Indien oom Paul vandag sou omdraai in sy graf, sal hy die hartseer en -verhale van die Boere volk, wat in die verskillende Boere republieke gevestig was, afstof, die Britte en al haar bondgenote herinner wat hulle aan hom en sy volk gedoen het. Laat mens eerder oom Paul daardie rus gun vandag en hom onthou aan sy dade wat hulle gedoen het vir die Boere volk, Republieke en onderlinge volksrade. Selfs die geboue om die standbeeld van die voormalige President, getuig van ‘n unieke status en kragsimbole wat uitstraal hoe ontwikkel die Boere republieke was en wat hulle onderhou het. Die Boere volk was nooit ‘n arm volk nie nog minder agterlik.

Die Boere volk het ‘n groot rol gespeel in hul leiers se lewens. Hy en sy familie het baie vir die Boere republieke gedoen en was hy iemand destyds om na op te kyk as leier.
Hy spesifiek was heelwat betrokke by die konvensies wat plaasgevind het veral die laaste gesprekke in London, om die Boere volk se reg tot bestaan en hul vryheid te verdedig. Om die mag van immigrante en mynmagnate uit te hou uit hul volksrade. Dis hierdie voorskrifte wat vandag steeds geld waar immigrante meer magte verkry om minderheidsvolke uit te wis.
Die Konvensies wat voorskriftelik was om juis immigrante en mynmagnate te beskerm, wat later omgedraai het en bloedige oorloë en veldslae veroorsaak en gefinansier het om die Republieke te vernietig. Aanvalle was uit verskillende hoeke en lande wat hierby betrokke was. Brittanje was nie alleen nie en het die Boere kommando hulle teen ‘n groter mag verset en verdedig.

Al probeer baie oom Paul en selfs ander afkraak, was hulle omstandighede baie anders as wat ons vandag in die RSA ervaar. Destyds was die Boere republieke onafhanklik, vry en nie onder die Gemenebes of Statebond soos dit vandag is nie. Die mag vir geld, besit van grond en alle minerale rykdomme. So is hulle oorloë gefinansier.
Vandag kan almal mos sien, weet, wie het agter die gevegte gestaan, want die aanvalle was nie net teen die ZAR en Vrystaat gemik nie, daar is 18 Boere republieke waarvan kennis geneem word. Selfs die vlugtelinge of bannelinge uit die Republieke uit, het buitelandse grondgebiede onderhandel en nog Boere republieke geskep vir vryheid en oorlewing.
*
Die trog van Boere volksbloed, sal die vyande verseker weer eens drink om hul dors na mag te probeer blus. Hulle het dit destyds voor die veldslae en Anglo-Boere oorloë ook gedoen. Die aanslae was hard en duidelik volgens geskrifte en argiewe hoe die Boere volk gesukkel het om hulle onafhanklikheid te probeer behou. Die vyaende van die Boere volk is en was nog nooit tevrede met hul eie lewens nie, maar het ook die verskillende Boere repubieke teengestaan. Weer eens. Die engelse regime was nooit alleen hierin nie. Sonder die bondgenote kon die Engelse nie die strafgerig hou oor die Boere volk, soos konsentrasiekampe, verskroeide aarde en bannelinge op eensame eilande nie.

Hulle het hulself vermaak soos in ‘n fliek wat voor hul deelnemers se oë afspeel. Hulself behaag om tevrede agtertoe te staan en hul handewerk beskou. Dis waarmee hul hulself besig gehou het. Die vernietiging van kinderlewens en die hele Boere volk. Hul eie getalle wat aangeteken is, ‘n groot leuen, want daar is meer lyke gevind as wat hulle aangeteken het.
Hulle dors na mag was van korte duur al voel dit langer as ‘n eeu oud. Die wat geveg het was toe al besig met ‘n nuwe orde wat geskep is, daarom die ‘stateBOND‘ die voorloper. Afrikaner leiers het gehelp skep hieraan wat nie by die Uniewording begin het nie.
Afrikaner identiteit Wiets Buys Briekmerke
Boere volk, kultuur, geskiedenis, die Boere boek – Dr Pretorius
Die wiel sal nog draai teen hulle wat al die hartseer veroorsaak het.
*
Oom Paul Kruger was ‘n BOER en vir baie is hy steeds ‘n leier in eie reg
Met respek teenoor oom Paul, hy sou hierdie bondgenote, die ‘leraars’ of geskiedskrywers aanspreek en herinner oor die vernietiging, helkampe en grafte, die kindergraffies, die verkragtings, die klippe van ou murasies en voedsel wat in vlamme opgegaan het, die hongerdood, sal langs oom Paul uitroep. Dit sal en gaan ‘n ware openbaring wees wat aangaan.
Oom Paul Kruger saam sy ondersteuners, sal wel eendag die goue geleentheid kry om uit die graf te praat wat aan die Boere volk gedoen is. Hul mildelike bydrae saam die ander bondgenote om hierdie volk totaal te probeer vernietig. Dis hierdie drama tonele van hartseer wat ingebrand is in die verlede van ‘n Boere volk en hul vryheid, die nalatenskap wat niemand ooit kan verwyder nie. Die Boere volk sal nooit vergeet nie.
Daar word geskryf hy was ‘n Boer in murg en been. Sy hele lewe was hy gebonde tot volkslaers en grootmenssake. Later was hy ‘n belangrike skakel en komponent in die onderskeie Konvensies, die Volksraad(e) en die gevegte om volksvryheid te behou, ekonomiese vernietiging en bloedige oorloë. As kind het dit hom nie ontmoedig om voort te beur om eendag die ZAR se president en deel van die volksraad te word nie. Op jong ouderdom het hy nie gedroom dat hy eendag die president van die ZAR sou word nie. Hy het dit nie beplan nie.
Dit het gebeur en niemand kan hierdie stukkie legkaart of geskiedenis van die Boere volk verander nie. Al dink baie so, hulle ploeg baie met die Boere volk se osse, die geskiedenis, kultuur en al die gevegte wat plaasgevind het. Oom Paul is ‘n welbekende, vir almal van ons. Selfs ander veelvolkige nasies dink dat oom Paul deel van hul geskiedenis is. Hulle weet wie hy is en was.

Baie lyk soos die Boer maar is niks van die Boere volk nie. Afrikaners is en bly ‘n veelvolkige multi-kulturele reënboognasie.
Die ander oorloë na wyle Dr Verwoerd se dood in 1966 op ons landsgrense was ‘n herhaling en meer moderne gevegsfronte wat plaasgevind het. Tydens hierdie gevegte was ons jong kinders en mans betrokke om kommunisme en vernietiging landuit te hou.
*
Boekenhoutfontein 1862
Paul Kruger’s first home at Boekenhoutfontein
Ander kan maar sy weldade besing, maar Paul Kruger, met groot respek, bly eerstens ‘n BOER, ‘n president van die eertydse ZAR Boere republiek. Hy wou ook nie destyds onder die Engelse voortleef nie daarom het hy weggetrek onder die Afrikaners en Engelse in die Kaapkolonie. So het Vrijburgers en Grensboere hulle losgemaak van die vals mantels van Engelse bewind.

Afrikaners, soos al die ander bondgenote het voor 1899 begin om hul gewig saam Rhodes en Engeland ingespan om die Boere repubieke te vernietig. Daarom kan hy wat president Paul Kruger is en sy nalatenskappe aan die Boere volk, nooit deel wees van ‘n veelvolkige Afrikaner reënboognasie wees wat teen die Boere repubieke kom veg het nie.
Die aanslag teenoor die Boere volk het lank voor 1899 begin.
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
https://www.youtube.com/shorts/gh-FXsW9-ac
Volgens die boek van prof Lets Pretorius was daar ‘n hele aantal Boere republieke, waarmee saamgestem word. ‘n Ander skrywer wat sy eie navorsing gedoen het oor die Boere volk, hul ontstaan, hul identiteit en hoe hulle deur Brittanje en haar bondgenote probeer vernietig is, is Wiets Buys.
Daar was en is steeds 18 Boere republieke wat aan die Boere volk nasate behoort wat hulle wettig gekoop het. Net soos wat daar gebiede was wat ander volke beset het en hulle steeds vandag woonagtig is op daardie gebiede. Niemand van die Boere volk betwis hierdie stukkie geskiedenis oor die land Suid-Afrika nie.
Volgens swart leiers vandag, was die grondgebiede gesteel maar dis nie heeltemal waar dat die blank Boere die skuld hiervoor moet kry nie. Ons weet dit is leuens. Dit het na 1902 die besittings geword van onwettige mynmagnate en immigrante uit die noorde, die goedkoop Afrika en oosterse arbeiders.
*
Dit was Brittanje en haar bondgenote wat hier kom oorlog maak het en grond geannekseer het, net om ook al die minerale rykdom te annekseer.
Indien die Zoeloes, Xhosas, Griekwas, Khoi san en ander volke, grond opge-eis het wat hulle voorvaders beset het na 1810, het die Boere volk die reg om toe te sien om hul Boere repubieke te laat herleef en te herstel soos dit in 1902 was, grondgebiede wat hul aangekoop het met geld, vee of bloed. Dan kan hulle ook al daardie verskillende vlae wat al vir jare verskyning maak tydens die herdenkingsfeeste van die Boere volk, beleef en laat herleef. Ander volke se grondgebiede het hulle na 1810 beset en hulle dit by meer as een geleentheid met kompensasies geëis , veral na 1994
Niemand hoef onderdanig aan ander volke of tradisionele leiers te wees nie. Soort soek soort, want dit is 100% bewysbaar dat die Zoeloes steeds in hul besette gebiede van 1810 woonagtig is. Daar is heelwat toekennings na 1994 gedoen onder Grondeise.
Die hele land (RSA) het nooit voor 1900 bestaan nie. Grondgebiede van die hele land was nooit beset deur hulle nie en ook nie die Boere volk nie. Boere het 18 Boere republieke gehad, waarvan die groot leier Paul Kruger prominent uitstaan. Swartes en gekleurde gebiede is Reservate en Kroongebiede gedoop. Soos genoem was oom Paul teenwoordig met die Konvensies en dis hier waar Brittanje aan die Boere republieke voorgeskryf het om al die mynmagnate en immigrantwerkers uit Afrika/Asië beskerm. Inteendeel hulle het aangedring op gelyke beregtiging terwyl hulle almal van ander lande afkomstig was en burgers van hul eie lande was.
Dis nie die Boere volk wat hulle gaan opdring het in enige land in Afrika, Engeland, Amerika, Kanada, Australië, New Zealand of die wat saam Engeland bondgenote gevorm het nie. Niemand van die Boere volk ontken dat daar reservate of kroongebiede vir swartes en anderskleuriges was nie. Daar is baie bewyse daarvoor. Daar is destyds leiers aangewys deur hul eie mense in die Reservate en Kroongebiede. Dit was lank voor 1850 reeds aparte gebiede.
Paul Kruger het vroeg al die Kruger Nasionale Park as ‘n bewaringsgebied geëien gedurende 1898 en indien dit nie daarvoor was nie, was daar nie enige wild of toerisme ter sprake nie.
https://www.youtube.com/shorts/i1QcdHXjhas
*
Meer verhale uit die ZAR en wildtuin wat na Paul Kruger vernoem is.
In 1898 het hy daarin geslaag om die gebied tussen die Sabie- en Krokodilriviere tot ‘n wildreservaat en beperkte jaggebied te verklaar – wat hy die Regeringswildreservaat genoem het, later herdoop na die Sabi-wildreservaat. Dit was ‘n tyd van groot omwenteling, waartydens President Kruger oorlog teen die Britse Ryk verklaar het, ‘n oorlog wat in 1902 geëindig het.
https://africageographic.com/stories/history-and-future-of-the-kruger/
Die Regeringspark is reeds as omgewingspark verklaar en geproklameer deur die destydse president Paul Kruger van die ZAR op 26 Maart 1898. Hier was heelwat wild wat onwettig geskiet is en dit was die drastiese maatreël wat oom Paul en hul volksraad ingestel het.
https://www.lionroarsafaris.co.za/proclamation-kruger-national-park.html
https://www.environmentandsociety.org/arcadia/south-african-eden-kruger-national-park
https://www.krugerpark.co.za/kruger-park-history-kruger-memorial.html
*
Minerale in SA – Boere republieke, reservate en kroongebiede
British in ZAR and Free state – ABWars
Vlae van Vrystaat en ZAR Boere republieke
Boere volksvryheid – Boere republieke
Invalsplanne op Boere republieke
Herstel van Boere Republieke
Herstel Boere republieke Boere volk
Boere, Groot Trek en Boere republieke
Onwettiges en immigrante het geen grensbeheer in SA
Dank aan al die fotograwe en ander skrywers uit verskillende bronne
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*