*
It is not America, England or any other government that should make decisions about the Boer people, their interests of the Boer republics, which should be restored as they were in 1902. The Peace Treaty of 1902 was not respected by England, her allies, which included the Cape and liberally enlightened Afrikaners. It is we as Boer people, who should appeal to the 1902 Peace Treaty as our ancestors determined and it was never respected. We as Boer people were forced into the 1910 Union of South Africa. This must be done internationally.

*
Dit is nie Amerika, Engeland of enige ander regering wat besluite moet maak oor die Boere volk, hul belange van die Boere republieke, wat herstel moet word soos wat dit was in 1902 nie. Die Vredesverdrag van 1902 is nie nagekom deur Engeland, haar bondgenote, wat die Kaapse en liberaal verligte Afrikaners daarby insluit nie. Dit is ons as Boere volk, wat ons moet beroep op die 1902 Vredesverdrag soos wat ons voorgeslagte bepaal het en dit nooit nagekom is nie. Ons as Boere volk is in die 1910 Unie van Suid-Afrika ingedwing. Dit moet internasionaal gedoen word.
MOENIE UIT DIE OOG VERLOOR
Daar is meer as een blanke volk in Suid-Afrika, net soos wat Europa verskillende blanke en ander volkere het. Daar is ook meer as een swart stam en volk in Suid-Afrika, wat verskil van mekaar en selfs elkeen in hul eie CPA of Trustgebiede (voorheen Tuislande-Reservate en Kroongebiede genoem). Hulle bly steeds apart van mekaar. Elkeen met hul eie identiteit, kultuur, taal, geskiedenis en tradisie. Niks om te veroordeel of toe te skryf aan apartheid nie.
Selfs Rusland, China en Indië lewer haar eie etniese volke intern op. Rusland het ook hul eie Republieke aan hul etniese groepe. Indien ‘n Boer of Zoeloe na Duitsland, Frankryk of Amerika emigreer, bly hul steeds Boer of Zoeloe. Niemand kan net hul volkswortels afgooi of verloor soos en wanneer hul lus het nie, selfs nie onder ‘n vals demokrasie wat vandag in Suid-Afrika bestaan.
Daar is verskillende swart en bruin volke in Afrika wat elkeen ‘n reg tot lewe het, met elkeen hul eie tradisies, kultuur, geskiedenis en identiteit. Hulle is en bly steeds vandag apart van mekaar met elkeen hul eie leiers, tradisies, kulture, geskiedenis en identiteite. Die Zoeloe verskil van die Pedi, Ndebele, Xhosa, Khoi San en ander. So is dit ook met blanke volke in Suid-Afrika.
Die Boere is ‘n volk in eie reg, die Afrikaners het erken hulle is ‘n veelvolkige NASIE en met hul dade en optredes word dit verder bewys hulle het veelvolkige lede wat aan hulle behoort. Hulle kan nooit een nasie wees nie. Hier is ook Duitsers, Portugese en Jode, wat eie is met hul geskiedenis, tradisies, kultuur en is ook nie Afrikaner nasie of Boere nie. Die Zoeloes, Khoi san en Xhosas is ook verskillende volke / nasies.
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
*
DIS WAAR ALLES BEGIN HET … IN DIE BEGIN …
Die Vryburgers wou nie onder die Britse kroon staan nie en het begin trek. Bekend as die Groot Trek. Die Groot Trek of Trekkerroete 1835-1846 wys min of meer in watter omgewing die Boere en hul gesinne hul later gaan vestig het. Heelwat van die gebiede waardeur hul getrek het, was nie bewoon nie en Niemandsland. Die Boere republieke behoort aan die Boere asook die vlae en geskiedenis.
Die Republieke is internasionaal erken as onafhanklike gebiede. Al was daar ‘twee Boere republieke’ erken, naamlik Vrystaat en die ZAR, bestaan hierdie twee Boere republieke uit verskillende Boere republieke, wat elkeen hul eie geskiedenis het, waarop die Boere volk trots is. Al die Boere republieke het gedurende die oorlogtye, aan veldslae deelgeneem asook Anglo-BOERE oorlog I en II. Dit was nie net die ZAR en Vrystaat oorloë, veldslae, konsentrasiekamp en / of huise met voedsel wat afgebrand het nie. Engeland en haar bondgenote, wat Amerika, Kanada, Australië, New Zealand, Afrikaners en Olaf Bergh en sy swart spanne insluit, het al die Boere republieke aangeval, binnegeval en geannekseer, nie net die ZAR en Vrystaat nie.
LET WEL
Dit was nooit Afrikaner Republieke genoem en ook nie Afrikaner oorloë oof veldslae gewees nie. Dit was BOERE Republieke genoem.
It was never ever called Afrikaner Republics but BOER republics and the wars were called Anglo-BOER wars.

Daar moet ook verder genoem word, nie alle landbouers is Boere nie en nie alle Boere was landbouers nie, daar was ander beroepe ook in die Boere republieke. Elke volk het hul eie beroepe. Nie almal wat Afrikaans praat is Boere nie. Nie almal wat Frans en Italiaans magtig is, kom uit Frankryk of Italië nie.
Daar is wel twee onafhanklike BOERE republieke gewees, wat onder groot protes afgeneem is van die Boere volk om hul vryheid en minerale te steel. Netso is het dit met al die ander BOERE republieke gegaan wat die BOERE volk geskep en uitgeroep het. Twee onafhanklike BOERE republieke het ook uit meer as een BOERE republiek bestaan, met afsonderlike ooreenkomste hoe dit ontstaan het, ‘n eie geskiedenis en alles wat daarmee gepaardgaan. Hierdie geskiedenis is belangrik vir ons en ons nasate.
Die Anglo-Boere oorloë wat geveg is teen Brittanje en haar bondgenote, het almal bestaan uit BOERE uit alle Boere republieke, REBELLE en VRYWILLIGERS wat die Boere kom help het. Dus, net niks minder as reg dat ons al ons Boere republieke herstel soos in met 1900. Dis ons gebiede, en behoort aan geen ander volk nie.
Dit dien gemeld te word, as Boere volk het ons nie aanspraak gemaak op ander gebiede, soos Richtersveld of Ingonyama trust, wat nie aan ons behoort nie, dus, respek is wederkerig. Die Boere het al hul Boere republieke wettig gekoop en dit was verklaar as republieke, juis weg van die Engelse ander bondgenote, wat ander volke of stamme, Swartes en ook Afrikaners daarby insluit. Afrikaners is ‘n veelvolkige nasie en is nie ‘n volk nie, daar is verskillende lede uit ander groepe wat aan Afrikaners of hul organisasies behoort.
Die Swartes, Khoi san en Griekwas, eis gedurigdeur grond op terwyl hul voorvaders al die grond wat hulle reeds besit (Tuislande / Reservate / Kroongebiede / CPA / Trustgebiede), bewoon na 1815, beset het, hulle het geen grondgebiede gekoop van niemand af nie. Verseker word so ‘n reg nie net aan Khoi san, Griekwas of Swartes verleen nie. Niemand ontsê hulle die reg om voort te bestaan in Richtersveld, Ingonyama trust of enige ander CPA of Trustgebied nie.
Daarteenoor het Boere volkslede hul gebiede wettig bekom. Die Boere volk stel nie belang in ander volke se grondgebiede nie en het ‘n internasionale reg om hulself in hul gebiede te regeer.
Twee Onafhanklike BOERE republieke
&
Na die britse martel- en helkampe, met die verbrande aarde beleid, het die grafstene en rusplekke soos sampioene tydens die Ango-Boere oorloë gegroei. Hulle was verantwoordelik vir apartheid in suidelike Afrika.
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
Verskroeide aarde – Scorched earth
KONSENTRASIEKAMPE 1900
Interessant oor die kaart waar die konsentrasiekampe voorkom. Hier en daar sal daar wel kampe en grafte in ander provinsies gevind word. Daar is baie feite van hierdie konsentrasiekampe wat vir jare van ons Boere volk weerhou is en dat die sterftesyfer nie reg is nie.
Vervolgens ‘n belangrike dog baie interessante kaart wat die Britse hel-kampe, die konsentrasiekampe vir die derduisende Boer vroue en kinders, asook ou Boere opgerig het. Selfs die groot areas waar hierdie kampgrafte voorkom is in dieselfde area waar die kampe geleë is. Die dele waarop daar graag gefokus is en waar die kampe voorkom is spesifiek in die twee erkende ONAFHANKLIKE Boere republieke, maar ook in Kwazulu-Natal, waar die Retief traktaat en Vryheid Boere republiek is. Hierdie grafte, sowel ander waarvan sommige nog onbekend, is ‘n getuienis wat ten hemele roep.
Die Vryheid Boere republiek, in KwaZulu-Natal, is later ingekorporeer in die ZAR oftewel die ou Transvaal soos dit later bekendgestaan het, wat internasionaal erken is. Daar is selfs grafte op eilande oorsee waarheen Boere verban was.

*
Konsentrasiekampe
*
Gebiede, Volkstaatraad en Griggs
Daar is en was meer as twee Boere republieke. Daar is heelwat gebiede wat ontwikkel is deur Boere wat nie onafhanklike status gekry het nie. Daar is ook meer as een Boere republiek in die Vrystaat en Transvaal, wat deur Boere ontwikkel en gebou is.
Die verslae en veral die finale verslag van die 1994 Volkstaatraad, waar die Boere se gebiede is, dui ook aan waar hulle steeds tydens hierdie ondersoek in die meerderheid is. Daar word oral beweringe gemaak dat die Boere volk nooit meerderheid was nie, wat leuens is. Die verslae wat bekend is in die Hansards word nie bestudeer nie en met die gevolg word dit ‘n politieke speelbal.
Tog, daar was 100% mandaat hiervoor gegee uit spesifieke areas uit om dit te ondersoek, wat gedoen is. Nie uit Noord- of Wes-Kaap nie. Die getalle vir ‘n mandaat, stem ooreen met die 1994 verkiesing, juis daarna het die amptelike ondersoek begin. Dit is ook op ander plek gepubliseer.
Richard A Griggs en Volkstaatraad kaart van 1995.
Richard Griggs het ‘n publikasie uitgebring wat internasionaal gepubliseer is.
In die publikasie word volgens die kaart en ondersoeke wat deur die 1994 Volkstaatraad gedoen is, vermeld dat die gebiede Boere republieke was en ten volle onafhanklike lande wat internasionale erkenning geniet het. Oral word die woord ‘Afrikaner’ misbruik en gebruik.
Dit is Boere republieke gewees. Die Afrikaners doen dit al vir jare, en gee voor dat die Boere volk deel is van die Afrikaner nasie wat VEELVOLKIG is. Afrikaners het slegs ‘n mandaat om namens hul lede te praat.
Dus, daar is gebiede waar Boere in die meerderheid is, en dis nie in die Wes-Kaap of Noord-Kaap waar duisende hektaar grond reeds aan Khoisan, Griekwas (voorheen bekend as geannekseerde Britse kroongebiede) toegeken is na 1994, wat oorhandig is deur Thabo Mbeki gedurende 2007. Die donker gedeeltes in Noordkaap is ook hier waar van die gebiede reeds aan Khoi San en Griekwa volke oorhandig is. Die gebiede is Britse Kroongebiede genoem voor 1900. Dus kan hierdie gebiede nie net ‘aangeneem’ word dit is Boere of Afrikaner of ander volke se gebiede nie.
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Ander volke se gebiede – Waarom sou die Boere volk daar wou gaan bly het as hulle nog nooit daar gaan vestig het nie. Die meerderheid van die bevolkingsgroepe is Khoi San en Griekwa stamme in sekere provinsies, wat hul reg is om uit te oefen. Daar moet onthou word, volke het geen internasionale aansprake op ander volke se gebiede nie. .
&
Reservate > Tuislande
Daar is ook swart reservate gevorm voor 1900. Swartes uit die noorde het gebiede hier beset en geen grondgebiede is destyds deur hulle aangekoop nie. Daar was daar Mfecane oorloë waar stamme en volke mekaar uitgewis het. Reservate het later Tuislande geword (na 1961), onder Verwoerd beheer. Voor dit was dit onder Unie beheer uit London. Tuislande was nie onwettig of ‘sogenaamde apartheid’ nie, hulle het almal amptelike stemreg gehad, hul eie leiers gekies, vlae en selfs ‘n nasionale volkslied gehad. Hulle wou onafhanklikheid gehad het. Daar is wel wat in ander gebiede kom werk het, maar hul het tuislande gehad, waar hul oorsprong vandaan kom. Heelwat tuislande het later, met die hulp van ou regering, begin om hul eie werksgeleenthede te skep. Na 1994 verander dit nie regtig nie, behalwe wetgewings, hulle bly steeds apart van mekaar – cpa / trustgebiede.
Ingonyama Trustgebied (en andere)
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Na 1994 word grond geëis en as Trust of CPA geregistreer.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
KEV/CPA of Trustgebiede
CPA’s in SA – 2021
*
*
Heelwat lande het aan die Britse kant geveg, troepe, perde en ander bronne geskenk – daardie lande dra steeds by tot SA se ondergang vandag. Duisende Afrikaners uit die Kaapkolonie het ook die Britte hierin gesteun. Die sioniste het oral hul kleure hier aan die suidelike punt van Afrika kom wys en uitvoer onder Britse koloniale bestuur.
Baron Rosmead (ABW)
Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS
Gold and Diamonds – South Africa
Diamonds, Gold and War: The British, the Boers and the Making of South Africa
https://www.warmuseum.ca/cwm/exhibitions/boer/boerwarhistory_e.html
https://www.warmuseum.ca/cwm/exhibitions/boer/boerwarmaps_e.html#southernafrica
*
KONTAK
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] – daar is meer dan een blanke volk in Suid-Afrika.Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlaeBoere, Groot Trek en Boere republiekeVerskroeide aarde – Scorched earth1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO*Neem […]
LikeLike
[…] nie. Elke Boere republiek het eie vlae ook gehad.https://boereafrikana.com/Vlae.htm&Boere, Groot Trek en Boere republiekeVierkleur en Vrystaat Boere republieke vlaeTwee Onafhanklike BOERE republiekeDit was nooit enige tyd […]
LikeLike
[…] Boere, Groot Trek en Boere republieke […]
LikeLike
[…] republieke en Suid-AfrikaBoere, Groot Trek en Boere republiekeDie Anglo-Boere Oorloë in kleurBoere (2016-2017 ANC jaarboek) Minerale rewolusie en […]
LikeLike
[…] INLIGTING EN ARTIKELSHerstel van Boere RepubliekeInvalsplanne op Boere republiekeBoere, Groot Trek en Boere republiekeTrekboere en die XhosaSlag van Stormberg – 10 Desember 1899Die berge – […]
LikeLike
[…] Boere, Groot Trek en Boere republieke […]
LikeLike
[…] Boere, Groot Trek en Boere republieke […]
LikeLike
[…] Boere, Groot Trek en Boere republieke […]
LikeLike
[…] Boere, Groot Trek en Boere republieke […]
LikeLike