konflik deur die Britte bewapen is. Daarbenewens is ongeveer 9 000 Indiërs van die subkontinent af hierheen gebring om in kritieke logistieke en ondersteuningsrolle – sonder om aan gevegte deel te neem – te dien.

https://x.com/WietsJBuys/status/2014257804530552977

*

Crucially, Milner inherited and intensified a project previously spearheaded by Cecil John Rhodes, who, leveraging immense financial power and political power – power he could not have secured without the crucial support of the Cape Afrikaners – had repeatedly sought to subjugate the ZAR.
For some capitalists and financiers, “as the potential owners of the greatest mineral field in the world”, British control was essential to fully exploit this wealth.
Rhodes recognised that the highest ideals could only be realised if “unlimited financial resources accompanied by political power and influence” were available. When he became Prime Minister of the Cape in 1890, through his alliance with the Cape Afrikaner Bond, he used his political position to implement laws that favoured the mining industry and his broader goals

The highest echelon of international finance – the Rothschild family – was intimately connected to Rhodes’s imperial and commercial ventures through Alfred Beit. The merchant bank N. M. Rothschild and Sons acted as financial advisers and bankers to the Wernher-Beit complex.  Crucially, Rothschild money “part-funded and steered” De Beers’ monopolisation of the diamond industry.    Both the London and Paris branches of the Rothschild family were involved with Rhodes and Jules Porgés and Company (the predecessor to Wernher, Beit & Co.) in the De Beers amalgamation in the 1880s. 

Milner’s strategy to destroy Boer sovereignty relied on engineering a diplomatic crisis by utilising and dramatically exaggerating the Uitlander grievances, a pretext originally leveraged by Rhodes in the Jameson Raid. 

The plot to overthrow the ZAR involved utilising the Uitlander grievances to libel the Boer State and hold its laws up to ridicule to justify annexation. Cecil Rhodes and Alfred Beit were “prime movers” in the agitation, exploiting Uitlander demands to secure jurisdiction over the mines for the capitalists, mostly from Britain, Germany and Austria and of Jewish origin.  The Uitlander Reform Committee, which included Randlords like Farrar and Colonel Frank Rhodes, was crucial in organising discontent.



READ MORE
https://wietsjbuys.com/the-bridge-linking-financial-interests-tothe-destruction-of-boer-sovereignty/


&

Maanskyn en rose was dit nie om te veg vir vryheid teen hulle wat rondom die Boere republieke gebruik en ingespan is om alles te vernietig.  Hierdie tendens van vreemde magte vanuit ander wêrelddele, het nog nooit ophou bestaan nie.

https://wietsjbuys.com/non-white-participation-in-the-british-imperial-forces-in-their-war-on-the-boers-1899-1902/

*

Diefstal, plundertogte en vernietiging

Die varke in die verhaal is nie die BOERE volk wat weggetrek het nie,    Die GRENSboere het saam weggetrek ook omdat hul hulle aangeval, huise geplunder en aan die brand gesteek terwyl die aanvallers vee aangejaag het nadat dit gesteel is.   Dit was ‘n groot rede hoekom die Britte destyds die pasboek in 1797 ingestel het en nie die BOERE nie.   Die Boere is afgemaak as arm en agterlik, terwyl hulle wat die propaganda gebruik, juis agter die minerale rykdomme aan was.

Pass Laws – British colony 1797

*

Wiets skryf oor Afrikanernasionalisme – die Afrikaners en die Boere volk is verskillende groepe, volke, stamme en nasie.   Die Boere volk wou hulself regeer met vryheid en menseregte.   Die werklike Afrikaners ken ons vandag as veelvolkig en multi-kulturele organisasies en wat ook op poitieke gebied deurgevoer word. 

Hulle is steeds onder ander se invloede wat deel is van die Weste.   Afrikaners het nooit enige republiek of onafhanklike gebied geskep nie.

https://wietsjbuys.com/n-nasie-deur-woorde-geskep-die-skepping-van-die-afrikaner/

Afrikaner identiteit Wiets Buys Briekmerke

Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024

Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys

Afrikanerbond – Afrikaner-Broederbond in SA

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO

Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde

Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied

Deur Wiets Buys

Interessant – Op 21 Augustus 1888 skryf S J du Toit, ’n onthullende brief aan Jan Hofmeyr, die pragmatiese leier van die Afrikanerbond.   Hierin word Paul Kruger, die President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) uitdruklik as die primêre struikelblok vir die vereniging van suider-Afrika geïdentifiseer.  Afrikaners was al die jare aan die koloniale kant van Brittanje en haar bondgenote en het hulle ook 100% op verskillende gebiede ondersteun.   Alles agteraf gekonkel om oorlog met die Boere volk te maak en het hulle daardie geleentheid saam die Britte en haar bondgenote benut.   Met hierdie skrywe is dit ‘n bewys van geen menslikheid vir die Boere republieke se burgers nie.

Dat die Afrikaner nasie, nie die Boere volk hul vryheid gun nie, maar onderdanig aan hulle en die Engelse moet wees as hul ewigdurende slawe.  Ironies hoe die Boere volk van slawerny beskuldig is, maar dit was kerke wat sensuur op die Boere volk geplaas het om  nie te trek nie.   Praat van GEEN menslikheid om die Boere volk met respek en menswaardigheid te behandel nie, het totaal en al ontbreek in die Kaap en Natal Britse kolonies.   Dis hoekom die Boere volk vanuit die Kaapkolonie, Natal en verskillende lande, aangeval is, om hulle van menswaardigheid en al hul vryheid te beroof.

Wiets Buys

“Die belyning van Kaaps-Hollandse politieke mag met Britse imperialisme is tussen 1890 en 1895 deur die Rhodes-Afrikanerbond-alliansie geïnstitusionaliseer. Gedurende hierdie tydperk het Rhodes die premierskap van die Kaapkolonie aanvaar met die volle steun van Jan Hofmeyr en die Afrikanerbond”  .

“Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 het die strategiese magsbalans van Suider-Afrika verbreek en die ZAR van ’n gemarginaliseerde landboustaat in die ekonomiese enjin van die streek omskep” .

“Die reaksie van die Afrikaners was vinnig en militant. Die Kaapse regering onder Rhodes, gesteun deur die Afrikanerbond, het regstreeks ’n beroep op die Britse Imperiale Regering gedoen om in te gryp, en uitdruklik ingestem om die helfte van die koste van ’n oorlog teen die ZAR te dra om die heropening van die driwwe af te dwing.

BOERE Vryheid is selfs vandag nie onderhandelbaar nie, tog is en word die Boere volk in hierdie situasies sedert 1902 ingedwing.

Buys skryf ……. Vir die Boer was identiteit onlosmaaklik aan verwesenlikte staatskap, fisiese skeiding van Britse gesag en ’n onwrikbare verbintenis tot territoriale onafhanklikheid (soewereiniteit) verbind.   Wat beteken … om die Boerrepublieke te omsingel en in bedwang te hou , word geskryf   Hierdie is geen vryheid nie  en skend die hele Boere volk, voorsate en nasate se menswaardigheid as volk.   Dit is mag en beheer, deur hulle wat destyds die Kaap en Natal uit London beheer het.

Die Boere volk is oral geteiken, ook op ekonomiese gebied – die Britte en Afrikaners het vir jare na 1902 die honderde duisende immigrante laat invoer om in hul myne te kom werk sodat die massas die Boere republieke kon insluk en grondgebiede beset.   Hordes slegte hostelle sonder dienste is ook opgerig in die Boere republieke, veral rondom myne.

Neem kennis – die Boere volk het eie wortels en onafhanklikheid geniet, wat vernietig is.

Verdrag van Vereeniging 1902

Die BOERE volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.   Die BOERE is ‘n volk in eie reg en het die reg dat hulle 18 Boere republieke herstel moet word.  Die Boere volk was en is van dag een af nie persone wat onder die Afrikaner of die Engelse wou staan of deur hulle regeer word nie.   Daarom het die trek gebeur.  Met respek teenoor die Boere volk se voorsate wat beslis gesog en ‘n sterk volk was, wat ten spyte van onderdrukke, daarmee voortgegaan het.   Hulle het hul lewens in die Kaapkolonie opgepak in ‘n klein ossewa en gebiede gaan soek wat niemand sin was.

Ossewaens, Groot trek –  Herstel Boere republieke

Daar is nooit enige afrikaner republiek geskep nie, omrede hulle die koloniale meesters se politieke bed gedeel het (AfrikanerBOND party).   Hulle het gekies om in die Kaap en Natal te bly, die Boere het getrek en eie onafhanklike gebiede geskep.   Afrikaners wou saam die Engelse in beheer wees, nes hulle vandag alles probeer herhaal.   Feite spring na bo, wie agter alles gesit het.

MAG, geldmag en oorheersing van ander volke en die vernietiging van volke.

Volgens Buys toon dit die uiteindelike aftakeling van die soewereine Boerrepublieke nie bloot ’n Britse imperiale doelwit was nie, maar ’n besliste projek wat aktief deur Kaapse Afrikanerideoloë bedink is, wat hulle uiteindelik met imperiale ekspansioniste soos Cecil John Rhodes verbind het om hul doelwitte te bereik.  Ons weet vandag, was dit nooit net Engeland nie, maar selfs swart en gekleurde groepe en stamme het aan Britse kant geveg, gehelp huise (30000 plus) afbrand.  Dis ‘n spul liberale veelvolkige Afrikaner gemengde nasie, net soos wat die afrikaner organisasie vandag daaruitsien.  Swart en gekleurd is onder andere deur Olaf Bergh uit Skandinawiese lande hier beland en hulle help oplei en van wapens voorsien.

British concentration camps –  ABW (Rudie Rousseau)

Kanada , Australië, New Zeland en andere, het nes Afrikaners, duisende soldate gegee om die Republieke in bloedige gevegte in te dompel en met verskroeide aarde en konsentrasiekampe te vernietig.

Amerika en van hierdie ander lande het ver oor miljoen perde laat invoer met stoombote om te kom help veg.

ABO Perde  –  ABW horses

Ironies hoe die lande wat almal destyds betrokke was in die vernietiging van die Boere republieke en volk, gretig die ‘afrikaners’ na hul lande uitnooi en wat ten duurste emigreer na hierdie lande.  Dieselfde lande is betrokke in die midde ooste en ook ander verwante oorloë.

Swart en gekleurdes het in aparte werkerskampe gebly en vir die Engelse gehelp met spoorlyne en blokhuise.

Die Boere volk en Boerieman

Besoedeling in ou Boere republieke

Minerale in SA  –  Boere republieke, reservate en kroongebiede

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

 

*

Lewer kommentaar