Swaard van swart bemagtiging

B-BBEE is WETGEWING van die ANC en politieke partye in huidige parlement.  Die swaard van swart bemagtiging word op alle gebiede op ons as blankes, hetsy in stede of dorpe, boere gemeenskappe en feitlik op alle besighede toegepas.   Dit is niks anders dan rassisme en diskriminasie nie.  Die saad van swart bemagtiging het reeds in 1989 in Dakar ontstaan en is deur blanke liberaal verligtes uitgedra.  Hoe beinvloed die swaard ons blankes na 24 jaar?  Ekonomiese ontmagtiging vind plaas – verarming.

bbbeee

Vir diegene wat nie weet wat swart bemagtiging in Suid-Afrika is nie:

Verskeie rassistiese en diskriminerende wetgewing is sedert 1994 opgestel en geimplementeer om alle blankes van hul menseregte te beroof.     Dit is van die opstel van die Grondwet af tot waar ons vandag probeer oorlewe.  Die Grondwet spel dit ook uit.

In die Grondwet van Suid-Afrika word ruim hiervoor voorsiening gemaak vir rassisme en diskriminasie.   Die bekragtigde 1996 Grondwet bevat ‘n kommunistiese inhoud vir die meerderheid swartes en was meestal buite ons landsgrense beplan was sedert 1983 tot en met 1994.   Die feit dat dit as ‘n “demokrasie” bestempel word, dra nie juis baie water nie.

Swart bemagtiging is reeds in 1989 voorgestel deur die geheime blanke “onderhandelaars”.    Idasa en Kodesa is slegs ‘n versamelnaam waar al hierdie verligte blanke “kenners” hul kragte bymekaar gegooi het om dit wat byvoorbeeld in Dakar, Mellspark huis in London. Zambië, Switzerland, Amerika en vele ander plekke, besluit was, ten uitvoer te bring na 1994.   Dit is presies hoe die Grondwet ook tot stand gekom het.

Op uitnodiging van George Soros en beplanner Van Zyl Slabbert,  is honderde name van veral bekende skrywers en andere geskiedskrywers betrek by hierdie geheimsinnige uittogte en onderhandelinge in bogenoemde plekke  om saam met Slovo te gaan konkel, Suid-Afrika aan kommunisme te oorhandig.

Die Grondwet, waarin al hierdie links liberales se versoeke uitgebring is,  is in 1996 bekragtig – ‘n regsbank wat deur die regering aangestel word.   Nou hoe kan dit ‘n regverdige en demokratiese Grondwet wees as daar slegs teen ons as blankes gediskrimineer word?   Bestudeer die Grondwet in diepte en weet ook dat Soros is een van die finansiers van hierdie dokument, huidige parlement se wetgewing, Idasa en Kodesa.

Die voormalige president, Mandela teken die eerste swart bemagtiging wetgewing in 1997 om die pad nog wyer oop te maak vir die naakte en skerpste swaard oor die blanke bevolking.   Tot op die sportveld word ons rugbyhelde hard geslaan met kwota’s en rassisme.     Alle presidente sowel as  politieke partye het hul steun tot hierdie gewraakte wetgewings te verleen.

Die blanke ras (Afrikaners / Boere) word hard geslaan met rassisme en diskriminasie.   Nie net om hulle te teiken nie, maar ook van alle menseregte te beroof en hul ekonomie totaal en al te vernietig.    Selfs die nageslagte word geraak.    Die sterftes en agteruitgang op maatskaplike gebied is baie groter as tydens die Anglo Boere Oorlog en konsentrasiekampe.

Verskeie Hansards en wetgewings is beskikbaar wat diskrimineer teen elke blanke in hierdie land – besluite wat oor ons gemaak word, sonder dat ons enige bydrae daartoe gelewer het, het ons vasgevang in hierdie kommunistiese wurggreep.   Van ons mense wat soos ons lyk, praat saam met hierdie diskriminerende swaard.

Op internasionale vlak, maak die Verenigde Nasies (ongeveer 200 lidlande) dit wel moontlik dat minderheidsvolke daaruit kan tree en dit is deur selfbeskikking te verkry.  Daar is geen ander manier hoe ons gaan oorleef en die skending van menseregte gaan herstel nie.   Die mag, mandaat en wil is by die volk se deur om dit wel uit te voer.

Die vraag is:   hoekom is en was ons as volk uit alles uitgesluit?

Antwoord:   Om ons as volk totaal en al uit te wis en vernietig.

Oplossing:  Ons eie wetgewing kan slegs binne ons eie onafhanklike gebied plaasvind.  Selfbeskikking word ook opgedeel in interne selfbeskikking wat geen waarborge bied vir enige volk nie.    Trust en CPA gebiede het ook net kommunale waardes, ooreenstemmend met die Shepstone beleid van 1854.

2 gedagtes oor “Swaard van swart bemagtiging”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s