André Fourie (VF+) van die ou Nasionale Party en Andries Beyers van die Konserwatiewe Party – Maart 1992

TV-Debat: André Fourie van die Nasionale Party en Andries Beyers van die Konserwatiewe Party – Maart 1992.   
Volksregte   –  Daar word interessante feite op die video genoem/vra:   Het die Randse skou al ooit ons as volk gered?     Het krieket of enige sport al ooit ons as ‘n volk gered?  Het swart bemagtiging ooit ons as volk gered?  Onteiening vind reeds plaas.    Magsoorheersing het in 1994 gevolg en die skending van al ons Afrikaner en Boere se menseregte.   Taal, kultuur, identiteit en tradisies is daarmee heen.    Daar was nog nooit magsdeling nie.   Daar is en was reeds in 1994 ‘n selfbeskikkingsooreenkoms onderteken.  Dis ondersoek en daar was volledige aanbevelings oor gebiede.   ‘Dit moet Front Nasionaal nou aanpas en verder neem, sodra ‘n mandaat verkry is in 2019.

Image result for andries beyers konserwatiewe party/

Selfbeskikking is GEEN Tuisland nie – dis onafhanklikheid waar jy as volk jou op alle vlakke regeer.

In 1994 is die volle MAG aan die ANC oorhandig – dus ‘n MEERDERHEIDSREGERING.

Na 1994 het Tuislande voortgegaan net onder ‘n ander naam – Trustgebiede en grondeise – CPAs.   Dis vervat in Witskrifte, Grondwet, asook onderskeie wetgewings.

Daar was ooreenkomste en ondernemings gegee aan swart en bruin volke se leiers, ooreenkomste geteken met die ANC sowel die ou NP dat hierdie ou Tuisland gebiede oorhandig sal word aan tradisionele leiers.    Waarom het hierdie Tuislandleiers nooit die ANC vertrou in 1994 nie?   Dit is voor die handliggend.   Dis in 2018 wat die ANC probeer aanspraak maak het op al die ou Tuislande wat in Trustgebiede verander is.

Vandag is daar 8840 tradisionele leiers in hierdie gebiede, wat ook die Bruin en Khoisan volke se CPA’s hierby insluit.   Waar kom al hierdie duisende vandaan en ons moet almal nog boonop onderhou en salarisse met byvoordele betaal.

Daar bestaan ‘n ANC Witskrif dat hierdie volke nie deel uitmaak van die sogenaamde “reënboognasie” nie.  Dus, het hul mos ‘n keuse gehad, maar tog melk hul die belasting betalerskoeie vir nog meer salarisse.  Ons as Afrikaners en Boere (Blankes) het geen keuses gehad nie.   Daarom was ons gewillig om te wag vir die ondersoek sodat ons dit kan implementeer – en daarom die versoek dat u stem ‘n mandaat gee aan Front Nasionaal om voort te gaan.

***

Image result for ingonyama trust map

Ingonyama Trust is voorbeeld dat die 9 gebiede, aparte Trustgebiede is wat deur hoofmanne bestuur word in die Zoeloe hiërargie.  Inderwaarheid bestaan daar ook ander Trustgebiede in Kwazulu-Natal waar slegs Zoeloes bly en selfs werksaam is, in KZN, wat nie onder Zoeloekoning Zwelithini val nie.    ‘n Vrou daar uit Ingwavuma rapporteer aan my sy is ‘n volbloed Zoeloe en ook sy moes die stamkapteins betaal vir haar grond, wat tussen 4-6 rugbyvelde groot is, waar sy boer.  Sy het ook elders naby die dorp ‘n HOP huisie wat kontant betaal is.  Of sy nou ‘n Titelakte gekry het of nie, weet ek nie, maar sy het dit bevestig.

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

“Zulu kingdom” Ingonyama Trust

Trustgebiede>Tuislande>Reservate

Agreements and Traditional leaderships

Daar is 6 groot Trustgebiede of CPA gebiede vir die Khoi Khoi of San oftewel Bruin volke, wat dit ontken en maak of ons blanke volke, Afrikaners en Boere al hulle grond gesteel het.    Swart en bruin maak net aannames ons blankes het nou alles gesteel by hulle.

KhoiSan

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Waarom word die leuen verkondig – sodat rassisme ons blankes kan laat bloei en nie net ekonomies uitwis met swart bemagtiging, maar ook met die leuens van grondhervorming en baie geld.  Alle CPA’s ontvang ryklik uit die staatskas uit – vee, pluimvee, saad, trekkers en implemente en kontant ook nog.

Traditional leaders South Africa: 8840

Dis hoe die ou Tuislande was – gaan stel maar vas waar is al die 8840 tradisionele leiers.  Later meer hieroor.

Image result for TUISLANDE

***

Beloftes maak skuld

As en wanneer daar na die video geluister word, is daar baie beloftes gemaak oor die R5000.

Ek onderneem ook hiermee om die volle gedeelte wat Fourie aan my skuld , soos hieronder uiteengesit , aan Front Nasionaal SA / Front National SA se Volksteun te skenk, wat ook aan ons armoede en wese fonds sal gaan om hul lewens te verbeter. Met daardie paar sente kan ‘n paar blankes se lewens verbeter word en kindergesiggies kan beter gemaak word.
***
Kort voor die referendum van 17 Maart 1992, bied die SAUK se TV1 verskeie debatte aan tussen leiers en parlementslede van die onderskeie politieke partye vir hul JA of NEE veldtogte. Hier tree mnr. André Fourie van die Nasionale Party (NP) se JA-veldtog (en adjunk-minister van Buitelandse Sake) in debat met mnr. Andries Beyers van die Konserwatiewe Party (KP) se NEE-veldtog. Mnr. Fourie het laterjare by die Vryheidsfront Plus aangesluit en as raadslid van die party gedien in die Kaapse stadsraad. Interessant om te meld, is dat die Konserwatiewe Party (KP), teen wie mnr. Fourie so te velde getrek het tydens die debat, met die Vryheidsfront saamgesmelt het om die Vryheidsfront Plus te vorm. In der waarheid kan mens sê mnr. Fourie het by dieselfde KP aangesluit wat hy in 1992 so sleg gemaak het.

***

 

***

UITSTAANDE REKENING – FINALE AANMANING

,

Front Nasionaal SA

.
Op 17 Maart 1992, 2 jaar, een maand en 10 dae voor die finale oorgawe aan die ANC regering, word ‘n regstreekse TV Debat uitgesaai op die destydse TV1 kanaal van die SAUK. Die twee manne wat hieraan deelneem was mnr Andries Beyers van die Konserwatiewe Party en mnr Andre Fourie, toenmalige Kabinetsminister in die regering van FW de Klerk.

Tydens die debat sê meneer Fourie: “Ons gaan onderhandel op die basis van magsdeling en nie magsoorname nie.” Nadat hy ‘n dokument in die lug swaai, sê hy verder: “Hier is die voorstelle van die Nasionale Party. As u in hierdie voorstelle enige bewys kan kry dat ons die regering aan ‘n swart meerderheid sal oorhandig wat beheer sal word deur die Kommuniste of meneer Mandela, dan belowe ek vir u R5000!”

Ons almal ken die geskiedenis. ‘n Bietjie meer as twee jaar later het presies gebeur wat meneer Fourie ons verseker het nie sal gebeur nie. Met die ineenstorting van die Nasionale Party het meneer Fourie oorgestap na die Vryheidsfront Plus en was, tot en met sy aftrede, die VF+ se enigste Raadslid op die Kaapse Metroraad.

Die R5000 is nooit betaal nie.

Ons rekenmeester het ‘n berekening gedoen en, met berekening van rentekoerse en inflasie, tot die gevolgtrekking gekom dat Mnr Fourie se skuld nou R32 915-60 beloop.

Front Nasionaal wil hiermee aan die hand doen dat die VF+, of meneer Fourie, die bedrag betaal aan ‘n organisasie wat opheffingswerk en armoedeverligting onder ons volksgenote doen. Volksteun SA is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Dit sal, wat ons aanbetref, ‘n fraksie van die skuld aan die uitverkope Afrikanervolk vereffen.

***

Inflasie is nie in berekening gebring nie.

No photo description available.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s