*
Die Boere is ‘n Boere volk en is nie deel van die Afrikaner nasie nie. Die Boere volksgenote was nog nooit deel van die multi-kulturele Afrikaner nasie nie. Alhoewel sekere stelling al vir jare gedoen word dat die Boere deel is van die Afrikaners is hulle nie deel van die gemengde multi-kulturele Afrikaners of hul organisasies nie.. Die Afrikaners maak dit vinnig af, veral op sosiale media en nuusberigte, dat alle gebeure rondom en van oor Boere aan die Afrikaners behoort. Die Voortrekkermonument is groot bewys hiervan. Die Boere se geskiedenis, identiteite, kultuur, vlae en monumente wat verband hou met mekaar, het nog nooit aan die Afrikaner behoort nie, maar aan die BOERE volksgenote.

*
Wie is Ernst Van Zyl?
Hy werk vir Solidariteit en Afriforum
Beeldmateriaal:
https://www.youtube.com/live/gs5mvEPAlD8
Werk vir Afriforum
https://www.youtube.com/watch?v=C9uql8180wI
*
Geskiedenis van die Boere volk is groter as wat gereken word
Daar is verskeie redes hoekom die Boere padgegee het vanuit en onder Britse bewind uit die Kaapkolonie nadat Brittanje dit geannekseer het. Die grootste redes was verskillende soorte onderdrukkings wat plaasgevind het. Ons Boere voorgeslagte is en was niemand se vloerlappe nie. Later het die Boere (sommige ook bekend as Vryburgers), die Groot trek begin en wou nie onder Britse regering aanbly nie. Boere wou nie slawe van Britse heerskappy wees of heeltyd onderdruk word nie.
Vryburgers was oor die algemeen nooit deel van Enige Afrikaners nie, want destyds het die Afrikaners glad nie bestaan nie, maar die Boere het wel bestaan, daarom is hul Vryburgers genoem. Daar is verskeie onderdrukkingspunte wat teenoor die Vryburgers en Boere aangegaan is waar hul menseregte totaal en al geskend is om hul van ‘n volkskap te beroof.
Daar wag ‘n groot verrassing op Afrikaners, wat reken alles van die Boere behoort aan hulle. Die BOERE bestaan 100%.
Boere was nooit deel van die destydse Rhodes regering in die Kaapkolonie nie, maar die Afrikaner nasie wel. Die Afrikanerbond voor 1900 en hul bewegings was almal deel van die Engelse regering wat planne beraam het teenoor die Boere en hul geskiedenis. Hul ontstaan was saam Rhodes en Brittanje. Hul het hul eie politieke party in die Kaapse regering gehad. Die Bond party. Afrikaners het heelwat multi-kultuur organisasies, ‘n gemengde nasie. Niks anders as die ‘bont’ span rooi osse uit die noorde nie.
Vandag is dit nie anders nie. Boere is op hul eie en bestaan nie net uit landbouers nie, maar daar is verskillende beroepe en dit was vroeër ook die geval. In 2024 is dit nie anders as 1830 nie. Duisende van ons volksgenote gaan werk eerder in ander lande en onder veiliger en beter omstandighede, waar hulle nie onder rassisme, diskriminasie, swart bemagtiging en regstellende aksie deurloop nie. Regerings wat memorandums van ooreenkomste steun van die ANC en regering na 1994, steun ook die rassisme, diskriminasie, swart bemagtiging en regstellende aksies teenoor die blankes in Suid-Afrika.
(B-BBEE wetgewings)
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
*
Boere republieke
Die stigting van Boere republieke is deur Boere uitgevoer. Dit was nooit enige Afrikaner republieke wat nou skielik op hul agterpote opstaan om die ou Boere republiek gebiede in te palm as Afrikaner gebiede. Daar is geen bewyse waar die Afrikaner betrokke was in die Anglo-Boere oorloë of Boere republieke. Soos hul getrek het, is Boere Republieke gestig om hul vryheid te bekragtig. Van die Republieke is later internasionaal erken as Boere Republieke.
Ironies, dit is ook waar die Afrikaners vandag aanspraak maak op die Boere geskiedenis, kultuurwaardes, monumente, sowel Boere identiteite, terwyl dit nooit hulle geskiedenis, kultuur of identiteite is of was nie.
Boere republieke en Suid-Afrika
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Anglo-Boere oorloë
Die Afrikaners het selfs 30000 Britse pond jaarliks bygedra aan die Engelse regering om oorlog te voer vir 3 jaar teenoor die Boere, Boere vroue en Boere kinders. Hul doelwit was om een land te wees ter wille van al die minerale rykdomme in veral die Boere Republieke.
Die Nederlandse regering het ook derduisende Britse ponde aan die Engelse gegee om oorlog teen die Boere te voer om hul uit te wis. Hier word van ons voorgeslagte gepraat wat so uitgewis is – dit was volksmoord wat plaasgevind het. Die verskroeide aarde beleid, konsentrasiekampe en ABO is en was alles deel van die volksmoord wat plaasgevind het.
Afrikaners het vir 3 jaar bygedra aan die Britse regering teen die Boere met bloedige oorloë
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Verskroeide aarde – Scorched earth
Die Anglo-BOERE oorloë is so genoem omdat die Engelse, hul bondgenote en saam met duisende Afrikaners deel was om teen die BOERE van die Boere republieke geveg het. Dit was nooit Afrikaner oorloë, maar die oorloë was beplan en uitgevoer deur Engeland en haar bondgenote. Dit was nie Afrikaner teen Afrikaners wat oorlog gemaak het nie. Brittanje en haar bondgenote wou een verenigde land gehad het en het ook gesmag na die rykdomme van die onafhanklike Boere republieke (goud, diamante en ander minerale). Dit is vandag dieselfde as 1900.
Unie parlement en Rebellie
Ironies hoe dit Afrikaner leiers en politici uit die Kaapkolonie was wat hul in die Unie se parlement met gemak bevind het en selfs dieselfde spul Boere haters wat later met die Boere afgereken het in die Rebellie oorlog van 1914.
Boereheld Jopie Fourie en Smuts
Dit is GEEN Afrikaner teen Afrikaner rebellie nie, maar Afrikaner teenoor Boer – die Jan Smuts regering, wat die Britse regering as sionis gedien het. Daar moet duidelik onderskeid getref word wie het teen die Rebelle opgetree.
Die Rebellie oorlog wat in die beeldmateriaal genoem word, is deurgevoer deur Afrikaners van die Unie regering (wat uit London beheer is), teen die BOERE wat hierdie rebellie laat plaasvind het. Die rebellie is voortgesit deur BOERE wat in opstand was teenoor die Unie regering sowel as die Britte se ystervuis, wat die Verdrag van Vereeniging eensydig gewysig het om die Boere onder die Engelse bewind te probeer in toom hou en veral van groot leiers ontslae te raak. Boere sou hul selfstandigheid en onafhanklikheid behou het sedert 1902 Verdrag en dit het nooit gebeur nie.
Jan Smuts, wat deur en deur die Engelse regering gesteun het, was ook diep betrokke by die opstel van die Vredesverdrag van Vereeniging. Hy was later by ander dinge vir die Engelse ook betrokke. Daar was hard gepoog om selfs die taal, Afrikaans te onderdruk onder die Boere volkslede. Smuts was ook betrokke by die skep van Sionistiese staat in Oos-Afrika en die massiewe oorlog wat daar was in die Britse kolonie.
Kenya Trustland and british colony
Multi-kultuur is presies dit wat dit uitspel, dis ‘n gemengde nasie (reënboognasie)
Afrikaners is ‘n gemengde, multi-kultuur nasie, binne die organisasies en word aan ‘n multi-kultuur nasie gekoppel wat uit verskillende gemengde multi-kultuur lede bestaan. Al hul organisasies is en bly multi-kultuur en is gemeng. Hulle is hoegenaamd nie aan enige volk gekoppel nie. Hul Afrikanernote wat gesing word om vir minderheidsregte op staan is half nutteloos – hul kan slegs namens hul multi-kultuur lede besluite maak en uitvoer. Hulle is daarop uit, om die Boere te probeer doodsmoor net soos wat die Engelse en haar vennote (soos die Afrikaners en ander statebondslandlede), wat teen die Boere republieke kom oorlog maak het.
Ironies word selfs Boere republieke se vlae, geskiedkundige plekke, museums en konsentrasiekampe as Afrikaner eiendom afgemaak, terwyl dit alles leuens is. Dan word daar beeldmateriaal uitgesaai dat alles deel is van AFRIKANERDOM. Daar is heelwat multi-kultuur Afrikaner organisasies wat dit predik vandag en die Boer afmaak dat hulle nooit bestaan nie of deel vorm met die Afrikaner.
Dit is tyd dat leuens wat deur liberaal verligte Afrikaners en Afrikaner organisasies oor die Boere volk en Boere republieke verkondig word in die kiem gesmoor word. Afrikaners is ‘n multi-kultuur nasie en is geen volk nie. Hulle is niks van die Boere volk nie.
Daar was nog altyd ‘n skeiding tussen die onderskeie groepe, nie net vandag nie. BOERE wat deel vorm van die Boere volk en gerieflik meedoen aan Afrikaner organisasies, moet gaan vasstel waar hul inpas, wat hul wortels is en dit is beslis nie by die Afrikaners nie. Al behoort sekere Boere dalk aan een of ander gemengde Afrikaner organisasies en hunkering na mag en geld, maak dit nie van hulle Afrikaners nie. Daar word dan gerieflik op twee of meer stoele gesit om hulself of te verryk of dalk iets anders.
Boere lede, mans en vrou wat deel is van hierdie konkoksies moet hulself afvra aan wie betaal hulle hul lede gelde en wat hul doel is. Boere, maak julle en jul gesinne vry van hierdie leuenaarsdrome van die Afrikaner.
*
Verwante inligtingstukke
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rules
Jan Smuts – Blue on Blue incident Germany
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
*
Die Boere volk:
Daar was reeds verskille tussen die Boere en Afrikaners.
https://www.youtube.com/watch?v=xkO7ixWCd3A&list=PLMsjUC_eCB2m-CyzqFLYNsSrnnzVc6MgM&index=7
*
Die Boer en Afrikaner, die BOERE republieke en die Afrikanerbond voor 1900
https://core.ac.uk/download/pdf/37319274.pdf
*
[…] Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl […]
LikeLike
[…] Apartheid van die ANCAfrikaner stigting Solidariteit Julie 2024 Afrikaners Afriforum Ernst van ZylOrania, selfbeskikking Afrikaner verklaringAfrikaner verklaring […]
LikeLike
[…] Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl […]
LikeLike
[…] multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysOrania, selfbeskikking Afrikaner verklaringAfrikaners Afriforum Ernst van ZylAfrikaner stigting Solidariteit Julie […]
LikeLike
[…] Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl […]
LikeLike
[…] Khoi san en Xhosas is ook verskillende volke / nasies.Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024Afrikaners Afriforum Ernst van ZylAfrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysOrania, selfbeskikking Afrikaner […]
LikeLike
[…] Afrikaners het verskillende ‘organisasies’ waarvan ook gekaap is vanaf die Boere volk.Afrikaners Afriforum Ernst van ZylABN en […]
LikeLike
[…] Geskiedenis simbole ZARBesoedeling in ou Boere republiekeAfrikaner stigting Solidariteit Julie 2024Afrikaners Afriforum Ernst van ZylAfrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysAfrikaner – verklaring 2024AAI […]
LikeLike
[…] hul verklaar as Afrikaners, nie as Boere nie.Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-BuysAfrikaners Afriforum Ernst van ZylAfrikaner stigting Solidariteit Julie […]
LikeLike
[…] en DinokengVeelrassige organisasies – ABNAfrikaner stigting Solidariteit Julie 2024Afrikaners Afriforum Ernst van ZylOrania, selfbeskikking Afrikaner verklaringAfrikaner verklaring 2024Afrikaner multi-kultuur […]
LikeLike
[…] Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl […]
LikeLike