*
Daar word baie aan die Boere volk voorgehou wat nie waar is nie wat soms selfs herhaal word. Daar word voorgehou dit was die Boere wat die ander se grondgebiede gesteel het, terwyl die swart en anderskleuriges, wat dit beweer, steeds op hul gebiede bly en selfs werksaam is. Dus, as hulle steeds in hul besette gebiede woonagtig is, waarom die vals beweringe van diefstal om die Boere volk as ‘skelms’ af te maak of uit te kryt?
Daar was nog nie ‘n Suid-Afrika in 1899 nie, tog word dit so aangedui op ou kaarte.

OF te sing om die Boere uit te wis. Boere op plase word hewig aangeval en gemartel, vroue verkrag en Moontlik in die hoop dat Boere sal padgee sodat hul die grond kwansuis kan onteien.
*
Dit is presies wat in 1902 ook gebeur het, die Boere republieke was alles deel van die Boere volk, grondgebiede wat na 1838 wettig gekoop is. Voor 1961 was die swart en anderskleuriges se gebiede wat hulleself beset het, kroongebiede en reservate genoem. Volgens die kaarte het hulle grond self beset en niemand het hulle ingedwing nie en is niks gekoop nie.
Lede van die Boere volk het nie die reservate of kroongebiede geskep nie, dit is tydens Britse oorheersing deur die Britte en hulself geskep. Die Boere volk het ook nie die gebiede van swartes of anderskleuriges afgeneem nie. Hulle bly dan steeds daar. Inteendeel is hul gebiede in die 1910 grondwet beskerm dat niemand hul grond kan vat nie.
Na 1993 het die swart en gekleurde groepe weer eens grond gebiede, dieselfde wat hulle gehad het met kompensasie terugge-eis.
Dit was Brittanje en al haar bondgenote wat aan die einde al hierdie gebiede van die Boere volk en ander etniese groepe eenvoudig geannekseer het, nie die Boere nie. Die Britse ryk en haar bondgenote was Amerika, Kanada, Australië, New Zealand, Skandinawiese lande (Olaf Bergh) wat saam die Afrikaners, swart en gekleurdes oorlog gemaak het teen die Boere volk en Boere republieke . Hulle het Brittanje gesteun in die Verskroeide aarde beleid en die hordes Britse helkampe.
Die Boere kommando’s het onderhandel vir hul grondgebiede, wat destyds Niemandsland genoem is. Daarna is dit as Boere republieke uitgeroep – daar was 18 Boere republieke, met ‘n eie geskiedenis, leiers en selfs volksrade. Reservate en kroongebiede is uitgesluit by die Boere republieke.

Die een ding wat uitstaan soos ‘n seer oog is dat die Boere volk gepaai word dat ons land ‘n demokratiese stelsel het, met ‘n onafhanklike regstelsel. Volg die voetspore terug tot ongeveer 1902, meer spesifiek 1966 tot 1994 en daarna. Die onafhanklike regstelsel is in 1993 vervat in ‘n dokument wat deur die Broederbond se jeugbrigade, Ruyterwacht / Ruiterwag aan die ANC voorgelê is. Dit is alles by IDASA en KODESA sonder mandaat aan die kommuniste oorhandig. Die konsep van ‘regstaat’ is later so ingeskryf in die Grondwet van 1996. Die 1996 grondwet bepaal dat die President van die land alle regters en kommissies benoem en aanstel.
Kan dit as onafhanklik beskou word as die regerende party alle mag tot hierdie aanstellings uitoefen in hul eie guns? Hoe kan ‘n regerende party se president sulke aanstellings doen en dan as onafhanklik beskou word? Dit is in botsing met mekaar indien hulle die regters aanwys wat oor minderhede beslissings maak. Dit is nie onafhanklik nie, want heelwat hofsake van kommissies en selfs aanklagte van sommige verhore, is dit soms duidelik dat slegs blankes in die rug geskiet word. Dus, speel die regerende party regter in hul eie sake om hulself te bevoordeel. Indien ons ‘n onafhanklike regstel het, waarom word daar soveel teen die Boere volk gediskrimineer.?
Om die Boere volk ekonomies te vernietig en die “Kill the Boer Kill the farmer” word gebruik as aanhitsing deur politieke leiers om die BOERE te vermoor. So krimp die getalle van veral die Boere volk, nie net deur die lied wat opstook nie, maar ook swart bemagtiging en regstellende aksie.
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Daar word nie gesing vernietig die Afrikaner, Khoi san of Griekwa of immigrante en onwettiges nie. Honderde duisende Boere volkslede en veral hul kinders, het die land verlaat na 1994 omdat daar teen hulle gediskrimineer word en hulle geen keuse gehad om te gaan werk soek vir oorlewing nie. Honderde duisende sit verarmd en weesgelaat in plakkerskampe.
Emigrasie is duur en verskil van land tot land. Meeste van hierdie lande het teen die Boere volk geveg (nadat hulle die Kaapkolonie verlaat het, 1880 en 1900 oorloë met alle veldslae). Vandag word die Boere kinders met “ope arms” ten duurste verwelkom. Dit wil sê, hetsy deur baie duur emigrasies sowel om op landbouers oorsee se plase te gaan werk, ver verwyderd van hul families en gesinne. Daar is ander beroepe ook, nie net Boere wat landbou beoefen nie. Baie gaan na ander lande as verskillende ingenieurs, bankbestuur, dokters, onderwysers, ensovoorts. Hier word elke Boere volkslid of kind, beroof van hul moedertaal Afrikaans, hul kultuur, tradisies word totaal agtergelaat om ‘n ander se kultuur “aan te neem”.
Ekonomiese ontmagtiging
So word elke band afgesaag met die ekonomiese swart bemagtiging snoeiskêr, sodat hierdie Boere kinders vervreemd moet raak van hul geskiedenis, kultuur en taal. Die propaganda hieraan verbonde is, hulle word dan as veelvolkige Afrikaners voorgehou en nie meer as die Boere volk kinders en nageslagte nie. Dus, iemand wil die meer as 18 Boere republieke sodoende inpalm met sulke skemas. Word wakker Boere volk.
Boere volk identiteit en vryheid – Wiets Buys
Wiets Buys: Afrikaners en ander stamme in Anglo-Boere oorlog
Isandlwana
Niemand het die Zoeloe volk van hul volkereg as Zoeloes se voortbestaan in Suid-Afrika probeer stroop nie. Al het Engeland en ander hul teen die Zoeloevolk opgeruk tydens Isandlwana oorlog. Niemand het die Khoi san, ander swartes of selfs griekwas van hul voortbestaan as volke in Suid-Afrika probeer stroop nie. In 1910 is selfs hul besette gebiede spesiaal beskerm in die grondwet van die Unie van Suid-Afrika sowel regerings van 1948, 1961 en ook onder die interim en anc regering.
Na 1993 is daar spesiale wetgewings geskryf. Daar is selfs volledige artikels in die kommunistiese grondwet vervat oor tradisionele leiers. Maar vir meer as 100 jaar word die Boere volk geintimideer en gemanipuleer dat hul skielik Afrikaners geword het. Daar sluit verskillende volke by Afrikaners aan wat nie vir een volk staan nie, hulle is en bly veelvolkig en multi-kultureel.
Boere wat dink hulle is Afrikaners, moet hul eie huiswerk gaan doen waar hul vandaan kom en of hul voorgeslagte deel was van die Boere republieke of nie. Afrikaners is ‘n veelvolkige reënboognasie. Afrikaners was van dag een af duidelik saam met Rhodes in die Kaapkolonie regering om die Kaapse roete te bestuur en beheer uit te oefen. Hulle wou ook nie die Boere republieke in die Kaapkolonie toelaat nie, want ook daardie leiers het as gevangenis opge-eindig.
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl
Boere leiers is voor oorloë gewaarsku deur Afrikaner leiers om nie met die Engelse regering slaags te raak nie. Die Afrikaners, saam met gekleurdes en swart volke, was hoog betrokke saam met Engeland en bondgenote om die Boere volk uit te wis. Afrikaner leiers het die Boere rebelle leiers wat nie vir Engeland teen Duitsland wou veg, ter dood veroordeel en vermoor.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Isandlwana – Anglo-Zulu war (140 years)
Daar bestaan heelwat volkslede met hul rug teen die toegemesselde muur van herinneringe uit hul verledes. ‘n Volk sonder ‘n geskiedenis en kultuur het nie vryheid nie. Slaan ag op die werklikheid wat uitgewys word. Veral die muur van misdaad, aanvalle, moorde, korrupsie en verkragtings, die lied wat sing “KILL the BOER, kill the farmer.
Die Boere is ‘n volk en is nie net landbouers nie. Die Boere volkslede sal onthou wat met hul voorvaders gebeur het. Indien hulle daaraan herinner word, sal gevaarligte flikker.
Boere is ‘n VOLK nie net landbouers
Die Boere vegters, kommando’s, seuns en meisies, ma’s en ouma’s, was inderwaarheid vryheidsvegters vir die Boere volk se vryheid. Hulle het diep spore getrap vir Vryheid en meer as 18 Boere republieke.. By sommige Boere ontbreek die wil vir voortbestaan en selfbehoud. Sommige Boere sien eerder kans om deel van ‘n veelvolkige afrikaner multi-kulturele reënboognasie netwerk te wees. By sommige het geld en mag dalk op die kort termyn ‘n beter plan vir wat hul wortels se kleure geverf het onder die kommunistiese grondwet. Dit is ‘n tydelike rykdom.
Die Boere volk het ‘n internasionale reg om al hul Boere republieke van 1902 te herstel
Vryheid op elke vlak van die Boere volk se geskiedenis en kultuur is belangriker as enige geld of mag, wat uiteindelik die lewens verskroei tot as en murasies. Die Geskiedenis en kultuur is daar vir die Boere volk se onthou, die voorgeslagte het padgegee onder die druk van Engelse heerskappy. Daar is dalk inligting nooit aan ons oorgedra of selfs aangeteken soos dit moes gewees het nie. Dit is ons as volkslede se plig om te gaan kyk waar het die voorgeslagte hul krag vandaan gekry om hul vryheid te bestudeer. Volke wat ingedwing is in hierdie beperkte magte van ‘n geldmag, het toe dit gebeur het, nooit besef presies wat vir hulle beplan word deur hul bose mafia sindikaat bendes wat hulself ‘n ‘demokratiese’ regering noem nie.
KANTONNE, FEDERALE EN KONFEDERALE STELSELS IS NIE ONAFHANKLIKHEID NIE
‘n Federale of konfederale stelsel in Suid-Afrika kan en sal nooit werk nie, omrede die meerderheid in enige federale of konfederale regering, die res sal bestuur en probeer manipuleer. Daar sal slegs beperkte selfbeskikking of onafhanklikheid wees. Geen een van die volke of onderlinge veelvolkige VOLKE of nasies sal ‘n meerderheid mag of sê hê in so ‘n tipe regering nie.
Onafhanklikheid is die enigste opsie en die 18 Boere republieke behoort herstel te word soos en met 1902. Dit is vervat in die Vredesverdrag van Vereenig wat nooit deurgevoer is nie, want Afrikaners en hulle organisasies (MANS), het dit saam Engeland bestuur, sedert die Unie van Suid-Afrika. Unie wetgewing is deur London afgekondig.
LET wel.
Daar was nie vroue in die Uniewordingsproses nie, dus, hoe kan dit enige volk wees? Daar is hard probeer, veral met propaganda, om die Boere in Afrikaners te ontpop.
Geen volk bestaan net uit mans nie.
Selfs die Rebelle leiers van 1914 is ter dood veroordeel deur Afrikaner leiers Jan Smuts en Louis Botha regering. Dit was nie ‘n Afrikaner rebellie nie, dit word voorgehou dat die Boere en Boere leiers skielik Afrikaners geword het.
1914 BOERE Rebellie: Suid-Afrika
Die Unie regering wat uit ‘n spul mans bestaan het, was nie eers ‘n volk of nasie nie, maar net manne organisasies, en so ook die 1948 regering. Die Afrikanerbond, Broederbond en leiers wat ‘beheer’ uitgeoefen het. Baie weet dit, maar hulle vlok voort asof Afrikaner organisasies die alfa en omega is. Dit sal weer gebeur in enige federale en konfederale regerings, onderlinge volke sal slegs beperkte magte hê en geen vryheid nie.
Dit is in 1902 gedoen en dit word steeds uitgeoefen. Die meerderheid moet ophou om voor te skryf aan minderhede wat hulle mag of nie mag doen nie. Elke volk het die reg om oor hulsel te regeer. Hou op om te maak of dit wat teen die Boere republieke en met die Boere volk gebeur het, skielik alles deel van die Afrikaner stelsels gevorm het.
*
Bykomende inligting
Additional information

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Eksterne selfbeskikking – Volle soewereiniteit
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Volkereg, Konfederasies, Federasies
Selfbeskikking – soewereine onafhanklikheid vs Federale Raad
Different tribes and people in SA Verskillende stamme en volke
https://www.euratlas.net/history/hisatlas/africa/185848SA.html
https://www.meisterdrucke.ie/fine-art-prints/Unknown-artist/1350691/Map-of-South-Africa-during-the-Second-Boer-War,-1899.html
https://www.euratlas.net/history/hisatlas/africa/1842__SA.html
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*