*
ALLE Volke het ‘n internasionale reg om deur hul eie leiers regeer te word in gebiede wat hulle sin is. In Suid-Afrika is daar nie net verskillende gekleurde of swart volke en nasies nie. Daar is verskillende blanke volke en nasies wat gerieflik van die tafel afgevee of eenvoudig ontken word. Nie alle blankes maak deel uit van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.

*
Die Afrikaners en hul organisasies in Suid-Afrika is almal veelvolkig en bestaan uit verskillende volke of nasies wat hul aangesluit het daarby. Hulle het dit openlik verklaar hulle is ‘n veelvolkige nasie en kan nie namens ander volke of nasies praat of besluite maak nie. Dit geld vir enige ander volk of nasie.
Die Boere volk kan ook nie namens ander volke en nasies praat of besluite maak ne. Afrikaners het slegs ‘n mandaat van hul lede. Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.
*
BOERE VOLK
Die Boere volk het in 1902 meer as 15 Boere republieke wat aan hul behoort, wat met bloedige oorloë deur Brittanje en haar bondgenote geannekseer is. Brittanje is en was nooit alleen in hierdie ABO 1 en 2 nie. Elkeen van die gebiede is wettig bekom. Verwys na die 1902 Vredesverdrag, wat eenvoudig daarna geïgnoreer het dat die Boere republieke terug sal gaan na die Boere volk.. Dis nie net grondgebiede wat gesteel is nie, maar alle minerale is ook geannekseer. Dit is Boere republieke wat deur die Boere volk se voorgeslagte bekom is.
Boere volk, -republieke en Anglo-BOERE oorloë 1 en 2, anneksasies
Besoedeling in ou Boere republieke
Die Vrystaat en ZAR (Transvaal gebiede), bestaan uit verskillende Boere republieke en het deelgeneem aan die Anglo-Boere oorlog I en II. Dit was dus al 15 wat betrek is, aangeval is deur Brittanje en haar bondgenote, wat selfs die Afrikaner nasie van die Kaapkolonie en van die swart plaaslike stamme daarby ingesluit het.
Dis die BOERE volk wat uit vrye wil die Kaapkolonie verlaat het omdat hulle nie onder die Britse gesag wou bly en leef nie. Hul goedkoopste opsie was binneland toe waar niemand gewoon het en grond wat aan niemand behoort het nie. Hul wou nie hul knieë buig voor die Britse kroon en haar bondgenote wat die Kaapkolonie beheer het nie. Die Bondsparty en Afrikaners, was deel van die Kaapkolonie (Rhodes) regering destyds.
Herstel van Boere republieke en Boere volk
*
Skending van menseregte – rassisme en diskriminasie is ‘n internasionale misdaad
Die skending van die Boere volk se menseregte in Suid-Afrika, vind op ‘n daaglikse basis plaas. Daar word op heelwat vlakke teen die Boere volk en ander blankes gediskrimineer met meer as honderd wetgewings soos swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening en veel ander. Selfs op provinsiale en munisipale/distriksvlakke word dit toegepas teenoor die Boere volk en blankes. Die Wetgewings is nie ‘n ANC of NP beleid nie.
Ironies genoeg is hierdie wetgewings deur die Afrikaner organisasies, ou NP en DP partye in Dakar onderhandel en reeds na 1989 geïmplementeer. Sanlam en Metropolitan versekerings is van die eerstes wat voor 1994 reeds die knie moes buig voor SWART bemagtiging en regstellende aksie om die kwansuis benadeeldes te bevoordeel. Daar is bykans geen voordeel vir enige van die ‘agtergeblewenes’ nie. Inteendeel na 30 jaar is en bly hulle steeds ‘agtergeblewenes’.
Hierdie tendens is alles die werk van die vorige regering, die Nasionale party, Afrikaner-Broederbond, NP, die DP en kommuniste wat in Dakar, Afrika gaan koukus het om die land aan anargie te oorhandig.
Dit is 100% internasionaal verkeerd en ‘n MISDAAD om teen mense te diskrimineer omdat hul blankes is. Die Boere volk is blankes. Selfs regerings, instansies en besighede buite die land sluit ooreenkomste met die huidige regering en maak hul netso skuldig aan misdade om te diskrimineer.
Die bewyse is daar. Die Boere volk het geen leiers of wat die nodige erkenning geniet nie, of Boere republieke wat hulle sin is wat in 1902 van hul vervreem is, is nooit aan hulle teruggegee soos wat in 1902 gestipuleer is nie. Word daar gepraat van eie gebiede, word die Boere volk en blankes gestenig dit is apartheid, terwyl dit ‘n internasionale reg is en bly om soos enige ander land hulself te regeer. Dit word daagliks aan die groot klok gehang dat blankes die grond gesteel het (wat beset was). Die aparte gebiede het bekendgestaan as reservate of lokasies, asook kroongebiede. Geen blanke of Boere volk het hulle in hierdie reservate of kroongebiede ingedwing nie.
*
Tuislande, kroongebiede, reservate, word TRUST en KEV (CPA) gebiede onder ANC wetgewings.
(KEV/CPA kommunale eiendom verenigings – communal property association)
Under the landclaims and CPA and Trust legislations)
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Daar is steeds aparte swart gebiede na 1996 waar die ou reservate of tuislande, selfs kroongebiede was, wat na 1996 opgeëis is met vergoedings. Nêrens is hierdie gekoopte grondgebiede nie. Na 1996 is dit onder aparte wetgewings deurgevoer.
Swart stamme het na ongeveer 1750 uit die noorde van Afrika (mere gebiede) na suidelike Afrika gekom en grond beset, niks is aangekoop nie. Die gebiede het aan niemand behoort nie.
Die kommando lede van die Boere volk het met hoofmanne onderhandel vir van hierdie besette gebiede, wat ook nie aan enige swart of ander stamme behoort het nie. Dis wettig aangekoop met verskillende transaksies.
Swartes was almal rondtrekkend uit die noorde en het nie regtig stede of dorpies opgerig nie, maar het ook elkeen hul eie stamowerhede gehad. Khoi san en anderkleuriges was ook rondtrekkend met dieselfde agtergrond, het ook hul eie tradisionele leiers. Hulle het dit alles na 1996 behou en dit was ook in 1910 grondwette en daarna beskerm. Grondgebiede oftewel grondeise, is bykans almal opgeëis met kompensasies wat deur die STAATSkas betaal is. Dit wil sê hulle bly sedert 1810 in gebiede, maar eis kompensasie dat die aparte grondgebiede aan hulle behoort. Dis hulle wat ook beweringe maak dit is Boere of blankes wat hul grond gesteel het, wat leuens is. Hulle het die grond uit eie vrye wil beset, nes hulle vandag dit ook steeds doen en dan aandring die grond is hulle sin. Niemand van die Boere volk het dit al ooit betwis dat Ingonyama Trust of enige ander Trust of KEV bestaan nie. Hulle besit reeds miljoene hektaar grondgebiede, wat grotendeels goeie landbougrond bevat en daar word gedurig grond oornag beset, sinkhuise opgerig. Hulle is in beheer van die land, maar is ontevrede met hulself, hul lewens of hul regerings.
SA: Land invasions – Grond besettings
Grondhervorming -besetting: Suid-Afrika
Onregte van besettings deur oorlog en geweld
Kroondal – Rustenburg besettings (Aug 2020) – Illegal landgrabs
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Leuens oor aparte gebiede – ; Segregasie
Gewapende grondbesetters in SA
Die immigrante en onwettiges speel ‘n groot rol in alles om saam met die huidige swart stamme te roem hulle is in die meerderheid. Hulle kom soek werk of soek ook geleenthede om gratis van die staatskas , mediese dienste, hop huise, skole en dienste soos die toelaes in te palm.
Onwettige immigrante in SA
Immigrante – Immigrants – Soros
Onafhanklike Volksidenteite en oplossing in Suid-Afrika
South Africa – Illegal immigrants .. .. ratepayer opinion
*
Dit is slegs hulle regte wat nie geskend mag word nie.
Die Zoeloes het ‘n Ingonyama Trust, wat bykans 40% van KwaZulu-Natal is. Dit is die ou Zoeloe reservate.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Die Khoi san het groot gebiede, die Richtersveld en ander gebiede wat miljoene hektaar beloop in die Noordkaap. Die Griekwas het hul aparte gebiede. Gebiede wat miljoene hektaar beloop, selfs produktiewe plase, is in 2007 deur Thabo Mbeki aan hulle oorhandig. Verskillende vergoedings is uitbetaal ens.
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Daar is ander swart stamme wat ALMAL APARTE gebiede het. Almal is of Trust of CPA, met elkeen hul eie Tradisionele leiers, en word vergoed uit die staatskas. Daar is oor die 8840 tradisionele leiers wat ook deel uitmaak van Distrikte in die RSA.
2022-2024 Salaries of Traditional leaders
Traditional leaders South Africa: 8840
Daar is derduisende grondeise gewees …
CPA ‘ s in SA – 2021
*
Waar word die lyn getrek van apartheid?
*
EU lande
Die Europese Unie bestaan uit 27 lidlande en sommige het ook weer losgebreek om hul eie land te regeer sonder voorskrifte van die EU. Brittanje is een. Elke regering en land beheer hulself. Meeste EU lande het hul onafhanklikheid behou en is dit makliker en beter vir hulle om weer op hul eie te wees. In Afrika is dit nie anders nie, sowel Amerika, Australië en Kanada.
https://european-union.europa.eu/principles-countries-history/eu-countries_en
*
Onafhanklikheid is nie wat die gewone straatmense uitgedink het om eendag selfstandig en ten volle soewereiniteit te geniet, maar die lidlande van die Verenigde Nasies. Daar is selfs voorvereistes waaraan voldoen moet word om wel selfbeskikking as volk te verkry.
Selfs die lande binne die Sowet unie het na 1990 losgebreek en het verskeidenheid volke volle selfbeskikking verkry. Suid-Sudan het gedurende 2011 losgebreek van Sudan en onafhanklikheid verkry. In die vorige eeu het baie Afrika lande onafhanklikheid verkry.
CIS Commonwealth of Independent states
Los elke volk ‘n slag dat hul oor hulself heers en nie deur ‘n vals vlag nagemaakte demokrasie wat diskrimineer met swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding.
*
MENSEREGTE SKENDINGS
DIE TREK, BOERE REPUBLIEKE IS GESKEP EN DIE GEVOLGE WAS KONSENTRASIEKAMPE, VERSKROEIDE AARDE EN ABO 1 EN 2.
Die Boere volk is al langer al sedert 1652 wat hul later as Vryburgers, Trekkers of Grensboere begin Boere republieke skep het om hulself te regeer. Dit is hul geboortereg, want hul voorgeslagte het al hul Boere republieke wettig bekom en gekoop of geruil vir vee of dienste gelewer. Al die ander stamme en volke maak aanspraak op hul deel van die koek in Suid-Afrika, maar deel ook in dieselfde asem in die Swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening, onwettige besettings en tradisionele leiers wat groot salarisse ontvang.
Word alles bestuur deur die NWO agente?

*
Suid-Afrika bestaan uit verskillende blanke volke en ‘n veelvolkige Afrikanernasie, sowel as verskillende anderkleuriges, Khoi san, Griekwa en verskeidenheid swart stamme wat al sedert 1750 ongeveer in suidelike Afrika is. Word weer herhaal. Sedert 1910 bly al hierdie stamme steeds in hul afsonderlike gebiede, wat deur hulself beset is. Inteendeel die gebiede, kroongebiede of reservate, was baie kleiner as wat dit vandag daaruitsien.
Daar word met groot ophef gemaak dat daar nie meer aparte gebiede bestaan nie, dis ‘n strooihalm. Lees die Hansards in SA parlement. Daar is duisende aparte gebiede, wat na 1994 Trustgebiede of CPA gebiede geword het onder Grondeise wetgewing. Slegs hulle (swartes, khoi san en griekwas) eis dan weer hul gebiede wat hul al sedert 1910 of selfs voor dit (1880) bewoon. Dan kry hulle dit terug MET vergoedings.
Elke Trust of CPA het hul eie tradisionele leiers, (8840 plus) wat die belastingbetalers moet onderhou, salarisse sowel as byvoordele.
Hierdie stamme het grotendeels grond beset, sonder om dit wettig te koop, daar was nie so iets in daardie jare nie. Maar soos dit nou lyk, geld dit net vir swartes wat links en regs mag grond beset en ander se eiendom afneem sonder vergoeding.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Nou veroordeel al wat ‘n swarte is die Boere as hul eie dorpies wil stig en voorstanders is van afsonderlike ontwikkeling. Hulle moet hul navorsing gaan doen, Orania, Kleinfontein en ander soortgelyke plekkies, is almal Afrikaner gebiede en het niks met die Boere volk te doen nie. Hulle spog daarmee hul is veelvolkige Afrikaners en hulle is nie deel van die Boere volk nie. Hulle het nie deel uitgemaak van die Trek nie en het grotendeels saam die Engelse en bondgenote geveg teen die Boere volk en -republieke.
Boere volksvryheid – Boere republieke
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Herstel Boere republieke Boere volk
Boere volk – Grondsake – Land issues
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
*
Die vals vlag sindroom in Suid-Afrika. Daar word vir meer as 25 jaar verwag ons as Boere volk, moet alles van identiteit, kultuur, tradisisies, opvoeding, veiligheid op die altaar plaas vir ‘n vermengde “Afrika uitskot”, want dis basies die uitskot van Afrika en ander lande wat hier te lande kom en opeis wat ons sin is. Dit is alles goed en wel dat die etniese volke, soos Khoi San, Zoeloes almal steeds hul eie gebiede het, net vir hulself. Die gebiede bestaan is van die beste grondgebiede, wat nie behoorlik ontwikkel word nie.
Traditional land and leaders – landclaims
*
Dus, is hulle nie grondloos soos tekenne gegee word aan ons of die res van die wêreld nie. Dit wat Mandela en De Klerk kwansuis gedoen het, was om “wetgewing” te skrap en te ROEM “apartheid” is weg.
Watter apartheid, want aparte gebiede soos Ingonyama Trust, Richtersveld en die hordes aparte grondeise en geregistreeerde CPA gebiede bestaan 100%.
Daar is geen manier dat ons as volk ons identiteit gaan terugkry in ‘n multi-kultureel vermengde staat opset wat deur misdaad en misdadigers regeer word nie, waar die misdadiger uit ander lande, meer regte het as die burgers self. Dit is die BELASTINGBETALER wat die tronkbewoners onderhou en selfs vir hulle rehabilitasie sorg. Hulle skep groente tuine en bank brode, maar die slagoffers moet MISDADIGERS nou op die manier betaal vir wat hulle gedoen het. Heelwat tronke lyk beter as hospitale en hul inwoners (misdadigers) het meer regte as die slagoffers of hul families.
Tronkmiljoenêrs van Suid-Afrika
SA gevangenisse en rehabilitasie
*
Ons word as die stinkende muishonde beskou, terwyl ons verantwoordelik was na die Anglo Boere Oorlog om alles wat ons vermag het, self opgebou het. Al was daar soms ander arbeid gebruik, was die kennis uit ons geledere. Brittanje het slegs van goedkoop arbeid gebruik om hul treinspore en geboue op te rig om die BOERE volk te straf omdat hul nie die knie vir die Britse koning (in) of bondgenote wou buig nie.
Besighede en alle vlakke regerings, wat ons help bou het, is netso aan kommuniste oorhandig wat dit in elk geval afgebreek het dat daar niks oor is nie. Oor die 5000 plase het regering (anc) aangekoop, en tog word verkondig ons besit al die grond.
Om aan te dring op afsonderlike ontwikkeling as volk is nie sonde nie, dis nie ‘n misdaad nie, want alle lande wat onafhanklikheid het, die in Afrika, groot moonthede soos China, Rusland en Amerika, en selfs Frankryk, Duitsland, België en Engeland, bedryf almal afsonderlike ontwikkeling en volle soewereiniteit in hul eie onafhanklike lande. Indien dit nie aan ons gegee word nie, dan is al hierdie lande ook verkeerd en almal is lidlande van die Verenigde nasies.
*
DAAR WAS REEDS APARTHEID TOE HY GEBORE IS
VERWOERD, HENDRIK FRENSCH (1901–1966) het in ’n Christelike huis grootgeword ná die gesin se emigrasie in 1901 uit Nederland. Hy wou aanvanklik predikant word, maar het later anders besluit. Hy het sy doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
Wyle Dr Verwoerd het sy tweede doktorsgraad, in sosiologie, aan die Universiteit van Leipzig in die vooroorlogse Oos-Duitsland behaal. Hy is hier waarskynlik beïnvloed deur die opvlamming van nasionaal-sosialisme (Nazïsme).
As jong akademikus het Verwoerd aandag gegee aan veral die armoede vraagstuk onder blankes en sy entoesiastiese en wetenskaplike benadering het tot die totstandkoming van die departement Volkswelsyn in 1937 bygedra.
In dieselfde jaar word hy stigterredakteur van Die Transvaler waar hy ’n intellektuele leierskapsrol in die Nasionale Party begin vervul het.
Sy toetrede tot die politiek het ongeveer in 1949 begin – toe as senator voordat hy in 1950 in die kabinet van DF Malan aangestel is.
As minister van die destydse Naturellesake het wyle Dr Verwoerd vinnig opgang gemaak en ná die dood van adv JG Strijdom, destydse premier en sy persoonlike vriend, word hy in 1958 tot eerste minister verkies.
Wyle Dr Verwoerd was nie verantwoordelik vir apartheid soos baie, veral liberaal verligte blankes wil te kenne gee nie, maar wel geglo dat die verskillende volke hul afsonderlik opbou. Hyself het dit as afsonderlike ontwikkeling beskryf en wou hy selfregerende maar interafhanklike state in Suid-Afrika tot stand bring deur die verlening van selfregering aan etnies-gebaseerde tuislande.
Al hierdie Tuisland gebiede, was voorheen bekend as Reservate, lokasies en in sommige gebiede is dit Britse Kroongebiede genoem en het onder die Unie van Suid-Afrika voortbestaan. Die naamsverandering het na 1961 plaasgevind. Na 1961 het dit Tuislande geword.
Daar is later wel “onafhanklikheid” verleen aan vier voormalige Tuislande, maar nie een van dié state is internasionaal erken nie. TBVC.
Verwoerd se republikeinse strewe is in 1960 met ’n referendum onder (wit) kiesers ’n groot stap verder gevoer. Hy moes Suid-Afrika by die Statebondskonferensie in 1961 aan dié organisasie onttrek vanweë die afwysing van sy rassebeleid, maar republiekwording het in 1961 ’n werklikheid geword.
Hierna is groot voorspoed op ekonomiese gebied beleef en die strewe na groter onafhanklikheid van buitelandse produkte het tot die ontwikkeling van eie nywerhede gelei. Grensnywerhede is gestig waar almal in die omgewing kon werk en opleidings is ook in die nywerhede verskaf. Sommige gebiede in 2019 gebruik steeds van hierdie groot nywerhede as werksgeleenthede en uitbou van die ekonomie. Dr Verwoerd het nooit die groot kans gehad om alle volke in Suidelike Afrika tot volle ontwikkeling te laat voortgroei nie, daarom was hy vermoor. En vandag, leef al die etniese swart, bruin en khoi san in hul afsonderlike gebiede, hetsy Trustgebiede of grondeise wat geregistreerde CPA’s het onder die hand van kommuniste ANC regering.
Nes vandag se leiers hordes gewapende veiligheidswagte rondom hulle het, sowel internasionale leiers, was daar ook heelwat aanslae op Wyle Dr Verwoerd se lewe. Tot Burgemeesters en raadslede geniet die belastingvoordeel van veiligheidswagte wat hulle beskerm, terwyl die op grondvlak hul eie beskerming moet betaal.
*
Dr Hendrik Verwoerd (1901-1966)
Dr H F Verwoerd, Tuislande en Reservate
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Eksterne selfbeskikking – Volle soewereiniteitMontevideo 1933 requirements for self-determinationUN Resolution 1514 Self-determination for peopleSelf-determination for the oppressed people […]
LikeLike