Die burgers, die Boere van die eens onafhanklike Boere republieke en die Afrikaner se stryd het nie gister begin en gaan beslis nie môre eindig nie. Niemand kan dit wegredeneer nie, daar was heelwat blanke liberales, veral uit die Kaapkolonie, destyds betrokke saam die Britte wat teen die Boere Republieke gekant was. Ironies dat van hierdie liberale steeds glo dat een EENHEID en SA beter is. Dit werk beslis ook nie na 1994 nie. So, dis beslis onwaar. Hulle het meegehelp om ons voorgeslagte, wat deel was van die Trek, uit te wis. Daar het oor die 36000 Boervroue en kinders in Britse konsentrasiekampe gesterf weens swak diens, geen voedsel weens die afgebrande plase en min of geen mediese behandelings. Dit was nie vlugtelingskampe nie, want ons voorgeslagte het vir niemand gevlug nie, maar is ingedwing daarin nadat plase afgebrand is.
*
Ons voorgeslagte, is in armoede ingedruk weens Britse en liberale blanke inmenging. Oor die 30000 plase en huise, met voedsel is eenvoudig afgebrand of geplunder en gebrand. Hulle is later ingedwing in die Unie van Suid-Afrika in om onder heerskappy van Britse heerskappy te staan. Let op wie het die Unie regering beheer (uit London).
Bykans ‘n eeu later, was 1994 nie die begin van ons ellende nie, het dit eenvoudig onder hand van die ANC voortgegaan en hul vals vlag, die grondwet wat hul demokrasie noem. Dit was die Broederbonders wat begin onderhandel het met kommuniste na wyle Dr Verwoerd se dood.
Vir jong mense en werkloses beteken die grondwet absoluut niks. Wat help ‘n grondwet enige burger in SA vandag? Daar vind Eensydige rassisme vind plaas teenoor elke blanke in die land. Jonk en oud, vlug uit die land om beter werksgeleenthede te benut. Beveiliging is ‘n nog groter kopseer. Die stukkie papier is vir die misdadigers meer werd as vir die burgers van die land.
DIE LEUENS
Die feit dat wyle Dr Verwoerd vermoor is vir onafhanklike tuislande vir elke swart volk, was ‘n internasionale reg soos ons dit vandag ken en kan nie buite rekening gelaat word nie. Die advokaat wat dit aangevoer het as ‘n misdaad, kom uit ANC kringe, sodat daar ‘n klimaat geskep word van vals beskuldigings oor ‘apartheid’ wat deur hulself begin is en steeds uitvoer.
Die verskillende volke, die Khoi san, Griekwas en Swartes het steeds al hul reservate en kroongebiede behou en dit word onder ander wetgewing deur die ANC en statebond bedryf. Dus, die prentjie wat aan meeste voorgehou was deur de klerk en mandela dat aparte gebiede afgebreek is, is onwaar en valse propaganda.
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Ingonyama Trustland (Zulu people)
*
KOMMUNISME EN MISDADIGERS
Vandag staan dit soos ‘n paal bo water uit, ons land word leeggedra, leeggesteel en verder afgebreek en afgebrand. Wie beheer die ANC – WEF
15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC
Die Britte het reeds in 1902 die Kamer van Handel in Engeland gestig, hoofsaaklik om minerale in die nuwe gebiede te beheer. Daar was ook ‘n ander been waarop gefokus is:
Immigrante uit Afrika.
Die populasie syfers het die Britte self aangevul deur oor die 400 000 immigrante, meestal uit Afrika en China in te voer (ingevlieg met vliegtuie) om in hul myne te kom werk en rondom reeds bestaande dorpe te kom woon. Hierdie werkers het hoofsaaklik in stede begin saamkoek rondom die ontginning van goud en diamante – hul het nie baie van plaaslike arbeiders gebruik gemaak nie.
Dus het hierdie getal immigrante die etniese volke, asook veral die Boere uit die twee voorheen onafhanklike lande uitgedruk wat reeds minder was in 1902 weens die vorige eeu se Anglo Boere en Zoeloe, sowel Mfecane oorloë. Steeds het die ‘verbrande aarde beleid’ van Engeland voortgeduur.
Hiermee het die Britse regering een hoofdoel en plan gehad, en dit was weer eens om die swart massas uit ander lande aan te vul en soos ons vandag sien, maak al hierdie geslagte aanspraak dat dit hulle land is.
Beide die 1910 en 1948 regerings het hierdie immigrante toename gesteun en dieselfde het na 1994 gebeur dat alle grense van Suid-Afrka oopgestel is. Vir ons as Boere wat onder dwang en leierloos, was dit moeiliker as voorheen.
*
MULTI-KULTUUR EN EEN ‘REENBOOGNASIE’
BETEKEN VIR ONS VOLK ABSOLUUT NIKS
Koos Malan (2020)
Betrokke by Solidariteit, Afriforum, FAK en Trusts
Die GRONDWET is nie werklik oppermagtig nie en is voortdurend besig om nogal verreikend te verander sonder dat die bewoording gewysig word. Naas die beweerde oppermagtige Grondwet is daar dus ‘n daadwerklike konstitusie soos dit in die daaglikse gebeure tot uitdrukking kom.
Onderhoud Grondwet en geskiedenis Boere
Prof. #KoosMalan en Jonas Nilsson
ELKE VOLK HET DIE REG TOT VOLLE ONAFHANKLIKHEID , EIE REGERING, EIE LEIERS , EIE EKONOMIE
Toepaslike inligting
Rassisme vanaf regeringskant teenoor BLANKES
Inhoudsopgawe B-BBEE Index
Codesa Constitution – Kodesa Grondwet
*
Die ANC, die Suid-Afrikaanse parlement en hul finansierders, hou belastingbetalers gevange met wat rondom met veral die staatsentiteite en soos Eskom aangaan.
Elkeen van ons burgers en besighede, is en was altyd afhanklik van die monopolie Eskom (staatsbeheerde maatskappy). Hulle hou daarvan om die gebruikers en belastingbetalers te melk vir veral energieverbruik wat hulle nie gebruik nie.
Dit is tyd, dat ons wyer kyk, ons eie gebiede wat aan ons behoort oorneem en daar ons eie maatskappye en besighede, ons eie ekonomie skep.
Die regering is (internasionaal) verplig om ons te help daarmee, as daar na die Khoi san, Griekwas en swartes gekyk word wat hulle kry, is dit ook aan ons verskuldig.
FINANSIERDERS (kommuniste)
15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC
OPEN SOCIETY: SOROS FUNDING
Soros Plan – Hongarye
Quincy Institute for Responsible Statecraft – Soros and Koch
OSF.SA (Open Society) (open borders)- George Soros
Deep state – George Soros – dr Evil
Grondwet SA Constitution
Nationalisation – Nasionalisering
[…] Constitution – Kodesa GrondwetExpropriation without compensation – ConstitutionGrondwet #KoosMalanGrondwet / ConstitutionRassisme en diskriminasie teenoor blankes is skending van menseregte – […]
LikeLike