*
Volkereg: ALLE Volke het ‘n internasionale reg om deur hul eie leiers regeer te word in gebiede wat hulle sin is. In Suid-Afrika is daar nie net verskillende gekleurde of swart volke en nasies nie. Daar is verskillende blanke volke, die Boere volk spesifiek. Nie alle blankes maak deel uit van die veelvolkige Afrikaner nasie soos beweer nie. Dit help nie om voorskriftelik te wees aan die verskillende volke en tradisies wat al sedert Britse anneksasies in suider-Afrika van toepassing is. Wat vir een volk of stam/groep realiteit is, behoort ander dieselfde voordele te geniet.

*
Grondwette
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), bekend as die Interim Grondwet, het selfbeskikking erken as ‘n moontlikheid binne die raamwerk van die nuwe demokratiese bestel. Na die 1996 aanvaarding van nuwe sogenaamde grondwet, het dit ewe skielik, sonder mandaat, verander in die artikel 235 soos dit nou lees. Dit is nie wat tydens 1994 besluit is nie en lees die grondwet nie dieselfde nie. Die nuwe deel van 1996, is teenstrydig met Internasionale reg.
Met bekragtiging van die 1996 Grondwet, het die grondwetregters in 1996 uitspraak gelewer dat die ANC of enige politieke party nie die reg het om in enige volke se pad te staan om hulself onafhanklik te regeer nie. Daar moet egter aan internasionale vereistes voldoen word om dit te verkry. Die Interim Regering 1993 se grondwet sluit aan by Internasionale reg van alle volke en volkereg. Daar is heelwat lande wat klein is, hul populasie is nie baie groot nie, maar etniese volke regeer hulself, totaal en al onafhanklik.
Federale en konfederale bestuur
Federale en konfederale bestuur is nog minder ‘n goeie voorbeeld van onafhanklikheid of erkenning van enige volk, want die Federale en Konfederale regering is voorskriftelik. Hulle besluit oor die belangrikste funksies wat volke mag of nie mag doen nie. Geen kanton of emiraat het enige onafhanklikheid verkry nie en is almal onderworpe aan hul federale regerings. Funksies soos Begroting/ Finansies/ ekonomise groei, buitelandse aangeleenthede en immigrante, veiligheid naamlik Polisie en Weermag is uitgesluit en vorm deel van die federale of konfederale regerings.
Aparte gebiede is nie apartheid nie, dis ‘n volkereg as volk om jouself onafhanklik te regeer
Weer eens – dit is en bly internasionale regte, om nie te diskrimineer teen volksgroepe nie, om ook onafhanklike gebiede aan te moedig vir volke om nie hul volkseie en internasionale regte te vernietig nie. So word heelwat rasse onlus voorkom deurdat elkeen hul eie gebiede of selfs onafhanklike lande en regerings het. So kan volke en stamme uit mekaar se pad bly om mekaar te vernietig. Dit het niks met apartheid te doen nie. Ironies, toe dit ander name was voor 1994, soos Tuislande wat selfregerings wou gehad het, is hulle belet om dit deur te voer. Daar was destyds amptelike verkiesings gehou en hierdie tuislande het hul eie regerings in plek gestel. Aparte gebiede was nog altyd in suider Afrika, sedert 1810. Swartes en ander het grondgebiede beset, hulle het dit nie gekoop nie. Niemand het dit hulle verbied nie. Almal mag aparte gebiede hê, maar dit is nie vir die Boere volk beskore nie, dan is dit skielik apartheid.
Die Boere volk het gebiede, naamlik al 15 Boere republieke, wettig bekom. Daar kan selfs meer as 15 wees. Daar word aan die klok gehang dat blankes of BOERE ander se grond gesteel het. Wat beteken dit? Hulle grondgebiede is dan almal besette gebiede. Aparte gebiede na 1994 is slegs vir hulle wat dit kwansuis opeis, slegs die Boere volk word weerhou daarvan om hul Boere republieke soos en met 1900 te herstel, voor alles geannekseer is. Dan word die Boere volk selfs belet om te mag bestaan in hul eie Boere republieke. Boere republieke is almal wettig bekom om onafhanklikheid en vryheid te verkry.
Volke
Die Xhosa volke en stamme verskil van die Zoeloes, Ndebeles, Sothos, Tswanas, wat albei swart groeperinge is, met hul eie tradisionele leiers. So is blankes ook in verskillende volke en stamme opgedeel wat nie onder een sambreel wil staan nie, maar word ingedwing daarin (reeds sedert 1902). Dis hoe die Boere volk ingedwing is om afstand te doen van alles wat aan hulle behoort. So is dit met gekleurde volke soos die Khoi san en Griekwa groepe en stamme wat ook verskillende stamme/volke is. Swart en gekleurdes het steeds hul eie gebiede, apart van mekaar. Daar is nie weggedoen met hierdie aparte gebiede nie. Dit is nou Trust of Kev gebiede. Die Boere volk ontsê nie enige ander volk hul reg tot onafhanklikheid nie.
Daar behoort nie teen enige volk gediskrimineer te word nie deur die sogenaamde demokratiese stelsel en model nie. Swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening
Om openlik te diskrimineer is lynreg TEEN internasionale regte van volke en stamme, in hierdie geval die Boere volk en ook ander blanke groepe. ‘n Verantwoordelike administrasie en demokrasie, het beslis nie na 1994 gebeur nie en dit is totaal en al verkeerd dat daar hoegenaamd rassisme en diskriminasie en selfs onteiening op die wetboeke bestaan.
*
Regerings van oorsee sluit almal verdrae met die regerings van Suid-Afrika, hetsy ANC of ook interim en RNE (Regering van Nasionale Eenheid) regeringstelsels (Government of National Unity (GNU). Oorsese verdrae sluit swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening in en dwing dus internasionale regerings om swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening toe te pas.
Hoe kan dit dan demokrasie wees? Die Boere volk se Menseregte word geskend.
Dan maak elke oorsese regering wat hulle steun agter diskriminerende wetgewing plaas, skuldig aan die skending van menseregte van die Boere volk en ander blankes. Sodoende word die hele land se ekonomie tot op die grond afgebreek, tot op vlak 3 regering (munisipaliteite) en staatsentiteite soos Eskom en ander wat rot en kaal besteel word. Heelwat munisipaliteite is al onder administrasies geplaas weens korrupsie. Bykans alle poste is dan ook swart bemagtigers wat Suid-Afrika nog nooit eerste gestel het nie, maar hulself op ‘n podium plaas.
Die RNE is basies dieselfde tipe beheer wat ook net na 1994 in werking gestel is.
Albei voer uit wat tydens Kodesa en selfs Idasa besluit is, om regstellende aksie, swart bemagtiging en onteiening sonder vergoeding deur te voer teen ‘n klein persentasie Boere en blankes.
Daar is en was GEEN mandaat hiervoor nie.
Die verskillende organisasies wat teenwoordig was, het hul eie mandaat met hul lede gewerf wat aan hulle behoort. Dit is myns insiens GEEN demokrasie as daar openlik soveel wetgewing in werking gestel is om teen ‘n handjievol Boere volk en ander blankes te diskrimineer nie.
Idasa in Dakar, het hierdie sogenaamde demokrasie op die tafel geplaas gedurende 1986-1987 asook die rassisme SLEGS teenoor Boere en blankes. Dit is feite, dit is alles begin deur die Afrikanerbond en hul ondersteunende Afrikanergroepe en organisasies – sanlam is ‘n goeie voorbeeld, daar is ander ook.
Die Afrikaners en hul organisasies in Suid-Afrika is almal veelvolkig en bestaan uit verskillende volke of nasies wat hul aangesluit het daarby. Hulle het dit openlik verklaar hulle is ‘n veelvolkige nasie en kan nie namens ander volke of nasies praat of besluite maak nie. Dit geld vir enige ander volk of nasie.
Dus, hoe en waarvandaan het hulle hul mandaat verkry om diskriminasie na 1990 enduit te voer.
Die Boere volk kan ook nie namens ander volke en nasies praat of besluite maak ne.
Afrikaner organisasies het slegs ‘n mandaat van hul lede.
Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.
*
BOERE VOLK
Die Boere volk het in 1902 meer as 15 Boere republieke wat aan hul behoort, wat met bloedige oorloë deur Brittanje en haar bondgenote geannekseer is. Brittanje is en was nooit alleen in hierdie ABO 1 en 2 of die duisende veldslae nie. Elkeen van die Boere republiek se gebiede is wettig bekom. Verwys na die 1902 Vredesverdrag, wat eenvoudig daarna geïgnoreer het dat die Boere republieke terug sal gaan na die Boere volk.
Dis nie net grondgebiede wat gesteel is nie, maar alle minerale is ook geannekseer sedert 1902. Dit is Boere republieke wat deur die Boere volk se voorgeslagte bekom is. Minerale is ook van reservate, kroongebiede, tuislande, KEV en Trustgebiede geannekseer.
Boere volk, -republieke en Anglo-BOERE oorloë 1 en 2, anneksasies
Besoedeling in ou Boere republieke
*
BOERE REPUBLIEKE
Die Vrystaat en ZAR (Transvaal gebiede), bestaan uit verskillende Boere republieke en het deelgeneem aan die Anglo-Boere oorlog I en II. Dit was dus al 15 wat betrek is, aangeval is deur Brittanje en haar bondgenote, wat selfs die Afrikaner nasie van die Kaapkolonie en van die swart en anderskleurige plaaslike stamme daarby ingesluit het. Daar was verskillende veldslae, konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid wat in die Boere republieke toegepas is. Grafte getuig daarvan. Kindergraffies getuig van verkragtings.
Dis die BOERE volk wat uit vrye wil die Kaapkolonie verlaat het omdat hulle nie onder die Britse gesag wou bly en leef nie. Hul goedkoopste opsie was binneland toe waar niemand gewoon het en grond wat aan niemand behoort het nie, te verkry. Hul wou nie hul knieë buig voor die Britse kroon en haar bondgenote wat die Kaapkolonie beheer het nie. Die Bondsparty en Afrikaners, was deel van die Kaapkolonie (Rhodes) regering destyds.
Herstel van Boere republieke en Boere volk
*
Skending van menseregte – rassisme en diskriminasie is ‘n internasionale misdaad.
Die skending van die Boere volk se menseregte in Suid-Afrika, vind op ‘n daaglikse basis plaas. Daar word op heelwat vlakke teen die Boere volk en ander blankes gediskrimineer met meer as honderd wetgewings soos swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening en veel ander. Selfs op provinsiale en munisipale/distriksvlakke word dit toegepas teenoor die Boere volk en blankes. Die Wetgewings is nie ‘n ANC of NP beleid nie. Parlement het dit afgekondig. Dit is nie net die ANC wat in parlement sit nie.
Ironies genoeg is hierdie wetgewings deur die Afrikaner organisasies, ou NP en DP partye in Dakar onderhandel en reeds na 1989 geïmplementeer. Sanlam en Metropolitan versekerings is van die eerstes wat voor 1994 reeds die knie moes buig voor SWART bemagtiging en regstellende aksie om die kwansuis benadeeldes te bevoordeel. Daar is bykans geen voordeel vir enige van die ‘agtergeblewenes’ nie. Inteendeel na 30 jaar is en bly hulle steeds ‘agtergeblewenes’. Maar meeste beskik oor grondeise wat deurgevoer is en waar hulle sogenaamde voorgeslagte die grondgebiede beset het.
Hierdie tendens is alles die werk van die vorige regering, die Nasionale party, Afrikaner-Broederbond, NP, die DP en kommuniste wat in Dakar, Afrika gaan koukus het om die land sonder mandaat, aan anargie te oorhandig. Swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening is hierby ingesluit.
Dit is 100% internasionaal verkeerd en ‘n MISDAAD om teen mense te diskrimineer omdat hul blankes is. Die Boere volk is blankes.
Die bewyse is daar. Die Boere volk het geen leiers of wat enige erkenning geniet nie, of Boere republieke wat hulle sin is wat in 1902 van hul vervreem is, is nooit aan hulle teruggegee soos wat in 1902 gestipuleer is nie. Word daar gepraat van eie gebiede, word die Boere volk en blankes gestenig dit is apartheid, terwyl dit ‘n internasionale reg is en bly om soos enige ander land hulself te regeer. Dit word daagliks aan die groot klok gehang dat blankes die grond gesteel het (wat beset was). Die aparte gebiede het bekendgestaan as reservate of lokasies, asook kroongebiede. Geen blanke of Boere volk het swartes of gekleurdes in reservate of kroongebiede ingedwing nie. Grondeise is verdere bewyse daarvan, wat alles in Trust of Kev’s verander het.
*
Tuislande, kroongebiede, reservate, word TRUST en KEV (CPA) gebiede onder ANC wetgewings.
(KEV/CPA kommunale eiendom verenigings – communal property association)
Under the landclaims and CPA and Trust legislations)
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Daar is steeds aparte swart gebiede na 1996 waar die ou reservate of tuislande, selfs kroongebiede was, wat na 1996 opgeëis is met vergoedings. Nêrens is hierdie gekoopte grondgebiede nie. Na 1996 is dit onder aparte wetgewings deurgevoer.
Swart stamme het na ongeveer 1750 uit die noorde van Afrika (mere gebiede) na suidelike Afrika gekom en grond beset, niks is aangekoop nie. Die gebiede het aan niemand behoort nie.
Die kommando lede van die Boere volk het met hoofmanne onderhandel vir van hierdie besette gebiede, wat ook nie aan enige swart of ander stamme behoort het nie te koop. Dis wettig aangekoop met verskillende transaksies.
Swartes was almal rondtrekkend uit die noorde en het nie regtig stede of dorpies opgerig nie, maar het ook elkeen hul eie stamowerhede gehad. Khoi san en anderkleuriges was ook rondtrekkend met dieselfde agtergrond, het ook hul eie tradisionele leiers. Hulle het dit alles na 1996 behou en dit was ook in 1910 grondwette en daarna beskerm.
Grondgebiede oftewel grondeise, is bykans almal opgeëis met kompensasies wat deur die STAATSkas betaal is. Dit wil sê hulle bly sedert 1810 in gebiede, maar eis weer kompensasie dat die aparte grondgebiede aan hulle behoort. Dis hulle wat ook beweringe maak dit is Boere of blankes wat hul grond gesteel het, wat leuens is. Hulle het die grond uit eie vrye wil beset, nes hulle vandag dit ook steeds doen en dan aandring die grond is hulle sin.
Die Boere volk het dit nooit betwis dat Ingonyama Trust of enige ander Trust of KEV bestaan nie. Hulle besit reeds miljoene hektaar grondgebiede, wat grotendeels goeie landbougrond bevat en daar word gedurig grond oornag beset, sinkhuise opgerig. Swartes is in beheer van die land, maar is ontevrede met hulself, hul lewens of hul regerings en selfs met hul grondwet wat hulle opgestel het saam liberales.
Hul Trust of KEV grondgebiede is deur hulself as kommunale gebiede verklaar en nie deur die Boere volk of ander nie.
SA: Land invasions – Grond besettings
Grondhervorming -besetting: Suid-Afrika
Onregte van besettings deur oorlog en geweld
Kroondal – Rustenburg besettings (Aug 2020) – Illegal landgrabs
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Leuens oor aparte gebiede – ; Segregasie
Gewapende grondbesetters in SA
Die immigrante en onwettiges speel ‘n groot rol in alles om saam met die huidige swart stamme te roem hulle is in die meerderheid. Hulle kom soek werk of soek ook geleenthede om gratis van die staatskas , mediese dienste, hop huise, skole en dienste soos die toelaes in te palm. Indien aanvalle en moorde plaasvind, word dit onder een groot swart sambreel geplaas en ander se aanvalle en moorde word eenvoudig ontken.
Onwettige immigrante in SA
Immigrante – Immigrants – Soros
Onafhanklike Volksidenteite en oplossing in Suid-Afrika
South Africa – Illegal immigrants .. .. ratepayer opinion
*
Dit is slegs hulle regte wat nie geskend mag word nie.
Die Zoeloes het ‘n Ingonyama Trust, wat bykans 40% van KwaZulu-Natal is. Dit is die ou Zoeloe reservate of Zoeloe tuisland.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Die Khoi san het groot gebiede, die Richtersveld en ander gebiede wat miljoene hektaar beloop in die Noordkaap. Die Griekwas het hul aparte gebiede. Gebiede wat miljoene hektaar beloop, selfs produktiewe plase, is in 2007 deur Thabo Mbeki aan hulle oorhandig. Verskillende vergoedings is uitbetaal ens.
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Daar is ander swart stamme wat ALMAL APARTE gebiede het. Almal is of Trust of CPA, met elkeen hul eie Tradisionele leiers, en word vergoed uit die staatskas. Daar is oor die 8840 tradisionele leiers wat ook deel uitmaak van Distrikte in die RSA.
2022-2024 Salaries of Traditional leaders
Traditional leaders South Africa: 8840
Daar is derduisende grondeise na 1994, hier is ‘n paar …
CPA ‘ s in SA – 2021
*
Waar word die lyn getrek van apartheid?
*
EU lande
Die Europese Unie bestaan uit 27 lidlande en sommige het ook weer losgebreek om hul eie land te regeer sonder voorskrifte van die EU. Brittanje is een. Elke regering en land beheer hulself. Meeste EU lande het hul onafhanklikheid behou en is dit makliker en beter vir hulle om weer op hul eie te wees. In Afrika is dit nie anders nie, sowel Amerika, Australië en Kanada.
https://european-union.europa.eu/principles-countries-history/eu-countries_en
*
Onafhanklikheid is nie wat die gewone straatmense uitgedink het om eendag selfstandig en ten volle soewereiniteit te geniet, maar die lidlande van die Verenigde Nasies. Daar is selfs voorvereistes waaraan voldoen moet word om wel selfbeskikking as volk te verkry.
*
Selfs die lande binne die Sowet unie het na 1990 losgebreek en het verskeidenheid volke volle selfbeskikking verkry. Suid-Sudan het gedurende 2011 losgebreek van Sudan en onafhanklikheid verkry. In die vorige eeu het baie Afrika lande onafhanklikheid verkry.
CIS Commonwealth of Independent states
Los elke volk ‘n slag dat hul oor hulself heers en nie deur ‘n vals vlag nagemaakte demokrasie wat diskrimineer met swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding.
*
MENSEREGTE SKENDINGS
DIE TREK, BOERE REPUBLIEKE IS GESKEP EN DIE GEVOLGE WAS KONSENTRASIEKAMPE, VERSKROEIDE AARDE, VELDSLAE EN ABO 1 EN 2.
Hulle het getrek. Die Boere volk is al langer al sedert 1652 wat hul later as Vryburgers, Trekkers of Grensboere begin Boere republieke skep het om hulself te regeer. Dit is hul geboortereg, want hul voorgeslagte het al hul Boere republieke wettig bekom en gekoop of geruil vir vee of dienste gelewer. Al die ander stamme en volke maak aanspraak op hul deel van die koek in Suid-Afrika, maar deel ook in dieselfde asem in die Swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening, onwettige besettings en tradisionele leiers wat groot salarisse ontvang.
Word alles bestuur deur die NWO agente?
*
Parlement
Daar word met groot ophef gemaak dat daar nie meer aparte gebiede bestaan nie, dis ‘n strooihalm. Lees die Hansards in SA parlement. Daar is duisende aparte gebiede, wat na 1994 Trustgebiede of CPA gebiede geword het onder Grondeise wetgewing. Slegs hulle (swartes, khoi san en griekwas) eis dan weer hul gebiede wat hul al sedert 1910 of selfs voor dit (1880) bewoon. Dan kry hulle dit terug MET vergoedings.
Elke Trust of CPA het hul eie tradisionele leiers, (8840 plus) wat die belastingbetalers moet onderhou, salarisse sowel as byvoordele.
Hierdie stamme het grotendeels grond beset, sonder om dit wettig te koop, daar was nie so iets in daardie jare nie. Maar soos dit nou lyk, geld dit net vir swartes wat links en regs mag grond beset en ander se eiendom afneem sonder vergoeding.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Nou veroordeel al wat ‘n swarte en andere, is die Boere as hul eie dorpies wil stig en voorstanders is van afsonderlike ontwikkeling.
Dit is meestal plase. Hulle moet hul navorsing gaan doen, Orania, Kleinfontein en ander soortgelyke plekkies, is almal Afrikaner gebiede en het niks met die Boere volk te doen nie. Hulle spog daarmee hul is veelvolkige Afrikaners en hulle is nie deel van die Boere volk nie. Afrikaners het nie deel uitgemaak van die Trek nie en het grotendeels saam die Engelse en bondgenote geveg teen die Boere volk en -republieke.
Boere volksvryheid – Boere republieke
Herstel van Boere republieke en Boere volk
Herstel Boere republieke Boere volk
Boere volk – Grondsake – Land issues
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
*
Die vals vlag sindroom in Suid-Afrika. Daar word vir meer as 25 jaar verwag ons as Boere volk, moet alles van identiteit, kultuur, tradisisies, opvoeding, veiligheid op die altaar plaas vir ‘n vermengde “Afrika uitskot”, want dis basies die uitskot van Afrika en ander lande wat hier te lande kom en opeis wat ons sin is. Dit is alles goed en wel dat die etniese volke, soos Khoi San, Zoeloes almal steeds hul eie gebiede het, net vir hulself. Die gebiede bestaan is van die beste grondgebiede, wat nie behoorlik ontwikkel word nie.
Traditional land and leaders – landclaims
*
Dus, is hulle nie grondloos soos tekenne gegee word aan ons of die res van die wêreld nie. Dit wat Mandela en De Klerk kwansuis gedoen het, was om “wetgewing” te skrap en te ROEM “apartheid” is weg.
Watter apartheid, want aparte gebiede soos Ingonyama Trust, Richtersveld en die hordes aparte grondeise en geregistreeerde CPA gebiede bestaan 100%.
Daar is geen manier dat ons as volk ons identiteit gaan terugkry in ‘n multi-kultureel vermengde staat opset wat deur misdaad en misdadigers regeer word nie, waar die misdadiger uit ander lande, meer regte het as die burgers self. Dit is die BELASTINGBETALER wat die tronkbewoners onderhou en selfs vir hulle rehabilitasie sorg. Hulle skep groente tuine en bank brode, maar die slagoffers moet MISDADIGERS nou op die manier betaal vir wat hulle gedoen het. Heelwat tronke lyk beter as hospitale en hul inwoners (misdadigers) het meer regte as die slagoffers of hul families.
Tronkmiljoenêrs van Suid-Afrika
SA gevangenisse en rehabilitasie
*
Ons word as die stinkende muishonde beskou, terwyl ons verantwoordelik was na die Anglo Boere Oorlog om alles wat ons vermag het, self opgebou het. Al was daar soms ander arbeid gebruik, was die kennis uit ons geledere.
Brittanje het van goedkoop arbeid gebruik om hul treinspore en geboue op te rig om die BOERE volk te straf omdat hul nie die knie vir die Britse koning (in) of bondgenote wou buig nie.
Besighede en alle vlakke regerings, wat ons help bou het, is netso aan kommuniste oorhandig wat dit in elk geval afgebreek het dat daar niks oor is nie. Oor die 5000 plase het regering (anc) aangekoop, en tog word verkondig ons besit al die grond.
Om aan te dring op afsonderlike ontwikkeling as volk is nie sonde nie, dis nie ‘n misdaad nie, want alle lande wat onafhanklikheid het, die in Afrika, groot moonthede soos China, Rusland en Amerika, en selfs Frankryk, Duitsland, België en Engeland, bedryf almal afsonderlike ontwikkeling en volle soewereiniteit in hul eie onafhanklike lande. Indien dit nie aan ons gegee word nie, dan is al hierdie lande ook verkeerd en almal is lidlande van die Verenigde nasies.
*
DAAR WAS REEDS APARTHEID TOE HY GEBORE IS
VERWOERD, HENDRIK FRENSCH (1901–1966) het in ’n Christelike huis grootgeword ná die gesin se emigrasie in 1901 uit Nederland. Hy wou aanvanklik predikant word, maar het later anders besluit. Hy het sy doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
Wyle Dr Verwoerd het sy tweede doktorsgraad, in sosiologie, aan die Universiteit van Leipzig in die vooroorlogse Oos-Duitsland behaal. Hy is hier waarskynlik beïnvloed deur die opvlamming van nasionaal-sosialisme (Nazïsme).
As jong akademikus het Verwoerd aandag gegee aan veral die armoede vraagstuk onder blankes en sy entoesiastiese en wetenskaplike benadering het tot die totstandkoming van die departement Volkswelsyn in 1937 bygedra.
In dieselfde jaar word hy stigterredakteur van Die Transvaler waar hy ’n intellektuele leierskapsrol in die Nasionale Party begin vervul het.
Sy toetrede tot die politiek het ongeveer in 1949 begin – toe as senator voordat hy in 1950 in die kabinet van DF Malan aangestel is.
As minister van die destydse Naturellesake het wyle Dr Verwoerd vinnig opgang gemaak en ná die dood van adv JG Strijdom, destydse premier en sy persoonlike vriend, word hy in 1958 tot eerste minister verkies.
Wyle Dr Verwoerd was nie verantwoordelik vir apartheid soos baie, veral liberaal verligte blankes wil te kenne gee nie, maar wel geglo dat die verskillende volke hul afsonderlik opbou. Hyself het dit as afsonderlike ontwikkeling beskryf en wou hy selfregerende maar interafhanklike state in Suid-Afrika tot stand bring deur die verlening van selfregering aan etnies-gebaseerde tuislande.
Al hierdie Tuisland gebiede, was voorheen bekend as Reservate, lokasies en in sommige gebiede is dit Britse Kroongebiede genoem en het onder die Unie van Suid-Afrika voortbestaan. Die naamsverandering het na 1961 plaasgevind. Na 1961 het dit Tuislande geword.
Daar is later wel “onafhanklikheid” verleen aan vier voormalige Tuislande, maar nie een van dié state is internasionaal erken nie. TBVC.
Verwoerd se republikeinse strewe is in 1960 met ’n referendum onder (wit) kiesers ’n groot stap verder gevoer. Hy moes Suid-Afrika by die Statebondskonferensie in 1961 aan dié organisasie onttrek vanweë die afwysing van sy rassebeleid, maar republiekwording het in 1961 ’n werklikheid geword.
Hierna is groot voorspoed op ekonomiese gebied beleef en die strewe na groter onafhanklikheid van buitelandse produkte het tot die ontwikkeling van eie nywerhede gelei. Grensnywerhede is gestig waar almal in die omgewing kon werk en opleidings is ook in die nywerhede verskaf. Sommige gebiede in 2019 gebruik steeds van hierdie groot nywerhede as werksgeleenthede en uitbou van die ekonomie. Dr Verwoerd het nooit die groot kans gehad om alle volke in Suidelike Afrika tot volle ontwikkeling te laat voortgroei nie, daarom was hy vermoor. En vandag, leef al die etniese swart, bruin en khoi san in hul afsonderlike gebiede, hetsy Trustgebiede of grondeise wat geregistreerde CPA’s het onder die hand van kommuniste ANC regering.
Nes vandag se leiers hordes gewapende veiligheidswagte rondom hulle het, sowel internasionale leiers, was daar ook heelwat aanslae op Wyle Dr Verwoerd se lewe. Tot Burgemeesters en raadslede geniet die belastingvoordeel van veiligheidswagte wat hulle beskerm, terwyl die op grondvlak hul eie beskerming moet betaal.
Alles rondom ons word geplunder, vernietig of verbrand.
*
Dr Hendrik Verwoerd (1901-1966)
Dr H F Verwoerd, Tuislande en Reservate
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Eksterne selfbeskikking – Volle soewereiniteitMontevideo 1933 requirements for self-determinationUN Resolution 1514 Self-determination for peopleSelf-determination for the oppressed people […]
LikeLike